Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

Size: px
Start display at page:

Download "Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services"

Transcription

1 Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services Cummingsstraat 17 WELLINGTON 7655 Tel: Council for Counsellors Registration Number SCO 0412 HELP!, ek het n moeilike kind deur Karien Schoeman Spesialis Berader en Terapeut Parents with a strong willed child seeks help, because they are wearing down from the constant challenge (MacKenzie, 2001). Moenie moedeloos raak nie, daar is werklik praktiese hulp wat werk. Studies het gewys dat indien die kind met n sterk wil reg hanteer word, hulle ontwikkel tot doelgedrewe, hardwerkende, lojale, verantwoordelike, empatiese en innoverende volwassenes (Kurcinka, 2006:29). Turecki, S. (1994) som dit as volg op: With the strong willed child, it is all about shaping the will without breaking the spirit. Herken jy jou kind en jouself in die volgende: Die kind Toets grense Hardkoppig Ongehoorsaam Redeneer en onderhandel oor alles Nooit tevrede Blameer alles en almal as iets fout gaan Eis onmiddellike, onverdeelde aandag Kerm onophoudelik om sin te kry Ondankbaar Sukkel om maats te maak/kinders hou nie van my kind Reageer nie goed op verandering Die ouer Skreeu op my kind Gee toe ter wille van vrede Moet alles verduidelik en herhaal of onderhandel Dreig die kind met byvoorbeeld n houtlepel of die aftel voor straf: Een, twee... Straf al hoe meer en erger, want dit wat jy nou doen werk nie meer nie Baklei oor alles met my kind Sê goed wat kon gebly het en waaroor jy later spyt is Voel jou kind is sterker as jy Sit met vrese dat ons nie eendag n verhouding gaan hê nie In my praktyk kry ek dikwels te doen met wonderlike en toegewyde ouers ouers wat gedaan, op en moeg is en voel dat hulle as ouers misluk. Sommige ouers sê dat hulle

2 gefrustreerd, magteloos en onbevoeg voel en die voortdurende stryd maak hulle gedaan. Soos een mamma opgemerk het: Ek is bitter lief vir my kind, maar ek hou nie elke dag van haar nie. Sy maak my op!

3 Die vraag is of daar praktiese raad is wat ouers kan volg om dit beter te maak? Hier volg n paar wenke: Verandering en verrassing: Hierdie tipe kind hou nie van verandering of verrassings nie hulle raak nukkerig en stroom op as dinge verander of as hulle nie geweet het iets gaan plaasvind nie. MOENIE hierdie kind verras met n uitstappie, nuwe rok of n lekkertjie nie en moenie verbaas wees as hulle heftig reageer as iets in hulle alledaagse roetine verander het nie. Om te trek, van skool te verwissel, n kamer te skuif of net iemand anders te stuur om hulle te gaan haal, bring werklik die slegste in hulle na vore, aangesien hulle nie voorbereid was daarop nie. Hulle raak sommer kwaad of huilerig oor n nuwe karretjie! en dan dink ons hulle is ondankbaar, maar eintlik gaan dit oor die feit dat hulle onverhoeds gevang is. Waarsku jou kind: Ons gaan môre winkel toe om vir jou n pop te gaan koop / Ouma kry jou vanmiddag na skool. Stel n weekkaart op waarop jy elke dag se aktiwiteite aandui. WYS vir jou kind in die oggend hoe sy/haar dag gaan lyk, sodat hulle n prentjie het van hoe hul dag gaan verloop. Die voorskoolse kind kan nog nie lees nie, maar erken prentjies baie vinnig hulle is veral mal oor stickers. Beperk georganiseerde aktiwiteite hulle moet speel. Hoe praat ek met hierdie kind: Kort, presies en ferm. Lang verduidelikings met te veel detail maak net meer deure oop vir onderhandelings en argumente. Ek kry dikwels ouers wat BAIE mooi, BAIE geduldig en in BAIE detail aan n kind iets probeer verduidelik, sodat die kind tog net OK sal wees met die verduideliking en sal VERSTAAN hoekom iets nie nou kan gebeur nie. Ek het nuus vir jou!: Hoe langer die verduideliking, hoe erger die argumente en onderhandelings, want jy gee die boodskap dat dit onderhandelbaar is en dat daar opsies is. Vier sinne met nie meer as 8 woorde elk is die manier om inligting oor te dra wees ook PRESIES oor iets. Ouers sê baie keer vir n kind jy is stout. Kinders verstaan nie die inhoud daarvan nie dit beteken vir hulle dat hulle oor die ALGEMEEN sommer net onaanvaarbaar is. Wees eerder kort, ferm en presies: As jy op my skreeu, gaan ek jou kamer toe stuur / As jy lekkers vat sonder om te vra, maak dit my kwaad en kry jy nie môre een nie. Onthou: jy is nie hier besig met n lekker geselsie met jou kind nie, jy dra grense oor en dit moet kort, presies en ferm wees. Daar gaan weer n geleentheid wees vir lekker gemoedelik gesels. Wees konsekwent, anders is dit koebaai Meraai!: Hierdie tipe kind luister met hulle oë en nie met hulle ore nie. As hulle SIEN dat jy jou grense en reëls verander omdat hulle aanhou kerm en jy moeg is en konflik wil vermy, LEER jy hulle dat dit is hoe dit werk. As jy sê ek gaan jou speelgoed weggooi as dit netnou nog buite lê en jy DOEN dit nie, sal hulle NOOIT enige ander grense of reëls ernstig opneem nie, want jy WYS vir hulle dat jy nie bedoel wat jy sê nie. Ouers moet op dieselfde baldsy wees. Ouers moet saam besluit wat die reëls is en ALBEI moet daarby hou en dit toepas. Die kind met n sterk wil is baie intuȉtief en lees

4 n situasie baie vinnig hy/sy sal gou agterkom dat daar nog ruimte vir onderhandeling is met Mamma as Pappa byvoorbeeld nee gesê het. Moenie iets belowe wat jy nie kan doen of uitvoer nie. Jy sal nie n duur speelding weggooi nie, moet dit dus nie belowe of dreig daarmee nie. Die groot ding waarvoor ouers bang is, is die tantrum en die gekerm. Verduidelik dus vooraf vir n kind dat jy hom/haar kamer toe gaan stuur as hulle weer n tantrum gooi en dat hulle maar daar kan huil of skreeu. Vooraf beteken sommer hier op n Saterdagoggend of in die middag as julle lekker buite sit. Roep dan die kind en sê: Kom sit gou hier by my, ek wil gou vir jou ietsie vertel. Nie die ouer of die kind is in n veg/vlug bui nie en die kind hoor wat jy sê. Om te wag TOT die konflik plaasvind en dit dan te verduidelik, is asemmors. My voorstel is altyd om te begin met wat jy as ouer sien: MAmma sien dat jy vreeslik kwaad raak as ek nie vir jou nog lekkers/joghurt ens wil gee nie en dat jy sommer so op die grond val en aanhou kerm en huil. Wel, Mamma wil net vir jou sê dat al doen jy dit, gaan Mamma nie vir jou die lekkers gee nie, so dit gaan nie help nie. As jy aanhou skreeu, gaan ek jou kamer toe vat en as jy uitkom, gaan ek jou weer terugvat, totdat jy rustiger is. So, onthou dit vir volgende keer. Wanneer die situasie dan wel opduik, moenie WEER verduidelik nie, sê net dat jy sien hy/sy is nou baie hartseer oor hy/sy nie mag lekkers kry nie, maar hy/sy moet maar in die kamer gaan huil en kan uitkom as hy/sy rustiger is. Maniere om te dissiplineer: n Vraag wat ek baie kry is HOE moet ek hierdie kind dissiplineer, want dit lyk asof net niks vir hulle saakmaak nie? Time out: Hoe werk Time out regtig? Daar is vreeslik baie opinies hieroor. Party kundiges stel voor dat jy die kind in die badkamer sit en daar hou vir een minuut vir elke ouderdomsjaar. Ander stel voor dat jy die kamerdeur sluit en dan kort-kort net gaan kyk of alles reg is. Ander stel voor dat die kind op n stoutstoel moet sit of net op die bed moet sit. Die groot verwagting is dat die kind na die tyd verskoning moet vra. My voorstel werk bietjie anders. Die groot ding wat ek graag vir my kind wil leer is om te selfreguleer. Dit beteken dat n persoon net die spreekwoordelike drade weer bymekaar moet kan kry, sonder dat iemand vir my op die skouer moet kom klop of kom vra of ek OK is. In die lewe daar buite werk dit ongelukkig nie so dat iemand agter my gaan kom aanloop en kyk of ek OK is nie. Volwassenes selfreguleer deur byvoorbeeld n koppie tee, deur n lekker lang bad te neem, deur te oefen, ens. Ek hou daarvan om n kind na sy kamer toe te stuur. n Kind se kamer is sy/haar plek of ruimte. Baie keer sal ouers noem dat as hulle n kind kamer toe stuur, sal die kind begin sing of speel en dit lyk asof niks die kind pla nie. Die voorwaarde vir kamer toe gaan is: JY KAN UITKOM AS JY RUSTIGER IS dit is al. As die kind dus begin speel, dan kon hy/sy selfreguleer. Ek het ook nie n verwagting dat n kind jammer moet kom sê nie. Kinders sê jammer op ander maniere hulle kom staan styf teen jou, vra vir n drukkie of maak of hulle laf is. Aanvaar dit en gaan aan. Neem voorregte weg: Dit sluit in iets soos ipad, TV kyk, lekkertjies, speelgoed wegsit

5 Die drie-dag-reël: Wanneer voorregte weggeneem word, word dit vir 3 dae gedoen nie meer nie en ook nie minder nie. Hoekom 3 dae? Want dan kan ons as ouers dit handhaaf. Dit help nie om n kind vir n maand te straf nie ons kan self nie later meer onthou hoe werk die dinge nie. Hoekom nie minder as 3 dae nie? Want die penny drop eers na die derde dag. My voorstel is ook om sommer op n blanko papier n 1, 2 en 3 te skryf (veral die kleintjies, al kan hulle nie lees nie, het n heilige ontsag vir die geskrewe woord...). Sit hierdie op teen die yskas en wys vir die kind dat hy/sy eers na 3 dae weer iets kan doen/kry. Die feit dat die kind dit kan SIEN, maak dit meer werklik. Die proses sal min of meer só verloop: Gaan bêre vir my jou speelgoed. As jy nie jou speelgoed gaan bêre nie, mag jy vir 3 dae nie n lekkertjie kry nie. Wat kies jy? Dag 1 vra hulle nog gereeld. Dag 2 is hulle soos engele uit die hemel tel als op, praat mooi, is fluks. Dit is die gevaarlikste dag, want dan sê ons gewoonlik Ag, dit is ok, gaan vat maar n lekkertjie, want ons sien dan hoe soet hulle is. (Onthou, hulle is meestermanipuleerders..). Hulle sal sommer sê ook: Maar ek was vandag baie soet en het alles gedoen...en dan raak ons hart sag. My voorstel is om te sê dat jy sien dat hulle vandag fluks was en alles baie mooi gedoen het, maar daar is nog een dag oor. Die penny drop eers met die 3e dag. Op dag 3 sal hulle dalk nog so een keer kom vra, maar dan vat jy hom/haar maar net weer yskas toe en wys dat dit nou by dag 3 is en noem dan as die dag verby is, hy/sy weer n lekkertjie kry/tv kyk/die ipad kry. Beloningstelsel: Ek glo glad nie in n beloningstelsel nie. Ons grawe vir onsself n baaaie diep gat. Vir meer praktiese en hands on wenke, kontak gerus die spreekkamer. Ons bied n volledige eendagkursus aan wat fokus op praktiese raad. Aspekte wat onder andere aangespreek en geoefen word is: Die 4 stappe van dissipline hoe werk dit? Hoekom nie n beloningstelsel nie en wat kom in die plek daarvan? Wat is my kind se temperament en persoonlikheidstipe en hoe werk ek met daardie kenmerke Wat doen ek met die alewige onderhandelings en die gekerm? Watter rol speel elke ouer? Wat doen ek met die gekerm? Ouers wat nie die kursus kan bywoon nie, maar ouerleiding nodig het, kan dit individueel by die praktyk kom doen. Geniet u kind!!!

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God 1 JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God 1. PRAISE EN WORSHIP 2. PRAKTIESE REëLINGS: - Jy en jou groep gaan vanaand saam as n groep beweeg deur die verskillende gebedsstasies - hierdie is vanaand n ernstige

More information

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education www.xtremepapers.com UNIVERSITY OF MRIDGE INTERNTIONL EXMINTIONS International General ertificate of Secondary Education *0031840544* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2007

More information

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval 9 A P R I L 2 0 1 8 U I T G A W E 2 5 DEPRESSIE101 panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval PANIC ATTACKS: INSIDE THE BRAIN

More information

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29 Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29 Opening Verwelkom almal terug by groeptyd. Laat almal een hoogtepunt en een laagtepunt van julle week deel. Aanknopingsaktiwiteit Deel vir elke groepslid +- 10 geld

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education *8496711001* AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/05 Paper 5 Oral Assessment A October/November 2017

More information

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie. Simmetrie Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie. Een van die katte is werklik, en die ander is net n beeld, maar hulle lyk

More information

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK My vorige preek so maand gelede was getiteld Don t Worry Be Happy en hoewel ek die Don t Worry -deel mooi onder beheer gehad het, het ek kort daarna agtergekom dat ek

More information

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help? Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help? Wat is kanker? Kanker kan beskryf word as normale en gesonde selle in jou liggaam wat verander het in ongesonde kankerselle. Daar is baie redes vir hierdie veranderinge

More information

July rd Issue

July rd Issue July 2012 2012 3rd Issue E-News sheds light on Midrand Estates in full colour and is distributed only in electronic format every alternate month. From pupils participating in the college spectacle So you

More information

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25879 1 Ons mooi taal * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4 DIE GEDRUKTE

More information

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum: Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum: 1. Gaan na https://ceac.state.gov/genniv/ 2. Kies die konsulaat waarheen jy wil gaan en klik die Start an Application skakel. 3. Die webtuiste

More information

2. Waarheen? Outsiders toe!

2. Waarheen? Outsiders toe! Wys my die weg Aanbiedersgids 2. Waarheen? Outsiders toe! Oorhoofse tema Het jy al van die outsiders gehoor? Die outsiders is dié mense wat nie aan die binnekant (in die binnekring) is nie, maar wat buite

More information

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef * OpenStax-CNX module: m20618 1 Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution

More information

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED As jy ooit die geleentheid sou kry om vir 15 minute met die Here Jesus te kon praat en Hom enigiets te kon vra, wat sou dit wees? Sou jy Hom vra vir n nuwe werk of meer geld? Die

More information

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)] PANIEK [Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)] 1. PANIEKAANVAL Dis nie n reaksie op 'n stressor

More information

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk Ek is gedoop Dr Hennie van Wyk ʼn Slingervel Publikasie Tweede Druk: 2018 Inhoud Ek is gedoop!... 1 In sonde ontvang en gebore... 2 Indompeling en besprinkeling... 4 Saligheid buite onsself... 6 Jy is gemerk!...

More information

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING Miskien het jy al gebid sonder dat jou gebede ooit beantwoord is. As ons eerlik is daaroor voel elkeen van ons dalk dat daar duisende gebede opgaan hemel toe, maar

More information

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE deur MJ VAN BREDA STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE deur MAYNARD JOHN VAN BREDA voorgelê ter gedeeltelike

More information

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS GCE Advanced Subsidiary Level www.xtremepapers.com MARK SCHEME for the October/November 2009 question paper for the guidance of teachers 8679 AFRIKAANS

More information

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon. 102 BRONNELYS Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon. Allport, G.W., (1961). Pattern and growth in personality. New York: Holt,

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2009 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 INSTRUKSIES

More information

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk MUSIEK - VOKAAL 17 Augustus 20 Augustus 2015 Voorsitter: Lorraine Kirk - 082 689 2707 lorrainekirk58@gmail.com Die algemene reëls moet saam met die spesifieke reëls gelees word INSKRYWINGSFOOIE Solo R

More information

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees. lin - 1881- L MZANE Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees. En hoeveel pakke is dit?---toe ons by Mthuthuzeli se huis gekom het, het ons a1 die klerasie

More information

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige Maandag GEEN DROOM IS TE GROOT NIE Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle n hoopvolle toekoms te gee. Jeremia 29:11

More information

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE - A.H.V. 7. IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). BEFORE: The Honourable Mr. Justice de Wet. (Judge President). In the matter of: THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS.

More information

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10 - 1861- L MZANE Goed, julie kom toe aan by die grens van L es~tho, Die bestuurder van die voertuig het vir ons ges~ Ja, goed Mnr. die Tolk stop maar, kom ons sny net hierdie getuienis julle wou deur die

More information

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town Huntington Disease Algemene Inligting Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital University of Cape Town Universiteit van Kaapstad idyunivesithi yasekapa Division of Human Genetics, University of Cape

More information

In voeling. John Ackerman

In voeling. John Ackerman In voeling John Ackerman In voeling 'n Beeldhouer beskryf sy ondervinding soos volg: Inleiding Daar kom 'n sekere oomblik wanneer dinge verander. Wanneer hierdie oomblik van verandering aanbreek, is dit

More information

Moenie bang wees vir boelies nie!

Moenie bang wees vir boelies nie! 5 Moenie bang wees vir boeies nie! Luister en praat: Wat is n boeie? A Luister na wat die kinders sê en praat daaroor. As jy iemand atyd uit die groepie stoot, is jy n boeie. As jy iemand eike name noem,

More information

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin Amptelike Nuusbrief van NEDSA AU PAIR, SA t BABBELTJE INHOUD Bl 1 Vakansie Bl 2 Ek sé.. Bl 3 Dissipline! Bl 4 Julle sê Bl 5 Grrot vakansie Kritiek vs Kompli M6nte Bl 6 Kooktyd Bl 7 Leer uit jou laagte-

More information

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

deur Anton Krueger en Ruan Kemp KETJAP deur Anton Krueger en Ruan Kemp What the Sanlam judges said: "...ʼn nuwe laagtepunt in spektakelteater." "Die gevaar bestaan dat die gehoor vervreemding sal ervaar oor die aanslag op die sintuie

More information

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse Wat sê se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse 1 depressie101-projek Meer en meer mense word vandag met depressie gediagnoseer, meer mense oorweeg

More information

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall. Slenkdalkoors Slenkdalkoors is n erge insekgedraagde virussiekte wat hoefdiere soos skape, bokke en beeste aantas. Dit hou ook n ernstige gesondheidsgevaar vir die mens in. Diere word aanvanklik besmet

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate /////////////////////////// Faith soldiers Grenslyn 2016 (B) God se soldate /////////////////////////// Ephesians 5:1 MSG Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents. Ephesians

More information

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30 UNIERSITY OF CABRIDGE INTERNATIONAL EXAINATIONS International General Certificate of Secondary Education ARK SCHEE for the October/November 2009 question paper for the guidance of teachers 0548 SECOND

More information

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4) DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS DID YOU KNOW? (Afrikaans op bls 3 & 4) The younger a child is when visiting the dentist for the first time, the better.

More information

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015 Market comment Markkommentaar October / Oktober 2015 Inleiding Vanaf Januarie tot begin Oktober is sowat 10,9 miljoen sakkies meer verkoop op markte as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die gemiddelde

More information

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST A WISH Dr. Ilse de Beer They say you are never too old to dream a new dream. Dreams are easy and they are free too. However, dreams by

More information

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND AFRIKAANSE TEKS vir ʼn produksie gemik as teenvoeter vir Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND 1 Die akteurs Daar is net twee akteurs ʼn man en ʼn dame, en hulle maak gebruik van kostuumveranderinge

More information

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree Selle ou storie 1 Selle ou storie is op 15 Oktober 1974 in die oorspronklike vorm in die Buiten-Ruimte van die Ruimte-teater geopen, met regie deur Pieter-Dirk Uys en met die volgende geselskap: ESTER

More information

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR 20 Jaar nuusbrief no. 3 Newsletter nr.3 TWINTIG JAAR!!! SOWAAR!!! Wie sou dit kon dink! Wat n wonderlike voorreg om twintig jaar in diens van ons gemeenskap staan. Dit bewys

More information

Ontwerp rn maak 'n houer *

Ontwerp rn maak 'n houer * OpenStax-CNX module: m26134 1 Ontwerp rn maak 'n houer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 5

More information

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel. - 1121 - BESKULDIGDE NR. 1 bevind waar hy my nou sien. Bet jy hom gevra om huis toe te kom, want sy kinders ly honger? -- Ja, ek het dit genoem. Wat s~ hy? -- Hy se toe in antwoord dat hy nie kan terugkeer

More information

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE 1 STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE ` Laat ons bly staan, net n oomblik nou, vir gebed. Hoeveel hierbinne het n versoek op hulle hart, wat jy wil hê dat God iets spesiaals vir

More information

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad: . Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad: www.guitar4kids.com Oulike websites waar jy liedjies gratis kan aflaai: http://singalongwith.us/ http://www.chordie.com/ http://www.ultimate-guitar.com/ lle regte

More information

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume KYNOBUFF Reg. No.L4246, Act No./Wet Nr. 36 of/van 1947 A ph buffer for increasing the efficiency of ph sensitive agricultural remedies and improving the wetting and spreading properties of spray mixtures.

More information

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4. STUDIEMETODES n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing 2. Doelwitstelling 3. Sleutelwoorde 4. Begripstoetse 5. Beantwoordeing van vraestelle 6. Navorsing Projekwerk 7. Memorisering

More information

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin 1 FAMILIENUUS Want elkeen hoort in n geestelike gesin FEBRUARIE 2015 Here gee my HOOP wat groei NUUSBLAD van die Kleingroepe: NG Gemeente Magalieskruin 2 KLEINGROEPE: NUUS Program vir Februarie 2015: Beplan

More information

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

To receive this information in ENGLISH, send an  to Data Entry Werkers Benodig!! DataEntryMadeEasy n Produk deur IOS Web Systems Pty Ltd Registrasie Nommer: 2012/097941/07 Pos Adres: Posbus 2252, Noordheuwel, Krugersdorp, 1756 Fisiese Adres: Dippenaarstraat 22, Noorheuwel, Krugersdorp,

More information

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114 *Gebaseer op die Nasionale Kanker Register 2010 Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27 Leeftyd risiko vir testikulêrekanker Leeftyd risiko vir peniskanker 1:2 040 1:1 114 Prostaatkanker 1 uit 27 Suid-Afrikaanse

More information

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE MODULE CAMPUS KAMPUS MCB2A01 BACTERIOLOGY & VIROLOGY BAKTERIOLOGIE

More information

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE Centre Number Candidate Number Name UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION, SPORT AND CULTURE, NAMIBIA International General Certificate

More information

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1 Bylaag 1.1 DIE LEERBENADERlNGSVRAELYS (LBV) Kopiereg voorbehou Algemeeo: Vul asseblief u persoonlike besonderhede op spasies wat op die antwoordblad voorsien is, in. Instruksies: Daar ontstaan daagliks

More information

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous Sterkykers: n Handleiding Saamgestel deur Marius Crous Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk. Bosmanstraat 380, Pretoria Tel. (012) 401 0700 E-pos: lapa@lapa.co.za Geset in 11 op 16.5 pt Georgia Omslagontwerp

More information

Hoe om te vas en te bid

Hoe om te vas en te bid Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. ~ Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

Luister, lees en punktuasie *

Luister, lees en punktuasie * OpenStax-CNX module: m25762 1 Luister, lees en punktuasie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad

More information

Demensie is progressief dit beteken dat die simptome geleidelik erger word. Dit hang van elke individu af hoe vinnig dementia vorder.

Demensie is progressief dit beteken dat die simptome geleidelik erger word. Dit hang van elke individu af hoe vinnig dementia vorder. PBO 930022142 NPO 049-191 Wat is Demensie Indien uself, n vriend of familielid met demensie gediagnoseer word, kan u angstig of verward voel. U weet dalk nie wat demensie is nie. Hierdie inligtingsblad

More information

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids # Huistaal, Eerste

More information

THE DEVELOPMENT AND EVALUATION A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE

THE DEVELOPMENT AND EVALUATION A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE THE DEVELOPMENT AND EVALUATION OF A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE Burt Davis Africa Centre for HIV/AIDS Management Stellenbosch University 24 April 2018 1 What is a fotonovela?

More information

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak: CHANGING LIVES... VERANDER LEWENS... SAVF CONGRESS 2017 On 19 October 2017, the SAVF celebrated 113 years of existence. On the same day, history was made when for the first time a man was elected to lead

More information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Perspective Training College Plek: Potchefstroom Datum: 25 28 Oktober 2017 Tyd: Elke dag van 08:00 16:00 Plek: Paarl Datum: 22 25 November 2017

More information

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee deur Nico Luwes Debuteer op Aardklop 2010 Idee 4-22 Jan 2009 Jan Brandstraat 17 Langenhovenpark Bloemfontein 1 Die stuk gaan o.a. oor rugby, maar kan aangepas word

More information

Die Doel van die Lewe

Die Doel van die Lewe Die Doel van die Lewe en om die werklike doel van ons lewens te verstaan. Ongelukkig, as jy die meeste mense die vraag vra Wat is die doel van ons lewe? wat so n fundamentele en belangrike vraag is, sal

More information

Hoe om Depressie en Bipolêre Versteuring te oorwin. Deur: Dr. Hans Dreyer

Hoe om Depressie en Bipolêre Versteuring te oorwin. Deur: Dr. Hans Dreyer Hoe om Depressie en Bipolêre Versteuring te oorwin. Deur: Dr. Hans Dreyer Vyf belangrike Simptome van Depressie Die verandering in gedrag is: 1. Verandering in Werkspatroon 2. Verandering in Sosiale gedrag

More information

JY MOET WEER GEBORE WOR D

JY MOET WEER GEBORE WOR D JY MOET WEER GEBORE WOR D, Jaarsaand oggend, in die diens van die Here. En ek en Broer Neville het probeer bymekaarkom, en ons het, oor prediking, wat ons sou doen. Ek het probeer om hom sover te kry om

More information

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON 2 3 SESSIE SESSIE 4 GYM SESSIE 4 SESSIE 4 PREHAB PREHAB 2 PREHAB 3 PREHAB SESSIE 2 SESSIE 5 SESSIE 2 SESSIE 5 2 3 4 SESSIE 3 SESSSIE 3 5 KM DR 3 KM DR.6

More information

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic Daniël Van Olmen (Lancaster University) Adri Breed (North-West University Potchefstroom) Ben Verhoeven (University of Antwerp) A Germanic

More information

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap Welkom by COS 151 Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap Wat ons vir julle gaan leer Twee gedeeltes Program logika en ontwerp Hoe om goeie programme te ontwerp Pen en papier,

More information

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO TROFEË / TROPHIES Let wel: Om vir sekere trofeë in aanmerking te kom moet aan meer as een afdeling deelgeneem word. Please note: In order to qualify for certain trophies,

More information

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord * OpenStax-CNX module: m31481 1 Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

More information

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB200:1-3 U goedheid Heer kan ons nie peil nie LB297:1-2

More information

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg). Droom - Glo - Doen A L G E M E N E V R A E : Waar en Wanneer en Wat kos dit? Die word aangebied by Megapark in Bredasdorp. (dis geleë op die rand van die dorp, volg net al die bordjies wat in die dorp

More information

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS Nommer Nr. Nr. 407 404 19 395 Nommer 376 2 Junie 2014 Nommer 7 Oktober September 20 April 2015 2015 Nr. 378 2015 'n 409 Publikasie 16 November van van Onsdorp.com

More information

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program Appendix B: Letters relating to Ethics Committee Appendix C: Informed Consent Forms Appendix D: Interview Schedule

More information

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening Baie belangrik: Leer die volgende vrae met hul antwoorde baie hard! Deel 1 1) Wat is n godsdienstige fees? n Godsdienstige fees vier n belangrike gebeurtenis

More information

Hoofstuk 30 - Bedieningsprosedures

Hoofstuk 30 - Bedieningsprosedures Hoofstuk 30 - Bedieningsprosedures Hierdie hoofstuk beskryf die basiese bedieningprosedures wat in die amateurbande gebruik word. Nadat jy hierdie hoofstuk goed bestudeer het, sal jy verstaan watter prosedures

More information

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS OUTDOOR 2006 INTERVIEWERS INSTRUCTIONS ONDERVRAERS INSTRUKSIES Name of interviewer Naam van ondervraer... INTERVIEWER S CHECK LIST: 1. Interviewer s Identity card 2. CAPI laptop ONDERVRAER SE NASLAANLYS:

More information

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne. LES 2 Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne. 2.1 Luister na n voorlesing van die gedig deur Elsabé Steenberg.

More information

COCHLEAR IMPLANT UNIT KOGLEÊRE INPLANTINGSEENHEID

COCHLEAR IMPLANT UNIT KOGLEÊRE INPLANTINGSEENHEID COCHLEAR IMPLANT UNIT KOGLEÊRE INPLANTINGSEENHEID HOSPITAAL TYGERBERG HOSPITAL NEWSLETTER DECEMBER 2017 NUUSBRIEF DESEMBER 2017 Celebrating 700 patients On 24 October 2017 the Tygerberg Hospital Stellenbosch

More information

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level *4537491363* AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 Reading and Writing October/November 2012 Additional

More information

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1 Oppie Eiland Rita Swanepoel Posbus 532 Goodwood 7459. (c) 082 874 7207 ritaswa@mweb.co.za Rita Swanepoel 1 OPPIE EILAND NEELS JORDAAN Drie-en-dertig jarige man kom vanaf enige dorpie in Suid-Afrika. Hy

More information

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG. CASE NO.: 41/1787/80. DATE 30TH MAY, 1980. IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG. THE STATE versus SIMON LUCKY MOEKETSI. BEFORE MR P. A. J. KOTZE. FOR

More information

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3 DG s Ramblings Newsletter of District Governor Lance Maytham September 2016 www.lionsdist410a.org.za Edition 3 Notes from our DG September kicked off with a long trip to Moorreesburg. LK Moorreesburg se

More information

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts by T Prinsloo Submitted to the Faculty of Veterinary Science, University ofpretoria, in partial

More information

STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1

STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1 STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1 Fokus: Lees om aandag te gee aan spesifieke besonderhede. Nota: 1.1 Lees n teks met begrip deur verskillende tegnieke toe te pas. Het jy al n prentjie van n plek gesien

More information

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS OPSIES WANNEE JY DIE AFTEEFONDS VELAAT UMBELLA FUNDS 2 ALEXANDE FOBES OPSIES WANNEE JY DIE FONDS VELAAT INDIEN JY bedank, of afgedank of afgelê word, is daar n paar opsies om te oorweeg. Aftree-annuïteit

More information

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11 WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON 1 SESSIE 1 SESSIE 2 FIKSHEID 1 SESSIE 3 SESSIE 4 3 KM DR 2 SESSIE 5 SESSIE 6 FIKSHEID 2 SESSIE 7 SESSIE 8 5 KM DR 3 SESSIE 9 SESSIE 10 FIKSHEID 3 SESSIE

More information

Maaltyd vir een. n Vertaling deur. Nico Luwes. van. Dinner for one (Lauri Wylie 1920)

Maaltyd vir een. n Vertaling deur. Nico Luwes. van. Dinner for one (Lauri Wylie 1920) Maaltyd vir een n Vertaling deur Nico Luwes van Dinner for one (Lauri Wylie 1920) 1 Die karakterss Miss Sophie n Ou dame van hoë stand (90 jaar) James Haar Butler (80 + jare) MAALTYD VIR EEN NOTA:Die vele

More information

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018 Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018 Carpe Diem The Name and Mission of this Organization: The Eisteddfod is known as Allegretto Eisteddfod for All and is therefore privately managed as an Arts

More information

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre MAIN PANEL RODEX LIQUID BAIT Reg. No./Nr.: L9289 Act /Wet 36 /1947 A highly active anticoagulant liquid bait concentrate for the control of the Norway Rat (Rattus norwegicus), Roof Rat (Rattus rattus),

More information

Kind regards, The News Team. Katharina and Nicola Steele visited Namibia. Just look at the interesting giant seed pod in Nicola s hand!

Kind regards, The News Team. Katharina and Nicola Steele visited Namibia. Just look at the interesting giant seed pod in Nicola s hand! Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 vergezicht123@gmail.com

More information

Pssst!! Wil jy meer mense bereik met jou advertensie? Adverteer dan in Leerkrag!

Pssst!! Wil jy meer mense bereik met jou advertensie? Adverteer dan in Leerkrag! 1 n Eerste uitgawe van Leerkrag/ Teacher. Wat kan julle verwag? Leerkrag/Teacher: is n gratis, opwindende, positiewe, nuwe toerustingsblad van die Namibiese Afrikaanse Vereniging vir Christelike Onderwys

More information

I declare that the thesis, which I hereby submit for the degree Ph.D. at the University of Pretoria, is my own work and has not previously been

I declare that the thesis, which I hereby submit for the degree Ph.D. at the University of Pretoria, is my own work and has not previously been I declare that the thesis, which I hereby submit for the degree Ph.D. at the University of Pretoria, is my own work and has not previously been submitted by me for a degree at another university. ii iii

More information

Grahamstad Sondag, 21 April Heerlike klein mens,

Grahamstad Sondag, 21 April Heerlike klein mens, Grahamstad Sondag, 1 April 1963 Heerlike klein mens, Ek het eintlik n paar neutrale in transit -dae nodig gehad tussen die Kaap en terug-wees, net om die oorgang geleideliker te maak. Ná die week en veral

More information

CHAPTER 4 DATA ANALYSIS, INTERPRETATION OF FINDINGS AND LITERATURE CONTROL

CHAPTER 4 DATA ANALYSIS, INTERPRETATION OF FINDINGS AND LITERATURE CONTROL 59 CHAPTER 4 DATA ANALYSIS, INTERPRETATION OF FINDINGS AND LITERATURE CONTROL 4.1 INTRODUCTION In this chapter, the analysis of data obtained through guided reflective interviews and narrative descriptions

More information

Daagliks n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat

Daagliks n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat Daagliks n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat Die benoudheid wat nou oor hierdie wêreld kom gaan jou laat honger na die Brood van die lewe, want Hy alleen is jou lewe. (Joh 6 : 48-51) Dagstukkies vir 365

More information

1 st edition NEWSLETTER 2017

1 st edition NEWSLETTER 2017 1 st edition NEWSLETTER 2017 Dear Remedi Member It is hard to believe that we are almost at the end of the first quarter of 2017. I trust you will all experience a happy and healthy 2017. It is with a

More information