Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Similar documents
Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

2. Waarheen? Outsiders toe!

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Ontwerp rn maak 'n houer *

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

July rd Issue

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

Tendense op varsproduktemarkte

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

Moenie bang wees vir boelies nie!

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

Luister, lees en punktuasie *

by Carolyn Sholto-Douglas-Vernon

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

A NARRATIVE EXPOSITION OF SERIAL MURDER IN SOUTH AFRICA BRIN ALLAN HODGSKISS SUBMITTED IN PARTIAL FULFILMENT OF THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

A water-soluble foliar feed with a wide range of nutrients for plants. n Wateroplosbare blaarvoeding met n wye reeks voedingselemente vir plante.

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

Module 4. Databasisse

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

JY MOET WEER GEBORE WOR D

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

VERTE-X-PLODE Reg. No. B 3602 Act/Wet No. 36 of/van 1947

Persoonlike Finansiële Profielbepaling. Gebruiksbepalings en-voorwaardes

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

Kim Nolte DOCTOR PHILOSOPHIAE. In the. FACULTY OF HUMANITIES (Department of Biokinetics, Sport and Leisure Sciences) University of Pretoria

In voeling. John Ackerman

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

Die maak van 'n kledingstuk *

Dry matter production, intake and nutritive value of certain Indigofera species

Kampeervaardigheid II

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

Hoe om te vas en te bid

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

Hoe om te begin 5. Begin TomTom App... 5 Opdatering van jou TomTom App... 5 GPS-ontvangs Om 'n roete te beplan 6

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

Om materiaal te weef *

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

ENZYME PROFILING OF A RANGE OF SUGARCANE TISSUE TYPES WITH DIFFERENT LEVELS OF SUCROSE

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

Stap 1. Laai die Trusted-QSL-Programme Af

Die Doel van die Lewe

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

Sandy Griffiths. Eietydse ontwerpe en gewilde projekte. Sandy Griffiths

CHAPTER 4 DATA ANALYSIS, INTERPRETATION OF FINDINGS AND LITERATURE CONTROL

SKELETAL MORPHOLOGY OF THE HUMAN HAND AS APPLIED IN FORENSIC ANTHROPOLOGY

Transcription:

Simmetrie Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie. Een van die katte is werklik, en die ander is net n beeld, maar hulle lyk presies dieselfde! As jy nou hierdie gedagte van n spieël wat n presiese beeld weerkaats sou neem, en eerder as om die volledige werklike voorwerp in die spieël te sien, gebruik jy slegs die helfte van die werklike voorwerp om dan n volledige prentjie te maak, dan sal jy n kombinasie kan maak soos hierlangsaan, waar n hele hond gesien word, maar net die een helfte is werklik die res is n beeld. Indien jy n prentjie kan maak wat volledig lyk, deur slegs een helfte te gebruik, dan noem ons die lyn waar die spieël sou wees, die lyn van simmetrie. Die wit lyn op die foto van die hond is dus n lyn van simmetrie, of die simmetrielyn (partykeer praat ons ook van die simmetrie-as, maar dit is n woord wat jy eers heelwat later in Wiskunde gaan gebruik, wanneer jy grafieke in hoër grade doen), omdat dit die voorwerp in presies die helfte kan deel. n Ander manier om aan die simmetrielyn te dink is dat, as jy die figuur op papier gehad het, en jy vou op die simmetrielyn langs, dan sal die twee helftes presies op mekaar pas.

Dit behoort nou vir jou redelik duidelik te wees dat nie alle voorwerpe net een lyn van simmetrie het nie. Kyk byvoorbeeld na die volgende figure: Elkeen van die rooi stippellyne dui n voulyn aan, en is dus n lyn van simmetrie. Om egter vir jou simmetrie n bietjie meer prakties te maak, kyk na die volgende foto s van regte dinge (eerder as net meetkundige figure soos hierbo) en kyk of jy die simmetrie-lyn kan raaksien.

Simmetrie kan ook gebruik word om versierings te maak, soos wat ons tipies in Suid-Afrika by Ndebele-kuns sien:...en as jy baie daarvan hou, kan jy selfs jou kar só versier...! Wanneer die spieëlbeeld gebruik word om die figuur of voorwerp te verander, soos wat ons gesien het met die prentjie van die hond, dan moet ons egter dink juis aan hierdie woord verander. Daar is baie maniere waarop iets verander kan word, en in sulke gevalle het ons n nuwe woord wat jy gaan moet leer ken: Transformasies. Daar is verskillende transformasies wat gedoen kan word op figure of voorwerpe, en die eerste een waarna ons gou gaan kyk, is Refleksies of Spieëling.

Refleksies Met refleksies moet jy jou net verbeel dat daar n spieël langs die voorwerp gesit word, en dan moet jy in jou verbeelding die beeld wat in die spieël sou verskyn, kan visualiseer. Ons praat dan daarvan dat die figuur in die simmetrielyn gespieël word. Kom ons kyk nou egter na gewone, tweedimensionele figure, en hoe hulle gespieël kan word. Tel elke keer net die hoeveelheid blokkies weg van die simmetrielyn af, om dan aan die ander kant van die simmetrielyn ewe ver te tel.

As ons dan nou die stippellyne vervang met soliede lyne, het ons die blou figuur se spieëlbeeld in die oranje stippellyn geteken!

Daar is nou net n nuwe woord wat jy moet leer, en dit is dat, wanneer ons twee sulke figure het wat presies dieselfde afmetings, vorm en oppervlakte het, maar net nie noodwendig dieselfde lê nie, dan sê ons die figure is kongruent. Is hierdie twee ruimtevaarders kongruent? Hier is nog n paar voorbeelde van kongruente figure:

Rotasies Die woord roteer beteken om iets rondom n sentrale punt te laat draai. As jy dink aan n toutjie wat aan die volgende figuur vasgeplak is, en met n duimspyker aan die ander punt aan die tafel vasgehou word, en dan visualiseer hoe die figuur in die rondte draai, sal jy n goeie begrip hê vir hierdie tipe transformasie. Wanneer n soliede figuur in die rondte gedraai word deurdat die duimspyker deur sy middelpunt gedruk is, dan kan dit gebeur dat die figuur op stadiums presies sal lyk soos wat dit eers was jy sal nie weet dat dit in die rondte gedraai is nie, byvoorbeeld die volgende figuur is deur 90 gedraai. Behalwe vir die kleure, sou jy kon sê dat dit dieselfde figuur is?

Wanneer n figuur só kan land nadat dit gedraai is, dat dit presies lyk soos wat dit aanvanklik gelyk het, praat ons van Rotasiesimmetrie, en die Orde van Rotasiesimmetrie is die hoeveelheid keer in een omwenteling wat die figuur só sal land. As jy gaan na die webtuiste http://www.bbc.co.uk/bitesize/ks3/maths/shape_space/symmetry/revision/4/ dan is daar n oulike interaktiewe voorstelling van hoe jy die orde van rotasiesimmetrie kan bepaal. Hier is ook n ander webtuiste, waar jy nou eintlik die omgekeerde doen: Jy bepaal wat die orde van rotasiesimmetrie moet wees, en trek dan n lyn of figuur, dan sal die webtuiste outomaties vir jou die res van die figuur voltooi om aan hierdie voorwaarde te voldoen. http://www.mathsisfun.com/geometry/symmetry-artist.html Verplasing (Translasies of skuif) Hierdie is seker die maklikste transformasie om te verstaan, want al wat jy doen is om die figuur êrens heen te skuif gewoonlik volgens n spesifieke instruksie, soos om die figuur 8 eenhede na regs te skuif: Jy sal ook oplet dat ELKE punt van die figuur 8 eenhede na regs geskuif het.

Vergroot of verklein Wanneer n figuur gereflekteer, geroteer of getransleer word, dan behou dit mos nog steeds sy oorspronklike vorm, afmetings en oppervlakte, nie waar nie? En soos ons vroeër al gesê het, praat ons dan daarvan dat die figure kongruent is. As jy egter n figuur groter rek of kleiner krimp dan geld hierdie reël nie meer nie, en dan praat ons van gelykvormigheid solank die figuur nie skeefgetrek is in die proses nie. n Goeie manier om hieraan te dink is wanneer jy deur n verkyker kyk: Die figuur wat jy sien is mos net groter as wat dit was, maar die verhoudings van al die afmetings ten opsigte van mekaar is nog steeds dieselfde. As die oorspronklike figuur se afmetings met n spesifieke SKAAL vergroot of verklein word, dan sê ons dit is vergroot of verklein met n sekere faktor, maar waarop dit neerkom is dat die sye van die figuur bloot elkeen met dieselfde getal gemaal of gedeel word.