VOGES, WND R. Vir doeleindes van hierdie uitspraak word na die respondent. verwys as die eiser en na die eksipiënt as die verweerderes.

Similar documents
STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

U I T S P R A A K IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) In die saak tussen: teen CORAM: C.C WILLIAMS R: WILLIAMS R:

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

2 3469B GOVERNMENT GAZETTE, 21 OCTOBER 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

Tendense op varsproduktemarkte

A NARRATIVE EXPOSITION OF SERIAL MURDER IN SOUTH AFRICA BRIN ALLAN HODGSKISS SUBMITTED IN PARTIAL FULFILMENT OF THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE

A water-soluble foliar feed with a wide range of nutrients for plants. n Wateroplosbare blaarvoeding met n wye reeks voedingselemente vir plante.

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Kim Nolte DOCTOR PHILOSOPHIAE. In the. FACULTY OF HUMANITIES (Department of Biokinetics, Sport and Leisure Sciences) University of Pretoria

Dry matter production, intake and nutritive value of certain Indigofera species

Government Gazette Staatskoerant

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

DIE ROL VAN PERSOONLIKHEID EN STRESHANTERINGSVAARDIGHEDE BY PASIeNTE MET FIBROMIALGIE SINDROOM

DEPARTMENT OF LABOUR. No April 2014 CORRECTION NOTICE COMPENSATION FOR OCCUPATIONAL INJURIES AND DISEASSES ACT, 1993(ACT

DIE INVLOED VAN GRONDVERDIGTING OP DIE FOSFAATOPNAME DEUR TABAK. deur. Jasper Gestaphus Dreyer

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

University of Pretoria EXERCISE PRACTICES, DIETARY HABITS WITH TYPE... I DIABETES YVONNE PAUL

University of Pretoria

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

BOND. Reg. No./Reg. Nr. L6756, Act No. 36 of 1947/Wet Nr. 36 van 1947

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

Labour, Department of/ Arbeid, Departement van DEPARTMENT OF LABOUR NOTICE 212 OF 2018

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

Government Gazette Staatskoerant

July rd Issue

MODELLED RESPONSE OF THE ELECTRICALLY STIMULATED HUMAN AUDITORY NERVE FIBRE. by Jacoba Elizabeth Smit

by Carolyn Sholto-Douglas-Vernon

Government Gazette Staatskoerant

Ontwerp rn maak 'n houer *

Luister, lees en punktuasie *

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

SLAGS AS AGRICULTURAL LIMES: REACTIVITY AND HEAVY METAL AND PHOSPHORUS BIO-A V AILABILITY. Johan Hilgard van der Waals

Although this remedy has been extensively tested under a large variety of conditions the registration holder does not

Labour, Department of/ Arbeid, Departement van DEPARTMENT OF LABOUR NOTICE 142 OF 2016

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

VERTE-X-PLODE Reg. No. B 3602 Act/Wet No. 36 of/van 1947

Before using this product read the label carefully. / Lees die etiket noukeurig alvorens die produk gebruik word. PYBUTHRIN 44

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

GOVERNMENT NOTICES GOEWERM ENTSKENN ISGEWI NGS. AGRICULTURAL PRODUCT STANDARDS ACT, 1990 (ACT No.119 OF 1990)

VEILINGREËLS VAN TOEPASSING OP VEILINGS DEUR OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK 1999/004069/06 (die afslaer)

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

CONTROL MEASURES IN SOUTH AFRICA SURROUNDING THE TOBACCO AND ALCOHOLIC BEVERAGE INDUSTRY

I declare that the thesis, which I hereby submit for the degree Ph.D. at the University of Pretoria, is my own work and has not previously been

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

SKELETAL MORPHOLOGY OF THE HUMAN HAND AS APPLIED IN FORENSIC ANTHROPOLOGY

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

A TOURING JOURNAL WITH SPORT PSYCHOLOGY

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

BEGROOT & SPAAR SLIM Leer die geheim van finansiële vryheid Ina Wilken

A MEANINGFUL WORKPLACE: FROM THEORY DEVELOPMENT TO APPLICABILITY PETRUS LEONARD STEENKAMP PHILOSOPHIAE DOCTOR

CONTENTS GENERAL NOTICE

Fermentation of a finger millet-dairy composite gruel

Government Gazette Staatskoerant

met het GGO bij contact met de intacte huid en dat dit tot een locale reactie zal leiden (A4.3).

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

PY 4T4. Reg. No. L4629 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L4629 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 0585 Namibiese Reg. Nr.

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

FINAL REPORT (Relevant publications may replace the final report)

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

The false codling moth, Cryptophlebia leucotreta (Meyrick) (Lepidoptera: Tortricidae) on avocadoa literature review

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

Nicole Githa Campbell

Coping responses as predictors of satisfaction with life amongst a

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

Government Gazette Staatskoerant

FERTIFLO (19) MICRONUTRIENT SOLUTION

Integrating psychotherapy and alternative healing methods: A phenomenological study.

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Igazethi Yesifundazwe GAZETTE EXTRAORDINARY BUITENGEWONE KOERANT IGAZETHI EYISIPESHELI

by ELMARIE SWANEPOEL Supervisor: Prof, Simon Petrus Johannes von Wielligh Faculty of Economic and Management Sciences Department of Accounting

APPROVED PACKAGE INSERT FOR INGELVAC MYCOFLEX

INTRODUCING HIV AND AIDS EDUCATION INTO THE FIRST YEAR OF A PROBLEM- BASED LEARNING CURRICULUM: A TEMPLATE FOR HEALTH SCIENCE EDUCATION

... f.?:... MN OLII'HANT, MP

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

MOTOR COMPETENCE AND GOAL SETTING IN RUGBY

Transcription:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. : 1406/2007 STEYN MEYER INGELYF Eiser/Respondent en CORNELIA WILHELMINA LIEBENBERG Verweerderes/Eksipiënt AANGEHOOR OP: 19 OKTOBER 2007 UITSPRAAK: VOGES, WND R GELEWER OP: 1 NOVEMBER 2007 Vir doeleindes van hierdie uitspraak word na die respondent verwys as die eiser en na die eksipiënt as die verweerderes. [1] Die eiser is n maatskappy met beperkte aanspreeklikheid, geregistreer in terme van die Wet op Maatskappye, 61 van 1973. Die verweerderes is n volwasse vrou wat deur die Meester

2 van die Hooggeregshof aangestel is as eksekutrise in die boedel van wyle Willem Christiaan Phillippus Coetzee. [2] Aldus die eiser se Besonderhede van Vordering het die verweerderes mnr Pieter Meyer, n praktiserende prokureur, op 25 Julie 2005 opdrag gegee om namens haar op te tree in die bereddering van die genoemde boedel. Daar is mondeling ooreengekom tussen Meyer en die verweerderes dat die eiser, by finalisering van die boedel, geregtig sou wees op 50% van die executer s loan wat die verweerderes sou toekom. [3] Op 20 Oktober 2005 het die verweerderes egter haar mandaat aan die eiser beëindig. As gevolg daarvan het die eiser beweerdelik skade gely deurdat professionele dienste reeds sedert 17 Junie 2005 gelewer was en word skadevergoeding in die bedrag van R135 356,58 geëis.

3 [4] Die verweerderes het eksepsie aangeteken teen die eiser se uiteensetting van sy eis en wel op grond daarvan dat die Besonderhede van Vordering nie voldoende beweringe verwoord nie en/of bewerings mis wat nodig is om die aksie teen die verweerderes te staaf, en in die alternatief dat die eiser nie n skuldoorsaak teen die verweerderes openbaar nie. [5] Die verweerderes se eksepsie berus op vier gronde, nl: 5.1 Die eiser vorder betaling van professionele gelde en/of fooie as skade van die verweerderes in persoon en/of in haar privaat hoedanigheid ondanks bewerings in die Besonderhede van Vordering dat die verweerderes hoogstens in haar amptelike hoedanigheid as eksekutrise n ooreenkoms gesluit het met Pieter Meyer. 5.2 Die eiser geen skuldoorsaak teen die verweerderes openbaar nie en/of onvoldoende bewerings in die Besonderhede van Vordering maak om n skuldoorsaak teen die verweerderes te openbaar, aangesien die eiser

4 beweer dat die verweerderes n maandaat aan Pieter Meyer, n privaat individu, gegee het en nie aan die eiser, wat n afsonderlike regsentiteit is nie. 5.3 Die eiser vorder skade in die bedrag van R135 356,58, maar beweer dat hy geregtig sou wees op hoogstens 50% van die eksekutrise se executor s loan sonder om aan te toon dat laasgenoemde die bedrag van R135 356,58 sou en inderdaad oorskry het. Gevolglik openbaar die eiser se aksie nie n skuldoorsaak teen die verweerderes ter vordering van die bedrag van R135 356,58 nie. 5.4 Die eiser geen skuldoorsaak teen die verweerderes openbaar nie en/of onvoldoende bewerings in die Besonderhede van Vordering maak om n skuldoorsaak teen die verweerderes te openbaar, aangesien eiser beweer dat hy geregtig sou wees op hoogstens 50% van die eksekutrise se lening in of van die boedel en geen basis stel in terme waarvan die eiser geregtig is of sal word vir betaling deur die verweerderes van

5 professionele fooie nie. [6] Ten aansien van die eerste grond van eksepsie voer die eiser aan: Aangesien die verweerderes slegs in haar amptelike hoedanigheid as eksekutrise magte en bevoegdhede aan die eiser kon delegeer maak eiser derhalwe geen skuldoorsaak uit teen die verweerderes in haar private hoedanigheid nie, maar hoogstens maak eiser n skuldoorsaak uit teen die verweerderes in haar amptelike hoedanigheid. Ek vind dit nie nodig om in meer besonderhede met hierdie grond van eksepsie te handel nie in lig van latere bevindings hierin. Dit word slegs vermeld dat hierdie uitgangspunt nie korrek kan wees nie omdat die verweerderes in haar onderhandelinge met die eiser nie vir of namens die boedel opgetree het nie. Sy het in haar privaathoedanigheid die eiser om hulp genader. Verder is die professionele dienste waarop die eiser se eis berus volgens die Besonderhede van Vordering aan

6 verweerderes gelewer vanaf 17 Junie 2005. Dit blyk nie wanneer die verweerderes as eksekutrise aangestel is nie. Die ooreenkoms met Meyer was in ieder geval eers, aldus die eiser, aangegaan op 25 Julie 2005. Die eerste eksepsie kan gevolglik nie slaag nie. [7] Ten aansien van die tweede grond van eksepsie doen die eiser aan die hand dat daar voldoende bewerings in die Besonderhede van Vordering uiteengesit is ingevolge waarvan die eiser geregtig sal wees om by aanhoor van die aksie getuienis te lei waaruit die eiser se locus standi sal blyk. Alhoewel in paragraaf 4 van die Besonderhede van Vordering slegs verwys word na Mr Pieter Meyer, a practicing attorney word in paragraaf 6 beweer: It is agreed to verbally between Mr Pieter Meyer, whom acted on behalf of the Plaintiff, and the Defendant.

7 en word ook in paragraaf 7 verwys na die mandaat tussen die verweerderes en die eiser. Daar is gevolglik meriete in die eiser se betoog dat getuienis gelei sal kan word wat die locus standi van die eiser sal bewys. Die tweede eksepsie kan gevolglik ook nie slaag nie. [8] Die eiser se eis is gebaseer op n ooreenkoms in terme waarvan die eiser na bewering geregtig sou wees op 50% van die executor s loan. Hierdie bewoording het tot ernstige betoog namens die verweerderes gelei. Dit is naamlik aangevoer dat die regte en verpligtinge wat die sogenaamde lening vir die verweerderes sou hê nie uiteengesit word nie en die bedrag daarvan onbepaalbaar is. Namens die eiser is aangevoer dat geen ander uitleg aan dié bewoording gegee kan word as sou dit na eksekuteursfooie verwys nie. n Derde persoon sou immers nie geregtig kon

8 word op enige regte voortspruitend uit n lening van die boedel aan die verweerderes nie. Alhoewel nie deur die eiser gevra is vir n wysiging van die bewoording van die Besonderhede van Vordering nie, is hier duidelik bloot n foutiewe term gebruik en kan niks anders as eksekuteursfooie ter sprake wees nie. [9] Soos die Besonderhede van Vordering tans daar uitsien is dit tot n mate onduidelik of eiser op kontrak of op delik steun vir die verhaal van sy beweerde skade. In antwoord op die derde grond van eksepsie voer die eiser egter in betoog aan dat sy vordering gebaseer is op skade gely weens kontrakbreuk vanweë die kansellasie van sy mandaat deur die verweerderes. Daardie skade is, so word aangevoer, bepaalbaar op grond van die gespesifiseerde rekeningstaat (aanhangsel SM2 ) wat deel vorm van die besonderhede van vordering.

9 Eiser is egter by kontrakbreuk deur verweerderes hoogstens geregtig om geplaas te word in die posisie waarin hy sou wees as daar behoorlike voldoening aan die ooreengekome terme was. Daar is geen basis waarop eiser aanspraak kan maak op professionele fooie nie. Die Besonderhede van Vordering beweer nêrens dat dit n term (uitdruklik of geïmpliseerd) van die ooreenkoms was dat verweerderes aanspreeklik sou wees vir professionele fooie as Meyer se mandaat beëindig sou word nie. Geen bedrag is deur die eiser gekoppel aan die 50% eksekuteursfooi nie. Ook is dit nie bekend wat die waarde van die boedel was nie en kan dus nie bepaal word waarop die verweerderes, en daarmee saam die eiser, geregtig was of sou word nie. Die Besonderhede van Vordering bevat gevolglik nie enige bewerings om die eiser se eis vir professionele fooie te ondersteun nie. Die eksepsie op hierdie grond behoort dus te slaag. [10] Verweerderes se vierde grond van eksepsie hang ten nouste saam met die derde grond en is waarskynlik die sterkste. Eiser se eis steun op die ooreenkoms aangegaan op 25 Julie 2005. Sy skade is gebaseer op professionele dienste

10 gelewer vanaf 17 Junie 2005. Die Besonderhede van Vordering sit egter nie uiteen uit hoofde waarvan vir die tydperk 17 Junie tot 25 Julie 2005 geëis kan word nie. Geen datums blyk ook uit die rekeningstaat, aanhangsel SM2, nie. Die eiser se Besonderhede van Vordering bevat, soos reeds aangedui, geen bewering dat professionele fooie uit hoofde van die ooreenkoms tussen Meyer en die verweerderes betaalbaar is/was nie. Weer eens ontbreek voldoende bewerings om die eis soos tans geformuleer te steun en behoort hierdie eksepsie ook te slaag. [11] Die volgende bevel word bygevolg gemaak: 1. Die eksepsie gebaseer op gronde 3 en 4 van die verweerderes se kennisgewing van eksepsie word gehandhaaf met koste. 2. Eiser word verlof verleen om sy besonderhede van eis

11 te wysig voor of op 9 November 2007 by gebreke waaraan verweerderes die hof kan nader vir afwysing van die eis. M. VOGES, WND R Namens die eiser/respondent : Adv. P.J. Zietsman In opdrag van: Steyn Meyer Ing. BLOEMFONTEIN Namens die verweerderes/eksipiënt: Adv. C. Snyman In opdrag van: Lovius Block BLOEMFONTEIN MV/sp