As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

Similar documents
JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

July rd Issue

2. Waarheen? Outsiders toe!

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

Die Doel van die Lewe

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

JY MOET WEER GEBORE WOR D

In voeling. John Ackerman

Luister, lees en punktuasie *

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

Moenie bang wees vir boelies nie!

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

Daagliks n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

Ontwerp rn maak 'n houer *

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

Herman Byleveld. God is met jou. 12 September 2018 No. 487

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

( TRANSVAAL PROVI8QIAI DIVISION).

CHAPTER 4 DATA ANALYSIS, INTERPRETATION OF FINDINGS AND LITERATURE CONTROL

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1

COCHLEAR IMPLANT UNIT KOGLEÊRE INPLANTINGSEENHEID

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

Hoe om te vas en te bid

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

Maaltyd vir een. n Vertaling deur. Nico Luwes. van. Dinner for one (Lauri Wylie 1920)

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

Vrydag is skeidag. deur. Chris Vorster. Kontakbesonderhede vir opvoerregte: Chris Vorster. e-posadres:

Kind regards, The News Team. Katharina and Nicola Steele visited Namibia. Just look at the interesting giant seed pod in Nicola s hand!

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

Geakkrediteerde Vereniging Nr Accredited Association. WP Boland JSV - NUUSBRIEF MEI Top 50 & SA OPE

Kampeervaardigheid II

Die invloed van psigopatologie op geloofsbelewing Dr Deon Bruwer

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

I declare that the thesis, which I hereby submit for the degree Ph.D. at the University of Pretoria, is my own work and has not previously been

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

A water-soluble foliar feed with a wide range of nutrients for plants. n Wateroplosbare blaarvoeding met n wye reeks voedingselemente vir plante.

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

University of Pretoria EXERCISE PRACTICES, DIETARY HABITS WITH TYPE... I DIABETES YVONNE PAUL

A NARRATIVE EXPOSITION OF SERIAL MURDER IN SOUTH AFRICA BRIN ALLAN HODGSKISS SUBMITTED IN PARTIAL FULFILMENT OF THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

Die maak van 'n kledingstuk *

Transcription:

Maandag GEEN DROOM IS TE GROOT NIE Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle n hoopvolle toekoms te gee. Jeremia 29:11 As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige God glo kan ons juis droom. Niks is dan vir Hom onmoontlik nie. Die Here het ons nie gemaak om small spirited en jannie jammergatte te wees nie. Hy het ons gemaak met desires en passies en sal ons ook help om dit uit te leef. MAAR, dit gaan nie in ons skote val nie. Orison Swett Marden het gesê; The Creator has not given you a longing to do what you have no ability to do. Ons moet ons kant bring en soveel moontlik doen om ons drome waar te maak. Soos om die nodige vaardighede aan te leer, te oefen, op te let in die klas, boeke te lees en om mense te gaan sien wat ons kan help om n stappie nader aan ons droom te kom. Maar sonder geloof en vertroue dat die Vader dit kan waar maak, help dit ook net tot op n punt. Ek het n oefening waar ek vir my n Vision Board maak. Daarop plak ek woorde, aanhalings en prentjies van al my drome. Ek plak dit iewers waar ek dit elke dag kan sien, soos binne in my kas. Wanneer ek daarna kyk maak ek my oë vir so minuut toe en ek imagine hoe dit waar word. Ek sien in my gedagtes hoe dankbaar ek teenoor die Here is en dan los ek dit wat ek nie menslik kan doen nie in Sy hande. Probeer dit. Dit is lekker en glo my, dit werk! Die belangrikste ding om van droom te onthou, is dat jy dit nooit sonder die Here moet of kan doen nie. Leandie du Randt 7

Dinsdag JY IS HIER OM N VERSKIL TE MAAK Ek span my in om by die wenstreep te kom sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Filippense 3:14 Het jy al ooit gewonder hoekom God jou gemaak het en wat Sy doel met jou lewe is? Die hele skepping is n bewys van Sy groot almag. So is ek en jy as deel van hierdie skepping ook hier om God te verheerlik. Hoe dink jy doen mens dit? Deur aan Hom gehoorsaam te wees en deur ons hele lewe net aan Hom te gee. Maar hoekom het God juis vir my nodig as deel van hierdie groot skepping? Daar is mos miljoene ander mense wat God kan verheerlik? Ja, daar is ontelbaar ander mense, maar God het jou by jou naam geroep! Hy wil graag hê dat JY Sy kind moet wees. Hy het n plan en n doel met JOU lewe iets wat net jy kan doen omdat daar niemand anders soos jy op hierdie aarde is nie. Net jy lyk soos jy en niemand anders het dieselfde geaardheid as jy nie daarom is jy die ideale persoon om n verskil te maak in die lewe van mense wat God oor jou pad stuur. Jy bly nie net toevallig in die dorp waar jy bly nie. Jy is nie toevallig in die skool waar jy is nie. Jy lees nie toevallig hierdie dagstukkie nie! God roep jou om n verskil te maak! Dink net aan alles wat die Here al vir jou gedoen het en als wat jy al van die Bybel geleer het... Gaan vertel dit vir iemand! Gaan wees vriendelik met die maats by die skool wat nie vriende het nie! Gaan help ander mense met dinge wat hulle moet doen, wat dalk te swaar is om alleen te doen! Maak n verskil! Riana Mouton 8

Woensdag DOEN EK DIE REGTE DINGE? Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee. Jakobus 1:5 Partykeer bevind ons, onsself in situasies waar ons nie heeltemal seker is wat die regte ding is om te doen nie. Dit kan n meer eenvoudige besluit wees soos moet ek die jaar rugby of krieket speel. Of dit kan iets groots en meer complicated wees soos wanneer jy jou vriende moet kies, of selfs wat jy eendag na skool wil doen. Iemand het een keer gesê dat die lewe uit n reeks besluite bestaan wat een op die ander volg. Ons besluit hoe laat ons die volgende oggend wil opstaan en stel dan die wekker. As ons die oggend opstaan besluit ons watter klere om aan te trek. Dan besluit ons op skoene wat daarby sal pas. Daarna besluit ons wat ons vir ontbyt wil eet. So volg een na die ander besluit deur die hele dag tot jy vanaand weer besluit hoe laat jy die wekker moet stel. Dit kan nogals scary wees om te dink dat ons hele lewe uit keuses bestaan wat ons moet maak. Sommige van hierdie besluite kan die rigting van die res van ons lewens bepaal. Hoe weet ons, ons maak die regte besluite? Dis waarom ons so n wonderlike God dien. Hy sê dat as ons onseker is kan ons Hom vra en Hy sal ons die wysheid gee. Die dag toe ek dit besef, het ek geweet dat ek glad nie sonder Hom kan leef nie. Die Bybel sê mos juis, Ken Hom in al jou weë en Hy sal jou paaie gelyk maak. Eon de Bruin 9

Donderdag BAIE MEER WERD AS VOËLTJIES Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie. Psalm 23:1 Dit was vroegoggend in Bristol Engeland. Driehonderd honger weeskinders het by die etenstafel gesit, maar daar was niks om te eet nie. George Müller, stigter van die kinderhuis het sy oë toegemaak om dankie te sê vir die kos, al was die tafels steeds leeg. Hy het geweet dat God n liefdevolle Pappa is en dat Hy sal voorsien vir die kinders, soos Hy nog altyd het. Oomblikke later was daar n klop aan die deur, dit was n bakker: Meneer Müller, het hy gesê, laas nag kon ek nie slaap nie. Op n vreemde manier het ek geweet dat julle vanoggend brood gaan nodig hê. Ek het opgestaan en klomp brode gebak. Ek bring dit vir julle in. Minute daarna toe kom daar nog n klop. Hierdie keer was dit die melkman. Sy melkkar het gebreek reg voor die kinderhuis. Hy wou weet of die kinderhuis gratis melk wou hê, want die melk sou sleg wees teen die tyd wat die wiel sou reg wees. George Müller het dankbaar geglimlag toe die man die kanne vol melk indra, presies genoeg vir 300 dorstige kinders. Hoe wonderlik om te weet dat Jesus reeds betaal het vir enige tekort wat ons ooit in die gesig mag staar. Hy is die Een na wie toe jy kan hardloop met jou behoeftes én jou drome, want Hy is lief vir jou! Hy weet wat jy nodig het. Hy sorg vir die voëltjies, maar maak dit duidelik dat ons baie kosbaarder is as hulle, so hoeveel te meer gaan Hy nie vir jou sorg nie! Sê sommer vandag al vir Hom dankie vir Sy voorsiening al sien jy dit nog nie. Driekie Olwage 10

Vrydag HY WEET PRESIES HOE JY VOEL Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broers gelyk word, sodat Hy n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy díe help wat versoek word. Hebreërs 2:17 Daar kom tye wanneer mens met iets sukkel. Jy weet die regte ding is om te bid, maar jy wonder of dit regtig sal help. Sal God verstaan waardeur jy gaan en hoekom sal Hy omgee? Dit is waar jy die pot n myl ver mis sit! Die Vader het vir Jesus aarde toe gestuur sodat Hy alles kan ervaar en deurgaan waardeur ons elke dag gaan! Het jy al alleen gevoel? Jesus het Sy dissipels saamgevat om te bid en hulle het aan die slaap geraak. (Mat. 26:40) Het jy al verneder gevoel? Jesus is in sy gesig gespoeg en met vuiste in die gesig geslaan. (Mat. 26:67) Het jy al gevoel dat iemand jou in die steek gelaat het? Jesus se dissipels het weggehardloop toe Hy gevange geneem is. (Mar. 14:50) Het jy al gevoel dat iemand jou verraai het? Judas, een van Jesus se dissipels, het hom verraai vir muntstukke. (Luk. 22:48) Was jy al bang gewees vir iets wat voorlê? Jesus het in die tuin van Getsemané, bloed gesweet oor dit wat Hy geweet het vir Hom voorlê. Was jy al hartseer omdat iemand dood is? Toe Jesus gehoor het dat Johannes dood is, wou hy alleen wees en het in n boot geklim om weg te kom van almal. (Mat. 14:13) Is jy al versoek om iets lelik te doen? Jesus is vir veertig dae lank in die wildernis versoek en Hy het nooit toegegee nie. (Mat. 4:1-11) Alhoewel Jesus God se Seun is, het Hy as mens aarde toe gekom. Hy was ook n klein seuntjie wat geval het, sy toon gestamp het en met sy vriende gespeel het. Hy verstaan waardeur jy gaan! Stass Janse van Veuren 11

5 dinge om hierdie week te onthou: MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG