Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Similar documents
JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

2. Waarheen? Outsiders toe!

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

July rd Issue

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

Ontwerp rn maak 'n houer *

JY MOET WEER GEBORE WOR D

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

In voeling. John Ackerman

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

Die Doel van die Lewe

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

Hoe om te vas en te bid

Moenie bang wees vir boelies nie!

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

Luister, lees en punktuasie *

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

Woordbou en spelling *

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

Daagliks n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

Om materiaal te weef *

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1

1 st edition NEWSLETTER 2017

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

BELLVILLE O/16 OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

CHAPTER 4 DATA ANALYSIS, INTERPRETATION OF FINDINGS AND LITERATURE CONTROL

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS

STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

( TRANSVAAL PROVI8QIAI DIVISION).

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

WAPPORT UITGAWE November 2017

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85

Maaltyd vir een. n Vertaling deur. Nico Luwes. van. Dinner for one (Lauri Wylie 1920)

COCHLEAR IMPLANT UNIT KOGLEÊRE INPLANTINGSEENHEID

THE DEVELOPMENT AND EVALUATION A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE

Persoonlike Finansiële Profielbepaling. Gebruiksbepalings en-voorwaardes

Transcription:

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29 Opening Verwelkom almal terug by groeptyd. Laat almal een hoogtepunt en een laagtepunt van julle week deel. Aanknopingsaktiwiteit Deel vir elke groepslid +- 10 geld note uit. Verduidelik aan hulle dat hierdie geld baie belangrik is, want net nou gaan hulle deur middel van n veiling baie belangrike goed daarmee kan koop. Die doel is dus dat jy moet probeer om soveel geld as wat jy kan bymekaar te maak met die volgende stappe: (Jy kan die stappe aanpas soos prakties vir jou groepsopset is) 1. Almal wat plakkies aan het moet 2 note aan die persoon regs van jou gee. 2. Almal wat lang hare het kan 3 note vat by enige iemand wat hulle kies. 3. Almal wat honde as troeteldiere by die huis het moet een noot vir elke hond wat hulle het in die middel van die kring sit. 4. Wie het almal katte? Neem die note wat in die middel van die kring is en verdeel dit gelykop tussen almal wat katte het. Skeur die note in die helfte/derdes ens. indien dit nodig is. 5. Almal wat nog nie verjaar het nie kan een noot by elke lid van die groep kry. 6. Die persoon wat die langste hulle asem kan ophou kan 2 note by elke groepslid kry. 7. Almal wat iets blou aan het moet 2 note aan die persoon regs van hulle gee. 8. Almal wat n E in hulle naam het moet 1 noot van die persoon regs van hulle ontvang. Alternatiewelik kan elke groepslid 10 papier note ontvang. Verduidelik dat julle nou 6 rondtes Rock, paper, scissors gaan speel. Elke keer as jy verloor, moet jy een noot vir die wenner gee. Na elke rondte moet jy iemand anders soek om teen te speel. Laat die groep elkeen n vriend kry en begin. Laat elkeen dan nou hulle geld tel (by hulself) en regmaak vir die veiling. Verduidelik dat daar wonderlike dinge op die veiling vandag is en ons gaan kamma-kamma speel om hierdie goed te koop. Jy moet jou geld goed bestee en mooi kies wat jy wil koop, want die beste word DALK gehou vir laaste. Maak hulle opgewonde om die wonderlike items te koop. 1. Die eerste item te koop is n get out of school card : jy hoef vir die res van jou lewe nooit weer skool toe te gaan nie en jy sal oornag al die kennis kry wat jy ooit mag nodig hê. waarde. Moedig die groep om deel te neem en stoot die prys op ens. En verkoop dit aan die hoogste bie. 2. Die tweede item te koop is n wettige kar lisensie wat jy nou al mag gebruik, plus jy gaan sommer self weet hoe om te bestuur en jy mag enige kar op aarde kies wat jy wil ry. waarde. Moedig die groep om deel te neem en stoot die prys op ens. En verkoop dit aan die hoogste bie. 3. Enige iets wat jy wens vir die volgende 48 uur sal dadelik waar word. waarde. Moedig die groep om deel te neem en stoot die prys op ens. En verkoop dit aan die hoogste bie. 4. Die laaste item op die veiling: Jy gaan hemel toe- no questions asked kaart. waarde. Moedig die groep om deel te neem en stoot die prys op ens. En wanneer almal hul geld spandeer het stop die veiling en sê niemand van julle het genoeg geld hiervoor nie. Julle moet maar n plan maak om meer geld te kry of niemand van julle gaan hemel toe gaan nie.

Laat die groep reageer voor jy verder gesels. Noem dat nogal belaglik is dat mense dink jy kan jou plek in die hemel koop of seker dinge doen om jou plek daar te verdien. Verduidelik dat dit vandag Hervormingssondag is. Vra of iemand weet wat dit is? Baie jare terug was die Bybel slegs in Grieks, Hebreeus en Latyns beskikbaar. Baie min mens kon daardie tale praat en kon dus nie die Bybel lees nie. Bybels was ook baie duur so gewone mense kon dit nie bekostig nie. As jy wou weet wat in die Bybel staan moes jy kerk toe gaan sodat die priester vir jou kon sê wat daarin staan. Dit het dan gebeur dat party mense gedink het dat hulle nie goed genoeg vir God was nie, of party mense het gedink dat net sommige mense goed genoeg vir God was. Dan het mense geglo dat hulle hard moet werk om hulle plek in die hemel en ook vergifnis te verdien. As een van jou familielede doodgegaan het, het jy wat nog gelewe het die kerk duur betaal sodat jou familie lid se sondes vergewe kon word en hulle uit die vagevuur kan gaan (hulle het gedink dis soort van n wagkamer voor jy hemel toe kan gaan) en in die hemele kon kom. Daar was toe n groep Christene, veral een man Martin Luther, wat gesê het: Nee, dis nie wat die Bybel oor vergifnis sê nie. Hulle het gesê dat almal sondaars is, party mense is nie meer sondig as ander nie, en dat mens slegs vergewe kan word deur Jesus. M.a.w. slegs deur Jesus is dit moontlik dat ons kan glo en vergewe kan word. Ons kan niks uit ons eie doen om dit te verdien nie. Hy en sy vriende het toe hierdie nuus gaan verkondig en hy het ook die Bybel in Duits begin vertaal sodat die mense om hom dit self kon lees. Wat sê die Bybel? Vandag lees ons uit Galasiërs 3:23-29 Deel vir die groep die vertaling uit sodat hulle kan volg en lees dit hardop. 23 Die wette was vir ons soos n wag. Dit het ons toegesluit en opgepas totdat God gesê het dit is nou die regte tyd vir mense om in Christus te glo. 24 Die wette het ons opgepas soos n mens n kind oppas wat nie vir homself kan sorg nie. Die wette het ons opgepas totdat Christus gekom het. Toe het ons in Hom geglo, en God het ons vrygespreek van ons sondes. 25 Nou glo ons in Christus en daarom is dit nie nodig dat die wette ons moet oppas nie. 26 Julle almal is kinders van God, want julle glo in Christus Jesus. 27 Julle is gedoop en julle is nou by Christus. Christus is nou so naby julle soos die klere wat julle aantrek. 28 Party van julle is Jode en party is Grieke, party van julle is slawe en party is nie slawe nie, party van julle is mans en party is vroue. Maar dit alles maak nie meer saak nie, want julle behoort almal saam aan Christus Jesus, julle is een. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die kinders van Abraham en dan kry julle wat God belowe het. Ja, julle kry dit omdat God dit belowe het. Besprekingspunte en Moontlike vrae? Dink julle daar is vandag nog wette waaraan ons vashou omdat ons dink dis iets wat ons moet doen om aan Jesus te behoort? Dink julle daar is wel sommige wette of voorwaardes wat sin maak om te volg? Hoekom dink julle sê hierdie teksgedeelte dat die wette ons nie meer oppas nie, maar dat Jesus ons vrygespreek het? Afsluiting Laat elke groepslid n gebedsversoek deel en bid vir mekaar. Vaslê aktiwiteit Laat elke groepslid n spaarbussie maak wat hulle versier met die woorde: Vrygekoop deur Jesus. Google kids money bank craft vir maklike idees.