DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

Similar documents
JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

July rd Issue

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

Die Doel van die Lewe

2. Waarheen? Outsiders toe!

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

In voeling. John Ackerman

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

JY MOET WEER GEBORE WOR D

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

Hoe om te vas en te bid

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

Daagliks n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat

Luister, lees en punktuasie *

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

Ontwerp rn maak 'n houer *

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse

COCHLEAR IMPLANT UNIT KOGLEÊRE INPLANTINGSEENHEID

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

Avonturier vertel van Noordpoolontberings

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

I declare that the thesis, which I hereby submit for the degree Ph.D. at the University of Pretoria, is my own work and has not previously been

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

Moenie bang wees vir boelies nie!

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

CHAPTER 4 DATA ANALYSIS, INTERPRETATION OF FINDINGS AND LITERATURE CONTROL

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

Herman Byleveld. God is met jou. 12 September 2018 No. 487

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

Baie dankie vir elkeen se ondersteuning deur die afgelope jaar. Ons bestaan maar net deur diegene wie van ons gebruik maak.

2004/05 Annual Report

THE USE OF PLAY THERAPY MEDIUMS IN A STRESS MANAGEMENT PROGRAMME WITH CORPORATE EMPLOYEES

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS

Kim Nolte DOCTOR PHILOSOPHIAE. In the. FACULTY OF HUMANITIES (Department of Biokinetics, Sport and Leisure Sciences) University of Pretoria

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

Om materiaal te weef *

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1

Tendense op varsproduktemarkte

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

Grahamstad Sondag, 21 April Heerlike klein mens,

Hoofstuk 4: Data-ontleding en bespreking van bevindinge

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

Kind regards, The News Team. Katharina and Nicola Steele visited Namibia. Just look at the interesting giant seed pod in Nicola s hand!

Die invloed van psigopatologie op geloofsbelewing Dr Deon Bruwer

STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1

Transcription:

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED As jy ooit die geleentheid sou kry om vir 15 minute met die Here Jesus te kon praat en Hom enigiets te kon vra, wat sou dit wees? Sou jy Hom vra vir n nuwe werk of meer geld? Die dissipels het eenkeer hierdie geleentheid gehad. Lukas 11 vertel ons dat die dissipels op n keer na die Here Jesus gekom het en Hom gevra het: Here, leer ons bid. Hoekom het hulle, vanuit al die dinge wat hulle kon kies, gevra dat Hy hulle leer om te bid? Heel waarskynlik was dit omdat hulle die effek van Sy gebedslewe raakgesien het. Hulle het gesien dat wanneer Hy bid, dinge verander. Dit is interessant dat die dissipels gesien het hoe die Here Jesus die beste boodskappe preek, wonderwerke doen, siekes gesond maak, dooies weer lewendig maak en allerhande ander dinge, maar nie een keer het hulle gevra: Here leer ons preek of Here, leer ons hoe om wonderwerke te doen of Here, leer ons hoe om die dooies op te wek nie. Nee, hulle vra Hom om hulle te leer bid. Heel duidelik het hulle besef dat gebed n groot sleutel was in die lewe van die Here Jesus. Daar is dus niks wat belangriker is vir jou geestelike lewe as gebed nie. Ongelukkig weet die gemiddelde gelowige meer van politiek en sport af as van gebed. Daar is so baie wanopvattings en onkunde oor hoe gebed werk en waarom ons behoort te bid. Sommige mense dink gebed werk soos n towerstaffie. Ons swaai dit in die lug en kry dan wat ons graag wil hê. Die Here word nou n soort magiese figuur. Jy vryf die lamp en die Here kom uit en sê: Vra net wat jy wil en ek doen dit vir jou! Ander mense sien gebed weer as n noodhulpkas. Vir hulle is gebed iets wat jy doen wanneer jy desperaat is. Dis soos die bordjie by die brandblusser wat lees: In geval van nood. Dis hoe baie mense gebed sien; dis iets wat jy net gebruik in nood. Dit is die heel laaste uitweg. As alles uitmekaar val, dan begin jy bid! Soos die dominee wat vir een van sy diakens sê: Al wat ons nou kan doen is bid. Toe antwoord die diakenverbaas: Dominee, is dit dan regtig so erg? Vir baie mense is gebed die heel laaste ding wat jy doen. Jy doen eers alles wat jy kan en dan bid jy. Vir ander mense is gebed soos toutrek. Nou word gebed n gosdienstige speletjie wat jy met die Here speel waarin jy Hom probeer oorreed om iets te doen wat jy graag wil hê. Party mense sien die Here as n rigiede magsbehepte regeerder met n hart van ys. Jy moet nou voor die Here kruip en Hom smeek om iets goeds vir jou te doen. Ander mense voel jy moet die rol inneem van n verkoopsman en bloot aanhou om die Here te verpes en te irriteer. Dan sal Hy uiteindleik vir jou moeg word en jou gee wat jy graag wil hê. Die verkeerdste siening wat mense egter ooit oor gebed kan hê is dat dit niks anders is as bloot n gosdienstige plig nie. Dis iets wat ek behoort te doen. Dit word n verpligting. Nou loop jy rond met n pligsgevoel dat, as ek nie bid nie, die Here nie tevrede gaan wees met my nie. Die gevolg is dat gebed vir my niks anders word nie as bloot n betekenislose ritueel. Jy leer dalk n paar gosdienstige clichés en sê maar net dieselfde dinge oor en oor. Wanneer jy dink aan gebed kom een word by jou op:

Vervelig! Jy dink by jouself: Hoekom moet ek bid? Nou word gebed iets wat jy verduur, eerder as iets wat jy geniet. As jy bid uit pligsbesef, het jy die hele doel wat die Here het met gebed gemis. Jy verstaan nie gebed nie. As jy die hele tyd rondloop en sê: Ek weet ek moet bid. En behoort te bid. Ek is veronderstel om te bid, sal jy nooit gemotiveerd bly om te bid nie. Joh. 15 staan eintlik in die middel van hoofstukke 13, 14, 15 en 16. Hier vin dons die Here Jesus se heel laaste woorde aan Sy dissipels voor Sy kruisiging. Hy sê herhaaldelik vir hulle: Ek gaan sterf, weer opgewek word en teruggaan na die hemel toe. Ek gaan nie meer fisies hier wees nie, maar wel geestelik. Ek gaan My Gees in julle plaas en julle kan steeds met My praat, al is ek nie fisies meer by julle nie. Julle kan met my praat in gebed. " Dan gee Hy aan hulle vier redes hoekom ons moet bid. 1. Gebed behels toewyding. In gebed het ons die geleentheid om ons toewyding teenoor die Here te wys, asook ons afhanklikheid van Hom. In hierdie toewydingsdaad sê ons eintlik vir die Here: Here, ek het U nodig. Ons grootste problem in gebed is dat ons nie ons afhanklikheid voor die Here besef nie. Ons dink ons kan dit self doen. Van die dae van Adam en Eva het die mens sy vermoë oorskat. So ons dink by onsself: Ek hoef nie te bid nie, want hierdie is iets wat ek sommer net doen. Ons grootste probleem in gebed is om te erken dat ons die Here nodig het. Een van die redes hoekom mense soms nie bid nie, is omdat dit n prys kos.wat kos gebed? Eerlikheid. Jy moet eerlik wees teenoor die Here. So lank as wat jy dink jy is selfonderhoudend, beteken gebed vir jou niks nie. Jy dink jy is okay. Gebed is n daad van toewyding waar ons teenoor die Here erken: Here, ek het U nodig. Ek het U hulp in my lewe nodig. In gebed verklaar ons ons afhanklikheid van die Here. In Joh. 15:5 gebruik die Here Jesus die illustrasie van n wingerdstok. " Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. Dis soos om n skoon tjek by die Here te kry. Hy sê: As jy werklik in afhanklikheid van my lewe, kan jy van My vra net wat jy wil en Ek sal dit doen. Is dit nie n ongelooflik belofte oor gebed nie! Dit is oos n wingerdstok en die lote. Die lote is verbind aan die wingerdstok. As jy die lote afsny, verloor hulle al hulle krag en lewe. As jy n gelowige afsny van die Here af, gaan Hy ook verdroog. Gebed help ons om verbind te bly aan die Vader. Dit wys ons afhanklikheid van Hom totdat ons nie besef dat ons die Here nodig het nie, kan ons nie bid nie. 2. Gebed behels kommunikasie. Die meeste van ons probleme in die lewe het te make met swak kommunikasie. Jy kan nie iemand regtig verstaan, tensy jy met daardie persoon kommunikeer nie. Net so kan jy ook nie die Here en Sy wil verstaan, tensy jy met Hom kommunikeer nie. Dit is lewensbelangrik in ons geestelike lewe. Jy kan nie met iemand kommunikeer as jy nie jou verhouding met daardie persoon verstaan nie. Wat is jou verhouding met die Here? In Joh.15:15-16 sê die Here Jesus: "Ek noem julle nie meer

ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in My Naam vra." Hy sê die rede hoekom ons enigiets kan vra in gebed is omdat ons vriende is. Ons bid min omdat ons nie besef watter voorreg dit is om met die Here te kan praat nie. As jy die voorreg gegun word om vir 20 minute te kon praat met enigeen van jou helde (politiek, sport, geestelik), sal jy nie dit aangryp met albei hande nie. Jy gaan dalk so opgewonde wees oor jou afspraak die volgende dag dat jy nie eens aan die slaap kan raak nie! Miskien gaan jy vir jou nuwe klere koop of jou hare sny. Nou, ons het as kinders van die Here n veel groter uitnodiging as dit! Ons word genooi om te praat met die Skepper van die heelal! Wie is belangriker as dit! Die Here sê: Ek is die Koning van die konings en jy is My vriend. Ek wil met jou praat!" Dit is wat gebed is. Dit is toewyding, maar dit is ook kommunikasie. Ons probleem is dat ons sukkel om te glo dat die Here regtig in ons belangstel. Ons kan nie glo dat die Skepper van alles wat bestaan belangstel in ons motorpaaiemente en jou rugpyn nie. Wanneer jy besef hoe baie die Here jou liefhet, is gebed nie meer n probleem nie. Die probleem is nie: Ek moet bid nie. Die problem is dat jy nie weet hoeveel die Here vir jou omgee nie. Hoekom? Want ons is mal daaroor om met die mense te praat wat vir ons die liefste is. As gebed vir jou n dooie ritueel is, kan dit wees dat jy nie besef hoe lief en hoe baie Hy belangstel in die dinge waarin jy belangstel nie. 3. Gebed behels dat ons vra. In Fil 4:6-7 staan daar: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Die eindresultaat wanneer ons vra is vrede wat alle verstand te bowe gaan. Gebed gaan daaroor dat ons vra. Die Here Jesus sê in Joh.16:24 "Tot nou toe het julle nog nie in My Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Wat sê Hy hier? Julle gaan vra, Ek sal antwoord en julle sal bly wees. Die feit van die saak is dat die Here ons behoeftes wil ontmoet deurdat ons bid. Die Bybel leer ons dat daar sekere dinge is wat die Here belowe het om te doen, slegs wanneer ons bid. Sommige mense reken dat, as die Here reeds weet wat ek nodig het, Hy self op Sy eie tyd vir my sal gee soos Hy goeddink. Dis nie die waarheid nie. Die Here het bepaal dat daar seker dinge is wat Hy slegs sal doen, wanneer ons daarvoor vra in gebed. Wanneer ons die Nuwe Testament lees en oplees oor die gelowiges van daardie tyd, sien ons hulle was merkwaardig. Hulle was vol blydskap en entoesiasties oor die lewe. Daar was ware krag aanwesig in hulle lewens. Wonderwerke het plaasgevind op n gereelde basis. Ons wonder waarom

ons nie dieselfde soort krag in ons ronddra nie. Die antwoord is: Omdat ons nie die Here daarvoor vra nie! Jakobus sê dat ons nie ontvang nie, omdat ons nie vra nie. Meer as 20 keer in die Nuwe Testament staan daar: Vra. Vra, soek, klop en hou aan vra! Daar is die verhaal van n man wat gesterf het en hemel toe gaan. Regoor die hemel was daar toe klomp pakhuise. Binne elke pakhuis was daar hierdie uitsonderlike geskenke, wonderlike geestelike dinge, huise, werke, gelukkige gesinne, ens. Die man sê: Here, waarvoor is al hierdie geskenke? Die Here Jesus antwoord: Daar is n kaartjie aan elkeen van hierdie geskenke waarop presies dieselfde woorde geskryf staan. Die man stap toe nader en lees: Nooit voor gevra nie. Gebed gaan daaroor dat ons vra. Wat kort jy tans in jou eie lewe waarvoor jy nog nie vir die Here gevra het nie? Jy het al klomp ander dinge probeer, maar nog nooit vir die Here daarvoor kom vra nie. Waarvoor vra jy? Vra vir dit wat jy graag wil hê. Die Here wil nie hê jy moet vra vir iets wat jy nie wil hê nie. Dis sommer simpel. Vra vir dit wat jy graag wil hê. Psalm 37:4 "Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer." Begeertes. As jy jou vreugde in die Here vind en toelaat dat die Heilige Gees jou lewe regeer, gaan jou begeertes mos nie verkeerd wees nie. Psalm 84:12 "Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie." Die Here is nie moedswillig dat Hy al die wonderlike dinge van die hemel terughou en sê: "oortuig My hoekom Ek dit vir jou moet gee, nie. Die Here stel intens belang in elke area van ons lewe. Hy sê: Jy is My vriend. Ek stel in jou belang. Hoekom wil die Here hê moet ons Hom vra in gebed? Joh.16:24 Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Dis lekker vir n pa om vir sy kind iets te kan doen. Veral as jy weet dit gaan hulle harte bly maak. Selfs al is dit iets wat hulle nie regtig nodig het nie. Wanneer ons dus vra, word almal in die proses geseën. Die Here word geseën want dit wys Sy aard as Gewer. Jy word geseën want jy ontvang die antwoord op jou gebed. Dit lei tot n seën vir die wêreld, want jy het nou n getuienis wat jy met ander kan deel. Een ding van mense wie se gebede beantwoord word, is dat hulle dit nie vir hulleself kan hou nie. Hulle moet dit met ander deel. Dit is wat die Here graag wil hê. In Lukas 11:11-13 sê die Here Jesus: "Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra. As ek, wat n onvolmaakte aardse pa is, weet hoe om geskenke te gee vir my kinders, hoeveel te meer sal die Here wat volmaak is en ons volmaak liefhet, nie weet hoe om vir ons as Sy kinders goeie dinge te gee nie? Om ons gebede te verhoor bring vir die Here blydskap.

4. Gebed behels samewerking. Hierdie is die mees opwindendste aspek van gebed. Die Here het bestem in Sy soewereiniteit, dat ons saam met Hom kan werk om toe te sien dat Sy wil volbring word hier op aarde. Die Here werk deur ons gebede. Dis is Sy modus operandi. Wanneer ons vir ander bid, werk ons saam met die Here. Dan span ons ons kragte saam met die Here s n om Sy werk hier op aarde te verrig. Sekerlik een van die wonderlikste verse in die hele Bybel is Joh.14:12 Dìt verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen. Het jy onlangs gedoen wat die Here Jesus gedoen het? Het jy onlangs iemand uitdie dood opgewek? Enigiemand wat siek is gesond gemaak? Dan sê Hy verder: en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan. Nou as daar n vers in die Bybel is wat ek sukkel om te glo, dan is dit hierdie een! Ek sien nie myself groter dinge doen as die Here Jesus nie. Sien jy jouself groter dinge doen as Hy? Ek twyfel. Dit is n moeilike vers om te glo. Tog het die Here Jesus dit gesê. Ek het regtig gesukkel om hierdie vers te glo, totdat ek vers 13 en 14 gelees het en alles het vir my sin gemaak. Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. Hoe is dit moontlik om groter dinge te doen as die Here Jesus? Dis eenvoudig. Deur gebed. Wanneer ons bid, kan ons groter dinge doen as wat die Here Jesus gedoen het terwyl Hy op die aarde was. Jy vra: Hoe is dit moontlik? Dis eenvoudig. Gebed is nie beperk tot ruimte of tyd nie. Dit is onbeperk! Toe die Here Jesus op aarde was het Hy Homself vrywilliglik beperk deur n mens te word. Deurdat God self mens geword het, het Hy gesê: Ek kan slegs op een plek op n slag wees. Ek kan nie terselfdertyd in die verlede, in die hede en in die toekoms wees nie. Ek kan net nou hier wees op hierdie plek. Hy was dus beperk om slegs wonderwerke te kon verrig op die plek waar Hy Homself op daardie stadium bevind het. Gebed word egter nie beperk deur ruimte of tyd nie. Die gebede wat die Here Jesus 2000 jaar gelede gebid het word vandag steeds beantwoord. Die gebede wat ek vandag bid kan beantwoord word oor 3 weke. Dit word nie beperk deur tyd nie. Gebed word glad nie deur tyd beperk nie. Jy kan bid en dit is soos om n vuurpyl af te vuur. Ek kan vir iemand bid in Pretoria en dit is soos om n vuurpyl te stuur reguit na daardie persoon se hart sonder dat ek ooit nodig het om Bloemfontein te verlaat. Ek kan vir persone regoor die wêreld bid. Ek kan more oggend opstaan en vir 15 minute lank bid vir sendelinge regoor die wêreld. As my vrou dan aan die deur kom klop en vir my vra wat ek besig is om te doen, kan ek antwoord: Ag, nie veel nie. Ek is maar net besig om te reis na die VSA, Asië, Rusland. Die gebede is besig om elkeen van daardie gebiede binne te dring. Gebed is onbeperk in krag. Mense mag dalk jou voorstelle afskiet, jou argumente, self jou as persoon, maar hulle is heeltemal magteloos teen jou gebede. Hule het geen verdedigingsisteem nie. Jou gebede gaan reguit na hulle hart. Spreuke 21:1 sê: Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here; soos 'n stroom water lei

Hy dit soos Hy verkies. Net soos die rigting van n stroom water, kan die Here die toekoms verander deur ons gebede. Mense kom soms na my toe vir berading met een of ander onmoontlike situasie. Dan sê hulle: Ek is so moedeloos. Ek weet nie wat om te doen nie. Al wat ek nou kan doen is bid. Dan wil ek uitroep: Wonderlik! Ten minste het jy n hulpbron wat min mense in die wêreld het. As jy kan bid, kan jy die onmoontlike moontlik maak. Ewe skielik is jy nou nie meer besig om dit op jou eie te probeer doen nie. Nou het jy God se krag agter jou. Ses keer sê die Here Jesus in hierdie deel: "As jy vra, sal Ek antwoord,... As jy vra, sal Ek doen.. ", Hy sê: "Jou verantwoordelikheid is om te vra. My verantwoordelikheid is om te doen." Dit is wonderlike nuus, want Hy is in n veel beter posisie as ek en jy. Hy het baie meer toutjies wat Hy kan trek en baie meer hulpbronne tot Sy beskikking. Hy sê: As jy bid, sal Ek doen. Ons verantwoordelikheid om met die Here se plan vir die wêreld saam te werk, is om te bid. Ons kan bid. Dit is die heel belangrikste ding wat jy kan doen as kind van die Here. Wie gaan eendag die helde wees in die hemel? Die Billy Grahams van die wêreld? Die RickWarrens? Die groot Christen leiers? Ek dink nie so nie. Die helde gaan daardie onbekende mense wees wat gebid het vir al die manne met die groot name; al die mense deur wie se getroue gebede die Here daardie bekende mense se bedieninge geseën het. In die Here se oë is daar niemand wat onbelangrik is nie. Gebed is die heel belangrikste ding wat jy ooit kan doen. D. L. Moody het eenkeer gesê: "Every great movement of God can be traced to a single praying, kneeling figure." Ons kerk moet n biddende kerk wees. n Biddende kerk is n heilige kerk en n toegewyde kerk. Wanneer ons bid, maak dit ons sensitief vir die Here en vir ander. n Biddende kerk is n entoesiastiese kerk. Kerke wat bid ervaar wonderwerke en dit maak mense opgewonde. Ons het meer wonderwerke nodig in ons kerk. Sommige van julle het n wonderwerk nodig in jou persoonlike lewe. n Wonderwerk in jou huwelik. n Wonderwerk in jou gesondheid. Sommig van julle het n wonderwerk nodig in jou werk, jou finansies. n Groeiende, biddende kerk is n kerk waar die Here besig is om te werk. Die Here werk wanneer ons bid. n Biddende kerk is n gelukkige kerk. Wanneer jy bid en jou gebede beantwoord word, is jy vol blydskap. Daar is niks meer opwindend as om te sien hoe jou gebede beantwoord word nie. Jy raak opgewonde. Dit is aansteeklik. Watter tekort het jy op die oomblik in jou lewe bloot omdat jy nog nooit die Here daarvoor gevra het nie? Vra Hom! Wat wil jy graag vir die Here vra om vir jou te doen? Raak stil en laat toe dat die Here met jou praat. Bid vir die behoefte wat so pas in jou hart opgekom het. Dalk is jy al vir klomp jare n kind van die Here, maar om te bid is vir jou vervelig. Die probleem lê nie by gebed nie. Die probleem is dat jy net nie besef hoe lief die Here jou het nie. Om te bid is nie veronderstel om n plig te wees nie, maar iets wat jy geniet. Bid dan en sê: Here Jesus, leer my hoe om te bid. Dankie dat U my U vriend noem. Ek wil graag vir U ken as n Vriend. Help my om te verstaan wat dit beteken. Ek wil graag hê dat U my lewe moet beheer. Hemelse Vader, ek wil graag wonderwerke beleef in my lewe; dinge wat nie verklaar kan word deur my eie pogings nie. Ek wil sien

hoedat n onmoontlike situasie moontlik word deur gebed. Ek bid dat U nou..." en dan vra jy die Here wat ookal op jou hart is. Help my om te glo dat U my gebed sal beantwoord. Bid dan ook dat ons kerk sal groei en dat ons lidmate geestelik sal groei.