Tendense op varsproduktemarkte

Similar documents
in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

July rd Issue

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

University of Pretoria EXERCISE PRACTICES, DIETARY HABITS WITH TYPE... I DIABETES YVONNE PAUL

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

VERTE-X-PLODE Reg. No. B 3602 Act/Wet No. 36 of/van 1947

FINAL REPORT (Relevant publications may replace the final report)

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

A NARRATIVE EXPOSITION OF SERIAL MURDER IN SOUTH AFRICA BRIN ALLAN HODGSKISS SUBMITTED IN PARTIAL FULFILMENT OF THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

2. Waarheen? Outsiders toe!

by Carolyn Sholto-Douglas-Vernon

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

A BIOKINETIC APPROACH TO THE PREVENTION AND REHABILITATION OF SHOULDER INJURIES IN TENNIS PLAYERS

DIE INVLOED VAN GRONDVERDIGTING OP DIE FOSFAATOPNAME DEUR TABAK. deur. Jasper Gestaphus Dreyer

Kim Nolte DOCTOR PHILOSOPHIAE. In the. FACULTY OF HUMANITIES (Department of Biokinetics, Sport and Leisure Sciences) University of Pretoria

Persoonlike Finansiële Profielbepaling. Gebruiksbepalings en-voorwaardes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SLAGS AS AGRICULTURAL LIMES: REACTIVITY AND HEAVY METAL AND PHOSPHORUS BIO-A V AILABILITY. Johan Hilgard van der Waals

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

THE USE OF PLAY THERAPY MEDIUMS IN A STRESS MANAGEMENT PROGRAMME WITH CORPORATE EMPLOYEES

Commercial layers : higher egg production Low feed consumption Low growth rate/body mass Less broodiness

Dry matter production, intake and nutritive value of certain Indigofera species

Although this remedy has been extensively tested under a large variety of conditions the registration holder does not

Lee Martin Palia Koli Koma

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Blood Pressure Information

ENZYME PROFILING OF A RANGE OF SUGARCANE TISSUE TYPES WITH DIFFERENT LEVELS OF SUCROSE

CRI Cutting Edge RESEARCH NEWS FROM CITRUS RESEARCH INTERNATIONAL. March 2014 No 177 ACTIVE INGREDIENT. TBZ (1000 ppm) Guazatine (1000 ppm)

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

APPROVED PACKAGE INSERT FOR INGELVAC MYCOFLEX

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

1 st edition NEWSLETTER 2017

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

Fermentation of a finger millet-dairy composite gruel

A water-soluble foliar feed with a wide range of nutrients for plants. n Wateroplosbare blaarvoeding met n wye reeks voedingselemente vir plante.

University of Pretoria

The role of the tumour suppressor gene PTEN in the etiology of cancers of the female genital tract

FERTIFLO (19) MICRONUTRIENT SOLUTION

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

53491 Desert Chameleons S E

Hoe om Depressie en Bipolêre Versteuring te oorwin. Deur: Dr. Hans Dreyer

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

DIE ROL VAN PERSOONLIKHEID EN STRESHANTERINGSVAARDIGHEDE BY PASIeNTE MET FIBROMIALGIE SINDROOM

Kom ons kyk vervolgens na die resultate van wetenskaplike studies rakende die oorsprong van SGV en vra onsself dan af waar dit die kerk laat.

Vraag: Ek sien dat baie van die blaarvreters vir n rukkie by n boom vreet waarna hulle padgee na n ander boom. Wat is die rede hiervoor?

MODELLED RESPONSE OF THE ELECTRICALLY STIMULATED HUMAN AUDITORY NERVE FIBRE. by Jacoba Elizabeth Smit

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

Demensie is progressief dit beteken dat die simptome geleidelik erger word. Dit hang van elke individu af hoe vinnig dementia vorder.

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

A TOURING JOURNAL WITH SPORT PSYCHOLOGY

Government Gazette Staatskoerant

Modeling the impact of early HIV treatment on. the HIV epidemic in South Africa

Nicole Githa Campbell

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

Learners in the marketplace: Ethical and educational dilemmas

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

30

2 3469B GOVERNMENT GAZETTE, 21 OCTOBER 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

FEEDBACK TO PATIENTS WITH LOW BONE MINERAL DENSITY AFTER BONE DENSITOMETRY

Luister, lees en punktuasie *

Government Gazette Staatskoerant

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

Moenie bang wees vir boelies nie!

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

Organ donation is a gift of life

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

Hoe om te vas en te bid

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

Transcription:

Tendense op varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels SA In 26 het die Nasionale Landboubemarkingsraad n verslag uitgebring met die titel: Global trends in Fresh Produce Markets. Die volgende uittreksel som die verslag op:. the main general trend in fresh produce marketing around the world (especially in the UK, South America, USA and Asia) is characterized by tremendous growth of retailers (with rapidly increasing market shares). These retailers are usually integrated into a complex supply network and employ direct procurement mechanisms, bypassing Fresh Produce Markets. South Africa is expected to follow this trend. Internasionaal word nuwe planne bedink hoe om die produsent se deel van die verbruikersrand groter te maak. Die nuwe besigheidsmodel wat toenemend tot stand kom, veral in Europa se varsproduktebedryf, is die bemarkingskanaal wat in n sogenaamde aanbodketting bedryf word. Hierdie nuwe benadering in bemarking staan loodreg teenoor die huidige model in Suid-Afrika waar produkte na ons nasionale varsproduktemarkte gestuur word. Produsente met ekonomie van skaal en wat teen die laagste koste produseer, gaan hier die wenners wees. Kopers neig ook om produkte aan te koop teen die laagsmoontlike pryse. Hierteenoor word daar in die formele aanbodketting nie soseer op prys gehandel nie, maar eerder in terme van volumes, gehalte en verdeling van koste, voordele en wins. Die idee is dat dit meer stabiliteit sal teweegbring, maar ook meer volhoubaar sal wees oor die langtermyn. Page 52 CHIPS Julie/Augustus 218

Ekonomiese Nuus Economic News In Suid-Afrika vervul ons varsproduktemarkte die rol van 'n prysvormingsmeganisme ( price discovery mechanism ). 'n Price discovery process is die (voortdurende) proses waar kopers en verkopers op 'n gegewe moment op 'n spesifieke prys ooreenkom. Ook is rolspelers van mening dat ons varsproduktemarkte in 'n vrye mark opereer waar vraag en aanbodsfaktore pryse bepaal. 'n Voorwaarde vir so 'n vrye mark is dat daar baie kopers en verkopers moet wees, sodanig dat geen enkele rolspeler pryse kan beïnvloed nie. Hierdie artikel probeer 'n prentjie skets van die stand van varsproduktemarkte in Suid-Afrika. Figuur 1 dui die tonnemaat verkope op die varsproduktemarkte aan vanaf 1997. Dit is duidelik dat daar oor die langtermyn wel 'n effense groei in 3 5 3 2 5 nemaat 2 1 5 1 5 1997 1998 1999 2 21 22 23 24 25 26 27 28 29 21 211 212 213 214 215 216 217 Alle produkte Groente Vrugte Aartappels Figuur 1: nemaat verkoop op alle varsproduktemarkte 18 16 14 12 1 8 6 4 2 2 21 22 23 24 Rand 25 26 27 28 29 21 211 212 213 214 215 216 217 Nominale omset Reële omset Figuur 2: Alle varsproduktemarkte se omset (alle produkte) CHIPS July/August 218 Page 53

volume plaasvind. Ons weet wel dat meer en meer aartappels buite om markte verkoop word, maar dra geen kennis van ander varsprodukte nie. n Daling in volume is duidelik sigbaar in 216. Baie produksiestreke het toe hitte- en droogteskade ervaar. Vrugte se volume oor tyd beweeg egter sywaarts. Wat nie in die figuur verskyn nie, is die per capita verbruik wat daal oor tyd wat beteken dat die bevolking vinniger groei as die groei in markvolumes. Figuur 2 dui die nominale- sowel as die reële omset aan van alle varsproduktemarkte sedert 2. Nominale omset toon 'n styging van 31% oor die tydperk. Reële omset (nadat voorsiening vir inflasie 45% 4% 35% 3% 25% 2% 15% 1% 5% 2 21 22 23 24 25 26 27 Volume Nominale omset Reële omset Figuur 3: Alle varsproduktemarkte se omset versus verkoopsvolumes - alle produkte (Indeks: Des 216=1) 12 11 1 9 8 7 6 5 4 3 2 1997 1998 1999 2 21 22 1kg sakkies 23 24 25 26 27 28 29 21 211 212 213 214 215 216 217 Aartappels Uie Figuur 4: Verkoopsvolumes oor tyd - Aartappels en Uie Page 54 CHIPS Julie/Augustus 218

Ekonomiese Nuus Economic News gemaak is) het met 58% oor dieselfde periode gestyg. Wat bekommerniswaardig is, is dat die reële omset sywaarts begin beweeg sedert 214. Figuur 3 dui daarop dat alhoewel die verkoopsvolume oor tyd 'n effense opwaartse tendens toon, die nominale omset skerp opwaarts styg. Die reële omset toon ook 'n effense opwaartse styging oor tyd, aldus die figuur. Varsproduktemarkte se nominale omset was verlede jaar sowat R15.5 miljard, voorwaar nie 'n mickey mouse industrie nie (Figuur 2). Let op die styging in reële omset oor tyd (Figuur 3), terwyl volume bykans sywaarts beweeg. Markte se reële omset styg dus, maar volumes beweeg bykans sywaarts. Hoekom is dit so? 'n Moontlike rede is dat ons waarskynlik met 'n aanbodprobleem sit, met ander woorde daar word nie genoeg varsprodukte geproduseer nie. Soos reeds genoem styg die bevolking vinniger as die groei in volumes wat op markte bemark word. 5 45 4 1kg sakkies 35 3 25 2 15 1 5 1997 1998 1999 2 21 22 23 24 25 26 27 28 29 21 211 212 213 214 215 216 217 Kstad Jhb Drb Pta Res van markte Figuur 5: Vier grootste markte se verkoopsvolumes oor tyd (aartappels) 2 18 16 14 12 1 8 6 4 2 1997 1998 1999 2 21 22 1kg sakkies 23 24 25 26 27 28 29 21 211 212 213 214 215 216 217 Jhb Pta Drb Kst Figuur 6: Vier grootste markte se verkoopsvolumes oor tyd (uie) CHIPS July/August 218 Page 55

64% 62% 6% 58% 56% 54% 52% 5% 48% 46% 44% 1981 1983 1985 1987 1989 1991 1993 1995 1997 1999 21 23 25 27 29 211 213 215 217 Figuur 7: Persentasie van totale aartappeloes verkoop op varsproduktemarkte Die figure in Figuur 3 is feitlik identies indien dit op aartappels van toepassing gemaak word. Aartappels se reële omset op varsproduktema styg dus oor tyd, maar wat gebeur met die produksiekoste? Aartappelproduksie se reële produksiekostes styg ook oor tyd. Groter opbrengste is dus nodig vir oorlewing. In Figuur 4 word die verkoopsvolumes van aartappels en uie oor tyd aangedui. Tot by 21 is jaarliks sowat 9 miljoen 1 kg sakkies op varsproduktemarkte bemark, voordat 'n opwaartse tendens begin het. Oor die laaste ses jaar is tussen 1 en 12 miljoen sakkies deur markte bemark. Die jare 215 en 217 was goeie produksiejare waar groot oeste gerealiseer is, soos gesien in Figuur 4. In kontras met aartappels het uie konstant 'n opwaartse beweging getoon vir dieselfde periode. Sowat 4 miljoen sakkies uie word tans per jaar bemark. Figuur 5 dui die verandering in verkoopsvolumes aan van aartappels vir die vier grootste varsproduktemarkte. Huidig is dit net twee markte in die figuur wat n groei in volumes toon, naamlik Tshwane Mark (Pretoria) en Joburg Mark. Joburg Mark, die grootste mark, het n markaandeel van 39% vir 217 gehad, waar omtrent 45 miljoen sakkies vir die kalenderjaar verkoop is. Tshwane Mark het ongeveer 21 miljoen sakkies verkoop met n markaandeel van 18%. Die vier grootste markte vir uie se verkoopsvolumes word uiteengesit in Figuur 6. Soortgelyk aan die tendens van aartappels, het uie net op Joburg Mark en Tshwane Mark noemenswaardige groei getoon. Indien individuele markte se syfers bestudeer word ontstaan kommer, want enkele markte se reële omset styg, maar hulle volumes daal oor tyd. Die geheelprentjie van markte lyk dus bevredigend, maar wanneer individuele markte se data bestudeer word, lyk die prentjie maar somber. Hoe gaan dit voedselsekuriteit affekteer as van hierdie kleiner markte oor vyf of tien jaar nie meer bestaan nie? Figuur 7 dui op n al kleiner deel van die totale aartappeloes wat oor tyd na varsproduktemarkte gekanaliseer word. In 1981 is amper 62% van die totale aartappeloes na varsproduktemarkte gekanaliseer. Die laaste jare word tussen 45% en 48% van die aartappeloes deur markte bemark. Dit wil ook voorkom asof n nuwe tendenslyn sedert 27 aan die ontwikkel is. Stadig maar seker begin die rooi ligte flikker vir die varsproduktemarkte wat tans as prysvormingsmeganisme funksioneer. Figuur 8 dui die verkoopsvolumes aan oor tyd van die vier vernaamste produkte, naamlik aartappels, uie, tamaties en piesangs. Aartappels is die grootste produk op die markte en realiseer al sedert 211 meer as een miljoen ton per jaar wat op markte verkoop word. Uie is die tweede grootste produk met sowat 4 ton wat verlede jaar verkoop is. Let op die beweging in piesangs en tamaties se volumes oor tyd. Uit Figuur 9 is dit duidelik dat aartappels en uie se Page 56 CHIPS Julie/Augustus 218

Ekonomiese Nuus Economic News 1 2 1 nemaat 8 6 4 2 Figuur 8: Verkoopsvolume - vier grootste produkte op markte 8 7 Prys per ton 6 5 4 3 2 1 Figuur 9: Gemiddelde nominale prys per ton - vier grootste produkte op markte pryse oor tyd min of meer dieselfde is. Die ander twee produkte realiseer heelwat beter pryse. Aartappels se verkope wissel tussen 8 en 1,1 miljoen ton per jaar, aldus Figuur 1. Die gemiddelde prys per ton het in 29 n toppunt bereik, waarna die pryse sywaarts beweeg het tot 215. Prys per tonnemaat het skerp gedaal in 215 as gevolg van die groot oes wat gelewer is in die betrokke kalenderjaar. In kontras met CHIPS July/August 218 Page 57

215, het die teenoorgestelde in 216 gebeur toe minder aartappels beskikbaar was (droogte en hoë temperature in streke), wat die prys per ton skerp laat styg het. Sien ook die skerp styging in die uieprys vir 216 (Figuur 11), terwyl die volumes nie baie verander het nie. Die tonnemaat tamaties gelewer aan varsproduktemarkte het oor tyd toegeneem, aldus Figuur 12. Die nominale prys het ook skerp gestyg oor tyd. Die verkoopsvolume vir piesangs, soos uiteengesit in Figuur 13 het tot 215 sywaarts beweeg tussen 22 en 26 ton, waarna dit n insinking beleef het. Die prys per ton oor tyd het egter bly styg. Joburg Mark se aartappelverkope styg meer as die ander vername produkte oor tyd, aldus Figuur 14. Piesangs se volumes beweeg egter sywaarts oor tyd. 1 2 1 1 1 9 8 7 5 4 5 4 3 5 3 2 5 2 1 5 Prys per ton 6 Prys/ 1 Figuur 1: Alle markte - Aartappels oor tyd 4 5 35 4 5 3 25 4 3 5 3 Prys per ton 2 2 5 15 Prys/ 2 Figuur 11: Alle markte - Uie oor tyd Page 58 CHIPS Julie/Augustus 218

Ekonomiese Nuus Economic News Figuur 15 dui weer die verkoopsvolumes van die vier vernaamste produkte op Tshwane Mark aan. Hier beweeg piesangs en tamaties se volumes sywaarts oor tyd. Volgens Figuur 16 beweeg piesangs en tamaties se volumes ook sywaarts op Durban Mark, maar dit wil tog voorkom asof uie-volumes tog effens groei oor tyd. In Figuur 17 is dit opvallend dat al vier die vernaamste produkte se verkoopsvolumes op Kaapstad Mark oor tyd sywaarts beweeg. Die ander drie markte se aartappelvolumes het almal n styging oor tyd getoon, maar dit is nie van toepassing op Kaapstad Mark nie. Dit word nie hier aangedui nie, maar Kaapstad Mark se reële omset oor tyd beweeg sywaarts, terwyl die ander drie groot markte se reële omset styg. C 29 6 5 28 6 27 5 5 26 25 5 4 5 4 Prys per ton 24 3 5 23 3 Prys/ Figuur 12: Alle markte - Tamaties oor tyd 28 8 26 24 7 22 6 2 18 16 5 4 Prys per ton 14 12 3 1 Prys/ 2 Figuur 13: Alle markte - Piesangs oor tyd CHIPS July/August 218 Page 59

45 4 35 3 nemaat 25 2 15 1 5 Figuur 14: Verkoopsvolume op Joburg Mark - vier grootste produkte nemaat 22 2 18 16 14 12 1 8 6 4 2 Figuur 15: Verkoopsvolume op Tshwane Mark (Pretoria) - vier grootste produkte Page 6 CHIPS Julie/Augustus 218

Ekonomiese Nuus Economic News 12 1 nemaat 8 6 4 2 Figuur 16: Verkoopsvolume op Durban Mark - vier grootste produkte 12 1 nemaat 8 6 4 2 Figuur 17: Verkoopsvolume op Kaapstad Mark - vier grootste produkte CHIPS July/August 218 Page 61