FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

Similar documents
JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

July rd Issue

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

2. Waarheen? Outsiders toe!

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

In voeling. John Ackerman

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

JY MOET WEER GEBORE WOR D

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

Hoe om te vas en te bid

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

Die Doel van die Lewe

I declare that the thesis, which I hereby submit for the degree Ph.D. at the University of Pretoria, is my own work and has not previously been

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

Luister, lees en punktuasie *

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

A NARRATIVE EXPOSITION OF SERIAL MURDER IN SOUTH AFRICA BRIN ALLAN HODGSKISS SUBMITTED IN PARTIAL FULFILMENT OF THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE

THE DEVELOPMENT AND EVALUATION A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

Ontwerp rn maak 'n houer *

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse

Daagliks n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

Tendense op varsproduktemarkte

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

Hoofstuk 4: Data-ontleding en bespreking van bevindinge

Avonturier vertel van Noordpoolontberings

Moenie bang wees vir boelies nie!

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

Kind regards, The News Team. Katharina and Nicola Steele visited Namibia. Just look at the interesting giant seed pod in Nicola s hand!

APPROVED PACKAGE INSERT FOR INGELVAC MYCOFLEX

Die invloed van psigopatologie op geloofsbelewing Dr Deon Bruwer

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

COCHLEAR IMPLANT UNIT KOGLEÊRE INPLANTINGSEENHEID

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1

Pssst!! Wil jy meer mense bereik met jou advertensie? Adverteer dan in Leerkrag!

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

A TOURING JOURNAL WITH SPORT PSYCHOLOGY

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

F U N G I N E X. Active Ingredient / Aktiewe Bestanddeel. Triforine g/l...triforien

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS

Transcription:

1 FAMILIENUUS Want elkeen hoort in n geestelike gesin FEBRUARIE 2015 Here gee my HOOP wat groei NUUSBLAD van die Kleingroepe: NG Gemeente Magalieskruin

2 KLEINGROEPE: NUUS Program vir Februarie 2015: Beplan 3 ontbyt geleenthede met sprekers; Gebedskool, 9-11 Februarie 2015 om 19h00 in die kerk, kom bid vir ons verskeie bedieninge. Sondag, 15 Februarie 2015, gemeente-piekniek, kom ons kyk hoeveel kleingroepe kan bywoon. Bring jou mandjie en kombers en kom ontspan op die gras voor die kerkkantoor. Teeskinkbeurte is op die kennisgewingborde geplaas, baie dankie vir elkeen se hulp en ondersteuning. Ons beplan om die stoep in n koffie kuierplek te omskep, kom ondersteun ons asb. Vir enige Kleingroep navrae kontak asb vir (my) Lorna Deysel, 082 825 8729, magaliesklein@telkomsa.net Baie dankie aan Ds. Louis Lemmer vir hierdie maand se Bybelstudies. GEBED 2015 die jaar van gebed Bid dat God ons leer om n hart vir ander te hê. Bid dat God ons kan hoop gee wat groei en groei. Bid steeds vir vrede en geregtigheid. Bid steeds vir almal wat swaarkry weens armoede, verdrukking, geweld en siekte

3 WEEK 1 HERE LEER MY OM N HART VIR ANDER TE HÊ Bid saam : Vertel vir mekaar waarvoor julle wil hê ander in die groep vir julle moet bid. Lees die Woord: Lees saam uit Joh 13:1-17 Deel met mekaar: Wat tref julle die meeste van die verhaal van die voetewassing? Wat leer julle uit vers 5? Op watter wyse dien Jesus ons in die verhaal van die voetewassing en wat is die verband met die Paasfees? Wat sou gebeur het as Jesus nie Petrus se voete kon was nie en indien hy sou volhard dat hy nie wil hê dat sy voete gewas moes word nie? Watter implikasies sou dit vir ons hê as ons nie wil hê dat Jesus ons voete moet was nie? Kennis insette: Alhoewel Paasfees sy oorsprong in die Joodse tradisie het, was die fees ook van die begin af vir die Christene belangrik. Die boodskap is oorweldigend: Jesus is gekruisig en Hy leef! Vanuit hierdie boodskap kon die kerk die res van die kerklike jaar indeel sodat die volle verhaal van die evangelie gevier kon word. In die verloop van die kerklike jaar fokus ons op Jesus se koms na die aarde, sy lewe en werk as God se Gestuurde, die roeping van sy volgelinge, sy lyding en sterwe, die uitstorting en die inwoning van die Heilige Gees, en die uitstuur van die kerk na die wêreld. Al hierdie gebeure sou bloot net historiese betekenis gehad het as dit nie was vir n Persoon met die Naaam Jesus wat daardie jaar tydens Paasfees opgewek is nie. Ons sal nooit skoon kom as ons nie bely dat ons vuil is nie. Jy sal ook nooit die voete kan was van dié wat jou seergemaak het voor jy nie vir Jesus, die Een vir vir wie jy seergemaak het, toelaat om jou voete te was nie. Deel met mekaar: Stem julle saam: Dien is n keuse! Jesus kies om ons tot die dood te dien en vir ons op te staan! Hiermee stel Hy vir ons n voorbeeld. Wat verwag Hy van ons volgens vers13-17? n Mens vind deesdae soms dat n groepleier sy groep se voete sal was as n simboliese handeling dat hy hulle wil dien. Maar dit moet verder gaan: na die lewe van die gewone elke dag. Hoe kan jy dien? Onthou, diens is nie n lys van dinge om te doen nie. Dit is n manier van lewe, n instelling. Jy moet n dienaar wees vir ander. Watter opdrag gee Hy vir ons in Joh 13:34-35?

Kennis insette: As jy n dienaar is, gee jy die reg om in beheer te wees, prys. Jy kies dat mense jou kan gebruik. Jy word beskikbaar en kwesbaar. Maar jy kies dit uit vrye wil. Dit is eintlik n groot vreugde, en n genadegawe, want allleen God kan n mense se wil so verander dat jy sal kies om te dien. Navorsing het gewys dat die mense wat die meeste vervulling uit hulle werk kry, dié is wat werk doen met n diensmotief, wees jammer vir die ouens wat net leef vir geld. Reël : n Ete en bedien mekaar met idees wat julle elkeen self uitdink! Gebed: Heer leer my om n hart vir ander te hê. 4 WEEK 2 HERE LEER MY OM N HART VIR ANDER TE HÊ Bid saam: Jesus het gesê grootheid lê in nederigheid. Bid vir mekaar om hierdie nederigheid van die Gees te kan ontvang. Lees die Woord: Lees Fil 2:1-11. Deel met mekaar: Vertel vir mekaar waarvoor jy leef. Charles Mayes het gesê: Make sure the thing you re living for is worth dying for. As jy nie gereed is om te sterf vir dit waarvoor jy leef nie, is dit regtig dan die moeite werd? Wat moet ons volgens vers 3 en 4 nie doen nie? Watter voorbeeld stel Jesus vir ons volgens verse 5-8? Die hoogtepunt van Jesus se dienswerk vir ons is te vinde in vers 8b-9. Hoe laat dit jou voel? Indien jy na vers 5 kyk is daar sprake van jou gesindheid. Wat is jou gesindheid? Kennis insette: Ons kan sê Paulus was baie lief vir gospelmusiek. Hy kon nie soos moderne gelowiges vir sy vriende n cd of dvd stuur nie en hy moes daarom die liedere uitskryf. Fil 2:5-11 is so n lied wat hy vir die kerk neerskryf en wat in die destydse kerk goed bekend was. Die lied toon baie ooreenkomste met Jes 53. Die hoogtepunt van

5 die lied is verse 9-11 waar dit uitgejubel word dat Jesus oorwin het en die hoogste posisie beklee, al het Hy so swaar gely om sy dienswerk vir ons te kon voltooi. Sommige mense word so vasgevang in die baie dinge wat hulle doen, dat hulle nooit gaan stilsit en dink oor waarmee hulle besig is nie. Jesus het nie net n kuisdood gesterf nie, Hy het ook n kruislewe gelewe. Hy was altyd besig met die uitgestotenes van sy tyd, met tolllenaars, siekes, melaatses en die armes. Hy het vrouens en kinders n plek gegee en Hy wat die Leermeester was, het sy minderes se voete gewas die taak van n slaaf. Sy lewe was een van selfverloëning en diens. Lees die Woord: Lees Matt 20: 25-28. Deel met mekaar: In watter opsigte is die dissipels maar net soos ons? Is jy een van dié wat altyd seker maak dat jou plek reg sal wees, dat jy n goeie posisie sal hê en dat jou goeie hoedanighede raakgesien sal word? Hoe sê Jesus, is daar so iets soos n pecking order onder sy volgelinge? Jesus se droom van leierskap lê in diensbaarheid. n Leier is almal se dienskneg. Krag lê daarin dat jy jouself verloën. Die kruis is die simbool hiervan en dit is die kruis wat jy elke dag moet opneem. As iemand eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees (Mark9:35). Kennis insette: Dink na oor diens. Niemand sien dit raak nie en dis nie waar die kameras en die aandag is nie. Dis nie waar jy uitgelig word en n ophef van jou gemaak word nie.dit is die vervelige sleurwerkies wat jy doen wat God raaksien en niemand anders nie Jy doen dit tussen mense wat nie noodwendig dankbaar is nie, wat liewer wil kritiseer en foutvind, dis waar diens gebeur. Die slaaf wat die gaste se voete was, was regtig die minste van al die slawe. Hierdie werk was selfs benede beskou indien jy een van die goeie slawe was. En dis die werk wat Jesus kies om vir sy dissipels te doen, om vir hulle te wys hoe lyk diens. Bid saam hieroor! WEEK 3 HERE, GEE MY HOOP WAT GROEI EN GROEI Perspektief: Vir die volgende 50 dae gaan ons in die gemeente perspektief kry op hoop wat groei en groei. Ken jy die storie van die twee muise wat in die roomkan geval het? Die een het besef daar is geen manier om teen die gladde

kante van die roomkan uit te klim nie, en gelate en met n: Vaarwel wrede wêreld het hy in die room versuip. Die ander een het maar aanhou swem en spartel en met: Miskien gebeur daar iets wat my help aanhou probeer. Na ure se swem kom hy agter sy kloutjies swem teen al groter weerstand en voor hy hom kon kry, stap hy boop n kan botter na vryheid. Deel met mekaar: Is mense ook soos hierdie muise? Bid saam hieroor. Lees die Woord: Lees die volgende gedeeltes: Ps 39:8; Ps 59:10; Jes 33:2; Hosea 12:7; Rom 5:5. Deel met mekaar: Kyk weer na Ps 39: 5-9. As jy nog net vandag het om te leef, wat sou jy alles doen? Jou verhouding met jou ouers, jou man of jou vrou, of jou kinders regmaak? Seker maak dat jou verhouding met die Here reg is? Sou jy n gebed kon bid soos hierdie een in vers 5? Hoe is ons lewensduur volgens vers 6 en vers 7? By wie is daar hoop te vind volgens Ps 39: 8? Ek dink jy sal saamstem dat ons elke dag moet leef asof vandag ons laaste dag is. Wat leer jy van hoop uit Ps 59: 10? Is ware hoop by mense of God te vinde? Wat leer jy by die gebed van Jes33: 2-3? Wat leer julle uit Hosea se woorde in hoofstuk 12:7? Wat leer julle uit Rom 5:3-5? Kennis insette: In n storm gaan sit die hoender op n hopie met haar kop onder haar vlerkie weggesteek, maar die arend sprei sy vlerke en styg op die lugstrome ver bo die storm uit. Dawid se broers kruip in hulle tente weg, maar Dawid stap uit en veg teen Goliat. Hulle dink hy is so groot ons kan hom nie aandurf nie. Dawid dink: Hy is so groot, ek kan hom nie misgooi in die naam van die Here nie. Dink julle Dawid tree op sy eie op? In wie stel hy sy vertroue en sy hoop? As n mens regtig alle hoop verloor het, sal n mens nie meer lewe om dit te sê nie. HC Spurgeon het gesê: Moenie aan jou eie hoop vashou nie, maar hou vas aan aan Christus, die Bron van ons hoop. Stem julle saam dat sonder Christus is daar geen hoop nie. Wie stort ware hoop in ons harte uit volgens Rom 5:5? Hoe sal ons dit regkry om soos die arend op die warm lugstrome van hoop bo die storms van ons lewe uit te styg? Ons gebede moet hoopvol wees, hulle moet vlieg! Lees die Woord: Lees 2 Tim 1:7 Deel met mekaar: Hoe dink julle oor dié vers en hoop? Is dit nie maar vrese en n gees van lafhartigheid wat ons hoop van ons steel nie? Jy hoef nie voor versperrings te stuit, onder die druk toe te gee, met die stroom af te dryf, of in n hopie te gaan sit nie. Jy het nie nodig om jouself kunsmatig op te kikker of te bedwelm of te berook of te ooreet of te veel te drink, omdat jy nie die werkilikheid in die oë kan kyk nie. Jy het ook nie nodig om te ontvlug deur dawerende musiek of verslawende sepies of 6

7 kompulsiewe inkopies nie. Jy hoef nie van die wêreld te ontrek en jou in die werk te begrawe nie. Al wat jy moet doen, is om jou lampie by God aan die brand te steek, want: Hoop is geduld wat sy lampie by God se Lig aan die brand gesteek het Gebed: Here gee my hoop wat groei en groei. WEEK 4 HERE GEE MY HOOP WAT GROEI EN GROEI Perspektief: Die perspektief wat n Christen op die lewe het, is altyd teen die agtergrond van die ewige lewe. Die lewe wat ons nou lewe, is n voorspel tot die ware lewe. Alles wat ons nou beleef en doen is onvolkome. Die volmaakte kom en ons is besig om ons daarvoor voor te berei. Maar wat ons nou doen is nie onbelangrik nietrouens, dit is so belangrik dat dit ons en die mense om ons se ewige toekoms radikaal kan bepaal. Lees die Woord: Lees 1 Kor 13:12; Klaagliedere 3:21-25; Rom 4:18-19; Rom 5 :2-4; Rom 12 :12 en Rom 8:24-25. Deel met mekaar: AW Tozer het gesê: Die gemiddelde mens kan sowat 40 dae sonder kos bly, drie dae sonder water, agt minute sonder suurstof, maar sonder hoop, nie eers een sekonde nie. Bepreek met mekaar of julle hiermee saamstem. Watter afleidng kan ons oor die lewe en oor die toekoms maak as ons na 1 Kor 13 :12 kyk? Kan ons alles verstaan wat met ons gebeur? In Klaagliedere lees ons die droewige verhaal van die volk van God wat glo dat God hulle verwerp het. Hulle kla in 2: 11-19 omdat hulle hul bevoorregte posisie kwyt is en in 2:20-22 pleit hulle by God om hulle tog net weer raak te sien. Wat leer jy uit Klaagliedere 3: 21-25 oor swaarkry en hoop? Hoe laat dit jou voel om te hoor dat daar geen einde aan die meegevoel van die Here is nie? Die woorde: elke môre nuut.., fassineer my! Hoe lank is die ewigheid? Dis die verkeerde vraag. Net soos die vraag: Hoeveel gee God vir ons om. Wat Jeremia wel kry, is dat God se omgee elke môre nuut is. Ons gaan dit in hierdie lewe nooit opgebruik nie want dit is ewig. Wat leer julle oor hoop uit die lewe van Abraham volgens Rom 4: 18-19? Het jy ook beloftes soos Abraham ontvang? Hy het belowe

8 dat Hy sy kinders sal bewaar, dat Hy sy Gees oor hulle sal uitstort en dat Hy ons die krag sal gee om enduit te volhard. Doen God wat Hy belowe het? Wat is die opdrag vir ons volgens Rom12:12? Hoe bemoedig Rom 8: 24-25 jou? Kennis insette: Suid-Afrika het baie mense wat baie van mekaar verskil. Ons leef as blanke Afrikaners in n negatiewe tyd en n gevoel van negatiewe denke is heeltyd onder ons te bespeur. Van buite gesien is daar seker min lande waar mense soveel van mekaar verskil. En dan dra ons nog die las van ons geskiedenis van onreg en bedrog wat heen en weer gepleeg is en gepleeg word. Iemand vra: Hoe weet ons wanneer die nag verby is? As jy n dier in die verte sien staan en jy kan onderskei dat dit n skaap of n hond is, antwoord een. As jy n boom in die verte sien en kan onderskei dat dit n vye of n perskeboom is, antwoord n ander een. Die antwoord is: Die nag is verby as jy na die gesig van enige man of vrou in Suid-Afrika kyk en kan sien dat hy of sy jou broer en jou suster is. As jy dit nie kan sien nie, sal dit altyd in ons land nag bly! Hoe dink julle gaan ons dit doen? Dit gaan nie maklik wees nie. Dit gaan vra dat ons almal betrokke sal moet raak en n verskil moet maak. Dit sal pyn en swaarkry bring. Ons moet verder kyk en elke mens sien as iemand wat Jesus liefhet en dat Jesus ook vir hom of haar gesterf het. Hy het ons almal lief. Moenie jou afsluit van die nood om jou nie. Doen ten minste iets. Op die ou end is dit ten minste iets wat jy doen wat hoop bring en hoop vir elke mens is nodig om die volgende sekond te lewe. Ons moet in Suid-Afrika na mekaar kyk en mekaar raaksien. Hoe gaan jy begin hoop bring in jou gemeenskap? Draer van Hoop is jy omdat jy die bron van Hoop, Jesus ken. Wees dit! Gebed: Here maak my n draer van hoop!