Die maak van 'n kledingstuk *

Similar documents
Ontwerp rn maak 'n houer *

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Die tegnologiese proses *

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Om materiaal te weef *

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

July rd Issue

2. Waarheen? Outsiders toe!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

Luister, lees en punktuasie *

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Kampeervaardigheid II

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

Tendense op varsproduktemarkte

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

A water-soluble foliar feed with a wide range of nutrients for plants. n Wateroplosbare blaarvoeding met n wye reeks voedingselemente vir plante.

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

OpenStax-CNX module: m Rockmusiek. Siyavula Uploaders

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

University of Pretoria EXERCISE PRACTICES, DIETARY HABITS WITH TYPE... I DIABETES YVONNE PAUL

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

Sandy Griffiths. Eietydse ontwerpe en gewilde projekte. Sandy Griffiths

Kim Nolte DOCTOR PHILOSOPHIAE. In the. FACULTY OF HUMANITIES (Department of Biokinetics, Sport and Leisure Sciences) University of Pretoria

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

In voeling. John Ackerman

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

APPROVED PACKAGE INSERT FOR INGELVAC MYCOFLEX

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

BELLVILLE O/16 OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

by Carolyn Sholto-Douglas-Vernon

Hoe om te vas en te bid

2 3469B GOVERNMENT GAZETTE, 21 OCTOBER 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

Woordbou en spelling *

Persoonlike Finansiële Profielbepaling. Gebruiksbepalings en-voorwaardes

BOND. Reg. No./Reg. Nr. L6756, Act No. 36 of 1947/Wet Nr. 36 van 1947

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

Blood Pressure Information

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

Demensie is progressief dit beteken dat die simptome geleidelik erger word. Dit hang van elke individu af hoe vinnig dementia vorder.

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

VLEISBEESTE. ----o0o----

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

A NARRATIVE EXPOSITION OF SERIAL MURDER IN SOUTH AFRICA BRIN ALLAN HODGSKISS SUBMITTED IN PARTIAL FULFILMENT OF THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

NEOPYBUTHRIN. REG. NO. L4582 Act No. 36 of 1947 REG. NR. L4582 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 0592 Nambiese Reg. Nr.

F U N G I N E X. Active Ingredient / Aktiewe Bestanddeel. Triforine g/l...triforien

Transcription:

OpenStax-CNX module: m24799 1 Die maak van 'n kledingstuk * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 7 3 PROSESSERING: TEKSTIELE 4 Module 18 5 DIE MAAK VAN `N KLEDINGSTUK Daar is verskillende stadiums in die vervaardiging en voorsiening van kledingstukke. Figure 1 * Version 1.1: Jun 9, 2009 8:06 am -0500 http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

OpenStax-CNX module: m24799 2 Voordat jy kan klere maak, het jy eers `n patroon nodig. Patrone is bloot velle papier / karton. Elke patroondeel word presies gevorm en dien as meester waarvan jy die regte kledingstuk se verskillende dele uit kledingstowwe knip. Jy kan vir elke tipe kledingstuk `n ander patroon koop, of, soos kleremaaksters, slegs `n basiese patroon neem en dit aanpas volgens behoefte. Voordat jy egter `n patroon kan knip, moet jy eers weet wat jou mate is. (a) Die neem van jou mate Gebruik `n meetband en teken die volgende mate op die tabel aan. Jy mag dalk iemand nodig hê om jou met sommige van die mate te help. Kyk goed na die skets op die volgende bladsy om te verseker dat die presiese mate geneem word. Hier volg `n paar belangrike riglyne: 1. Probeer om te ontspan terwyl jou mate geneem word. 2. Indien jy jou maag intrek, mag die kledingstuk later te nou om jou middellyf wees. 3. Neem jou mate liewer `n bietjie te groot as te klein. Dit is maklik om af te sny, maar jy kan nie weer aanlas nie. 4. Indien `n maat nie presies tot op `n sentimeter uitwerk nie, word dit afgerond na die volgende sentimeter. 5. Jou liggaam groei nog en jy moet voorsiening maak daarvoor.

OpenStax-CNX module: m24799 3 Figure 2

OpenStax-CNX module: m24799 4 Mate Skouerlyn Skouer tot middel Skouer tot heup Skouer tot bors Bors Arm Middel Heuplyn Binnebeen Buitebeen My mate in cm Table 1 GESELS MET JOU MAAT: Hoe sou jy die mate hierbo aanpas wanneer jy beplan om `n lospassende T-hemp te maak? Moet patroondele presies die grootte van die kledingstuk wees? Hoe kan `n mens aandui waar die verskillende patroondele aanmekaar gestik moet word? Van watter materiaal / tipe papier moet patroondele gemaak wees? Die patroon Hieronder is `n tipiese patroon vir `n kledingstuk. Watter tipe kledingstuk dink jy gaan hiervan gemaak word? Figure 3 Die vaste lyn dui die patroonrand waarlangs gesny moet word, aan.

OpenStax-CNX module: m24799 5 Die stippellyn wat 15 mm binne die vaste lyn lê, dui die lyn aan waar jy die patroondele moet vaswerk. Hierdie 15 mm is die naat. Jy moet ten minste 30 cm onderaan die kledingstuk aansny vir some. Die enkel- en dubbelmerkies dui aan waar die patroondele op mekaar pas. Die pyl dui aan hoe die patroondeel op die materiaal uitgelê moet word om dit uit te knip. Nuwe woorde Naat: `n ry steke wat die dele van die kledingstuk aanmekaar heg. Soom: wanneer jy die rafelkante onderaan hempsmoue, rokke en broekspype invou en vaswerk 6 DIE PRODUK Die ontwerp van my eie patroon Voordat jy hiermee kan begin, is daar eers `n paar vrae wat jy vir jouself sal moet beantwoord: Wat moet die lengte van die hemp wees? Moet dit `n ronde of V-hals hê? Die nekopening moet maklik oor jou kop kan gaan. Hoe gaan jy dit regkry? Moet die hemp nousluitend of lospassend wees? Watter tipe materiaal is geskik vir die doel van die hemp? Watter tipe kledingstof gaan jy gebruik? Moet dit sag / rekbaar / waterabsorberend wees? Moet dit duur wees? Vir watter doel gaan jy die hemp gebruik? Moet die kledingstof bont of eekleurig wees? Gaan jy dit met enige verf- of appliekwerk versier? Moet die materiaal kreukeltraag wees? Is jy lief vir stryk? Moet die materiaal spesieke wasinstruksies hê? Die ontwerpfase Jy benodig: koerantpapier potlood meetband spelde / kleefband ou hemp bruin papier / ongedrukte papier

OpenStax-CNX module: m24799 6 opdrag 3: Stap 1: Trek die ou hemp aan sodat jy kan vasstel of dit nog goed pas. Indien dit ee knap / los pas, moet jy dit in gedagte hou sodat jy gedeeltes kan byknip vir nate. Stap 2: Torring die nate van die ou hemp versigtig los. Plaas die dele op `n groot stuk koerantpapier en trek dit versigtig met `n potlood af. In hierdie stadium moet verseker word of die hemp goed pas of nie. Indien nodig, gebruik `n meetband en verstel die verskillende dele om te verseker dat dit jou goed pas. Indien jy sekere patroondele se styl wil verander, is dit ook nou die tyd daarvoor. So kan jy byvoorbeeld besluit om `n ronde hals te verander na `n v-hals, eerder lang moue te gebruik, die hemp korter te knip, ens. Stap 3: Knip nou die verskillende patroondele uit en steek dit met spelde aanmekaar. Gooi dit lossies oor jou lyf om seker te maak dat jy op die regte pad is. Kyk of jy oral genoeg voorsiening gemaak het vir nate en some. Is die lengte reg? Is die moue lank genoeg? ens. Bring nou die nodige kepies aan om aan te dui waar en hoe die verskillende patroondele op mekaar pas. Stap 4: Nou kan jy die spelde verwyder en die patroondele netjies op ongedrukte papier uitlê en begin met die aftrek van die nale patroon. Sny die patroondele uit. Stap 5: Bestudeer die dele van `n gekoopte patroon en kyk goed watter inligting alles op die onderskeie patroondele verskyn. Probeer om die noodsaaklikste inligting op jou patroondele aan te bring, bv: hoeveel van elke deel geknip moet word (jy gaan tog net een moupatroondeel hê, want die moue lyk dieselfde); hoeveel sentimeters vir nate toegelaat moet word; in watter rigting die patroondeel op die materiaal uitgelê moet word; seker die belangrikste wat die naam van die patroondeel is; moet die patroondeel op `n vou geknip word? Stap 6: Materiaal word gewoonlik in ± 3 wydtes verkoop 900 mm; 1 150 mm of 1 500 mm. Las koerante aan mekaar ten einde hierdie breedtes te verkry en lê jou patroondele daarop uit om sodoende te probeer vasstel ongeveer hoeveel materiaal jy vir jou kledingstuk sal nodig hê. Stap 7: Bekom geskikte materiaal vir jou kledingstuk (Vir hierdie doel hoef jy nie duur materiaal te gebruik nie). Lê die patroondele volgens die nodige spesikasies op die materiaal uit en speld dit vas. (Dit is belangrik dat jy op `n skoon, gelyke en groot genoeg area moet werk). Knip dit uit met `n skerp skêr. Wees versigtig sodat jy al die kepies duidelik aandui. Probeer om met lang en egalige hale mooi reguit te knip. Moenie die patroondele van die lap losspeld nie, anders mag jy later sukkel om die patroondele uit te ken. (a) Die maak van die hemp (i) Masjien of hand? Indien jy nie met `n masjien kan werk nie, of nie een tot jou beskikking het nie, moenie moed verloor nie. Jy kan net so goed regkom met `n naald en gare. Bestudeer die onderstaande sketse om meer te leer van die basiese steke wat nodig is ten einde nate en some te maak. Oefen dit so `n bietjie op `n afvalstukkie materiaal.

OpenStax-CNX module: m24799 7 Figure 4 A: Rygsteek: Indien jy die steke lank werk, word dit gebruik om die patroondele net tydelik aan mekaar vas te werk. Sou jy die stekies fyn en naby mekaar werk, is dit geskik om as permanente steke te dien. Jy begin gewoonlik met `n knoop in jou gare. Figure 5 A: Agtersteek: Baie klein stekies wat `n baie stewige naat vorm. Werk die gare stewig weg aan die begin en einde.

OpenStax-CNX module: m24799 8 Figure 6 A: Soomsteek: Skuins klein stekies wat gebruik word om some in te werk. Dit moet verkieslik nie aan die regte kant sigbaar wees nie. Werk die gare stewig weg aan die begin en einde. B: Stap vir stap maak ons die hemp klaar. Wat het jy nodig? Uitgeknipte patroondele. Figure 7

OpenStax-CNX module: m24799 9 Gare wat by die materiaal pas. Ryggare wat `n ander kleur as die materiaal is. Spelde. `n Naald. `n Skerp skêr. Gaan nou soos volg te werk: Figure 8 Werk die belegsels van die voor en agterpant aan die nekrand vas. (Onthou om eers te speld, dan te ryg en dan vas te werk). Stryk die nate netjies. Figure 9 Werk voor- en agterpante aan mekaar vas by die skouernate. (Onthou regterkante van die materiaal teen mekaar). Stryk die nate netjies

OpenStax-CNX module: m24799 10 Figure 10 Werk albei moue aan die mousgate vas. Figure 11 Werk nou die synate vas tot by die mouspunt. Figure 12 Besluit hoe lank jy die moue en hemp se lyf wil hê, en speld, ryg en werk dan die some netjies in. Indien nodig, stryk

OpenStax-CNX module: m24799 11 Figure 13 Werk die belegsels om die nek netjies met soomstekies vas. Stryk die hele hemp indien nodig. (i) Die groot aanpas: Nou kan jy jou hemp aanpas en kyk hoe dit lyk. Hopelik is dit `n lospassende T-hemp wat sal veroorsaak dat `n skewe naat hier en daar nie baie opsigtelik sal wees nie. Julle kan nou met behulp van `n kompetisie `n gepaste graad 7- embleem ontwerp en dit met behulp van materiaalverf op die voor- of agterpant aanbring. So skep julle dan 'n kledingstuk wat altyd uniek sal bly en jou sal herinner aan die graad 7-jaar. LU/AS 1.12 Table 2 7 Hoe suksesvol is my produk? As klas, onder leiding van die opvoeder, moet julle nou `n stel kriteria saamstel wat julle gaan aanwend om die nale produk, in hierdie geval die T-hemp, te beoordeel. Gebruik byvoorbeeld faktore soos: a) hoe pas die hemp? b) is dit gemaklik? c) hoe goed is die afwerking? d) is die embleem treend? e) is geskikte materiaal vir die doel van die hemp gebruik? ensovoorts Stel `n standaardtabel op waarvolgens elke item in die klas beoordeel kan word en kies `n wenhemp. 8 Kosteberekening Sal jy hierdie T-hemp in `n winsgewende besigheid kan omskep? Om hierdie vraag te kan beantwoord, is dit nodig om vas te stel presies hoeveel dit jou sal kos om `n soortgelyke hemp te maak: Stel die volgende pryse vas: Geskikte materiaal (Maak seker dat jy presies weet hoeveel meter benodig word.

OpenStax-CNX module: m24799 12 Gare (Onthou, hoe groter die maat, hoe goedkoper. Jy kom baie ver met `n groot tol gare.) Materiaalverf TOTAAL Jy moet ook in gedagte hou dat jy `n naaimasjien sal moet aanskaf, indien jy beoog om hemde op groot skaal te vervaardig. Dit mag `n maandelikse paaiement meebring. Bruto = Verkoopprys Kosprys (produksiekoste) Wat sal jou wins per artikel wees? 9 Bemarking Met jou kliënte (skoolmaats) wat elke dag rondom jou is, gaan dit nie moeilik wees om hierdie produk te bemark nie. `n Lekker informele T-hemp- modeparade sal jou sekerlik vinnig genoeg besigheid besorg. Jy kan ook `n gepaste plakkaat as advertensie ontwerp. Baie sterkte! LU/AS 1.13 Table 3 10 Assessering Leeruitkomstes(LUs) LU 1 Tegnologiese Prosesse en VaardighedeDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. Assesseringstandaarde(ASe) Dit is duidelik wanneer die leerder: 1.12 die produk of stelsel evalueer gebaseer op kriteria wat direk met die ontwerpopdrag en sommige van die spesikasies en beperkings verband hou, en verbeteringe of wysigings voorstel; 1.13 die doeltreendheid van die plan van aksie wat gevolg is evalueer en voorstel hoe toekomstige planne verbeter kan word. Table 4