Sandy Griffiths. Eietydse ontwerpe en gewilde projekte. Sandy Griffiths

Similar documents
Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Ontwerp rn maak 'n houer *

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

July rd Issue

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

2. Waarheen? Outsiders toe!

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

Luister, lees en punktuasie *

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

Kampeervaardigheid II

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

Maaltyd vir een. n Vertaling deur. Nico Luwes. van. Dinner for one (Lauri Wylie 1920)

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

VERTE-X-PLODE Reg. No. B 3602 Act/Wet No. 36 of/van 1947

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

F U N G I N E X. Active Ingredient / Aktiewe Bestanddeel. Triforine g/l...triforien

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

Om materiaal te weef *

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

Kim Nolte DOCTOR PHILOSOPHIAE. In the. FACULTY OF HUMANITIES (Department of Biokinetics, Sport and Leisure Sciences) University of Pretoria

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

Die maak van 'n kledingstuk *

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

Inhoud. Anna Celliers & Tanya visser. Inspirerende idees en selfdoen-mooigoed vir jou tuin. Waterfokuspunte Patio s en binnehowe

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap

BELLVILLE O/16 OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON

JY MOET WEER GEBORE WOR D

APPROVED PACKAGE INSERT FOR INGELVAC MYCOFLEX

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

I declare that the thesis, which I hereby submit for the degree Ph.D. at the University of Pretoria, is my own work and has not previously been

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

Although this remedy has been extensively tested under a large variety of conditions the registration holder does not

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

Hoe om te vas en te bid

A water-soluble foliar feed with a wide range of nutrients for plants. n Wateroplosbare blaarvoeding met n wye reeks voedingselemente vir plante.

Moenie bang wees vir boelies nie!

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

NEOPYBUTHRIN. REG. NO. L4582 Act No. 36 of 1947 REG. NR. L4582 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 0592 Nambiese Reg. Nr.

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

In voeling. John Ackerman

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

FERTIFLO (19) MICRONUTRIENT SOLUTION

Tendense op varsproduktemarkte

ADDENDUM II Education material strengthening the Musical Play

SLAGS AS AGRICULTURAL LIMES: REACTIVITY AND HEAVY METAL AND PHOSPHORUS BIO-A V AILABILITY. Johan Hilgard van der Waals

University of Pretoria EXERCISE PRACTICES, DIETARY HABITS WITH TYPE... I DIABETES YVONNE PAUL

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

by Carolyn Sholto-Douglas-Vernon

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

Before using this product read the label carefully. / Lees die etiket noukeurig alvorens die produk gebruik word. PYBUTHRIN 44

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

Transcription:

Sandy Griffiths Eietydse ontwerpe en gewilde projekte Sandy Griffiths

Inhoud Erkennings 6 Inleiding 8 en toerusting 11 Oefeninge vir beginners 23 Laereliëf 24 Hoëreliëf 27 Poleerproses 30 Berei ru-stukke saamgeperste hout voor 33 Hoe om teksture te skep 34 Vryhandontwerpe 37 Hoe om die patrone oor te dra 38 Projekte 41 Skep gesigte 42 Kristalbalkissie gebruik glasverf 46 Rotskunsdorpie 49 Dorpie by kerslig 52 Allerhande kleure en geure tee 55 Bekoorlike juwelekissie 58 Vrolike voorbladnooiens op drupmatjies 62 Geraamde kuns 66 Vierkantig op swart 69 Liedjie in n hok 72 Rooi teksture 74 Masker vir n maskerbal 76 Wasdag in die Kaap 78 Oosterse bekoring 80 My piouterhart 83 Die mooiste blomme 88 Boomsangtrilogie 91 CD-houervensterhortjies 96 Franse kruietuin vir die kombuis 98 Kaal swemmers 100 Afrika-sonkoningin 104 Die maan, die sterre en kristalle 111 Die meisie met die geverfde hare 112 Pioutertyd 114 Resepteboek 116 Swart spiraalrugdagboek 118 Boombewoners 121 Ontwerpe 127 Uitgegee deur Metz Press Cameronianslaan 1 Welgemoed 7530 Suid-Afrika Eerste uitgawe 2012 Kopiereg Metz Press 2012 Teks kopiereg Sandy Griffiths Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag gereproduseer, in n ontsluitingstelsel bewaar of weergegee word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies of meganies, deur fotokopiëring, die maak van opnames of andersins sonder die skriftelike toestemming van die kopiereghouers nie. Uitgewer Wilsia Metz Fotograaf Ivan Naudé Ontwerp en uitleg Liezl Maree Vertaler Annlerie van Rooyen Proefleser Aletta van der Westhuizen Reproduksie Robert Wong, Color/Fuzion Drukproduksie Andrew de Kock Gedruk en gebind in Singapoer deur Tien Wah Press ISBN 978-1-920479-38-1 Opgedra aan Donna

5 6 en toerusting Tans is daar baie meer pioutertoerusting wat jy kan aanskaf. As jy dit nie kan weerstaan om toerusting te koop nie, blaas jou begroting en koop die hele spul. As jy egter n platsak piouterverslaafde is, kan jy met net vier basiese stukke toerusting pragtige piouterwerk skep. Ek is mal oor piouter, maar het dit bemeester toe die toerusting nie maklik be skikbaar was nie (en ek dit nie oor die internet kon koop nie). Tog gebruik ek meestal net vier basiese stukke toerusting: n natrekker, bosseleerapparaat, n medium rolpuntmerker en n met n skerp punt. Behalwe patina, piouter en byewas is die meeste ander benodigdhede huishoudelike produkte wat jy by jou plaaslike supermark kan koop. Ek het n interessante vrou by een van my werkswinkels ontmoet wat my vertel het dat sy al byna alle handwerkvorms op die proef gestel het. Aangesien sy n passie vir toerusting het, het sy bykans alles gekoop wat sy daarvoor kon gebruik. Blykbaar is haar man verheug, want al raak die resessie ook hoe ernstig, kan hulle n handwerkwinkel oopmaak met baie voorraad sonder om enige kapitaal te spandeer! Leer dus hieruit kyk na jou handwerkkostes as n belegging. As jy wel jou werk verloor, kan jy altyd n handwerkwinkel oopmaak!

7 oefeninge vir beginners 8 Lae reliëf Jy kan dit op die voor- of agterkant van die piouter doen. Van die voorkant af, sal die ontwerp ingeduik wees ek noem dit ingeduikte lae reliëf. Van die agterkant van die piouter af, sal die ontwerplyne effens verhewe wees daarna verwys ek as verhewe lae reliëf. Die ingeduikte ontwerplyn sal meer patina en politoer opneem en sal ná die poleerproses swart wees. Jy kan baie ingewikkelde patrone met die ingeduikte lae reliëf skep. Kyk na die Kristalbalkissie op bl. 46 en die Swart spiraalrugdagboek op bl. 118. potlood natrekpapier 1 stuk vilt stuk piouter maskeerband medium bolpuntinstrument natrekker poleerbenodigdhede (kyk bl. 14) 1. Trek die voël se ontwerp agter in die boek na op natrekpapier. Plaas een laag vilt op die en sit dan die piouter (met die verkeerde kant na bo) op die vilt. Plak die piouter met maskeerband op die vilt vas. 2. Plaas die nagetrekte ontwerp op die piouter. Sentreer dit en plak met maskeerband aan al vier kante vas. Dit keer dat die ontwerp skuif terwyl jy dit natrek en voorkom sodoende gebroke of dubbele ontwerplyne. 3. Gebruik die medium bolpuntinstrument en trek die dele van die ontwerp na wat in verhewe lae reliëf op die piouter gedoen sal word: die buitelyne van die voël, die buitelyn en middellyn van die vlerk; die buite lyn en middellyn van die stertvere en die buitelyn van die pote. Moenie die oog, die middellyn van die pote of die veeragtige lyne van die vlerk- en stertvere natrek nie. Druk harder as wanneer jy skryf. 4. Verwyder alle natrekpapier en maskeerband. 5. Die ontwerp is nou ingeduik in die piouter. As jy te liggies druk, sal jy die ontwerp dalk weer moet natrek en harder moet druk doen dit dan sonder die natrekpapier. As jy tevrede is met die diepte van die ontwerp, hoef jy dit nie te doen nie. 6. Draai die piouter om (met die regte kant na bo) en plaas dit op die. Teken met die aan elke kant van die verhewe ontwerplyne om daardie areas plat te maak en die verhewe ontwerplyn te

9 oefeninge vir beginners 10 Poleerproses Die poleerproses is die finale stadium en word gedoen om die piouter verouderd te laat lyk. Die patina en politoer bly die donkerste in die ingeduikte areas van die ontwerp en verskaf diepte. Daarom moet alle reliëfwerk en finale ingeduikte ontwerpe gedoen word voordat jy dit poleer omdat dit nie sal uitstaan as jy dit daarna doen nie. Ek moet ook hier noem dat dit my langer neem om mense te leer hoe om met metaalpolitoer te poleer as om met piouter te werk, maar met n bietjie oefening sal jy dit bemeester. voltooide piouterontwerp watte terpentyn sneesdoekies ontvetmiddel (babapoeier) rubber- of latekshandskoene patina huishoudelike metaalpolitoer 1. Plaas die voltooide piouterontwerp (met die regte kant na bo) op die. Maak die voorkant van die piouter skoon met watte en terpentyn. Vee skoon met n sneesdoekie. Druk n stuk watte in die babapoeier en vryf dit liggies oor die voorkant van die ontwerp om alle vetterigheid te verwyder. Let wel die patina reageer nie op vetterige dele nie. 2. Trek handskoene aan, doop n klein stukkie watte in patina en smeer dit egalig oor die hele stuk piouter. Spoel dit af in skoon water om die werking van die patina te neutraliseer en tik droog met n sneesdoekie. Let wel die metaal word baie donker terwyl jy die patina aanwend, maar word weer ligter wanneer jy dit poleer. 3. Plaas die piouter (met die regte kant na bo) op die. Vryf n bietjie metaalpolitoer met watte oor die piouter. Poets versigtig met n skoon stukkie watte. Vervang die watte wanneer dit swart word. Let wel dis byna onmoontlik om droë metaalpolitoer af te vryf sonder om die tinlaag van die piouter te beskadig. Verwyder droë politoer altyd met nat politoer. Vryf n bietjie politoer op n klein area en poets totdat dit blink. Wanneer die politoer droog word, smeer nog n bietjie nat politoer oor en poets. Begin werk nou op die volgende area en doen dieselfde. Moenie hard vryf nie, want jy sal die boonste tinlaag afvryf en die onderste laag blootlê. Wenke Die patina beskerm glad nie die metaal nie en word bloot vir estetiese redes aangewend. As jy die piouter blink wil hou, hoef jy nie patina of politoer aan te wend nie. Verwyder net die vetterigheid aan die voorkant van die piouterontwerp. Jy kan die patina twee keer aanwend, maar dan sal die piouter baie donker word. Hoe langer die patina op die piouter bly, hoe donkerder sal dit raak. Jy kan dit dadelik afwas of dit tot 20 minute aanlos. Eksperimenteer met verskillende tye om te sien hoe dit lyk. Jy kan die patina ook met water verdun om die uitwerking daarvan te verminder. Moenie hard vryf wanneer jy die patina aanwend of poleer nie, want jy kan die blink tinlaag afvryf. As jy die ingeduikte areas donkerder wil hê, gebruik swart koolstoofpolitoer. Dit verwyder nie die patina nie; gebruik dit dus nadat jy die piouter met die metaalpolitoer blink gevryf het. Moenie patina op metaalgereedskap laat kom nie, want dit sal dit laat roes. As dit wel gebeur, spoel dit met skoon water af. GROOTMAAT-ONTWERPE VIR KAARTJIES EN ETIKETTE Om n klomp klein ontwerpe te poleer, is glad nie n grap nie. Wanneer jy baie versierinkies vir kaartjies of geskenketikette wil maak, trek al die klein ontwerpe op een groot stuk piouter na. Voltooi die ontwerpe in hoë- of lae reliëf, vul almal met byewas en patineer of poleer dan die groot stuk piouter. Wanneer jy klaar is met die poleerproses, sny al die individuele ontwerpe uit. Dit sal die poleerproses baie verkort. As jy egter al jou afvalstukkies piouter wil gebruik, sal hierdie idee nie werk nie. Kyk of jy wel meer as een ontwerp op n afvalstukkie kan laat pas omdat jy dan een in plaas van twee keer sal poleer.

11 PROJEkte 12 Skep gesigte Om gesigte te bosseleer, maak die meeste van ons paniekbevange. Jy kan egter ontspan, want met hierdie paar basiese tegnieke sal jy dit kan baasraak. Probeer dit; jy sal gou ontdek dat gesigte baie makliker is as wat jy dink. Ons is nie nou met n 3D kursus besig nie, maar leer bloot hoe om dele van die gesig te skep sodat dit realisties lyk. Kyk in die spieël en raak aan al die dele op jou gesig sodat jy die vorm daarvan kan sien en voel. potlood natrekpapier piouter stuk karton 2 stukke vilt maskeerband smeermiddel natrekker hokkiestok of platgedrukte teelepel byewas of kraakvuller glasdrupper terpentyn watte patina poleerbenodigdhede (kyk bl. 14) kristalle met plat rugkante stel wasstokkies raam en monteerbord gom 1. Trek die ontwerp agter in die boek na. Plaas die nagetrekte patroon in posisie op die piouter. 2. Plaas die piouter (met die regte kant na bo) op n en trek die gesig se ontwerp met die natrekker na. Haal die natrek papier en alle maskeerband af. Plaas die piouter (met die regte kant na bo) op n stuk stewige karton en teken die hare met die natrekker (kyk Wenke). 3. Draai die piouter om (met die verkeerde kant na bo) en plaas dit op een laag vilt. Wend smeermiddel agterop aan. 4. Neus Trek die punt van die skerper liggies teen die wenkbrou en die neuslyn af, net aan die binnekant van die lyn. Trek dit om die neusgat se lyn. Trek die papierpotlood langs die kort wenkbrou op die teenoorgestelde kant van die gesig, net bokant die ontwerplyn. Draai die piouter om (met die regte kant na bo) op n. Trek die skerper al langs die ontwerplyn van die neus af en om die ontwerplyn van die neusgat. Trek die skerper langs die ontwerplyn van die kort wenkbrou aan die linkerkant af. Jy sal oplet dat hierdie proses die neus van die gesig af gelig het. Dit het ook die voorkop geskep omdat die wenkbroue die onderkant van die voorkop uitmaak. Dit is dus korrek dat areas aan die onderkant van die wenkbrou

13 PROJEkte 14 Afrika-sonkoningin Hierdie pragtig versierde Afrika-koningin geniet die sonskyn terdeë. Ek het die mosaïekagtergrond geskep met teëls wat in reguit lyne gelê is. Vir die grond waarop sy staan, het ek teëls met baie koper in gekies, hulle met die teëlknipper middeldeur gesny en in n kronkellyn geplaas wat die vorm van haar rok se onderkant volg. Hierdie effek anker haar; daarsonder sou dit gelyk het of sy sweef. Die mosaïek is dieselfde as die agtergrond en vorm dus nie n fokuspunt nie sodat die helderoranje son en die koningin in koper mooi kan uitstaan. Wat die styl van die teëlwerk betref, is die grootste verskil tussen die Kaal swemmers (kyk bl. 100) en die Afrikasonkoningin die agtergrond met sy reguit lyne en geteëlde effek in vergelyking met die draaie en swaaie van gebreekte stukkies teëls by die swemmers s n. Die Afrika-sonkoningin se versierings word met goue en koper bladmetaal en saadkrale gedoen. Die versierings word heel laaste gedoen, nadat die teël- en brywerk voltooi is, anders sal die bry dit bederf. piouter HB-potlood en natrekpapier 6B-potlood maskeerband karton smeermiddel 3 stukke vilt natrekker platgedrukte of hokkiestok medium bolpuntinstrument teelepel eetlepel byewas of kraakvuller en glasdrupper terpentyn watte patina poleerbenodigdhede (kyk bl. 14) snystilus en snymat gom klein, gekromde skêrtjie 1. Trek die ontwerp agter in die boek na en trek dit dan op die voorkant van die piouter na in hoëreliëf. My Afrika-vrou is 38 cm lank. n A3-snymat is n goeie oppervlak vir n projek wat so groot is. 2. Voltooi die ontwerp in hoëreliëf. Hou die kakebeenlyn gelyk met die oppervlak en die nekdeel laer as die borsdeel. 3. Druk die rok met die teelepel uit; vir die groot area onder die romp kan jy die eetlepel gebruik. 4. Gesig Om die neus te vorm, plaas die piouter (met die verkeerde kant na bo) op een laag vilt. Trek die punt van die skerper papierpotlood liggies langs die wenkbrou en neuslyn, maar bly net langs die ontwerplyn, met ander woorde net bokant die wenkbroulyn aan die oorringkant van die neuslyn. Druk die neusgat aan die onderkant van die neus baie liggies uit. Draai die piouter om (met die regte kant na bo) op die en rond dit af deur die punt van die skerper al langs die ontwerplyn te trek. Jy sal sien dat dit die neus bo die gesig laat uitstaan. Let wel wanneer jy afrondingswerk doen, werk jy slegs aan een kant van die ontwerplyn. 5. Mond plaas die piouter (met die verkeerde kant na bo) op een laag vilt. Trek die punt van die skerper liggies langs die ontwerplyn aan die bokant van die bolip en langs die ontwerplyn onderkant die onderlip. Bly net binne hierdie lyne. Moenie die langs die middellyn van die mond trek nie. Draai die piouter om (met die regte kant na bo) op die. Trek die skerper papier

15 16 Die meisie met die geverfde hare Ek het Turkish Delight-lekkers by n vriendin gekry. Sy het gesê: Ek het dit vir jou gekoop omdat ek gedink het jy sal in jou skik wees met die houer. Sy was in die kol. Ek wou dit verf eerder as vernis en het dus met glasverf geëksperimenteer. Dit het beteken dat ek glasverf in die ontwerp moes insluit. vierkantige houthouer piouter potlood en natrekker maskeerband stuk karton smeermiddel 2 stukke vilt natrekker medium bolpuntinstrument platgedrukte of hokkiestok byewas of kraakvuller en glasdrupper terpentyn watte poleerbenodigdhede (kyk bl. 14) gom verskeie kleure glasverf (blou, groen, omberkleurig) sagte, gepunte waterverfkwas asetoon sneesdoekies 1. Trek die ontwerp agter in die boek na en trek dit dan op die regte kant van die piouter na. Voltooi in hoëreliëf. 2. Plaas die piouter (met die verkeerde kant na bo) op een stuk vilt en teken n lyn met die punt van n van die bokant van die regterwenkbrou teen die brug van die neus af (die regterkant wanneer jy van regs af daarna kyk). Druk die bokant van die ooglid liggies uit met die punt van die, maar bly net onder die wenkbroulyn. Ons is besig om n voorkop te vorm. Die wenkbroue maak die basis van die voorkop uit. Druk die mond met die punt van die uit. 3. Plaas die piouter (met die regte kant na bo) op die en rond dit af deur die papierpotlood al langs die regterkant van die neus af te trek. Moenie afrond aan die neus se linkerkant nie. Rond af om die mond. Plaas die piouter (met die verkeerde kant na bo) op twee lae vilt en druk die volledige vorm van die gesig (maar nie die hare nie) met die platgedrukte uit. Rond aan die regterkant met die skerper papierpotlood af. 4. Plaas die piouter op twee lae vilt. Druk die hare uit met die skerper ; doen elke string hare afsonderlik. Druk die koptooisel met die platgedrukte papierpotlood uit. Hou die sirkel laer as die res van die koptooisel omdat jy dit met glasverf sal vul. 5. As die ontwerp die regte hoogte het, vul die agterkant met was en maak enige oortollige was met watte en terpentyn skoon. Definieer die regterkant van die neus met die natrekker en bly op die ontwerp lyn; moenie die neus se linkerkant definieer nie. Definieer die ooglede, maar nie die wenkbroue nie. Definieer om die mond. Trek die stringe hare weer na en ook enige ander ontwerplyne wat volgens jou meer definisie nodig het. 6. Druk die res van die areas uit in hoëreliëf; hou die areas wat met verf bedek word gelyk met die tafel. 7. Plak die ontwerp op die houer se deksel. Verf die glasverf met die sagte waterverfkwas aan. Maak die kwas met asetoon skoon. Wenke Jy kan die ontwerp verf voordat jy dit vasplak op die houer se deksel, maar jy moet die verf dan minstens 24 uur laat droog word totdat dit hard is voordat jy dit op die deksel plak. Ek het omberkleurige verf vir die sirkels gebruik en groen en blou vir die res van die ontwerp. Die kante van die houer is met blou glasverf geverf. Jy sal een kant op n slag moet verf en dan die houer regop moet laat staan sodat dit goed kan droog word voordat jy die volgende kant verf. Die glasverf moet dik aangeverf word en daarom sal dit loop as jy die houer neerlê. Twee lae verf is ideaal. Moenie die verf tussen lae skuur nie.

17 METZ PRESS www.metzpress.co.za Piouter-indrukke Eietydse ontwerpe en gewilde projekte Sandy Griffiths 260 x 193 mm 160 pp Sagteband met flappe RRP: R175.00 ISBN 978-1-920479-38-1 Publikasiedatum: June 2012 Beskikbaar in Engels: Pewter impressions ISBN 978-1-920479-37-4 Metz Press is an independent publisher of high quality information books and illustrated non-fiction for the local market as well as the international co-edition market. We have sold rights to our books in countries all over the world, having impressed reputable international companies with our quality of content and production and our ability to deliver. Publisher: Wilsia Metz Tel: +27 (0)21 913 7557 Mobile: +27 (0)83 424 6662 Fax: +27 (0)21 913 5102 or 086 575 5769 Email: info@metzpress.co.za Web: www.metzpress.co.za Postal address: PO Box 7322, Welgemoed, 7538, South Africa Street address: 1 Cameronians Avenue, Welgemoed, 7535, South Africa Elke handwerker wat ervaar hoe maklik dit is om ingewikkelde ontwerpe met piouter te skep, raak versot op piouterwerk. Sandy Griffiths se boeke Maklike piouter-projekte en Piouter dit is albei so gewild dat sy nou geswig het onder die druk van haar aanhangers om nog n boek te skryf. Piouter-indrukke bevat meer as 30 oorspronklike projekte met maklik verstaanbare aanwysings en duidelike stap-vir-stap foto s. Dit begin by die begin sodat groentjies nie ander boeke nodig het om dadelik hierdie gewilde handwerk op die proef te stel nie. Beginnersoefeninge verduidelik al die basiese tegnieke, leer jou hoe om die bosseleerwerk te doen en dan glans en dimensie aan jou ontwerpe te verleen. Hierna volg n reeks wonderlike projekte wat die verbeelding van enige handwerker sal aangryp. Piouter word saam met mosaïek, skilderdoek, hout, glasverf, kristalle en veel meer gebruik, wat n verskeidenheid voorkomste en afwerkings bied. Die projekte sluit besondere rame, kunstige kissies, pragtige geskenke en lieflike dekoritems in. Daar is duidelike aanwysings vir beginners, terwyl meer gesoute handwerkers tonne inspirasie sal vind om hul eie stempel op hul projekte af te druk. Benewens die projekte, dek Piouterindrukke: Ook beskikbaar by Metz Press Sandy Griffiths METZ PRESS www.metzpress.co.za Noodsaaklike toerusting en hoe om dit te gebruik Natrek en oordra van patrone Laereliëf- en hoëreliëf-bosseleerwerk Vormwerk Teksturering Kleur en patina Uitsny en vasplak van ontwerpe op verskeie oppervlakke DVD Pragfoto s van alle voltooide projekte asook patrone vir al die ontwerpe maak hierdie boek n uitstekende toevoeging tot elke handwerker se biblioteek.