PUNCH XTRA Reg. No. L4243 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L4243 Wet Nr. 36 van 1947 Organic systemic suspension concentrate fungicide combination for the control of diseases in wheat, barley, groundnuts, maize, sweetcorn, soybeans and peas as listed. Organiese sistemiese suspensie konsentraat swamdoder kombinasie vir die beheer van siektes in koring, gars, grondbone, mielies, suikermielies,sojabone en erte soos aangedui. FUNGICIDE GROUP CODE 3 / 1 SWAMDODER GROEP KODE ACTIVE INGREDIENTS Flusilazole (silicone triazole) Carbendazim (benzimidazole)...125 g/l......250 g/l... AKTIEWE BESTANDDELE Flusilasool (silikoon triasool) Karbendasim (bensimidasool) Net Volume 3 l Netto Volume REGISTERED BY / GEREGISTREER DEUR DUPONT DE NEMOURS INT S.A. Co. Reg. No. 81/08502/10 P O BOX / POSBUS 3332 HALFWAY HOUSE 1685 Tel (012) 683 5600 24 HOUR/UUR EMERGENCY NUMBER/ NOODNOMMER 083 123 3911 BATCH NUMBER DATE MANUFACTURED UN No. / VN Nr. 3082 LOTNOMMER DATUM VAN VERVAARDIGING HARMFUL SKADELIK Copyright 2005 DuPont. All rights reserved. The DuPont Oval Logo, DuPont TM, The miracles of science TM and PUNCH, GLEAN and GRANSTAR are registered trademarks or trademarks of DuPont or its affiliates. PUNCH XTRA, Page 1, 2003/01/08
WAARSKUWINGS LAAT DIE VOLGENDE ONTHOUDINGSPERIODE VERLOOP TUSSEN LAASTE TOEDIENING EN OES OF VOER Koring end Gars.... 56 dae Grondboonhooi vir voer.....42 dae Mielies en suikermielies (beweiding)... 60 dae Mielies en suikermielies....14 dae Erte....10 dae Ertehooi vir voer...... 28 dae Sojabone..30 dae Sojabone(hooi vir voer).42 dae Moet nie behandelde gars- en koringlande bewei nie. Hanteer versigtig. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere. Kan oë beskadig. Giftig wanneer ingesluk, ingeasem of deur vel geabsorbeer word. Kan neus, keel en vel irriteer. Bêre apart van voedsel en voer. Giftig vir vis en natuurlewe. VLAMBAAR - Berg in oorspronklike houer, altyd dig toe in 'n koel geventileerde plek, weg van 'n oop vuur en vonke. In geval van vergiftiging ontbied n geneesheer en toon die etiket aan hom. LUGTOEDIENING - Stel al die inwoners in die onmiddellike omgewing van al die lande wat bespuit word in kennis en reik die nodige waarskuwings uit. Moenie oor wateroppervlaktes spuit nie en tref voorsorg dat die spuitnewel nie water of aangrensende gebiede besoedel nie. Alhoewel hierdie middel omvattend onder 'n groot verskeidenheid toestande getoets, is waarborg die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie aangesien die werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale klimaats - en bergingstoestande; kwaliteit van verdunningswater; verenigbaarheid met ander stowwe wat nie op die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die siekte teen die betrokke middel sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir nadelige effek op mens of dier of vir 'n gebrek aan prestasie van die betrokke middel as gevolg van die versuim van die gebruiker om etiketaanwysings na te kom of as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in die geval van enige onsekerheid. VOORSORGMAATREELS Vermy oogkontak. In geval van oogkontak, was onmiddellik met oormaat water en kry mediese advies. Indien die produk ingeneem is, moet nie vomering te weeg bring nie. Die produk bevat xileen. Drink een of twee glase water, en indien beskikbaar, 30 tot 50 g geaktiveerde houtskool as 'n flodder behandeling. Vermy kontak met vel en klere. Was altyd met oormaat seep en water na gebruik en na toevallige velkontak. Was besmette klere na gebruik. Moet nie eet, rook of drink terwyl die produk gemeng of toegedien word nie of voordat die gesig en hande nie gewas is nie. Moet nie die spuitnewel inasem nie Vir die beskerming van werkers tydens vermenging, hantering en toediening, dra beskermende klerasie. Dra ook 'n gesigsmasker en -skerm en rubberhandskoene. Moenie behandelde gebiede binnegaan sonder beskermende klere alvorens spuitstof droog is nie. Verhoed besoedeling van voedsel, voer, eetgerei en drinkwater. Was toedieningsapparaat uit met skoon water na gebruik en voordat dit vir ander middels gebruik word. Verhoed besoedeling van waterbronne, weiding, ander gewasse en water tydens skoonmaak van apparaat of met waswater. Voorkom spuitstofwegdrywing na waterbronne, weiding en gewasse wat nie behandel word nie. Spoel die leë houer drie keer uit met n volume water gelykstaande aan n minimum van 10 % van die inhoud van die houer voordat die houer vernietig word. Vernietig die leë houer en moet nooit vir enige ander doel hergebruik nie. PUNCH XTRA, Page 2, 2003/01/08
SIMPTOME VAN VERGIFTIGING KAN OË BEKADIG KAN VEL IRRITEER NOODHULPBEHANDELING IN GEVAL VAN OOGKONTAK WAS OË UIT MET BAIE WATER EN KRY MEDIESE ADVIES IN GEVAL VAN VELKONTAK WAS MET SEEP EN WATER VIR 15 MINUTE IN GEVAL INNAME MOET NIE BRAKING INDUSEER NIE. DRINK 1 TOT 2 GLASE WATER, EN INDIEN MOONTLIK 30-50 g GEAKTIVEERDE KOOLSTOF. NOTA AAN GENEESHEER TOEDIENING VAN N TEENMIDDEL IS NIE VAN TOEPASSING NIE. OORWEEG MAAGSPOELING MAAR NIE ASPIRASIE NIE. MOET NIE EPHEDRINE OF VERWANTE MIDDELS TOEDIEN NIE WEERSTANDSWAARSKUWING PUNCH XTRA is n groepkode 3 / 1 swamdoder. Enige populasie van n spesifieke swam mag individue insluit wat n natuurlike weerstand teen PUNCH XTRA, of enige ander groepkode 3 / 1 swamdoder het. Indien hierdie swamdoders herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die swampopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende swamme sal waarskynlik nie deur PUNCH XTRA of enige ander groepkode 3 / 1 swamdoder beheer word nie. PUNCH XTRA is n mengsel van flusilasool (groepkode 3) en karbendasim (groepkode 1) swamdoders, wat verskillende reaksiemeganismes het. Om weerstand teen swamdoders te vertraag - Vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van swamdoders met dieselfde groepkode. Wissel af met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende swamdoder groepkodes. - Raadpleeg toepaslike individuele produketikette wanneer daar afgewissel word, of tenkmengsels gemaak word, met produkte in swamdodergroepkodes X of Y. - Integreer ander beheermaatreels (chemies, verbouing, biologies) in swamdoder programme. Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk. ALGEMENE EIENSKAPPE 1. PUNCH XTRA bestaan uit twee nie-verwante sistemiese swamdoders met beskermende en nainfeksie kuratiewe eienskappe. 2. Die doeltreffendheid van PUNCH XTRA word nie beïnvloed deur reën wat na 3 ure na toediening plaasvind nie omdat die aktiewe bestanddeel vinnig opgeneem word deur plantweefsel. GEBRUIKSAANWYSINGS GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI VERENIGBAARHEID PUNCH XTRA is verenigbaar met die meeste chemikalieë wat normaalweg op koring en gars op dieselfde groeistadium toegedien word, bv Hoelen EC (Reg. No. L298, Wet Nr. 36 van 1947); Finesse (Reg. No. L3334 Wet Nr. 36 van 1947); Glean (Reg. No. L1672 Wet Nr. 36 van 1947); Get Down (Reg. No. L2405 Wet Nr. 36 van 1947; Granstar (Reg. No. L3630 Wet Nr. 36 van 1947); MCPA (Reg. No. L4342, Wet Nr. 36 van 1947). Die verenigbaarheid van PUNCH XTRA kan egter beïnvloed word deur die formulasie van ander produkte asook die kwaliteit van die verdunningswater. 'n Fisiese verenigbaarheidstoets word om die rede aanbeveel voor toediening. PUNCH XTRA, Page 3, 2003/01/08
MENGINSTRUKSIES Maak houer toe na gebruik. Maak spuittenk 1/4-1/2 vol met water en voeg dan die verlangde hoeveelheid PUNCH XTRA by terwyl geroer word en die spuittenk gevul word met water. SIEKTES WAT BEHEER WORD Koring en Gars Oogvlek (Pseudocercosporella herpotrichoides) Erte Poeieragtige skimmel (meeldou) (Erysiphe pisi) Grondbone Blaarvlek Spatselvlek Botrytis-stamvrot Roes (Cercospora arachidicola) (Cercosporidium personata) (Phoma arachidicola) (Botrytis cinerea) (Puccinia arachidis) Mielies en suikermielies Sojabone Grysblaarvlek Bruinroes Noordelike Blaarskroei Blaarvlek Roes (Cercospora zeae-maydis) (Puccinia sorghi) (Exserohilum (Helminthosporium) turcicum) (Ascochyta spp.) (Phakopsora pachyrhizi) PUNCH XTRA, Page 4, 2003/01/08
TOEDININGSHOEVEELHEDE GEWAS/SIEKTE DOSIS/HA OPMERKINGS KORING en GARS Oogvleksiekte (Pseudocercosporella herpotrichoides) GRONDBONE Blaarvlek (Cercospora & Cercosporidium) Spatselvlek (Phoma arachidicola) Botrytis-stamvrot (Botrytis cinerea) GRONDTOEDIENING 700 ml in minstens 300 l water per ha LUGTOEDIENING 840 ml in minstens 30 l water per ha GRONDTOEDIEING 500 ml in 500 l water per ha LUGTOEDIENING 675 ml in 30 l water per ha Dien toe tussen die 5 en 7 blaar stadium van die gewas. Volle dektoediening Begin toedien wanneer eerste siekte simptome te voorskyn kom. Herhaal toediening elke 10-14 dae tot 14 dae voor trek van die grondbone. Laat minstens 42 dae verloop tussen laaste toediening en gebruik van hooi vir voer. Moet nie 6 toedienings per seisoen oorskry nie. Slegs droëland Begin toedien wanneer eerste siekte simptome te voorskyn kom. Herhaal toediening elke 10-14 dae tot 14 dae voor trek van die grondbone. Laat minstens 42 dae verloop tussen laaste toediening en gebruik van hooi vir voer. Moet nie 6 toedienings per seisoen oorskry nie. Bruinroes (Puccinia arachidis) ERTE Poeieragtige skimmel (meeldou) (Erysiphe pisi) 1 000 ml in 500 l water per ha. GRONDTOEDIENING 200 ml in ten minste 500 l water per ha. LUGTOEDIENING 250 ml in ten minste 30 l water per ha. Dien toe soos hierbo beskryf vir die beheer van blaarvlek en spatselvlek. Begin toediening tydens vroeë blom of vroeër wanneer die eerste tekens van siekte verskyn, of wanneer toestande bevorderlik is vir siekte ontwikkeling. Herhaal met 12-14 dae intervalle. Laat 28 dae verloop tussen laaste toediening en die gebruik van hooi vir voer. Moet nie drie toedienings per seisoen oorskry nie. Dien toe soos hierbo. PUNCH XTRA, Page 5, 2003/01/08
GEWAS/SIEKTE DOSIS/HA OPMERKINGS SOJABONE Ascochyta blaarvlek Roes ( Phakopsora) GRONDTOEDIENING 600 ml in 500 l water per ha. OF LUGTOEDIENING 750 ml in 40 l water per ha. Dien toe wanneer die eerste siektesimptome op die blare verskyn en herhaal 10-14 dae later indien toestande gunstig is vir siekte ontwikkeling. Verseker deeglike bedekking van die blare. Dien toe by die aanvang van blom of met die eerste teken van siekte om en by vroeë blomstadium. Indien die eerste toediening gedurende blom of by vroeë peulvulling gemaak word sal n tweede toediening 21-28 dae later nodig wees, Indien weerstoestande gunstig is vir siekteontwikkeling ( temperature 15-28 C en hoë lugvog ) gebruik die korter interval.indien die siekte laat in die seisoen te voorskyn tree sal n enkeltoediening normaalweg voldoende wees. Verseker deeglike bedekking van all bogrondse dele met die spuistof. Laat minstens 42 dae tussen laaste toediening en gebruik van hooi vir voer. Moet nie 2 toedienings per seisoen oorskry nie. PUNCH XTRA, Page 6, 2003/01/08
GEWAS/SIEKTE DOSIS/HA OPMERKINGS MIELIES en SUIKERMIELIES TOEDIENINGSMETODE 1. Grondtoediening (vertikale spuitbalk) 300-400 l water per ha. 2. Rugsakspuit met handbalk 50-00 l water per ha. 3. Lugbespuiting balk en spuitpunt nie minder as 40 l per ha watervolume nie; Micronair 5-20 l per ha watervolume. Sien Lugbespuiting onder NOTAS hieronder. Grysblaarvlek (Cercospora zeae-maydis) 750 ml per ha plus 500 ml BP CROP OIL (Reg. No. L6802 Wet Nr. 36 van 1947) per ha. TYDBEREKENING VAN TOEDIENING Verken lande gereeld vanaf 2 maande na plant vir grysblaarvleksimptome. BELANGRIK Die eerste toediening moet gedoen word voordat siekte simptome die 3de blaar onderkant die kop bereik en/of 3 % van die totale blaaroppervlakte bedek is met sigbare grysblaarvlek simptome. Indien meer as 28 dae oorbly vanaf die eerste toediening tot volle graanvolwassenheid, volg op met n tweede toediening. BELANGRIK Die 2de toediening moet gedoen word 28 dae na die eerste toediening en/of voordat 5 % van die totale blaaroppervlakte bedek is met grysblaarvlek simptome. Noordelike Blaarskroei (Exserohilum (Helminthosporium) turcicum) 1000 ml per ha plus 500 ml BP CROP OIL (Reg. Nr. L6802 Wet Nr 36 van 1947) per ha Verken lande gereeld vanaf 6-8 weke na plant vir Noordelike blaarskroei simptome. Dien toe met die eerste teken van siekte of voordat 5 % van die totale blaaroppervlakte met sigbare Noordelike blaarskroei simptome.bedek is. n Tweede toediening 14-21 dae later is verpligtend indien die gewas nog nie die harde deegstadium 14 dae na die eerste toediening bereik het nie. Dien teen die korter interval op hoogsvatbare hibriede en wanneer weerstoestande (nat toestande bv. Reën of oorhoofse besproeiing) die ontwikkeling van die siekte begunstig. Effek teen ander siektes Die dubbeltoediening soos aanbeveel teen Noordelike blaarskroei sal die voorkoms van Blaarroes (Puccinia sorghi) verminder. PUNCH XTRA, Page 7, 2003/01/08
NOTAS 1. Lugbespuiting Lugbespuiting behoort slegs gedoen te word wanneer grondtoediening onmoontlik is. 2. PUNCH XTRA behoort gespuit te word sodra die eerste siektesimptome begin verskyn en nie wanneer die gewas reeds swaar besmet is nie. 3. PUNCH XTRA moet nie bespuit word indien plante aan kwaai droogtetoestande onderwerp is nie. PUNCH XTRA, Page 8, 2003/01/08