HYVAR X Reg. No. L1885 Act No. 6 of 1947 Reg. Nr. L1885 Wet Nr. 6 van 1947 A soil applied herbicide (wettable powder) with long residual action for the control of annual and perennial broadleaf weeds and grasses (as listed) in industrial areas, citrus, pineapples and sisal. SEE ENCLOSED LEAFLET FOR FULL PARTICULARS n Grondtoegediende onkruiddoder (benatbare poeier) met lang nawerking vir die beheer van een- of meerjarige breëblaaronkruide en grasse (soos aangedui) in nywerheidsgebiede, sitrus, pynappels en sisal. SIEN INGESLOTE PAMFLET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE ACTIVE INGREDIENT AKTIEWE BESTANDDEEL Bromacil (substituted uracil)...800g/kg... Bromasil (gesubstitueerde urasil) Nett Mass 25 kg Netto Massa REGISTERED BY / GEREGISTREER DEUR: DUPONT DE NEMOURS INT S.A. Co. Reg. No. 81/008502/10 P O BOX / POSBUS 2 HALFWAY HOUSE 1685 Tel: (012) 68-5600 24 Hour/Uur Emergency Number/Noodnommer: 08 12 911 UN No. / VN Nr. 077 BATCH NUMBER DATE MANUFACTURED LOTNOMMER DATUM VERVAARDIG (Green Colour band) Copyright 2005 DuPont. All rights reserved. The DuPont Oval Logo, DuPont TM, The miracles of science TM and HYVAR are registered trademarks or trademarks of DuPont or its affiliates. HYVAR X, Page 1, 1992/05/12
HYVAR X Reg. Nr. L1885 Wet Nr. 6 van 1947 Bevat Bromasil WAARSKUWINGS: Giftig indien ingesluk. Mag irritasie van die oë, neus, keel en vel veroorsaak. Bêre weg van voedsel, voer en verbruikersprodukte. Hou buite bereik van kinders, diere en oningeligte persone. Moet nie naby gewenste plante of tot waar hulle wortels mag strek toedien Alhoewel hierdie middel omvattend onder n groot verskeidenheid toestande getoets is waarborg die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie, aangesien die werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale grond-, klimaats en bergingstoestande; kwaliteit van verdunningswater; verenigbaarheid met ander stowwe wat nie op die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die onkruid teen die betrokke middel sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantgroei, en omgewing of vir nadelige effek op mens of dier of vir n gebrek aan prestasie van die betrokke middel as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie voorsien kon word Raadpleeg die verskaffer in die geval van enige onsekerheid. VOORSORGMAATREËLS: Moenie die stof of sproeireën inasem Persone wat die produk vermeng, ingooi, toedien, spuittoerusting skoonmaak of andersins hanteer moet langbroeke, langmouhemde, kouse, skoene en oogbeskerming dra. Was besoedelde klere daagliks. Was deeglik met seep en water na toevallige velkontak en voordat u eet, drink, rook of die toilet gebruik. Berg die produk in die oorspronklike houer in n veilige, droë, en goed geventileerde plek. Hou die houer dig toe. Verhoed spuitstofwegdrywing na enige gevoelige of ander gewas, weidings, riviere, damme, vleie en enige ander gebied wat nie behandel word Moet nie toedien waar afloop uit die behandelde gebied water kan besoedel of binne 10 m van n permanente waterbron Moet nie die produk meng, ingooi of spuittoerusting skoonmaak binne 20 m van enige waterbron, put of fontein nie tensy op n ondeurdringbare oppervlakte sodat grondwater nie besoedel raak Voorkom grondwaterbesoedeling deur terugsypeling deur gebruik te maak van n teen-terugspoelmeganisme of deur n gaping tussen die watertoevoerpyp en spuittenkinhoud te handhaaf. Gooi was- en spoelwater uit waar dit nie gewasse, weidings, riviere en damme sal besoedel Verhoed besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei. Moenie naby gewensde plante of bome (bv. windbreke en sierbome langs paaie) of grondoppervlaktes waar hul wortels mag wees, of vanwaar die middel na hul wortels beweeg of gespoel kan word, gebruik nie aangesien sulke plante gedood of ernstig beskadig mag word. Moenie op grond waar gevoelige plante binne die volgende vyf jaar geplant gaan word gebruik Oor-toediening of enige gebruik wat nie in ooreenstemming met hierdie etiket plaasvind nie mag verdwerging van gewasse of ander nadelige effekte veroorsaak. Om skade aan gewensde plante te voorkom moet spuittoerusting na gebruik deeglik gewas en uitgespoel word, op die volgende manier : Dreineer die spuittoerusting direk na gebruik. Deurspoel die tenk, pype, balk en spuitpunte deeglik met skoon water. Verwyder alle oorblywende neerslae van die produk. Verwyder die spuitpunte en siwwe en maak dit deeglik skoon. Deurspoel die apparaat in sy geheel weer met skoon water. Maak alle verwante toerusting deeglik skoon. HYVAR X, Page 2, 1992/05/12
Wegdoen van leë houers: Houers en verpakkings moet heeltemal leeggemaak word voordat dit vernietig word. Skud die leë houer deeglik in die mengbak of spuittenk uit. Moet nooit die leë houer vir enige ander doel hergebruik GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI Algemeen: HYVAR X is n onkruiddoder met lang nawerking. Dit moet toegedien word net voor of tydens aktiewe groei van onkruide. Die middel word hoofsaaklik deur die wortels van grasse en breëblaaronkruide opgeneem en water is binne 2 weke na toedieining nodig om dit na die wortelgebied te vervoer. Die uitwerking van HYVAR X op bestaande onkruide is stadig en etlike weke kan verloop voordat die maksimum werking sigbaar is. Die mate en tydperk van beheer hang af van die gebruiksterkte, reënval, grondtipe, ens. Waar breëblaaronkruide en grasse dig staan, sal aansienlik beter resultate verkry word indien dit voor behandeling verwyder word. HYVAR X word met water (500-1000 l per ha) vermeng en egalig op die grond toegedien. n Egalige bedekking van die grondoppervlakte is uiters belangrik. Kalibreer spuittoerusting noukeurig voor toediening om die presiese hoeveelheid water wat per ha gelewer word te bepaal. Gebruik die korrekte spuitpunte wat n plat, waaiervormige spuitpatroon lewer. Hou die middel voortdurend in suspensie deur behoorlike roering. In die aanbevole verdunning is HYVAR X nie-vretend, nie-vlugtig en nie-vlambaar. RAADPLEEG DIE TABEL ONDER GEBRUIKSTERKTES VIR DIE AANBEVOLE TOEDIENINGSHOEVEELHEID EN TOEPASSING, EN LET NOUKEURIG OP NA DIE GEVOELIGHEIDSEIENSKAPPE VAN VERSKILLENDE GRONDE SOOS HIERONDER BESKRYF : Hoogs gevoelige gronde (Minder as 0,5 % organiese materiaal, meer as 50 % sand, watertafel vlakker as 2m onder die grondoppervlak en n jaarlikse reënval van meer as 100 mm) : Moet nie meer as 2,5 kg HYVAR X per ha per jaar toedien Matig gevoelige gronde (ten minste twee van die eienskappe wat hoogs gevoelige gronde beskryf nie teenwoordig nie) : Moet nie meer as 7,5 kg HYVAR X per ha per jaar toedien Min gevoelige gronde (meer as drie van die eienskappe wat hoogs gevoelige gronde beskryf nie teenwoordig nie) : Moet nie meer as 12.5 kg HYVAR X per ha per jaar toedien VOORKOMING VAN ONKRUIDDODER WEERSTAND Wanneer onkruiddoders met dieselfde reaksiemeganisme vir n aantal agtereenvolgende seisoene in n land gebruik word, mag onkruid biotipes met n natuurlike weerstand n korrektoegediende behandeling oorleef. Hierdie plante vermeerder dan en word dominant waarna hulle nie volkome beheer mag word Bewerkingspraktyke soos deur te ploeg en die voorkoming van saadvorming in onkruide wat behandeling oorleef het, asook die gebruik van onkruiddoders met n verskillende reaksiemeganisme gedurende dieselfde maar ook tussen seisoene, kan die bevordering en latere dominansie van weerstandbiedende biotipes voorkom. HYVAR X, Page, 1992/05/12
SOMMIGE ONKRUIDSOORTE WAT NORMAALWEG BEHEER WORD: BOTANIESE NAAM Acanthospermum hispidum Amaranthus hybridus Aristida congesta Brachiaria eruciformis Chloris pycnothrix Cyperus esculentus Cyperus rotundus Cynodon dactylon Digitaria sanguinalis Eleusine indicia subsp. africana Hyparrhenia hirta Panicum laevifolium Pennisetum clandestinum Setaria verticillata Tagetes minuta Tragus racemosius ALGEMENE NAAM Regopsterklits Kaapse misbredie Wit steekgras Litjiesinjaalgras Spinnerakchloris Geeluintjie Rooiuintjie Gewone kweekgras Kruisvingergras Jongosgras Dektamboekiegras Vleibuffelsgras Kikoejoegras Klitssetaria Langkakiebos Losaarwortelsaadgras GEBRUIKSTERKTES: NYWERHEIDSGEBRUIK: Langs spoorbane, op padskouers, ens. en leemsand (tot 20 % klei) (21 5 % klei) 8-10 10-12 50 g 60 g Gebruik die hoër hoeveelheid vir elke grondsoort in gevalle waar bestaande onkruid behandel word. (meer as 5 % klei) 70 g Moet nie 12,5 kg HYVAR X per hektaar per jaar oorskry LANDBOUGEBRUIK: SITRUS (Slegs gevestigde bome ouer as 2 jaar) (11-15 % klei) (16 20 % klei) (21 5 % klei) Sandklei (6 55 % klei) 4 5 6 8 20 g 25 g 0 g 40 g Gebruik op skoonbewerkte grond of op jong onkruid wat aktief groei. Moenie dimetoaat op grond toedien waarop HYVAR X enige tyd van tevore toegedien is nie en andersins moet geen HYVAR X toegedien word binne 12 maande na die grondtoediening van dimetoaat HYVAR X, Page 4, 1992/05/12
SISAL (Gevestigde plante) (11-15 % klei) (16-20 % klei) (21-5 % klei) Sandklei (6-55 % klei) 4 5 6 8 20 g 25 g 0 g 40 g Gebruik op skoonbewerkte grond of op jong onkruid wat aktief groei. Gebruik dienooreenkomstig minder per hektaar waar slegs oor rye behandel word. PYNAPPELS (Na plant of op gevestigde plante) (11 15 % klei) (16 20 % klei) (21 5 % klei) 1.5 2 2.5 8 g 10 g 12 g Dien breedwerpig toe op skoonbewerkte grond. Meerjarige grasse en breëblaaronkruid word nie teen hierdie dosisse beheer HYVAR X, Page 5, 1992/05/12