JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Similar documents
Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

2. Waarheen? Outsiders toe!

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

July rd Issue

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

JY MOET WEER GEBORE WOR D

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

In voeling. John Ackerman

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

Hoe om te vas en te bid

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

Die Doel van die Lewe

Ontwerp rn maak 'n houer *

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

Luister, lees en punktuasie *

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

Moenie bang wees vir boelies nie!

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

Daagliks n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

THE DEVELOPMENT AND EVALUATION A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

BELLVILLE O/16 OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

Om materiaal te weef *

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1

Kampeervaardigheid II

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

Tendense op varsproduktemarkte

CHAPTER 4 DATA ANALYSIS, INTERPRETATION OF FINDINGS AND LITERATURE CONTROL

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

by Carolyn Sholto-Douglas-Vernon

Avonturier vertel van Noordpoolontberings

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

A water-soluble foliar feed with a wide range of nutrients for plants. n Wateroplosbare blaarvoeding met n wye reeks voedingselemente vir plante.

Vrydag is skeidag. deur. Chris Vorster. Kontakbesonderhede vir opvoerregte: Chris Vorster. e-posadres:

COCHLEAR IMPLANT UNIT KOGLEÊRE INPLANTINGSEENHEID

( TRANSVAAL PROVI8QIAI DIVISION).

POTSHOT ( Uitgawe 1 van 2017 )

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

BELLVILLE RUGBY BODYWEIGHT OEFENPROGRAM

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

Transcription:

1 JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God 1. PRAISE EN WORSHIP 2. PRAKTIESE REëLINGS: - Jy en jou groep gaan vanaand saam as n groep beweeg deur die verskillende gebedsstasies - hierdie is vanaand n ernstige aand, en ek wil vra dat julle rustig sal wees en nie gat sal maak van dit wat ons gaan doen nie - 5 groepe gaan in die saal wees en 5 groepe in die kerk - ek wil regtig vir die leiers vra om te probeer om asb julle kinders so rustig as moontlik te hou 3. INLEIDING: - Ons hart klop gemiddeld 1-3680 keer per dag - Maar hoe gereeld klop JOU hart vir God en die dinge wat HY wil hê? - vanaand gaan jy jou geestelike pols neem en met God connect 4. STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle nou na die horlosie kyk en tel hoeveel keer hulle hart in 6 sekondes klop. - Dink nou aan soveel kinders by jou skool waarvoor jy kan bid. - Skryf hulle name neer, en plak dit op die Jeug gebedsmuur - Gaan sit voor die muur en bid vir hulle. Benodigdhede: Bybel, horlosie, papier, penne, wondergom, instuksies STASIE 2: Plant God se Woord in jou hart - Lees Matt 13:1-23 - Nadat die groepleier die skrif voorgelees het, vra elke kind vir God om hulle harte voor te berei vir Sy Woord - Groepleier lees vir die groep: Miskien het jy nog nooit toegelaat dat God se Woord met jou praat nie - harde hart Miskien sit jy elke Woensdagaand hier, of Sondae in die kerk, maar God se Woord het nog nooit vir jou iets beteken of jou lewe verander nie? Vanaand is die kans om jou hart oop te maak vir God EN vir Sy woord - By hierdie stasie is daar saad, grond en n foam glasie - As JY vanaand die keuse maak, of dit al gemaak het en ERNSTIG daaroor is, om God se Woord toe te laat om JOU lewe te verander, dan plant jy vanaand vir jou n saadjie in die glasie en skryf jou naam daarop.

2 - Om na n plantjie te kyk is soos ons pad saam met die Here dit vat tyd, geduld en baie versorging (stiltetyd, bid, kerk, sel). - Geen plant groei oornag nie, en so vat dit ook tyd om n verhouding met God te hê - Elke kind gaan sit met hulle plantjie en in stil gebed vra vir die Here om hulle te help met die keuse wat hulle gemaak het, en om ernstig daaroor te wees. Benodighede: Bybel, instruksies, potting soil, foam glasies, saad, koukies STASIE 3: Reminders - Lees Deut 11:16-20 - In die Bybel se tyd het mense reminders gehad om hulle aan God se Woord en gebooie te herinner - Vandag het ons selfone, dagboeke en kalenders om ons dinge te help onthou - Haal jou selfoon uit, en maak 7 afsprake met God vir die volgende 7 dae - Maak seker dis op n tyd wat jou pas sodat jy die afspraak sal kan nakom. - In daai tyd lees jy jou Bybel, jy bid en skryf neer wat jy ervaar of dink oor dit wat jy lees. - Elkeen bid nou by hulle self en vra dat God hulle hierdie week sal ontmoet in hulle stiltetyd Benodigdhede: Bybel, sak met selfone STASIE 4: Waar is JY op die map? - Lees Open 3:15-16; 20 - Van julle het nog nooit die keuse vir Jesus gemaak nie - WARM: Jy het al die keuse vir Jesus gemaak, en loop die pad voluit Jy leef soos God wil hê, jy doen jou stiltetyd, jy het n verhouding met God, jy kom kerk toe omdat jy WIL en nie omdat jy MOET nie, jy kom jeugsel toe en word verander deur dit wat jy hier leer, God se Woord en wat Hy van jou wil hê is vir jou baie belangrik en jy probeer regtig om te leef soos Hy wil hê jy moet. JOU HART KLOP WARM VIR GOD - LOU: Jy het al die keuse vir Jesus gemaak, maar die pad is te moeilik en nie soveel fun nie. Jy loop dit so sleepvoet, maar leef en lyk meer soos die wêreld as soos die kind van God wat jy moet wees! Jy bid so nou en dan, jy het geen verhouding met God nie. Jy kom partykeer kerk toe, maar net omdat jy MOET, Woensdagaande is jy hier by die jeugsel omdat jou pelle, ou of meisie hier is, jy het n lekker tyd, maar as jy hier uitstap was dit net n lekker tyd, maar niks het in jou hart of jou lewe verander nie. - KOUD: Jy het die keuse vir Jesus gemaak, maar besluit om van die pad af te klim. Wie God is, en wat Hy van jou wil hê maak nie meer vir jou saak nie. Jy bid glad nie meer nie, jy gaan nie meer kerk toe nie, en kom net jeugsel toe omdat jou pelle hier is, en wanneer ons besig is met die les is jou gedagtes met iets anders besig, jy kon net sowel voor die TV gesit het, so min beteken dit waarmee ons besig is vir jou. Dit pla jou nie eers as jy iets doen wat God nie sal wil hê dat jy moet doen nie.

3 - Waar op die map is JY vanaand? - Vat vir jou een van die merkers en sit dit op die plek waar JY is jy gaan nie jou naam daarop skryf nie, so weet ASB eerlik onthou, God weet of jy eerlik is of nie! Benodigdhede: tou, merkers, Bybel STASIE 5: Friend request - Lees Joh 3:16, 1 Joh 1:9 - Almal van ons ken Joh 3:16 God het ons so liefgehad, dat Hy Sy Seun, Jesus gestuur het om die afgrond wat sonde tussen ons en God veroorsaak het, te kom toemaak deur Sy kruisdood en Sy bloed. - God kom staan vanaand met n friend request voor jou, maar soos op facebook, kan Hy NET deel van jou profile jou lewe raak as jy Hom as friend accept! - Soos jy vanaand voor die kruis staan, vra vir God om jou hart te ondersoek, en jou te help om jou behoefte aan Jesus se offer vir JOU raak te sien - Soos jy jou hart en lewe ondersoek, en jy vanaand EERLIK en ERNSTIG weet dat jy Jesus nodig het, skryf jy jou naam in die blokkie neer, en merk die confirm blokkie. - Terwyl jy dit doen vra jy vir Jesus om jou sondes te vergewe, en sê jy jammer vir die manier hoe jy geleef het, en dat jy nie in Jesus geglo het nie. - Dan vra jy Hom om weer, of vir die eerste keer in jou hart en lewe in te kom. - Hier sal grootmense hier rond wees om vir jou te bid indien jy wil hê iemand moet vir jou bid - As jy dit vanaand nie EERLIK kan doen nie, moet eerder nie, want dit gaan n prys van jou vra wat jy nie bereid sal wees om te betaal as jy dit nie met jou hele hart bedoel nie! Benodigdhede: Bybel, kruis, penne, wondergom, facebook friend request plakkate

4 GEBEDSAAND BENODIGDHEDE: Bybels laat elke leier n Bybel saambring, gee voor die tyd vir hulle die instruksies en Bybelsversies 1. STASIE 1: Hoe vinnig klop jou hart? Horlosie Penne Papiertjies Wondergom 2. STASIE 2: Plant God se Woord in jou hart Instruskies Potting soil Saad Foam glasies Koukies 3. STASIE 3: Reminders Selfone 4. STASIE 4: Waar is JY op die map? Tou Markers Kaart 5. STASIE 5: Friend Request Kruis Penne Wondergom Facebook friend request plakkate

5 GEBEDSAAND LOKALE 1. Crèche 2. Garage 3. Voorportaal 4. Verhoog kerk 5. Verhoog saal 6. Kerk agter 7. Saal teen hout deure 8. Saal teen die muur 9. Kombuis