Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

Similar documents
JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

July rd Issue

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

2. Waarheen? Outsiders toe!

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

In voeling. John Ackerman

Moenie bang wees vir boelies nie!

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

Ontwerp rn maak 'n houer *

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

Hoe om te vas en te bid

Luister, lees en punktuasie *

Demensie is progressief dit beteken dat die simptome geleidelik erger word. Dit hang van elke individu af hoe vinnig dementia vorder.

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

THE DEVELOPMENT AND EVALUATION A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

Die Doel van die Lewe

Hoe om Depressie en Bipolêre Versteuring te oorwin. Deur: Dr. Hans Dreyer

JY MOET WEER GEBORE WOR D

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

The human impersonal pronoun in Afrikaans vs European West Germanic

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

Hoofstuk 30 - Bedieningsprosedures

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

COCHLEAR IMPLANT UNIT KOGLEÊRE INPLANTINGSEENHEID

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

Maaltyd vir een. n Vertaling deur. Nico Luwes. van. Dinner for one (Lauri Wylie 1920)

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

Kind regards, The News Team. Katharina and Nicola Steele visited Namibia. Just look at the interesting giant seed pod in Nicola s hand!

Pssst!! Wil jy meer mense bereik met jou advertensie? Adverteer dan in Leerkrag!

I declare that the thesis, which I hereby submit for the degree Ph.D. at the University of Pretoria, is my own work and has not previously been

Grahamstad Sondag, 21 April Heerlike klein mens,

CHAPTER 4 DATA ANALYSIS, INTERPRETATION OF FINDINGS AND LITERATURE CONTROL

Daagliks n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat

1 st edition NEWSLETTER 2017

Transcription:

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services Cummingsstraat 17 WELLINGTON 7655 Tel: 021 873 3178 E-pos:welltherapy@telkomsa.net Council for Counsellors Registration Number SCO 0412 HELP!, ek het n moeilike kind deur Karien Schoeman Spesialis Berader en Terapeut Parents with a strong willed child seeks help, because they are wearing down from the constant challenge (MacKenzie, 2001). Moenie moedeloos raak nie, daar is werklik praktiese hulp wat werk. Studies het gewys dat indien die kind met n sterk wil reg hanteer word, hulle ontwikkel tot doelgedrewe, hardwerkende, lojale, verantwoordelike, empatiese en innoverende volwassenes (Kurcinka, 2006:29). Turecki, S. (1994) som dit as volg op: With the strong willed child, it is all about shaping the will without breaking the spirit. Herken jy jou kind en jouself in die volgende: Die kind Toets grense Hardkoppig Ongehoorsaam Redeneer en onderhandel oor alles Nooit tevrede Blameer alles en almal as iets fout gaan Eis onmiddellike, onverdeelde aandag Kerm onophoudelik om sin te kry Ondankbaar Sukkel om maats te maak/kinders hou nie van my kind Reageer nie goed op verandering Die ouer Skreeu op my kind Gee toe ter wille van vrede Moet alles verduidelik en herhaal of onderhandel Dreig die kind met byvoorbeeld n houtlepel of die aftel voor straf: Een, twee... Straf al hoe meer en erger, want dit wat jy nou doen werk nie meer nie Baklei oor alles met my kind Sê goed wat kon gebly het en waaroor jy later spyt is Voel jou kind is sterker as jy Sit met vrese dat ons nie eendag n verhouding gaan hê nie In my praktyk kry ek dikwels te doen met wonderlike en toegewyde ouers ouers wat gedaan, op en moeg is en voel dat hulle as ouers misluk. Sommige ouers sê dat hulle

gefrustreerd, magteloos en onbevoeg voel en die voortdurende stryd maak hulle gedaan. Soos een mamma opgemerk het: Ek is bitter lief vir my kind, maar ek hou nie elke dag van haar nie. Sy maak my op!

Die vraag is of daar praktiese raad is wat ouers kan volg om dit beter te maak? Hier volg n paar wenke: Verandering en verrassing: Hierdie tipe kind hou nie van verandering of verrassings nie hulle raak nukkerig en stroom op as dinge verander of as hulle nie geweet het iets gaan plaasvind nie. MOENIE hierdie kind verras met n uitstappie, nuwe rok of n lekkertjie nie en moenie verbaas wees as hulle heftig reageer as iets in hulle alledaagse roetine verander het nie. Om te trek, van skool te verwissel, n kamer te skuif of net iemand anders te stuur om hulle te gaan haal, bring werklik die slegste in hulle na vore, aangesien hulle nie voorbereid was daarop nie. Hulle raak sommer kwaad of huilerig oor n nuwe karretjie! en dan dink ons hulle is ondankbaar, maar eintlik gaan dit oor die feit dat hulle onverhoeds gevang is. Waarsku jou kind: Ons gaan môre winkel toe om vir jou n pop te gaan koop / Ouma kry jou vanmiddag na skool. Stel n weekkaart op waarop jy elke dag se aktiwiteite aandui. WYS vir jou kind in die oggend hoe sy/haar dag gaan lyk, sodat hulle n prentjie het van hoe hul dag gaan verloop. Die voorskoolse kind kan nog nie lees nie, maar erken prentjies baie vinnig hulle is veral mal oor stickers. Beperk georganiseerde aktiwiteite hulle moet speel. Hoe praat ek met hierdie kind: Kort, presies en ferm. Lang verduidelikings met te veel detail maak net meer deure oop vir onderhandelings en argumente. Ek kry dikwels ouers wat BAIE mooi, BAIE geduldig en in BAIE detail aan n kind iets probeer verduidelik, sodat die kind tog net OK sal wees met die verduideliking en sal VERSTAAN hoekom iets nie nou kan gebeur nie. Ek het nuus vir jou!: Hoe langer die verduideliking, hoe erger die argumente en onderhandelings, want jy gee die boodskap dat dit onderhandelbaar is en dat daar opsies is. Vier sinne met nie meer as 8 woorde elk is die manier om inligting oor te dra wees ook PRESIES oor iets. Ouers sê baie keer vir n kind jy is stout. Kinders verstaan nie die inhoud daarvan nie dit beteken vir hulle dat hulle oor die ALGEMEEN sommer net onaanvaarbaar is. Wees eerder kort, ferm en presies: As jy op my skreeu, gaan ek jou kamer toe stuur / As jy lekkers vat sonder om te vra, maak dit my kwaad en kry jy nie môre een nie. Onthou: jy is nie hier besig met n lekker geselsie met jou kind nie, jy dra grense oor en dit moet kort, presies en ferm wees. Daar gaan weer n geleentheid wees vir lekker gemoedelik gesels. Wees konsekwent, anders is dit koebaai Meraai!: Hierdie tipe kind luister met hulle oë en nie met hulle ore nie. As hulle SIEN dat jy jou grense en reëls verander omdat hulle aanhou kerm en jy moeg is en konflik wil vermy, LEER jy hulle dat dit is hoe dit werk. As jy sê ek gaan jou speelgoed weggooi as dit netnou nog buite lê en jy DOEN dit nie, sal hulle NOOIT enige ander grense of reëls ernstig opneem nie, want jy WYS vir hulle dat jy nie bedoel wat jy sê nie. Ouers moet op dieselfde baldsy wees. Ouers moet saam besluit wat die reëls is en ALBEI moet daarby hou en dit toepas. Die kind met n sterk wil is baie intuȉtief en lees

n situasie baie vinnig hy/sy sal gou agterkom dat daar nog ruimte vir onderhandeling is met Mamma as Pappa byvoorbeeld nee gesê het. Moenie iets belowe wat jy nie kan doen of uitvoer nie. Jy sal nie n duur speelding weggooi nie, moet dit dus nie belowe of dreig daarmee nie. Die groot ding waarvoor ouers bang is, is die tantrum en die gekerm. Verduidelik dus vooraf vir n kind dat jy hom/haar kamer toe gaan stuur as hulle weer n tantrum gooi en dat hulle maar daar kan huil of skreeu. Vooraf beteken sommer hier op n Saterdagoggend of in die middag as julle lekker buite sit. Roep dan die kind en sê: Kom sit gou hier by my, ek wil gou vir jou ietsie vertel. Nie die ouer of die kind is in n veg/vlug bui nie en die kind hoor wat jy sê. Om te wag TOT die konflik plaasvind en dit dan te verduidelik, is asemmors. My voorstel is altyd om te begin met wat jy as ouer sien: MAmma sien dat jy vreeslik kwaad raak as ek nie vir jou nog lekkers/joghurt ens wil gee nie en dat jy sommer so op die grond val en aanhou kerm en huil. Wel, Mamma wil net vir jou sê dat al doen jy dit, gaan Mamma nie vir jou die lekkers gee nie, so dit gaan nie help nie. As jy aanhou skreeu, gaan ek jou kamer toe vat en as jy uitkom, gaan ek jou weer terugvat, totdat jy rustiger is. So, onthou dit vir volgende keer. Wanneer die situasie dan wel opduik, moenie WEER verduidelik nie, sê net dat jy sien hy/sy is nou baie hartseer oor hy/sy nie mag lekkers kry nie, maar hy/sy moet maar in die kamer gaan huil en kan uitkom as hy/sy rustiger is. Maniere om te dissiplineer: n Vraag wat ek baie kry is HOE moet ek hierdie kind dissiplineer, want dit lyk asof net niks vir hulle saakmaak nie? Time out: Hoe werk Time out regtig? Daar is vreeslik baie opinies hieroor. Party kundiges stel voor dat jy die kind in die badkamer sit en daar hou vir een minuut vir elke ouderdomsjaar. Ander stel voor dat jy die kamerdeur sluit en dan kort-kort net gaan kyk of alles reg is. Ander stel voor dat die kind op n stoutstoel moet sit of net op die bed moet sit. Die groot verwagting is dat die kind na die tyd verskoning moet vra. My voorstel werk bietjie anders. Die groot ding wat ek graag vir my kind wil leer is om te selfreguleer. Dit beteken dat n persoon net die spreekwoordelike drade weer bymekaar moet kan kry, sonder dat iemand vir my op die skouer moet kom klop of kom vra of ek OK is. In die lewe daar buite werk dit ongelukkig nie so dat iemand agter my gaan kom aanloop en kyk of ek OK is nie. Volwassenes selfreguleer deur byvoorbeeld n koppie tee, deur n lekker lang bad te neem, deur te oefen, ens. Ek hou daarvan om n kind na sy kamer toe te stuur. n Kind se kamer is sy/haar plek of ruimte. Baie keer sal ouers noem dat as hulle n kind kamer toe stuur, sal die kind begin sing of speel en dit lyk asof niks die kind pla nie. Die voorwaarde vir kamer toe gaan is: JY KAN UITKOM AS JY RUSTIGER IS dit is al. As die kind dus begin speel, dan kon hy/sy selfreguleer. Ek het ook nie n verwagting dat n kind jammer moet kom sê nie. Kinders sê jammer op ander maniere hulle kom staan styf teen jou, vra vir n drukkie of maak of hulle laf is. Aanvaar dit en gaan aan. Neem voorregte weg: Dit sluit in iets soos ipad, TV kyk, lekkertjies, speelgoed wegsit

Die drie-dag-reël: Wanneer voorregte weggeneem word, word dit vir 3 dae gedoen nie meer nie en ook nie minder nie. Hoekom 3 dae? Want dan kan ons as ouers dit handhaaf. Dit help nie om n kind vir n maand te straf nie ons kan self nie later meer onthou hoe werk die dinge nie. Hoekom nie minder as 3 dae nie? Want die penny drop eers na die derde dag. My voorstel is ook om sommer op n blanko papier n 1, 2 en 3 te skryf (veral die kleintjies, al kan hulle nie lees nie, het n heilige ontsag vir die geskrewe woord...). Sit hierdie op teen die yskas en wys vir die kind dat hy/sy eers na 3 dae weer iets kan doen/kry. Die feit dat die kind dit kan SIEN, maak dit meer werklik. Die proses sal min of meer só verloop: Gaan bêre vir my jou speelgoed. As jy nie jou speelgoed gaan bêre nie, mag jy vir 3 dae nie n lekkertjie kry nie. Wat kies jy? Dag 1 vra hulle nog gereeld. Dag 2 is hulle soos engele uit die hemel tel als op, praat mooi, is fluks. Dit is die gevaarlikste dag, want dan sê ons gewoonlik Ag, dit is ok, gaan vat maar n lekkertjie, want ons sien dan hoe soet hulle is. (Onthou, hulle is meestermanipuleerders..). Hulle sal sommer sê ook: Maar ek was vandag baie soet en het alles gedoen...en dan raak ons hart sag. My voorstel is om te sê dat jy sien dat hulle vandag fluks was en alles baie mooi gedoen het, maar daar is nog een dag oor. Die penny drop eers met die 3e dag. Op dag 3 sal hulle dalk nog so een keer kom vra, maar dan vat jy hom/haar maar net weer yskas toe en wys dat dit nou by dag 3 is en noem dan as die dag verby is, hy/sy weer n lekkertjie kry/tv kyk/die ipad kry. Beloningstelsel: Ek glo glad nie in n beloningstelsel nie. Ons grawe vir onsself n baaaie diep gat. Vir meer praktiese en hands on wenke, kontak gerus die spreekkamer. Ons bied n volledige eendagkursus aan wat fokus op praktiese raad. Aspekte wat onder andere aangespreek en geoefen word is: Die 4 stappe van dissipline hoe werk dit? Hoekom nie n beloningstelsel nie en wat kom in die plek daarvan? Wat is my kind se temperament en persoonlikheidstipe en hoe werk ek met daardie kenmerke Wat doen ek met die alewige onderhandelings en die gekerm? Watter rol speel elke ouer? Wat doen ek met die gekerm? Ouers wat nie die kursus kan bywoon nie, maar ouerleiding nodig het, kan dit individueel by die praktyk kom doen. Geniet u kind!!!