Kampeervaardigheid II

Similar documents
Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

Ontwerp rn maak 'n houer *

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

July rd Issue

2. Waarheen? Outsiders toe!

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

F U N G I N E X. Active Ingredient / Aktiewe Bestanddeel. Triforine g/l...triforien

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

Om materiaal te weef *

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

VERTE-X-PLODE Reg. No. B 3602 Act/Wet No. 36 of/van 1947

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

NEOPYBUTHRIN. REG. NO. L4582 Act No. 36 of 1947 REG. NR. L4582 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 0592 Nambiese Reg. Nr.

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande

APPROVED PACKAGE INSERT FOR INGELVAC MYCOFLEX

Although this remedy has been extensively tested under a large variety of conditions the registration holder does not

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

A water-soluble foliar feed with a wide range of nutrients for plants. n Wateroplosbare blaarvoeding met n wye reeks voedingselemente vir plante.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die maak van 'n kledingstuk *

BOND. Reg. No./Reg. Nr. L6756, Act No. 36 of 1947/Wet Nr. 36 van 1947

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

CRI Cutting Edge RESEARCH NEWS FROM CITRUS RESEARCH INTERNATIONAL. March 2014 No 177 ACTIVE INGREDIENT. TBZ (1000 ppm) Guazatine (1000 ppm)

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

Week 12 DAG 1. Ontbyt. 1 k hawermoutpap ½ k vetvrye melk 1 k tee of koffie Laatoggend. 175ml vetvrye jogurt 1 glas vloeistof

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

Sandy Griffiths. Eietydse ontwerpe en gewilde projekte. Sandy Griffiths

PY 4T4. Reg. No. L4629 Act No. 36 of 1947 Reg. Nr. L4629 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. No. N-AR 0585 Namibiese Reg. Nr.

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NIMROD. Reg. no. L1117 Act/Wet 36 of/van 1947 FRAC FUNGICIDE GROUP CODE 8 FRAC SWAMDODERGROEPKODE ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

THE USE OF PLAY THERAPY MEDIUMS IN A STRESS MANAGEMENT PROGRAMME WITH CORPORATE EMPLOYEES

Before using this product read the label carefully. / Lees die etiket noukeurig alvorens die produk gebruik word. PYBUTHRIN 44

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

ADDENDUM II Education material strengthening the Musical Play

JY MOET WEER GEBORE WOR D

Hoe om te vas en te bid

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

University of Pretoria EXERCISE PRACTICES, DIETARY HABITS WITH TYPE... I DIABETES YVONNE PAUL

FINAL REPORT (Relevant publications may replace the final report)

Blood Pressure Information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Dry matter production, intake and nutritive value of certain Indigofera species

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

BELLVILLE O/16 OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON

In voeling. John Ackerman

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1

VLEISBEESTE. ----o0o----

Avonturier vertel van Noordpoolontberings

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

SONDAG 29 Des 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID OGGENDDIENS

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

DIE INVLOED VAN GRONDVERDIGTING OP DIE FOSFAATOPNAME DEUR TABAK. deur. Jasper Gestaphus Dreyer

Transcription:

Kampeervaardigheid II Kategorie: Ontspanning Vlak: Vlak 1 Jaar Ingestel: 1986 Itemnommer: YOU5213 Oorsprong: Wêreldkonferensie www.baanbrekers.co.za Sewendedag-Adventistekerk (2014)

1. Wees ten minste in Graad 6 of 11 jaar oud. Hierdie vereiste kan tydens evaluasie bevestig word. 2. Ontwikkel n persoonlike filosofie van buitelewe etiket, soos hoflikheid teenoor ander kampeerders en natuurbewaring. Wees bedagsaam teenoor ander kampeerders. Koop eerder n tent met neutrale kleure wat met die omgewing sal saamsmelt. Blou, groen en bruin kleure word verkies bo rooi en oranje. Mense gaan kamp om te ontsnap van die skrilheid van die stad so laat dit agter. Wees ook bewus van die hoeveelheid geraas wat in julle kamp gemaak word. Moenie n irritasie wees vir ander mense of die dierelewe nie. Indien julle in die wildernis kampeer, maak seker dat julle kamp buite sig van die staproete is. Die Parkeraad het gewoonlik riglyne ten opsigte van waar daar gekamp mag word. Vind uit wat hierdie riglyne is en volg dit. Moet nooit iemand anders se kampterrein betree sonder hulle toestemming nie, veral wanneer julle tussen julle kampterrein en ander dele van die kampeergronde beweeg. Dit is baie onbeskof om deur n ander kamp te stap so gebruik eerder die pad, selfs al sal dit langer neem. Laat die area skoner as wat julle dit gekry het. Indien julle n groep kinders op n kamp neem kan julle n kompetisie hou om te kyk wie kan die meeste rommel optel voor julle huis toe gaan. Moet ook nie die bome verniel deur takke af te breek of klein boompies uit te trek nie. 3. Ken en verstaan die volgende ses W s vir die kies van n goeie kampeerterrein: a. Wind Vind gebiede wat teen die wind beskut is. Dit vereis dat jy weet of raai wat die algemene windrigting is (wenk: kyk na die huidige windrigting en die rigting waarinn die bome leun). b. Water Vars drinkwater moet beskikbaar wees. Pasop vir dreineringsgebiede, vloede en ander waterverwante risiko's. Moerasagtige gebiede kan n hoë muskietbevolking hê wat kampeer baie onplesierig kan maak. c. Wilde dinge Pasop vir tekens van groot soogdiere soos luiperds, rooikatte en seekoeie. Kyk ook uit vir die klein wilde dinge soos slange, spinnekoppe, bosluise, steekvlieë en muskiete. d. Woud (hout) Daar moet voldoende hout beskikbaar wees vir n kampvuur, maar geen dooie hout bo jou slaaparea nie. Ondersoek die bome om seker te maak dat hulle nie op jou sal val in sterk wind nie. e. Weer Kennis van die weerpatrone van n gebied kan help om op die beste plek vir die kamparea te besluit. f. Wil Maak seker dat die eienaar van die grond jou toelaat om op sy eiendom te kamp. Maak seker dat jy die korrekte permitte vir kampgebiede het. 4. Demonstreer jou vermoë om die wildernis en jou waterbron te beskerm deur middel van behoorlike persoonlike higiëne en kooksanitasie. n Kampuitstappie sal jou nie kwytskeld van die behoefte vir higiëne en sanitasie nie dit maak dit net n bietjie minder gerieflik. As jy op kampeergronde kamp wat oor toilette beskik, gebruik dit. As jy in die wildernis kampeer sal jy n latrine (vir groter groepe) of katgate (vir kleiner groepe) moet maak. Dit moet ten minste 60 meter weg van enige waterbron (soos n stroom, rivier of meer) wees, en ten minste 30 meter weg van jou kamp. Grawe n vlak gat 7-10cm (katgat) diep en gebruik dit as jou toilet. Gooi dit (en enige toiletpapier) dan met grond toe. Op hierdie diepte is daar baie bakterieë in die grond wat jou afval sal komposteer. As jy n dieper gat grawe sal dit langer neem. Kampeervaardigheid II Bladsy 2

Hou ook jou kombuis skoon en was jou skottelgoed sodra jy klaar geëet het. Skottelgoed moet met warm, skoon seepwater gewas word. Gooi n paar druppels bleikmiddel in jou afspoelwater. Dit is n goeie idee om jou skottelgoedwater te kook terwyl jy jou kos voorberei sodat dit gereed is om te gebruik wanneer jy klaar geëet het. Was eers die eetgerei, gevolg deur die kookgerei. As jy klaar is, raak ontslae van die grys water soos voorgeskryf deur die kampterrein se bestuur (indien op n terrein). Andersins, gooi die grys water ten minste 60 meter van enige waterbron af weg. 5. Neem deel aan n naweekkamp. Naweekkampe is groot pret, veral as die kampeerders kampeerkennis het! Elke vyf jaar hou die Sewendedag-Adventiste Divisies n divisie-wye-saamtrek, wat mense van regoor hul divisie bywoon. Baie klubs van buite die divisie woon dit ook by. Binne die divisies is unies, en baie van hulle hou ook elke vyf jaar saamtrekke. Unie-saamtrekke word tussen divisie-saamtrekke gehou. Unies is groepe van plaaslike konferensies. Baie Baanbrekerklubs woon elke jaar konferensie-saamtrekke by. Benewens hierdie saamtrekke, hou sommige klubs hulle eie kampe. Natuurlik gaan kamp Baanbrekers ook graag saam met hul vriende en families en dit kan ook gebruik word om aan hierdie vereiste te voldoen. Onthou, hoe meer jy weet oor kamp, hoe meer pret is dit! 6. Neem deel aan n kampaanbiddingsdiens wat een van die volgende insluit: a. Sabbatskool-lesstudie Berei voor die tyd voor. As jy wil kan jy die Onderwysersgids vir die Juniors se Sabbatskoolles aflaai by http://powerpoints.adventist.org. b. Verhaal Maak seker dat die verhaal n doel het. n Verhaal met n morele les is n noodsaaklike deel van n erediens. n Verhaal sonder n doel is vermaak. As jy die verhaal met die les kan koördineer is dit soveel beter. c. Aanbiddingsgedagte n Aanbiddingsgedagte kan n kort preek wees. Een manier om dit te doen, is om n Bybelverhaal te neem, uit te werk wat die onderliggende boodskap van daardie verhaal is, en daarop uit te brei. Lees wat Ellen White daaroor mag gesê het (Die Koning van die Eeue volg die Evangelies), of raadpleeg n Bybelkommentaar. As jy nie een het nie, kan jou kerk, skool, of leraar dalk een hê. d. Uitlei van sangdiens Bring n liedereboek, of sing uit die geheue. As jou groep enige musikante het, kan jy hulle aanmoedig om enige draagbare instrumente (kitaar, blokfluit, mondfluitjie, ens.) saam te bring. 7. Weet hoe om n kampstoof en lantern veilig aan te steek en te gebruik. Dit sal tot n groot mate afhang van die tipe stoof of lantern wat jy het. Die meeste kampstowe en lanterns gebruik deesdae klein propaangashouers. Maak seker dat die houer behoorlik gekoppel is. Steek dan n stoofaansteker (hierdie is langsteel butaan-aanstekers) naby die brander of mantel aan. Eers nadat die vlam brand moet jy die gas oopdraai. As jy die gas oopdraai voor jy die vlam aansteek, kan die gas opbou en sal jy met n klein (of groot!) vuurbal te doen hê. Dit kan baie gevaarlik wees. As jy probleme het, draai die gas toe en laat dit verdwyn voor jy weer probeer. Wanneer die stoof of lantern aangesteek is, kan jy die vlam of helderheid verstel soos verlang. 8. Ken veiligheidsreëls en demonstreer jou vermoë om vuurmaakhout behoorlik te kap. Terwyl vuurmaakhout met n byl gekap kan word, neem dit baie minder moeite en word minder hout vermors as dit gesaag word. Om dit te doen, stut die een punt van die stomp wat gesaag moet word van die grond af op. Dit kan gedoen word deur dit op n rots, op n ander stomp, of op enigiets wat sterk genoeg is om die gewig te dra, te sit. Die punt van die stomp moet verby die ondersteuning uitsteek en die stomp moet net verby hierdie punt afgesaag word. As jy probeer om n stomp tussen die ondersteuning en die grond te saag, sal die gewig van die stomp veroorsaak dat dit insak en die lem vasknyp. As jy die snit verby die ondersteuning maak, sal die gewig van die stomp die saaglyn ooptrek wat dit makliker maak om deur te saag. Kampeervaardigheid II Bladsy 3

9. Demonstreer hoe om dooie hout behoorlik te breek. Dooie hout kan ook gebreek word in plaas van gesaag. Dit is dikwels makliker en vinniger as om dit te saag, maar sorg moet geneem word om dit reg te doen, en dit kan slegs met dunner hout tot so sewe cm in deursnee gedoen word. Om dit te doen, word die hout weer aan die een kant op n ondersteuning gestut, terwyl die ander kant op die grond lê. Trap dan hard met jou voet op die hout, tussen die ondersteuning en die grond. Wees versigtig om jou balans te hou terwyl jy dit doen, en kyk dat die punte van die hout nie opvlieg nie. 10. Met die gebruik van donshoutjies of kerfhoutjies, bou en ken die gebruik van n raad- of kruis-en-dwarsvuur en een tipe kookvuur. Hersien vuurmaakveiligheidsreëls. Donshoutjies Maak n kerfhoutjie met n knipmes Die voltooide produk n Kerfhoutjie is n klein stukkie hout waarin snytjies in die kante gemaak is om klein skaafsels te maak. Ideaal gesproke moet die skaafsels aan die stokkie vas bly, maar as hulle per ongeluk verwyder word, kan hulle nog steeds gebruik word. Omdat die skaafsels dun is, steek hulle maklik aan die brand. Omdat hulle aangeheg is, steek hulle op hulle beurt die dikker stok aan die brand. Om n kerfhoutjie veilig te maak, kies n stuk droë hout, verkieslik n droë, dooie stok van n immergroen boom. Die stok moet ongeveer die grootte van n potlood wees, of dalk n bietjie groter. Hou die een punt van die stok teen n stewige oppervlak soos n stomp of n rots hou die bopunt met jou linkerhand vas en die mes in jou regterhand. Sny versigtig in die stok in met n afwaartse, skuins beweging terwyl jy egalige druk handhaaf. Stop voor die mes die middel van die stok bereik. Maak nog n sny n bietjie hoër op en herhaal totdat die stok met dons bedek is. Draai die stok om en maak nog skaafsels aan die ander kant. Dit is veel makliker om dit met n skerp mes en sagte hout soos denne of populier te maak. Maak seker dat jy altyd weg van jou vingers af sny. Dink ten alle tye oor waar die meslem sal gaan as die skaafsel afbreek, of die mes gly. Maak seker dat jou hand, voet, been, makkers, ens nie in die pad is nie! Maak n paar kerfhoutjies en gebruik dit as die eerste laag fynhoutjies deur dit bo-op die tontel te plaas. In sommige gevalle kan die kerfhoutjies self as tontel gebruik word. Raadsvuur Die raadsvuur is deur Indiane gebruik tydens hul vergaderings (of rade). Dit is baie soos die houthuisvuur behalwe dat meer as twee stompe op elke laag gepak word. Wees versigtig om nie die hout te naby aan mekaar te pak nie. Laat gapings van ten minste twee sentimeter tussen elke stomp om die lug te sirkuleer. Net soos die houthuisvuur, is die raadsvuur baie stabiel en dit val in homself in as dit brand, so dit bly binne die vuurkring. In teenstelling met die houthuisvuur, steek die raadsvuur maklik aan die brand aangesien die dik brandhout reg bo die fynhoutjies en tontel geleë is, waar konveksie die vlamme sal dra. Hierdie vuur is warm, en sal n goeie kolebed maak vir kook. Dit gebruik ook baie hout. Hierdie vuur word ook soms n piramidevuur genoem. Kampeervaardigheid II Bladsy 4

Jagtersvuur Die jagtersvuur is n kookvuur. Die boonste stompe is naby genoeg aan mekaar gespasieer sodat n pot, pan, of driepootpot daarop geplaas kan word. Probeer om dit so gelyk as moontlik te pak. Vuurmaakveiligheidsreëls Plaas die vuur op n veilige plek. Dit moet ten minste drie meter skoon wees reg rondom. Moenie n vuur onder oorhoofse takke aansteek nie. Moenie brandstof, paraffien, ens. gebruik nie. Leer om n vuur daarsonder aan te steek. Blus die vuur heeltemal voor jy dit verlaat. As dit te warm is om jou hande in die as te druk, is dit nie voldoende geblus nie. Gooi dit nat met water, keer die kole om met n graaf en maak seker dat al die kole geblus is. Moenie n vuur op vlambare materiaal soos gras of blare maak nie. Grawe die gras uit (hou dit nat sodat jy dit kan terugsit wanneer jy vertrek), en verwyder die dooie blare en take. Hou brandblusservoorraad naby die vuur. n Emmer met water of sand, of n brandblusser word aanbeveel. Moenie brandende stokke uit die vuur verwyder nie. Let op vir warm as wat uit die vuur onstnap en blus dit onmiddellik. Dra behoorlike skoene om n vuur. Wees bewus dat papier, karton en blare swewende warm as produseer wat uit die vuurput styg en meters ver kan land. Moenie n vuur in ongunstige weersomstandighede aansteek nie (sterk wind of droogte). 11. Beskryf twee metodes om kampkos koel te hou. Die mees doeltreffende manier om kos op n kamp koel te hou is om dit in n koelhouer met ys te bêre. Gebruik groot blokke ys eerder as ysblokkies of gebreekte ys, aangesien dit veel langer bevrore bly. Soliede ysblokke kan maklik vir drie dae hou. Jy kan dit by n winkel koop of voor die tyd maak deur water in plastiese eenliter- of tweeliterbottels te vries. Jy hoef nie die ys uit die bottels te verwyder nie. Om die ys langer te laat hou moet jy seker maak dat die koelhouer se deksel behoorlik toe is en dit nie langer oophou as wat nodig is nie. Een manier om voedsel sonder ys koel te hou terwyl jy op n kamp is, is om die kos in n waterdigte houer te plaas, die houer in n gaassak te plaas en dit in n stroom of spruit vas te maak. Nog n manier is om die kos in n sak te sit, dit met verskeie lae goiingsak (hessian) te bedek, die lap nat te maak en dit aan n boomtak op te hang. Wanneer die water uit die lap verdamp, sal dit die kos afkoel. Jy moet die sak van tyd tot tyd weer nat maak. 12. Bou twee tipes kampkrane. Pothanger n Pothanger of pothaak kan gebruik word om n pot aan n kraan te hang. Dit maak dit makliker om die pot te verwyder sonder om die handvatsel al die pad na die punt van die kraan te skuif. Dit is veral handig as jy n kraan gebou het wat aan beide kante van die vuur geanker is. Kerf n kepie in n gevurkte tak om jou pot aan n kraan te hang. Kampeervaardigheid II Bladsy 5

Pothaak n Pothaak kan ook gebruik word om jou pot op die kraan te plaas, of te verwyder, terwyl jy jou hand verder van die hitte af hou. n Gekeepte tak kan ook gebruik word. Eenvoudige Kraan Hierdie is die mees eenvoudige kraan. n Lang stok met n gewig op die agterkant wat oor n stomp of klip gestut is sal goed werk. Voel vry om enige enige voorwerp wat byderhand is te gebruik om die kraan te stut. n Groot klip of twee werk net so goed soos n stomp vir hierdie kraan. Verstelbare Kraan Met hierdie kraan kan jy die hitte aanpas deur die kookpot oor die vuur te verhoog of te verlaag. Draai die lang stok in een rigting om die tou op te wen en die pot te lig, of in die ander rigting om die tou af te wen en die pot te laat sak. Die driepoot kan ook n mikstok wees wat in die grond gedruk is. Eenvoudige Kraan n Eenvoudige kraan met n mikstok wat in die grond gedruk is as n stut sal werk waar die grond sag is. Gebruik n gewig (klip) om die kraan af te hou as die grond te hard is om die stok in te druk. Kampeervaardigheid II Bladsy 6

Dubbelstut Kraan Hierdie kraan wat aan beide kante van die vuur gestut word is n gewilde keuse en lewer n stabiele kraan. Soos gesien aan die regterkantste mikstok, kan n klein hoop klippe gebruik word om die vertikale stutte te hou waar die grond te hard is om n tak in te druk. Die sketse hier is meer werd as duisende woorde. n Eenvoudige kraan wat op n mikstok gestut is sal n kookhouer oor n vuur hou. Gebruik groen hout vir enige stokke wat naby aan die vuur sal wees, aangesien die groen hout nie so maklik aan die brand sal steek soos droë hout nie. Maak seker dat jy enige vertikale dele stewig maak sodat die kraan nie omval wanneer jy die pot daaraan hang nie. Slaan hulle diep in die grond in, of anker dit in plek met groot klippe. Toets die kraan voor jy jou sop daaraan oorlaat. As die pot kantel, sal jy jou vuur blus en jou sop verloor in een treurige voorval. Maar ten minste sal jy n verhaal hê om te vertel. 13. Berei kampetes voor deur te kook, braai en bak. Kook Kampkos wat voorberei word deur dit te kook sluit in: Pasta (spaghetti, macaroni, ens) Hawermout Gekookte eiers Gekookte groente (wortels, groenbone, mielies, ens) Braai Voedsel wat gebraai kan word sluit in: Pannekoeke Roereier of gebakte eiers Franse roosterbrood Vegetariese wors Veggie burgers Geroosterde kaasbroodjies Bak Voedsel wat op n kamp gebak kan word sluit in: Stokbrood Beskuitjies Pastei (sien die Potjiekos Honneur vir nog idees) Gebakte aartappels Mielies Veggie burgers Kampeervaardigheid II Bladsy 7

14. Demonstreer die keuse van n tentarea. Slaan n tent behoorlik op en af. Watter voorsorgmaatreëls moet geneem word wanneer jy n nat tent afslaan? Maak n tent behoorlik skoon en droog en bêre dit. Die keuse van n tentarea Vind n gelyk area wat groot genoeg is om jou tent op te slaan. Dit is moeilik om teen n helling te slaap. Vermy die rante van heuwels aangesien hulle winderig sal wees en die risiko van weerlig baie hoog is. Net so moet droë spruite, veral in woestyngebiede, vermy word. Blitsvloede kan veroorsaak word deur reën baie, baie kilometers ver. As jy naby n rivier kamp, moet jy bo die hoogwaterlyn kamp aangesien die rivier se vlak in die nag kan styg. Jy kan die hoogwaterlyn bepaal deur die bome op die rivierbank waar te neem daar sal puin in die onderste takke wees wat deur vloedwaters daar gelaat is. Kyk van watter kant die wind waai en kamp dan op die teenoorgestelde kant van die heuwel. Ondersoek die ruimte bo jou tentarea noukeurig en maak seker dat daar geen dooie takke, ys, kokosneute, of enigiets anders is wat op die tent kan val en skade aanrig nie. Slaan n tent op en af Daar is baie verskillende tipes tente en elkeen se metode is anders. Die eerste en belangrikste ding om te doen is om die instruksies wat saam met die tent gekom het, deeglik te lees. Hou hierdie instruksies op n veilige plek. Kies n gepaste, gelyk area sonder enige skerp voorwerpe wat jou tent kan skeur. Indien jy die tent onder n boom wil opslaan moet jy eers kyk of daar nie dooie takke aan die boom is wat op die tent kan val nie. Volgende moet die tent uitgepak en op die grond uitgesprei word. Indien jy n grondseil onder die tent wil plaas moet jy dit eers op die grond uitsprei. Lê dan op die seil waar die slaapplekke gaan wees en verwyder enige bulte onder die seil. Sprei nou die binnetent op die grondseil uit en oriënteer die ingang in jou gekose rigting. Slaan die penne in die grond in om te voorkom dat die wind die tent wegwaai terwyl jy dit opslaan. Skuif eers al die hoof tentpale in hul buise in voordat jy die tent oplig. Daar is gewoonlik aluminium hake aan die ankerbande wat amper soos n vraagteken lyk. Hierdie hake kan aan die punte van die pale ingeskuif word. Wanneer al die pale in posisie is kan die buitetent oor die binnetent gegooi word. Maak seker dat dit reg om is. Buitetente het dikwels elastiese toue wat aan plastiekknippe aan die paalankers vasmaak. Hulle het ook gewoonlik toue aan die vier hoeke wat die buitetent van die binnetent weghou sodat dit waterdig is. Hierdie toue moet nie te styf gemaak word nie, anders sal die wind dit uittrek. Indien moontlik moet die tent nie afgeslaan word voor dit heeltemal droog is nie. Wag tot die oggenddou verdamp het. Dit is natuurlik nie altyd moontlik nie dit kan dalk reën wanneer dit tyd is om huistoe te gaan, so jy sal n nat tent moet afslaan. In so geval sal jy die tent weer moet opslaan sodra jy by die huis kom. As jy n nat tent bêre sal dit gou deur muf geruïneer word. Voor jy jou tent afslaan moet jy eers seker maak dat alles uit die tent gehaal is. Vee dan die tent uit, trek die buitetent af en sit dit binne in die binnetent. Sprei dit so plat uit as wat jy kan. Maak seker dat die buitetent nie aan die grond raak en sodoende grond of blare optel nie. Laat sak nou die pale, trek dit uit die tent en vou dit op. Indien die pale in dele is met n lang elastiese band wat deur hulle loop is dit beter om die pale uit te stoot as om dit uit te trek. Trek nou die tentpenne uit en vou die tent versigtig op. Sit alles terug in die sak. Maak n tent skoon Vee die tent uit voor jy dit afslaan. Trek modderige skoene uit voordat jy die tent binnegegaan, of sodra jy dit binnegaan. Jy kan die vloer voor die deur met papierhanddoek skoonmaak. n Harde besem sal ook die meeste vuilheid op die mure skoonmaak, maar jy mag dalk water en n ligte skoonmaakmiddel (soos skottelgoedseep) nodig hê om gemors wat deur voëls veroorsaak is, skoon te maak. Kampeervaardigheid II Bladsy 8

15. Beddegoed: a. Demonstreer behoorlike metodes om jou slaapsak of bedrol op te vou vir n reis. As jou slaapsak n sak het, kan jy dit net so in die sak inprop. Dit is regtig so eenvoudig. As dit nie een het nie, kan jy een afsonderlik koop. Andersins sal jy dit moet oprol. Dit is n bietjie moeiliker, maar steeds eenvoudig. Kry eerstens die bind-toue. Hulle is gewoonlik aan die onderkant van die slaapsak. Rits die slaapsak toe en vou dit in die helfte van die lengte met die bind-toue na onder een bind-tou sal naby die middel van die onderpunt wees, en die ander naby die kant. Begin dan om die slaapsak van die teenoorgestelde kant af te rol, terwyl jy dit styf hou. Wanneer jy by die einde kom, trek die bind-toue om die slaapsak en bind dit met 'n skoenveterknoop vas. b. Verduidelik hoe om n slaapsak of bedrol droog te hou op n kamp. Die belangrikste ding wat jy kan doen om jou slaapsak droog te hou, is om dit in die tent te hou en die tentdeur toe te hou. Trek jou skoene uit wanneer jy in die tent ingaan sodat jy nie water intrap nie. Hou jou slaapsak op jou slaapmat of bed, aangesien dit dan effens van die vloer af gelig sal wees, sodat enige water wat van nat klere af drup dit nie kan bereik nie. c. Beskryf hoe om jou slaapsak of bedrol behoorlik skoon te maak. Dop die slaapsak om, gooi dit oor n wasgoedlyn, en slaan dit met n stok. Rits dit dan oop en laat dit behoorlik lug kry. Moenie n slaapsak in n wasmasjien sit tensy die was-instruksies daarop spesifiek sê dat jy dit kan doen nie. n Wasmasjien sal die vesel binne beskadig en sodoende die isolasie en opstopsel verminder. n Bedrol kan heftig geskud word soos n mat en dit kan ook met n stok geslaan word terwyl dit op n wasgoedlyn hang. Verwysings: http://www.investitureachievement.org/wiki/index.php/adventist_youth_honors_answer_book/recreation/campin g_skills_ii Kampeervaardigheid II Bladsy 9

Kampeervaardigheid II Bladsy 10