TRIBEL 480 EC Reg. No.: L 7946 Act /Wet No. 36 of/van 1947 A systemic emulsifiable concentrate herbicide for the control of woody plants and weeds as indicated for forestry, grass pastures and industrial areas. n Sistemiese emulgeerbare konsentraat onkruiddoder vir die beheer van houtagtige plante en onkruide soos aangetoon in bosbou, grasweidings en nywerheidsgebiede. HRAC HERBICIDE GROUP CODE: O HRAC ONKRUIDDODERGROEP KODE: ACTIVE INGREDIENT/AKTIEWE BESTANDDEEL: triclopyr (pyridyloxy compound as butoxyl ethyl ester) / triklopir (piridiloksieverbinding as butoksie-etielester) Registration holder / Registrasiehouer: ARYSTA LifeScience South Africa (Pty) Ltd Co. Reg. No./Mpy. Reg. Nr.: 2009/019713/07 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia Ridge, South Africa, 4019 Tel: 031 514 5600..... 480 g/l Contents/Inhoud (l) Batch No. / Lot Nr.: Date of manufacture: / Datum van vervaardiging: U.N. No. 3082 READ THE LABEL IN DETAIL BEFORE OPENING THE CONTAINER. / LEES DIE ETIKET VOLLEDIG VOORDAT DIE HOUER OOPGEMAAK WORD. For full particulars, see enclosed leaflet. / Vir volledige besonderhede, sien ingeslote pamflet. TRIBEL 480 EC/April2013 1
TRIBEL 480 EC Reg. No.: L 7964 Act/Wet No. 36 of/van 1947 HRAC HERBICIDE GROUP CODE / HRAC ONKRUIDDODERGROEP KODE: O ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: triclopyr (pyridyloxy compound as butoxyl ethyl ester) / triklopir (piridiloksieverbinding as butoksie-etielester)... 480 g/l Registration holder / Registrasiehouer: ARYSTA LifeScience South Africa (Pty) Ltd Co. Reg. No./Mpy. Reg. Nr.: 2009/019713/07 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia Ridge, South Africa, 4019 Tel: 031 514 5600 HARMFUL SKADELIK WAARSKUWINGS: Skadelik indien ingesluk. Konsentraat mag irritasie van die oë en vel veroorsaak. VLAMBAAR moet nie naby oop vlamme berg nie. Berg in n koel, droë plek. Berg weg van voedsel, voer, saad en ander landbou chemikalieë. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere. Mag giftig vir visse wees. Herbetreding: Moet nie behandelde gebied betree vir 1 dag na die bespuiting nie, tensy beskermende oorklere gedra word. Ingeval van vergiftiging, ontbied n geneesheer en maak die etiket aan hom/haar beskikbaar. Alhoewel hierdie middel omvattend onder n groot verskeidenheid toestande getoets is, waarborg die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie, aangesien die werking en effek daarvan kan beïnvloed word deur faktore soos abnormale klimaats- en bergingstoestande, kwaliteit van die verdunningswater, verenigbaarheid met ander stowwe wat nie op die etiket aangedui word nie en die voorkoms van weerstand van die onkruid teen die betrokke middel sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of nadelige effek op mens of dier of vir n gebrek aan prestasie van die betrokke middel as gevolg van versuim van die gebruiker om etiketaanwysings na te kom, of as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in die geval van enige onsekerheid. VOORSORGMAATREËLS: Vir u eie veiligheid maak gebruik van die volgende voorsorgmaatreëls: Moet nie eet, drink of rook terwyl die produk gehanteer word nie. Moet nie eet, drink of rook tydens vermenging of toediening van die produk of voordat hande en gesig gewas is en skoon klere aangetrek is nie. Was hande en gesig na gebruik van die produk. Voorkom kontaminasie van kos, voere, drinkwater een eetgerei. Tydens vermenging: Dra n beskermende bril en ondeurlaatbare plastiek handskoene. In geval van toevallige kontak met vel, was onmiddellik met seep en lopende water. In geval van oogkontak, spoel oë met skoon lopende water uit en verkry mediese advies. Tydens bespuiting: Moet nie dampe of spuitnewel inasem nie. Vermy kontak met die spuitmengsel. Dra geskikte beskermende klere. TRIBEL 480 EC/April2013 2
Verhoed spuitstofwegdrywing na ander gewasse, weidings, riviere, damme of areas wat nie behandel word nie. Na bespuiting: Maak spuittoerusting deeglik skoon na gebruik en raak ontslae van spoelwater op so n plek wat dit nie voedsel, andergewasse, weiding, riviere of damme sal besoedel nie. Verwissel klere en was werksklere. Was hele liggaam, insluitende hare en onder vingernaels met seep en water. Leë houers moet driekeer uitgespoel word soos volg: Keer die leë houer om oor die spuittenk of mengbak en dreineer vir minstens 30 sekondes nadat die vloei tot n gedrup verminder het. Spoel die houer daarna driekeer uit met n volume water gelykstaande aan n minimum van 10% van die inhoud van die houer. Gooi die spoelwater by die inhoud van die spuittenk voordat die houer op die voorgeskrewe wyse vernietig word. Vernietig die leë houer deur gate daarin te kap en plat te slaan en doen weg daarmee op n veilige manier. Moet nooit die leë houer vir enige ander doel hergebruik nie. SIMPTOME VAN MENSLIKE VERGIFTIGING: Simptome as gevolg van gebruik: Velkontak: Irriteerend vir vel (jeuk, rooi, pyn). Oogkontak: Geen buitengewone reaksie behoort ondervind te word by normale gebruik. Inname: Maagpyn, braking, asemhalingsprobleme, nadelig. Kan longdisfunksie veroorsaak as ingeneem word. EERSTEHULPBEHANDELING: Velkontak: Vir slefs ligte kontak, verwyder gekontamineerde klere, skoene en leeritems. Was vel sagkens en deeglik met met water en nie-skurende seep. Indien irritasie voortduur, verkry mediese hulp. Oogkontak: Spoel gekontamineerde oë onmiddellik met stadig vloeiende skoon water vir 20 minute terwyl die ooglid oopgehou word tot geen teken van die chemikalieë meer sigbaar is nie.. Indien irritasie voortduur, verkry mediese hulp. Indien ingeasem: Verseker inaseming van vars lug. Verwyder bron van kontaminasie of beweeg persoon na area met vars lug. Ingeval van asemhalingsprobleme, dien suurstof toe. Indien asemhaling ophou, dien kunsmatige asemhaling toe. Indien asemhalingsprobleme voortduur, verkry mediese hulp. Indien ingeneem: Moet nie braking veroorsaak nie. Laat persoon mond deeglik met water uitspoel. Verkry mediese hulp. NOTA AAN GENEESHEER: Geen spesifieke teenmiddel is beskikbaar nie. Behandel simptomaties en ondersteunend soos nodig. WEERSTANDSWAARSKUWING: TRIBEL 480 EC is n groep kode O onkruiddoder. Enige populasie van n spesifieke onkruid mag individue insluit wat n natuurlike weerstand teen TRIBEL 480 EC of enige ander groep kode O onkruiddoder het. Indien hierdie onkruiddoder herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die onkruidpopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende onkruide sal waarskynlik nie deur TRIBEL 480 EC of enige ander groep kode O onkruiddoder beheer word nie. TRIBEL 480 EC/April2013 3
Om weerstand teen onkruiddoders te vertraag: Vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van onkruiddoders met dieselfde groep kode. Wissel af met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende onkruiddodergroep kodes, Integreer ander beheermaatreëls (chemies, verbouing, biologies) in onkruiddoderprogramme. Vir spesifieke inligting oor weerstandbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk. GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui. Gebruiksvoorsorgmaatreël: Verseker dat die toedieningsoperateur behoorlik in die toediening en hantering van die produk opgelei is. Verenigbaarheid: TRIBEL 480 EC is verenigbaar met Hyper Medium Oil (Reg. nr.: L7355) en glyphosate. In die geval van enige onsekerheid kontak u naaste TRIBEL 480 EC verskaffer. Menginstruksies: Vir loof toediening, maak die spuittenk half vol met water en voeg dan die verlangde volume TRIBEL 480 EC by die tenk terwyl roer. Terwyl die spuittenk met water gevul word tot die verlangde vlak, voeg Hyper Medium Oil by teen die dosis soos hierinder aangedui is. Handhaaf konstante roering. Verseker deeglike roering gedurende die volmaak proses en tydens toediening. Toedieningsinstruksies: Verhoed spuitnewel wegdrywing. Moet nie spuit in ongunstigde toestande waar spuitnewel kan wegdryf na nie-teiken plante. Maak seker dat die spuittoerusting korrek gekalibreer is onder veld toestande. Loof toediening: (wend slegs aan op aktief groeiende plante wat volle drag blare het). Dien toe as n volle dekbespuiting op die blare en stamme. Moet nie toedien terwyl die blare nat is nie. Verhoed spuitstofwegdrywing na nie-teiken plante, ander gewasse, riviere, damme en gebiede wat nie behandel moet word nie. Moet nie toedien as daar n moontlikheid van reën is nie. Reën na toediening sal geen invloed uitoefen op die effektiwiteit nie, gegewe dat daar genoeg tyd verloop het tussen toediening en reën sodat die spuitstof kon droog word. Gebruik n rugsakspuit met n soliede keëlspuitpunt bv. Spraying Systems TG-1, Delavan CE1 of soortgelyke spuitstukke wat n eweredige bedekking van die teiken area sal verseker. Handhaaf n konstante druk van tussen 200 en 250kPa. Gekapte stompbespuiting: Dien toe binne 12 uur na afkapping. TRIBEL 480 EC in diesel moet nie toegedien word op stompe indien die oppervlaktes nat is weens reën of dou nie. Dien die spuitmengsel toe teen n lae druk van 10kPa en gebruik soliede keëlspuitpunte bv. Spraying Systems TG-1, Delavan of soortgelyke spuitstukke. Dien die mengsel toe tot die punt van afloop volgens die aanwysings vir stomp en stam-sny in tabel hieronder. TRIBEL 480 EC/April2013 4
Stambespuiting: (vir plante met stamdeursneë tot 10cm) TRIBEL 480 EC in diesel moet nie toegedien word op stamme indien die oppervlaktes nat is weens reën of dou nie. Dien toe met n verfkwas of rugsakspuit as n growwe laedruk bespuiting met n smal soliede keëlspuitpunt. Dien toe rondom die stamme van houtagtige plante, vanaf grondhoogte tot n hoogte soos aangedui, asook op enige ontblote wortels. Deeglike benatting van die aangeduide areas is noodsaaklik vir goeie beheer. Ou of growwe bas mag meer spuitstof benodig as jonk of gladde bas. Waar meer as een stam per bos of struik voorkom, moet elke stam afsonderlik behandel word. TOEDIENINGS HOEVEELHEDE EN METODE VAN TOEDIENING: A Loof toediening: Hyper Medium Oil moet teen n dosis van per 100 l spuitmengsel aangewend word vir alle loof toediening. Acacia cyclops (Rooikrans) Plantspesie Acacia saligna (Port Jackson) Acacia dealbata (Silwerwattel) Acacia mearnsii (Black wattle) Caesalpinia decapetala (Mauritiusdoring) Eucalyptus grandis (Bloekom) Rubus cuneifolius (Amerikaanse braam) Sesbania punicea (Sesbania) Solanum mauritianum (Luisboom) Tribel 480 EC per 100l water 250-750ml (0,25-0,75 % mengsel) 750 ml (0,75 % mengsel) Opmerkings Behandel slegs jong bome minder as 2 meter hoog. Laer dosis kan gebruik word op saailinge kleiner as 50 cm. Hoër dosis moet gebruik word op jong bome 0,5 tot 2 meter hoog. Behandel jong bome tot maximum 3 meter hoog. Hoër plante moet teruggesny word en hergroei moet behandel word op 50 cm of hoër. Dien toe op blare en stamme sodra hergroei tussen 1,0 en 1,5 meter hoog is. Maak seker dat die bespuiting area deeglik benat word. Herhaal die toediening as hergroei voorkom en 0,4 meter hoog is. Behandel slegs jong aktief groeiende boompies deur 300 tot 400 liter spuitmengsel per bespuite hektaar te gebruik. Groter plante moet afgekap word en behandel word sodra die hergroei 0,5 meter hoog is. Plante tot op 2m hoog mag behandel word. Hoër plante moet teruggesny word en hergroei moet op >50cm behandel word. Plant <1,5m: (Aktief groeiend) Plante >1,5m: Kap af en behandel sodra die hergroei 0,5m of hoër is. TRIBEL 480 EC/April2013 5
B Stomp Toediening: Plantspesie Acacia dealbata (Silwerwattel) Chromolaena odorata (Paraffienbos) Eucalyptus grandis (Eucalyptus diversicolor) Prosopis glandulosa (Heuning prosopis) Sesbania punicea (Sesbania) C Stambespuiting: Tribel 480 EC per 100l water 2,0 l (2,0 % mengsel) 1,0 l (1,0 % mengsel) 2,0 l (2,0 % mengsel) 4,0 l (4,0 % mengsel) 5,0 l (5,0 % mengsel) OF 1,0 l in water (1,0 % mengsel) Opmerkings Sny stompe af tot 10 tot 15 cm bokant grondvlak. Behandel die gesnyde oppervlakte asook alle bas, wortelkroon en blootgestelde wortels. Sny stingels af tot 10 cm bokant grondvlak. Behandel die gesnyde oppervlakte asook alle bas, wortelkroon en blootgestelde wortels. Behandel die skoon aktiewe gedeelte (kambium) van die gekapte oppervlakte sowel as die bas, wortelkroon en enige blootgestelde wortels. Spuit tot op die punt van afloop. Hou die bespuite area dop en n opvolg behandeling mag nodig wees indien hergroei voorkom. Sny stompe af tot 10 tot 15 cm bokant grondvlak. Behandel die gesnyde oppervlakte asook alle bas, wortelkroon en blootgestelde wortels. Hou die bespuite area dop en n opvolg behandeling soos bo mag nodig wees indien hergroei voorkom. Sny stompe af tot 10 cm bokant grondvlak. Behandel gesnyde oppervlakte sowel as alle bas, wortelkroon en ontblote wortels. Vir behandelings in water behandel slegs gesnyde oppervlaktes. Plantspesie Cestrum laevigatum (Inkbessie) Solanum mauritianum (Luisboom) Tribel 480 EC per 100l water 1,0 l (1,0 % mengsel) 2,0 l (2,0 % mengsel) Opmerkings Behandel stamme tot op n hoogte van ongeveer 25 cm. Behandel ook blootgestelde wortelkroon en wortels, en verseker deeglike benatting van alle behandelde plantdele. Behandel stamme tot op n hoogte van ongeveer 25 cm. Behandel ook blootgestelde wortelkroon en wortels, en verseker deeglike benatting van alle behandelde plantdele. TRIBEL 480 EC beheer bome en struike soos in tabel hierbo gelys. Die registrasiehouer aanvaar egter geen aanspreeklikheid teen opsigte van spesies wat nie op hierdie etiket gelys is nie, of toedienings metodes wat nie deur die registrasiehouer aanbeveel is nie. BELANGRIK: Wanneer meer as een ongewenste plantspesie voorkom, raadpleeg u verskaffer of die registrasiehouer. Vir hulp met kalibrasie en kolbehandeling, raadpleeg u verskaffer of die registrasiehouer. TRIBEL 480 EC/April2013 6