STALLION 70 WS Reg. No.: L 7991 Act /Wet No. 36 of/van 1947 A systemic insecticide seeddressing for use on maize seed for the control of black maize beetles (Heteronychus arator), false wire worms (Tenebrionidae spp.), root worms (Buphonella spp.), Astylus larvae, ground weevils (Protostrophus spp.) and leafhoppers (Cicadulina mbila, the vector of streak disease); on wheat seed against Russian aphids (Diuraphis noxia) and on sorghum seed against false wire worms (Tenebrionidae spp.), ground weevils (Protostrophus spp.), dusty surface beetles (Gonocephalum spp.), Astylus larvae and black maize beetles (Heteronychus arator). This product can also be used to prepare a bait for the control of harvester termites (Hodotermes mossambicus) in natural grazing. n Sistemiese insekdoder saadbehandelingsmiddel vir gebruik op mieliesaad vir die beheer van swartmieliekewers (Heteronychus arator), valsdraadwurms (Tenebrionidae spp), wortelwurms (Buphonella spp.), Astylus larwes, grondkalanders (Protostrophus spp) en blaarspringers (Cicadulina mbila, die vektor van streepsiekte); op koringsaad vir die beheer van Russiese luise (Diuraphis noxia) en op sorghumsaad teen valsdraadwurms (Tenebrionidae spp,), grondkalanders (Protostrophus spp.), vaalgrondkewers (Gonocephalum spp.), Astylus larwes en swartmieliekewers (Heteronychus arator). Hierdie produk kan ook gebruik word om n lokaas voor te berei vir die beheer van grasdraertermiete (Hodotermes mossambicus) in natuurlike weiding. IRAC INSECTICIDE GROUP CODE: 4A IRAC INSEKDODERGROEP KODE: ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Imidacloprid (chloro-nicotinyl) / Imidaklopried (chloro-nikotiniel).. 700 g/kg Registration holder / Registrasiehouer: ARYSTA LifeScience South Africa (Pty) Ltd Co. Reg. No./Mpy. Reg. Nr.: 2009/019713/07 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia Ridge, South Africa, 4019 Tel: 031 514 5600 Contents / Inhoud: kg Batch No: / Lotnr: Date of formulation / Formuleringsdatum: U.N. No. 3077 READ THE LABEL IN DETAIL BEFORE OPENING THE CONTAINER. LEES DIE ETIKET VOLLEDIG VOORDAT DIE HOUER OOPGEMAAK WORD. For full particulars, see enclosed leaflet. / Vir volledige besonderhede, sien ingeslote pamflet. STALLION 70 WS/26April2013 1
STALLION 70 WS Reg. No.: L 7991 Act/Wet No. 36 of/van 1947 IRAC INSECTICIDE GROUP CODE / IRAC INSEKDODERGROEP KODE: 4A ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: imidacloprid (chloro-nicotinyl) / imidaklopried (chloro-nikotiniel).... 700 g/kg Registration holder / Registrasiehouer: ARYSTA LifeScience South Africa (Pty) Ltd Co. Reg. No./Mpy. Reg. Nr.: 2009/019713/07 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia Ridge, South Africa, 4019 Tel: 031 514 5600 CAUTION / VERSIGTIG WAARSKUWINGS: Onthoudingsperiodes: Mielies: Koring: Natuurlike Weiding: Sorghum: Laat 65 dae toe tussen planttyd en voer. Laat 100 dae toe tussen planttyd en voer. Laat 3 dae toe tussen toediening en beweiding. Laat 55 dae toe tussen planttyd en voer. Voldoende grondvog is nodig vir die opname van die aktiewe bestanddeel gedurende ontkieming. Gebruik STALLION 70 WS slegs vir behandeling van hoë gehalte gesertifiseerde saad. Moet nie STALLION 70 WS op suikermielies gebruik nie. Moet nie STALLION 70 WS op saad van ingeteelde ouerplante van basters, eksperimentele basters of kultivars of nuut vrygestelde basters of kultivars gebruik nie, voordat die vervaardiger of verskaffers van saad geraadpleeg is nie. Die planter moet, voor plant in aanvang neem, gekalibreer word met behandelde saad om te verseker dat die benodigde plantpopulasie verkry sal word. Die kalibrasie moet daarna met gereelde intervalle nagegaan word. Die opkoms van saailinge mag nadelig beïnvloed word indien saad dieper as 50 mm geplant word. Effektiwiteit mag ook nadelig deur plantdiepte beïnvloed word op mielies en sorghum. Behandel slegs saad wat geplant gaan word. Moet nooit behandelde saad as voedsel of voer gebruik nie. Hanteer uiters versigtig. Skadelik wanneer ingeneem of ingeasem word. Mag matige vel- en oogirritasie veroorsaak. Giftig vir bye Giftig vir vis en wild. Berg in n koel, droë plek, weg van voedsel en voer. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere. Behandelde saad kan giftig wees vir saadvretende voëls. Behandelde saad moet behoorlik geplant word en heeltemal met grond bedek word. Geen saad moet op plekke gelaat word waar dit deur voëls gevreet kan word nie. Alhoewel hierdie middel omvattend onder n groot verskeidenheid toestande getoets is waarborg die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie aangesien die werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale grondklimaats- en bergingstoestande; kwaliteit van verdunningswater; onverenigbaarheid met ander stowwe wat nie op die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die plaag teen die betrokke middel sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir nadelige effek op mens of dier of vir n gebruik aan prestasie van die betrokke middel as gevolg van die versuim van die gebruiker om etiketaanwysings na te kom of as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in die geval van enige onsekerheid. STALLION 70 WS/26April2013 2
VOORSORGMAATREËLS: Moet nie die poeier inasem nie. Was dadelik met seep en water na gebruik of toevallige velkontak. Was besoedelde klere daagliks. Moet nie eet, drink of rook tydens vermenging, toediening of voordat hande en gesig gewas is nie. Maak mengbak, konkas, saadbehandelingsmasjiene skoon na gebruik, raak ontslae van uitspoelwater waar dit nie gewasse, weiding, riviere en damme kan besoedel nie. Houers en verpakkings moet heeltemal leeggemaak word voordat dit vernietig word. Skud die houer deeglik uit in die mengbak, konka of saadbehandelingsmasjien voordat die leë houers en verpakkings vernietig word. Vernietig leë houer en verpakking en moet die leë houer en verpakking vir geen ander doel hergebruik nie. Voorkom besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei. Hanteer behandelde saad versigtig en merk die sakke wat behandelde saad bevat duidelik GIFTIG en moet hierdie sakke vir geen ander doel hergebruik nie. VOORSORGMAATREËLS VIR BESTUIWERS Moet nie as ʼn blaarbespuiting, wanneer heuningbye aktief is, toedien nie en voorkom wegdrywing van spuitnewel na aangrensende gewasse waar bye aktief mag wees. Dien slegs na 100% blomblaarval as blaarbespuitings toe. Moet nie toedien as aangrensende lande in blom is nie. Alle blommende onkruide moet verwyder word voor toediening deur dit te sny, om te ploeg, die deklaag te bewerk of met ʼn geregistreerde onkruiddoder te bespuit. MOET NIE byekorwe in behandelde lande plaas nie. WEERSTANDSWAARSKUWING: STALLION 70 WS is n groepkode 4A insekdoder. Enige populasie van n spesifieke insek mag individue insluit wat n natuurlike weerstand teen STALLION 70 WS of enige ander groepkode 4A insekdoder het. Indien hierdie insekdoders herhaaldelik aangewend word kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die insekpopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende insekte sal waarskynlik nie deur STALLION 70 WS of enige ander groepkode 4A insekdoder beheer word nie. Om weerstand teen insekdoders te vertraag: Vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van insekdoders met dieselfde groepkode. Wissel af met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende insekdodergroep kodes. Integreer ander beheermaatreëls (chemies, verbouing, biologies) in insekbeheer programme. Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk. GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANBEVEEL. Menginstruksies: Mieliesaad wat reeds met kaptab behandel is kan met STALLION 70 WS behandel word. Moet nie STALLION 70 WS op koringsaad wat reeds met Vitavax FS (Reg. nr. L 2910) behandel is gebruik nie aangesien opkoms beïnvloed mag word. STALLION 70 WS kan egter op koringsaad gebruik word wat reeds met Vitavax Plus (Reg. nr. L 3695) behandel is. Flodder swamdoder-saadbehandelings moet voor die STALLION 70 WS behandeling toegedien word. STALLION 70 WS/26April2013 3
Droë swamdoder-saadbehandelings moet na die STALLION 70 WS behandeling toegedien word. Menginstruksie: Meng die benodigde hoeveelheid STALLION 70 WS met n klein hoeveelheid water om n gladde room te vorm voordat die res van die water bygevoeg word. Meng deeglik voordat by die saad gevoeg word. STALLION 70 WS/26April2013 4
Outomatiese saadbehandelingsmasjiene: Groot hoeveelhede saad kan doeltreffend in outomatiese saadbehandelingsmasjiene behandel word. STALLION 70 WS moet as n nat behandeling gebruik word. Die masjien moet gereeld nagegaan word om te verseker dat die regte hoeveelheid STALLION 70 WS toegedien word. Konka: Klein hoeveelhede saad moet in n mengkonka behandel word wat kontra gemonteerd is met net die as wat gestut word aan beide kante. Moet nie die konka meer as twee-derdes vol saad maak nie. Nadat die benodigde hoeveelheid STALLION 70 WS, gemeng met die benodigde volume water bygevoeg is, en die deksel toegemaak is, draai die konka stadig vir 3 tot 5 minute om te verseker dat elke saadjie met STALLION 70 WS bedek word. Instruksies vir Behandeling: Mielie- en koringsaad kan onmiddellik voor plant met STALLION 70 WS behandel word of vroeër en dan vir n seisoen lank opgeberg word onder koel droë toestande sonder dat ontkieming en insekdodende aktiwiteit benadeel sal word. Tydens opberging sal die mielie- en koringsaad beskerm word teen beskadiging deur tropiese graanskuurmot (Ephestia cautella), kleingraanboorder (Rhizopertha dominica), ryskalander (Sitophilis oryzae) en malkopmeelkewer (Tribolium confusum) vir 12 maande indien mieliesaad teen n dosis van nie laer as 250 gram STALLION 70 WS per 100 kg saad behandel is nie en koringsaad teen n dosis van 200 gram STALLION 70 WS per 100 kg saad behandel is. GEWAS: PLAE: TOEDIENINGSHOEVEELHEID: MIELIES Astylus larwes Swartmieliekewers (Heteronychus arator), Wortelwurms (Buphonella spp.), Valsdraadwurms (Tenebrionidae spp.) & Grondkalanders (Protostrophus spp.) Blaarspringers (Cicadulina mbila, die vektor van streepsiekte) 100 gram per 2 litre water per 250 gram per 2 liter water per 500 gram per 2 liter water per NOTA: Nieteenstaande die gebruik van hierdie middel, kan swartmieliekewer en grondkalander beskadiging nog steeds verwag word. Onder toestande van hoë infestasiedruk kan selfs 20 % of meer van die mielies ten spyte van behandeling, beskadig of vernietig word. KORING Russiese luise (Diuraphis noxia) 200 gram per 2 liter water per NOTA: Beheer kan verwag word vir 8 tot 10 weke indien voldoende grondvog beskikbaar is vir die opname van die aktiewe bestanddeel. STALLION 70 WS/26April2013 5
GEWAS: PLAE: TOEDIENINGSHOEVEELHEID: SORGHUM Valsdraadwurms (Tenebrionidae spp.), Grondkalanders (Protostrophus spp.), Astylus larwes, Swartmieliekewers (Heteronychus arator) & Vaalgrondkewers (Gonocephalum spp.) 250 gram per 2 liter water per NOTA: Nieteenstaande die gebruik van hierdie middel, kan swartmieliekewer en grondkalander beskadiging nog steeds verwag word. Onder toestande van hoë infestasiedruk kan selfs 20 % of meer van die sorghum ten spyte van behandeling, beskadig of vernietig word. GEWAS: PLAE: TOEDIENINGSHOEVEELHEID: NATUURLIKE WEIDING Grasdraertermiete (Hodotermes mossambicus) Berei n lokaas deur gebruik te maak van droë hooi (lusern, koringstrooi of n aanvaarbare grassoort). Sny die hooi in stukkies ongeveer 2 cm lank en bespuit 10 kg van die stukkies met 14 gram STALLION 70 WS gemeng met ongeveer 5 liter water om al die stukkies deeglik te benat. Sprei die behandelde stukkies hooi oop op n seil of betonvloer om droog te word. Begin met toediening slegs wanneer termiete aktief is. Behandel die besmette area sowel as n addisionele area van ten minste 2 meter wyd met die lokaas teen n dosis van 1 gram per vierkante meter. Herhaal toediening indien ongunstige toestande (reën, sterk wind, ens.) binne 10 dae na toediening voor kom. Verken die behandelde areas met gereelde tussenposes om te bepaal of verdere toedienings nodig mag wees. STALLION 70 WS/26April2013 6