7 Reis saam! Luister en lees: Vervoer Luister na die woorde vir die voertuie (vehicles). Om iets te vervoer beteken dit neem iets van punt A na punt B. vliegtuig boot motor taxi fi ets lorrie trein Praattyd motorfi ets bus ambulans Verdeel in klein groepies en gesels oor vervoer. In watter van hierdie voertuie het jy al gery? In watter voertuig sal jy graag wil ry? Hoeveel wiele het n motor? En n fiets? 76
Lesreeks 7 Luister en praat: Raaisels Luister na die beskrywings. Kyk hoe vinnig jy kan raai wat beskryf word. Skryf jou antwoorde neer. Die een wat al vyf eerste reg raai, roep Shosholoza! Dis die wenner! 1. My wiele loop op n spoor. Baie mense kan in my ry. Ek lyk soos n lang slang. 2. Ek kan een mens vervoer. Ek het net twee wiele en jy sit op my saal. 3. Ek het vlerke, maar hulle kan nie klap nie. Ek vlieg in die lug. Jy kan na ver plekke in my reis. 4. Jy betaal om in my te ry. Ek is kleiner as n bus. Ek stop langs die pad om mense op te laai. 5. Ek ry op die pad. Ek is groter as n kar of n taxi. Baie passasiers kan in my ry. Jy kan in my sit of staan. helikopter brandweerwa Skryf die voertuie alfabeties in jou persoonlike woordeboek. Gee hulle betekenis of teken n prentjie by. 77
Kwartaal 2 Lees- en skryftyd A Soeklees die artikel vir die antwoorde. As jy n teks soeklees, soek jy net na spesifieke inligting. Jy hoef nie elke woord te lees nie! Die ontwikkeling van treine 1. n Trein is n goeie voertuig. Dit kan baie mense of vragte vervoer. 2. Die Grieke in Griekeland het al in die ou dae, 500 jaar voor Christus, vragte met waens op die eerste spore vervoer. 3. In 1430 het die Duitsers in Duitsland houtspore by die myne begin gebruik. 4. Die eerste ysterspore is in 1767 in Engeland gebou. 5. In 1860 was Durban die eerste stad in Suid-Afrika met n stoomtrein. Die spoorlyn was 3,2 kilometer lank en het tussen Die Punt en die stasie in Durban geloop. Vrae 1. Wie het in 500 voor Christus vragte op spore vervoer? 2. Waar is spore van hout in 1430 vir die eerste keer gebruik? 3. Hoe lank was die eerste stuk spoorlyn in Durban? 4. Watter woord in paragraaf 5 het n koppelteken (-)? B Voltooi die tydlyn van die inligting. Kies uit die blokkie. Suid-Afrika 1430 Engeland 500 vc a) 1767 1860 Griekeland Duitsland Eerste Durban eerste houtspore ysterspore eerste stoomtrein spore vir myne in b) in c) 78
Lesreeks 7 Leestyd: n Tydrooster Lees die tydrooster van die Shosholoza Meyl en beantwoord die vrae. 1. Hoe laat vertrek die trein vanaf die stasie in Johannesburg? 2. Hoeveel keer gaan die trein tussen Johannesburg en Durban stop? 3. As jy van Standerton na Pietermaritzburg ry, kom jy dieselfde dag daar aan? Hoekom sê jy so? 4. Hoe laat kom die trein by Durban aan? 5. Hoeveel sal dit kos as TWEE persone vanaf Johannesburg na Durban reis? Dinkvrae 1. Wat dink jy? Sal dit vinniger wees om met n trein of n kar van Johannesburg na Durban toe te ry? 2. Dink jy die Shosholoza Meyl-trein ry in die dag of in die nag Durban toe? Motiveer jou antwoord. 79
Kwartaal 2 Praat en lees: n Prent Kyk na die prent van die stasie. Sê die woorde vir die mense en dinge op die prent. Wys waar hulle is. perron passasiers lokomotief bagasie trollie masjinis stasie kaartjiekantoor inligtingbord Skryftyd: Voltooi n paragraaf Voltooi die paragraaf. Kies die woorde uit die blokkie. 80 trein met padkos bagasie vertrek perron kaartjiekantoor lokomotief Ons staan op die stasie. Ons gaan 1. vakansie! Ons gaan met n 2. ry. Pa het ons kaartjies by die 3. gekoop. Hy het al die 4. op die trollie gelaai. Ons staan nou op die 5. totdat ons kan inklim. Sodra die masjinis in die 6. is, blaas hy n sirene, dan weet ons die trein is gereed om te 7.. Ma het vir ons 8. ingepak wat ons op die trein kan eet. Rolspel: n Dialoog Verdeel in pare. Leerder 1 wil graag n kaartjie koop om trein te ry vanaf Johannesburg na Durban. Leerder 2 is die kaartjieverkoper. Oefen wat julle gaan sê en voer dit dan voor die klas op.
Lesreeks 7 Pret met taal A Spelling: Koppeltekens Onthou: drie-uur = 3 o clock. Waar n letter of n syfer met n naamwoord verbind word, kry dié woord n koppelteken, bv. gr. 5-leerder, TV-stel. Waar n rigting deel van die pleknaam is, word dié woord met n koppelteken gespel, bv. Paarl-Noord, Wes-Afrika. B C D Verbeter die spelling van die volgende woorde. Voorbeeld: DVD speler Antwoord: DVD-speler 1. Suid Afrika 3. Beaufort Wes 5. Noord Kaap 2. Gr. 5 boek 4. B span 6. Nege uur Vul die korrekte voornaamwoorde in. Voorbeeld: Die seun dra eie tas. Hier is die woorde Antwoord: sy waaruit jy moet kies: hy sy my jou 1. My ma sê hou daarvan om trein te ry. joune ons sy 2. My pa sê hou daarvan om te vlieg. 3. Ek pak eie tas. 4. Jy moet eie tas dra. Die tas is mos. 5. Hy wil kaartjie vroeg bespreek. 6. Ons moet kaartjies ook vroeg bespreek. Kies die korrekte woord tussen hakies. Voorbeeld: Ek hou daarvan om na ver lande te (reis/rys). Antwoord: reis 1. Die mense in China eet graag (reis/rys). 2. Ons pak (kleure/klere) in as ons met vakansie gaan. Party woorde klink amper dieselfde of n mens spel hulle amper dieselfde, maar hulle betekenis verskil baie! 3. Die man dra n hemp met helder (kleure/klere). 4. Dit is heerlik om ver met n trein na vreemde plekke te (reis/rys). 81
Kwartaal 2 E Kies die intensiewe vorm uit die blokkie wat die beste pas. peperduur propvol doodmoeg silwerskoon spotgoedkoop loodswaar dolleeg blitsvinnig kliphard 1. Die vliegtuigkaartjies kos baie geld, dit is (duur). 2. Al die mense het uit die bus geklim. Die bus is (leeg). 3. Baie mense is op pad werk toe. Die trein is (vol). 4. Almal kan bekostig om op die Shosholoza-trein te ry. Die kaartjies is (goedkoop). 5. Ná die lang reis is die passasiers (moeg). 6. Die vliegtuig vlieg baie vinnig. Dit vlieg (vinnig). 7. Die tasse is só vol gepak. Dit is (swaar). 8. Die nuwe trein is nog baie skoon. Dit is (skoon). 9. Die skip se sirene blaas (hard) sodat almal kan hoor. Leestyd: n Rympie Lees die rympie. Lees dit hardop. Let op jou uitspraak en vlotheid. Voer dit op. Intensiewe vorme is beskrywende woorde wat sê dat iets bv. baie duur (peperduur) is. Hulle word altyd as een woord gespel. Gautrein Daar s n trein. n Blitssneltrein in China, sê meneer De Bruin. Groter snelheid sal jy moeilik kry, met hom vlieg jy eerder as ry. Meneer De Bruin, sê Jannie Klein, wat van ons eie blink Gautrein? Ja, hy s ook vinnig en trots Suid-Afrikaans! kraai bekkige klaskaptein Maans. (Uit: My HAT Storiewoordeboek, Pearson, 2010) Daar s beteken daar is. Skryf die rymwoorde neer. Wat is die vinnigste vervoermiddel waarin jy al gery het? 82
Lesreeks 7 Pret met woorde A Kyk na die prente. Sorteer die voertuie in groepe. Teken die tabel in jou boek en vul dit dan in. Voorbeeld: LUG PAD SPOOR helikopter bus trein B Waarom pas die groepe voertuie bymekaar? 1. Die helikopter en die vliegtuig pas bymekaar omdat... 2. Die bus en die vragmotor pas bymekaar omdat... 3. Die trein en die moltrein pas bymekaar omdat... Pretlees: n Rympie Lees die rympie hardop. Leer dit en voer dit in die klas op. Treinry Sakke, pakke, sout en peper; gee my stoom dan loop ek beter! Pieter W. Grobbelaar (Uit: DJ Opperman se nuwe kleuterverseboek, Tafelberg, 1982) Onthou! Na omdat kom die werkwoord aan die einde van die sin. Selflees: Praat oor n storie Lees self enige storie of inligtingsteks. Vertel wat jy gelees het. (Totaal: 10) 83
Kwartaal 2 n Reisspelet jie Hoe goed ken jy die wêreld? Pas die plekke vir toeriste en die stede bymekaar. Volg die vliegtuie. Plek om te besoek Stad Groot muur van China Athene Eiffeltoring Londen Big Ben Parys Vryheidsbeeld Beijing Piramides New York Taj Mahal Kaïro Akropolis Agra 84
Lesreeks 7 Pret met taal Gee die korrekte vorm van die beskrywende woorde tussen hakies (byvoeglike naamwoorde). Voorbeeld: In Amerika eet hulle (Amerika) hamburgers. Antwoord: Amerikaanse 1. In Frankryk eet jy (Frankryk) brood. Indiese Chinese 2. In Egipte eet jy (Egipte) dadels. Engelse 3. In Griekeland eet jy (Griekeland) slaai. Franse 4. In Indië eet jy (Indië) kerrie. Egiptiese 5. In China eet jy (China) rys. Griekse Amerikaanse P 6. In Engeland drink jy (Engeland) tee. Woordspelet jie: Wat is in die tas? Kyk vir 1 minuut na die prent. Maak nou jou boek toe. Probeer onthou wat in die tas gepak is. Skryf n lysie. Die leerder met die langste lysie, is die WENNER. 85
Kwartaal 2 Lees- en skryftyd A Lees die poskaart en beantwoord die vrae. Liewe Nazli Ek kuier heerlik. Die mense op ons toer is baie vriendelik. Ons het gister met die vliegtuig in Kaïro aangekom. Die piramides is baie groot. Môre gaan ons op kamele in die woestyn ry! Ek kan nie meer wag nie! Ek sien julle oor twee weke. Groete Ouma 1. Waar kuier Ouma? 2. Toer sy alleen? Hoekom sê jy so? 3. Wat het sy op haar toer gesien wat baie groot is? 4. Wat gaan sy in die woestyn (desert) doen? 5. Wanneer kom sy huis toe? B Teken n poskaart en skryf n boodskap van 30 tot 40 woorde daarop. Dink aan n plek waar jy al gekuier het of graag heen wil gaan. n Wenk: Skryf eers jou boodskap op rof. Laat jou onderwyser dit nasien. Maak die foute reg en skryf dit dan netjies oor. Die agterkant van n poskaart Die boodskap Naam en adres aan wie jy poskaart stuur. 86 Poskode
Lesreeks 7 Hersiening: Wat ken jy nou? A B C D E Soek die woorde wat n koppelteken nodig het en vul dit in. (Daar is ses woorde.) Die dogters is in die A span. Hulle is almal gr. 5 leerders. Hulle gaan in die Oos Kaap toer. Hulle gaan na dorpe soos Oos Londen en Barkley Oos. Die netbalspelers hoop om die JN toernooi te wen. Voltooi die sinne met die teenoorgesteldes (intensiewe vorme). 1. Die vliegtuigkaartjies is nie spotgoedkoop nie, maar. 2. Die bus is nie meer propvol nie, maar nadat die mense afgeklim het. 3. Die tas is nie veerlig nie, maar. Vul die korrekte voornaamwoord in. 1. Jy moet kaartjie wys as jy by die vliegtuig instap. 2. Kan ek rugsak hier neersit, asseblief? 3. Kan ons sitplekke hier bespreek? 4. Die tas is nie myne nie. Is dit (jou)? Verbind die volgende sinne met die woord tussen hakies (voegwoorde). 1. Hy stap. Die fiets se wiel is pap. (omdat) 2. Sy staan by die toonbank. Sy koop n kaartjie. (omdat) 3. Die mense klim op die trein. Die trein gaan nou vertrek. (omdat) Kies die regte woord (verwarrende woorde). 1. My ouma hou daarvan om die wêreld te sien; sy (rys/reis) graag. 2. Ek het te min (klere/kleure) in my tas gepak vir die vakansie. 3. As ek koud kry, sit ek graag by n warm (vier/vuur). 87