STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1

Similar documents
Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

2. Waarheen? Outsiders toe!

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

July rd Issue

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

Luister, lees en punktuasie *

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

Moenie bang wees vir boelies nie!

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

Ontwerp rn maak 'n houer *

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

In voeling. John Ackerman

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

Reis saam! motorfi ets bus ambulans

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

Tendense op varsproduktemarkte

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

OpenStax-CNX module: m Rockmusiek. Siyavula Uploaders

JY MOET WEER GEBORE WOR D

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

A NARRATIVE EXPOSITION OF SERIAL MURDER IN SOUTH AFRICA BRIN ALLAN HODGSKISS SUBMITTED IN PARTIAL FULFILMENT OF THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

Drie soorte sinne in Afrikaans *

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DANSSTUDIES

Die Doel van die Lewe

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

Avonturier vertel van Noordpoolontberings

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

Maaltyd vir een. n Vertaling deur. Nico Luwes. van. Dinner for one (Lauri Wylie 1920)

( TRANSVAAL PROVI8QIAI DIVISION).

Hoe om te begin 5. Begin TomTom App... 5 Opdatering van jou TomTom App... 5 GPS-ontvangs Om 'n roete te beplan 6

Hoe om te vas en te bid

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

VERTE-X-PLODE Reg. No. B 3602 Act/Wet No. 36 of/van 1947

NKR Standaard: 3. ES No:8970. Naam:... Maatskappy:... Kommoditeit:... Datum:...

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

Om materiaal te weef *

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

2 3469B GOVERNMENT GAZETTE, 21 OCTOBER 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

Woordbou en spelling *

APPROVED PACKAGE INSERT FOR INGELVAC MYCOFLEX

Transcription:

STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1 Fokus: Lees om aandag te gee aan spesifieke besonderhede. Nota: 1.1 Lees n teks met begrip deur verskillende tegnieke toe te pas. Het jy al n prentjie van n plek gesien wat jou verbeelding aangegryp het en jou laat dink het: ek wil nog ééndag sóóntoe gaan? Mense verskil. Vir sommige is dit n baie ver plek buite hul land se grense. Vir ander is dit n plek in hul eie land en vir die res is dit enige plek solank dit nie by die huis is nie. Sommige mense werk egter so hard deur die jaar dat daar nie n gedagte aan n bietjie weggaan in hulle koppe opkom nie... totdat die einde-van-die-jaar-gogga hulle byt en n kriewelrigheid ervaar word. Skielik kom hulle agter hulle wil wegbreek! Meeste mense wil dalk net n blaaskans vir n kort rukkie op n ander plek as by die huis geniet, om te ontsnap van die daaglikse roetine en om net n bietjie asem te kan skep. Helaas is daar heelwat mense wat dit eenvoudig nie kan bekostig nie, maar in so geval kan n mens altyd jou verbeelding vlerke gee en DAAR GAAN JY! Langs die strand... In die wildtuin... Stap deur n woud... Ry die wilde rivierwaters... 95

Lees die volgende vertelling en onderstreep dié gedeeltes wat die verskillende plekke noem waaraan die skrywer en sy gesin gedink het om na te gaan. (Met erkenning aan AA Reisiger, Somer 2013/14) Bespreek watter tipe skryfstyl die skrywer gebruik het. Dit kan meer as een van dié woorde wees: lighartig / komies / angstig 96 / spannend

1.2 Besluit wat dink jy is die hoofgedagtes in elk van die nege paragrawe. Maak nege kaartjies en skryf die hoofgedagtes in notavorm op elkeen. Nommer jou kaartjies. 1. Staan voor die spieël en vertel die storie aan die beeld in die spieël. 2. Kry jou gesin bymekaar. Vertel nou met smaak, kleur en klank vir húlle die storie en bestudeer hulle reaksie op die verskillende stemtone wat jy gebruik. Vertel wat dink jy sou jy gedoen het indien jy in die skrywer se skoene gestaan het. Vra jou gesin om te vertel wat hulle sou gedoen het. Vra jou gesin watter skryfstyl dink hulle het die skrywer gebruik. c) Hierdie tipe wegbreek word vakansie genoem. Doen NAVORSING om vas te stel waar die woord vakansie vandaan kom en skryf neer wat jy uitgevind het: d) Gebruik n padatlas of n landkaart of enige ander naslaanwerk en soek die plekke op waarna in die vertelling verwys word. Verduidelik waar die plekke in Suid-Afrika is. 1.3 Wat sal jy as n idilliese wegbreek beskou? Gebruik eers jou woordeboek om die woord idillies op te soek. Skryf die betekenis daarvan in jou SKRYFBOEK neer en toon d.m.v. n illustrasie aan watter prentjie die woord in jou gedagtes kom sit het. 1. Dink jy die illustrasie by die leesstuk is bedoel om die werklikheid voor te hou? Gee redes vir jou antwoord. 2....en dit te laat is om iewers heen te gaan Vertel wat dink jy bedoel die skrywer hiermee. Dink jy daar is n alternatiewe oplossing? Stem jy saam dat so iets ooit TE LAAT kan wees of nie? Gee redes vir jou redenasie. c) Bespreek wat dink jy word bedoel met: die somer is om die draai en die skares ook die gedawer van 10 000 Duitse toeriste se sandale soos hulle strand toe marsjeer die noodkrete van pikkewyne hul webbedieners het skynbaar ineengestort 97

1.4 Plaas die volgende gedeeltes in die spasies onderaan waar jy dink hulle die beste sal pas (gebruik net die letter vooraan om aan te dui en nie die hele gedeelte nie. Sommige spasies sal dalk meer letters in hê as die ander). mits jy n bloedmonster en jou eersgeborene stuur as sekuriteit iewers wag die avontuur van n leeftyd op jou c) dalk wag dit jou agter n bos in d) die Groot Vyf sal sien, elke dag terwyl hulle danspassies uitvoer e) dat jy spreeus en geitjies sal sien, asook teleurgestelde primate wat Sweeds praat en vir hul geld terug vra f) n mak leeu wat nog net in drie amper noodlottige insidente betrokke was g) die slangpark is tegnies die dak van die lodge h) n mamba uit die slangpark uit in jou bad val i) n debat wat die grootste deel van Desember duur j) sirkels in n woud loop tot julle almal oortuig is dis die 19 e eeu k) lang padreis al wat nodig is, is petrol diensstasie twee weke gelede al leeg l) Kersliedere by neonlig en n kaasburger SARKASTIES SKEPTIES LAGWEKKEND IRONIES HUMORISTIES SKOKKEND VERSPOT GRILLERIG 98

1.5 n Beskrywende opstel word dikwels gebruik om atmosfeer en stemming te skep (die leesstuk is n goeie voorbeeld hiervan). Films doen dit visueel; skrywers doen dit met woorde. Die doel van so n beskrywende opstel is: 1. Jy wil iemand of iets op so n manier beskryf dat die leser die onderwerp intens ervaar. 2. Jy wil die prentjie in woorde skep met jou pen as verfkwas. 3. Jy wil kleurryke woorde en treffende uitdrukkings versigtig en met sorg kies en aanwend om die gewenste uitwerking te kry. 4. Jy wil beelde van reuk, sig, gehoor, smaak en aanraking gebruik om tot die leser se gevoel te spreek. 5. Jy wil beeldspraak (stylfigure) soos vergelykings, metafore, onomatopeë, alliterasie en assonansie gebruik om jou vertelling soos n juweel te laat skitter. Waarheen wil jy gaan? Kyk na die verskillende foto s en besluit op n kategorie: 1 2 3 99

4 5 Het jy besluit na watter een van die vyf tipes plekke jy wil gaan? 1. Verdeel n bladsy in jou SKRYFBOEK in vyf groot blokke wat jy van 1 5 nommer. Hulle verteenwoordig elkeen van die vyf punte wat by 1.5 uiteengesit is. 2. Bestudeer die twee foto s waarop jy besluit het. Lees punt een by 1.5 en skryf woorde in blok nommer een oor wat in jou gedagtes opkom. 3. Doen presies dieselfde met die ander vier punte en blokke. Gee jou gedagtes vrye teuels om te gaan waar hulle wil! c) Gebruik weer jou SKRYFBOEK en beplan nou jou beskrywende opstel (jou storie; jou vertelling) op een van die volgende wyses: d) Verlede tyd jy skryf asof jy reeds daar was en die plek beleef het. Teenwoordige tyd jy is nou daar en jy beskryf wat jy nou ervaar. Toekomende tyd jy skryf op grond van wat jy verwag om daar te sien en te ervaar. Skryf jou vertelling dan netjies op 'n nuwe bladsy in jou SKRYFBOEK. Die onderwerp van jou opstel is jou keuse want dit is jou persoonlike ervaring (bv. iets soos MY WEGBREEKDROOM). 100

LES 2 Fokus: Die manier waarop n taal en taalstrukture gebruik word. Nota: Die gebruik van n taal moet daarop gerig wees om n sosiale lewe te skep en behoort n middel te wees om dinge gedoen te kry en drome te laat realiseer. 2.1 Feeste bring n verskeidenheid van mense bymekaar. Anders as in vroeër jare toe feeste in SuidAfrika nog beperk was tot Republiekfees, godsdienstige en familiefeeste, word daar vandag bykans in elke dorp, bedryf, streek en area een of ander tipe fees gehou musiekfees, oesfees, kaasfees, blomfees, biltongfees, oesterfees, kunsfees ens. en dit is by hierdie sosiale byeenkomste waar n mens ook Afrikaans in n ryke kaleidoskoop van klank en kleur kan beleef. Kom, laat ons gaan! Die groot Kalahari-kuier wag... Die Kalahari-duine Die Kokerboomroete op n donkie-taksie Luister (met jou oë toe) na n voorlesing van die volgende vertelling nadat jy goed na die foto s gekyk het. 101

Oktobermaand is kuiermaand in die Kalahari dan hou die mense fees. Niel Stemmet van Upington vertel in sy eie Kalahari-Afrikaans hoe op dié dorp gefees is. Daar is saamgekuier en die mooiste onthoue saam met lekker Kalahari-kos huis toe gebring. In die streek wat die land Noord-Kaap noem, aan die naelstring van Suid-Afrika, is Upington by die Gariep-elmboog neffens die Oranjeriviervallei. Op Upington leef jy met jou hart se deure oop, oorlat die wêreld hier by ons jou gebrei het tot die liefmens wat jy is. Uit jou grootword-groei kyk jy rond en sien jou broersmens en maak die gerdyne van jou oë oop en sien n fees waarin die allegaartjie van die streek voete, hande, mond, lyf en hart kry. Hande is uitgestrek oor die grense van kleur, rykdom en wees oorlat ons mense hier dieselde taal praat en hy is: Afrikaans. Afrikaans is die taal wat klink soos water as hy klimtol, soos wind as hy die reent aanja, smaak soos die soet van rosynevrug en ruik soos son as sy die Kalahari se wye, rooie, duineveldsee se tsammas laat klaradyn. Die maag van Afrikaans is oopgeslag in n ringarosie van kultuur, eet, sport, bymekaarlê, rankietjie, film, opvoeding, wyn, omgewing, mens, godsdiens en op laastegedagte, die saamvatwoord kuier. Die se woord kuier, omvat die hemel, hier waar die suiderkruis stertsleep op die koppiesrante. In kuier is tradisie, saamwees en handgee ingesleutel en uitgetrommel. In die kuierwoord het die konsepsie van die eie s n ons s n my s n almal s n. Dis waar die Kalahari-Kuierfees haar geboortekreet uitgeskrou en kom klitsgras het aan ons menselywe. En die dorp het gekuier, van vroeg as die dag sy breek kry en die hadidas skoert oor die nokke van die stilte-kerk, tot saans as die kolonies wit reiers rivier af trek om rus te kry waar die riviereiland roep. Daar is so in ou se tyd kosert gehou en die ganse land se groot sangmense het musiek kom maak, hul stad se kabaret vir ons soos juweel bedien en het onse mense dit geniet elke aand ingejaag van Raap en Skraap, Augrabies, Keimoes, Kakamas, Blouputs, Boegoeberg en tougestaan vir kaartjies om te kan deel wees van die grootse Kalahari-Kuierfees-kultuurervaring. Die miljuisende kleine kinders het vleiloerie-mooi koor gesing en teater gekyk met soveel vreugde dat jou wange water gerol het oppie sand. Die donkiekar-taksies elk half parmantig in eige feesgewaad, die pyle vuurwerk wat hemel roep, die knorpot tiermotvliegtuie wat hoela-hoe-sirkels in die lug verf, die watertaksies wat stroom op prut en die eiland met handevol tente gevul met stoep se stories, boekeparadys en proesel wyn en kos tussen die allegaartjie van snuistery en kermis. Die mense het geswem, tougetrek, sokkerbal geskop en kano gestuur op die rivier, langs kamele wat July gehardloop het in die palmlaan. Ná die dag se kuier en kattemaai is kuns se flieks gekyk en tiekie gedans op die maat van boermusiek. Jy t so al die gevoel gekry of jy die fees kan armslaan en dit wat ons-se-mense doen en geniet, kan lammetjie styfvashoutroetel. Die Kalahari-Kuierfees het gegroei soos woestynblom enig in mooiste mooi en volgende jaar maak ons weer so. [sic] 102

Trek jou padatlas nader. Begin waar jy woon en beplan n roete Upington toe. Hoe ver sal julle moet ry om die fees by te woon? km Vra jou ouers uit oor die brandstofverbruik van julle motor en werk saam met hulle uit hoeveel keer julle brandstof sal moet ingooi soontoe, waar dit sal moet gebeur asook wat dit julle sal kos. Skryf al hierdie inligting in netjiese tabelle in jou SKRYFBOEK neer. Raadpleeg n reistydskrif of die internet om vas te stel watter tipe akkommodasie beskikbaar is en wat die tarief per nag is. Doen nou n paar berekeninge (etes, drink- en eetgoed oppad ingesluit) om vas te stel wat die totale uitgawe sal wees indien julle as gesin dié fees wil bywoon (voeg by tabelle wat jy vroeër opgestel het). c) Hou n gesinsbespreking oor die volgende: Is dit nodig om so ver weg te gaan om n fees by te woon? Is daar feeste in julle eie kontrei en sal julle dit kan bywoon? Sal dit meer bekostigbaar wees om een keer per jaar met vakansie te gaan, of n paar keer per jaar op daguitstappies te gaan soos om bv. n fees, uitstalling, kermis of saamtrek by te woon. Watter planne kan julle as gesin maak om iewers heen te gaan en hoe kan elkeen bydra om hierdie planne te laat realiseer? d) Lees die artikel meer as een keer deur. Herhaal die gedeeltes wat vir jou vreemd voorkom sodat jy dit naderhand vlot kan lees. Onderstreep of omkring die woorde wat jy nie ken nie of wat vir jou eienaardig voorkom (gebruik n helderkleurige viltpen). Bespreek wat dink jy is die betekenis van hierdie woorde. Aangesien dit streekstaal is, sal die woorde dalk nie almal (indien enige) in jou woordeboek voorkom nie, maar probeer die betekenis vanuit die konteks in die sinne aflei. 103

2.2 Kyk goed na die manier waarop iets vertel word in die artikel in 2.1. Reg aan die begin is gesê dat die verteller in sy eie Kalahari-Afrikaans vertel hoe daar gefees is. Jy woon dalk nie in die Kalahari nie en daarom het jy jou eie Afrikaans waarin jy hierdie feesstorie kan vertel deur elke geel geblokte gedeelte met jou eie woorde en uitdrukkings te vervang (onthou weer: lei af wat gesê word en sê dit dan op jou eie unieke manier). Trek weg en vertel die storie aan iemand asof jyself daar was en mooi herinneringe saam met lekker Kalahari-kos huistoe gebring het. Vertel of jy dink dit was nodig dat julle al die pad Upington toe moes ry sodat jy iets oor die fees kon vertel. 2.3 n Mens kan jouself maklik verbeel dat dit altyd beter op n ander plek is as die een waar jy jou nou bevind. Niks fout daarmee nie, en niks fout daarmee om nuuskierig te wees oor hoe dit nou eintlik op n ander plek sou wees nie... soms is dit egter meer as nuuskierigheid dit is eerder n wens... Blaai terug na Studieveld A, lesse 4.1 en 4.3 om jou geheue te verfris vir die volgende: Repos ailleurs (Die rus is elders) In die eensame veld staan n tentjie klein, en daarnaas in die skeemring skuif die ligtende trein; ek sien in die tentjie, deur die oop gordyn, n tafel met bordjies en glasies fyn, wat sag in die lig van die kersie skyn, en ek dag: "Was ek net in die tentjie klein, ek sou tog so gelukkig syn." Naas die eensame tent staan n meisie klein, in stomme bewond ring van die ligtende trein; sy sien my geniet my glansende wyn en kost like maal by elektriese skyn; en ek raai die gedagte van die meisie klein: "Ag, was ek maar net in die vrolike trein, ek sou tog o so gelukkig syn". 104

1. Wat is die naam (titel) van die gedig? 2. Is daar n ondergeskikte titel of verduideliking? Indien jy so dink, skryf dit neer: Indien jy nie so dink nie, sê hoekom... 3. Waar staan die naam van die digter en wat is dit? 4. Uit hoeveel versreëls bestaan strofe 1 en strofe 2? 5. Beskryf die tipografie van die gedig: 6. Kom enjambement in die gedig voor? Indien jy so dink, skryf dit neer: Indien jy nie so dink nie, sê hoekom. 7. 8. Kom eindrym in die gedig voor? Gee n rede vir jou antwoord. Dui die rymskema / rympatroon aan (skryf dit by die gedig). Kom vrye rym in die gedig voor? Gee n rede vir jou antwoord. Watter tipe rym kom in die gedig voor volgens die rympatroon wat jy aangedui het? 9. Dink jy daar kom alliterasie en/of assonansie in die gedig voor? Gee redes hoekom jy so sê. 10. Dink jy versreël 2 in strofe 1 is letterlik of figuurlik? Wat van versreël 6 in strofe 2? Gee redes hoekom jy so sê. Bestudeer die gedig baie goed. Vertel wat sien jy alles raak en wat dink jy word in die gedig gesê. Vertel ook hoekom jy so sê (wat sê die gedig, die woorde vir jou?). 105

c) 1. Wat dink jy gebeur indien reël 1 se woorde in die regte volgorde geskryf word? 2. Skryf die volgende woorde neer soos jy hulle ken: Strofe 1 Strofe 2 reël 2: skeemring reël 2: bewond ring ligtende reël 4: kost like maal reël 6: dag skyn reël 7: syn 3. Lees die gedig met hierdie woorde van jou in die plek van die oorspronklike woorde, en vertel hoe dit vir jou klink asook hoe die ritme vir jou voel. 4. Word die rymwoorde homonieme of homofone genoem? Gee redes vir jou antwoord. 5. d) Illustreer die eerste versreël van strofe 1 in jou SKRYFBOEK. Lees die inligting oor Totius in die blok hieronder. Soek die woord jukstaponering op en skryf die betekenis hier neer: Totius (Jakob Daniël du Toit, 1877-1953) - Totius se jukstaponering van die gegoede treinpassasier en die arm meisietjie by die tent wat altwee na mekaar se wêrelde hunker, bly tot vandag toe n treffende uitbeelding van die mens se rustelose strewe na die beter lewe wat altyd op n ander plek sou bestaan. e) Dink jy die inligtingsgedeelte oor wat Totius se bedoeling met die gedig was, is geldig? Kyk mooi na die volgende en DINK: 1. sien EK dit (stem jy saam of nie)? hoe weet EK dit (sê wat jy sien of weet)? Die woorde: die gegoede treinpassasier waar in die gedig sien die persoon wat dit geskryf het, dat die passasier ryk is? Of dink jy dit is sommer sy / haar eie idee en afleiding omdat die persoon trein ry? Motiveer jou antwoord. 2. Die woorde: die arm meisietjie is iemand wat in die veld in n tent is, wat lig het en wat fyn bordjies en glasies het, dan arm? Of waar in die gedig sien die persoon wat dit geskryf het dat die meisie arm is? Of dink jy dit is 'n veralgemening oor kamp en net een van menigte opinies wat hierdie persoon laat blyk soos die waarheid? 106

2.4 Totius sê: Die rus is elders. Waar dink jy wil jy heen gaan / waar dink jy sal dit vir jou beter wees? Die digter sou sekerlik nie, as hy nog gelewe het, omgegee het as jy gedeeltes van sy gedig gebruik om jou te help om jou eie gedig te probeer skryf nie. Beskou die volgende gedeeltes as net n geraamte en jy gaan die vleis wat kortkom, daaraan sit. Dink aan n plek...; dink aan: ek wil gaan... Gebruik jou SKRYFBOEK. Jy kan soveel woorde in die spasies gebruik soos jy wil. Onthou: daar is n verskeidenheid tipes rym. Die keuse is joune of jy rym wil gebruik of nie. Die gedig is joune jou gedagtes, jou idees en jy moet self n titel vir jou gedig gee. In die staan n, en in die die ; ek sien in die, deur die, n met, wat in die van, en ek net in die, ek sou tog so gelukkig. die staan n, in van die ; my geniet en by ; en ek die van die : ek maar net in die, ek sou. 107

2.5 Vroeër jare, lank voordat dinge soos slimfone, tablette, Facebook en Whatsapp die lig gesien het, het mense poskaarte gestuur om te wys en vertel waar hulle is en wat hulle sien. Soms het daardie nuus die ontvanger bereik lank nadat die persoon wat dit gestuur het, al terug was by die huis. Hierdie gebruik het aanleiding daartoe gegee dat sommige mense poskaarte en seëls van verskillende lande begin versamel het. Daar was nie veel plek op die poskaart om lang geselsies te maak nie en so moes mense hul nuus op n beknopte wyse oordra, en net die belangrikste noem. Jy woon in Johannesburg en is tans besig met n toer. Jy stuur drie poskaarte aan n vriend(in) of iemand in jou familie om te vertel waar jy oral reis, wat jy sien en wat jy doen. Die linkerkant is vir die nuus en die regterkant vir die adres waarheen jy die poskaart stuur. Aan die nuuskant kom die datum regs bo (elke poskaart n ander datum). c) Begin met n groet (soos in n brief). d) Dan kom die vertelling baie kortliks. e) Sluit af met n groet en jou naam (soos in n brief). f) Ontwerp jou eie seëls in die spasies daarvoor. Hoop jou toer was opwindend en gesellig! 108

109

2.6 Seëlversameling word oor die algemeen gesien as n stokperdjie, maar daar is wel ernstige versamelaars wat tot uiterstes sal gaan om n gesogte seël vir die versameling in die hande te kry. Seëlversameling word filatelie genoem en sommige versamelings kan ongelooflik baie geld werd wees. Die persoon wat hierdie stokperdjie beoefen word n filatelis genoem. Die illustrasie hieronder kom uit The Collector s Stamp Album for Postage Stamps of the World No. 960, printed and made in Great Britain. Bekyk elke seël onder n vergrootglas en vertel watter aspek van die Suid-Afrikaanse samelewing dink jy word in elkeen uitgebeeld. 110