UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Similar documents
Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

July rd Issue

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

2. Waarheen? Outsiders toe!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10


DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Ordinary Level

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

Ontwerp rn maak 'n houer *

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Avonturier vertel van Noordpoolontberings

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

Luister, lees en punktuasie *

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Ordinary Level

Persoonlike Finansiële Profielbepaling. Gebruiksbepalings en-voorwaardes

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

VERTE-X-PLODE Reg. No. B 3602 Act/Wet No. 36 of/van 1947

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education. Paper 1 Theory May/June hours

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

APPROVED PACKAGE INSERT FOR INGELVAC MYCOFLEX

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Level

Droom - Glo - Doen. Daar is weer vanjaar gelyklopend 2 ander feeste in die Oos-Kaap ( Jeffereysbaai) en Gauteng ( Heidelberg).

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Drie soorte sinne in Afrikaans *

University of Pretoria EXERCISE PRACTICES, DIETARY HABITS WITH TYPE... I DIABETES YVONNE PAUL

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

SLAGS AS AGRICULTURAL LIMES: REACTIVITY AND HEAVY METAL AND PHOSPHORUS BIO-A V AILABILITY. Johan Hilgard van der Waals

Die maak van n kies-jou-eie-avontuur-boek

Tendense op varsproduktemarkte

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

In voeling. John Ackerman

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education


Transcription:

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education *8966818723* AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November 2011 2 hours Candidates answer on the Question Paper. No Additional Materials are required. READ THESE INSTRUCTIONS FIRST Write your Centre number, candidate number and name on all the work you hand in. Write in dark blue or black pen. Do not use staples, paper clips, highlighters, glue or correction fluid. DO NOT WRITE ON ANY BARCODES. Answer all questions. At the end of the examination, fasten all your work securely together. The number of marks is given in brackets [ ] at the end of each question or part question. LEES EERS HIERDIE INSTRUKSIES Skryf jou sentrumnommer, kandidaatnommer en naam op al die stukke wat jy gaan inhandig. Skryf met n donkerblou of swart pen. Moenie krammetjies, skuifspelde, glanspenne, gom of vloeibare uitwisser gebruik nie. MOENIE OP ENIGE STREPIESKODES SKRYF NIE. Beantwoord alle vrae. Maak aan die einde van die eksamen seker dat jou werk stewig vasgemaak is. Die aantal punte word tussen hakies [ ] aan die einde van elke vraag of deel van n vraag gegee. For Examiner s Use Oef. 1 Oef. 2 Oef. 3 Oef. 4 Oef. 5 Oef. 6 Oef. 7 Total This document consists of 14 printed pages and 2 blank pages. DC (LEO) 40269/4 [Turn over

2 Oefening 1 Lees die volgende inligting oor interessante plekke waarheen toeriste kan gaan en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy. Los die motor stap liewer Al hoe meer wêreldstede probeer omgewingsvriendeliker raak en besoedeling deur motors verminder. Dit is moeilik om te glo dat daar aan die begin van die 20ste eeu heelwat dorpe en stede in die wêreld was waar daar glad nie motors was nie. Vir toeriste wat hou van stap en skoon lug is daar nog n paar motorvrye dorpe en stede wat hulle kan besoek. Probeer een van die volgende vyf: 1. Venesië, Italië: Die gondola en watertaxi is koning en die beste manier om tussen die 118 eilandjies waarop die stad gebou is, oor die weg te kom. Of stap meer as 400 brûe verbind die stad, Europa se grootste motorvrye stad. 2. Lamu-eiland, Kenia: Een van die oudste Swahili-nedersettings waar vervoer hoofsaaklik per donkie plaasvind. Geen motors word toegelaat nie. 3. La Cumbrectica, Argentinië: n Eko-dorpie waar voetslaan die in-ding is en jy jou motor in n parkeergebied buite die dorp moet los. Met toestemming kan jy enige plek in die dorp kampeer of anders in een van die hotelle of herberge oornag. 4. Hydra, Griekeland: Geen voertuie behalwe die vullisvragmotor word op hierdie eiland toegelaat nie. Jy kom met n veerboot of katamaran op die eiland aan en verken dit te voet. 5. Fes-al-Bali, Marokko: Die antieke stad se strate is plek-plek skaars n halwe meter breed en dit is selfs moeilik om met n fiets daar te ry. [Verkort uit Naweek, Die Burger, 6 Maart 2010]

3 1 Watter twee soorte toeriste sal graag na hierdie vyf plekke wil gaan? For Examiner s Use...[2] 2 Waarom kan daar nie gewone strate in Venesië wees nie? 3 Wat maak dit moontlik om van plek tot plek te kan stap in Venesië? 4 Watter vervoermiddel word die meeste op Lamu-eiland gebruik? 5 Wat moet n mens doen voor jy in La Cumbrectica kan kampeer? 6 Op watter manier reis n mens na Hydra? 7 Om watter praktiese rede word motors nie in Fes-al-Bali toegelaat nie? [Totaal: 8] [Turn over

4 Oefening 2 Lees die volgende teks en voer die opdrag uit. n Rekenaarmaatskappy wil inligting insamel oor tieners se gebruik van rekenaars. Johan Malan is op 1 Augustus 1995 gebore. Hy woon saam met sy ma in Blomstraat 244, Capital Park, 0084. Sy huistelefoonnommer is 012 323 5052 en sy selfoonnommer is 073 774 5212. Johan se e-posadres is johan.malan@gmail.com. Elke tweede week gaan Johan vir die naweek na sy pa in Boksburg. Sy pa se adres is Frerestraat 23, Boksburg, 1460. Sy e-posadres is willem.malan@yahoo.com. Johan is in graad 11 aan die Hoërskool Kapitaal. Sy skool se adres is Skoolstraat 10, Capital Park, 0084. Die skool se e-posadres is hskapitaal@school.org.za en die telefoonnommer is 012 323 4476. Johan werk dikwels op n rekenaar. Rekenaartoepassingstegnologie is een van sy skoolvakke en daar werk hy met programmering. Wanneer Johan navorsing vir skoolprojekte doen, gebruik hy sy rekenaar tuis, of op n Saterdag sy pa se skootrekenaar wanneer hy naweke by hom is. So nou en dan, soos een keer elke twee weke, gebruik hy n rekenaar in die skool se rekenaarsentrum om inligting te kry. Alhoewel Johan n e-posadres het, gebruik hy selde sy rekenaar daarvoor. Hy gebruik gewoonlik sy selfoon om e-pos te stuur en te ontvang. Johan het tot vroeër hierdie jaar dikwels Facebook gebruik, maar toe moeg geword van hierdie sosiale netwerkprogram en sy lidmaatskap gekanselleer. Hy gebruik gereeld die Internet om inligting oor musiek, boeke en films te kry en laai dikwels musiek af. Hy koop soms boeke deur Kalahari.net, maar nie deur Amazon nie omdat hy nie in pond of dollar wil betaal nie. Anders as baie van sy maats wat dikwels rekenaarspeletjies speel, verkies Johan om liewer gereeld tyd in die buitelug deur te bring en tennis te speel. Hy kyk ook nie graag na films op sy rekenaar nie. Volgens Johan is sy rekenaar sy belangrikste besitting, maar hy sal ook nie graag sonder sy musiekspeler of sy selfoon wil lewe nie.

5 Verbeel jou jy is Johan en vul die ontbrekende inligting op die vorm in. Opname: Rekenaargebruik For Examiner s Use Vul asseblief die vorm in. Johan Malan Naam:... Ouderdom:... Hoërskool Kapitaal 11 Naam van skool:... Graad:... Blomstraat 244, Capital Park, 0084 Huisadres:... 012 323 5052 Huistelefoonnommer:... Selfoonnommer:... E-posadres:... Maak n regmerkie by die gepaste opsie(s): Het jy jou eie rekenaar? Ja Nee Gebruik jy ooit n rekenaar behalwe jou eie? Ja Nee Indien ja, hoe dikwels gebruik jy ander rekenaars? 1 tot 7 dae per maand 15 tot 21 dae per maand 8 tot 14 dae per maand meer as 21 dae per maand Waarvoor gebruik jy jou rekenaar? Skoolwerk E-pos Speletjies Navorsing Sosiale netwerk Films Koop jy ooit enigiets aanlyn? Ja Nee Indien ja, wat koop jy? CD s DVD s Boeke Sagteware Hardeware Tydskrifte Deur wie koop jy produkte aanlyn?... [Totaal : 9] [Turn over

6 Oefening 3 Lees hierdie inligting oor Afrika en voltooi dan die aantekeninge op die volgende bladsy. Afrika Afrika is die wêreld se derde grootste vasteland. Omtrent 800 miljoen mense kom op n landoppervlakte van 30 330 000 vierkante kilometer voor. Die bevolking is ongelyk versprei: die gebied aan die Middellandse See en in Oos-Afrika is digter bevolk as die woestyne, woude en grasvlaktes. Afrika se bevolking bestaan uit duisende etniese groepe wat meer as n duisend verskillende tale praat. Daar is tradisionele gemeenskappe wie se kos, klere en gebruike reeds honderde jare lank omtrent dieselfde gebly het, en moderne gemeenskappe met n Westerse lewenstyl. Die meeste mense is landelik, maar daar is n groeiende stedelike bevolking. Daar is baie mense in Afrika wat n nomadiese bestaan voer. Die Toearegs van die Sahara maak n bestaan uit handel, handwerk en die teel van kamele en perde. Hulle tente word van diervelle of tapyte gemaak. Die Fulani in Wes-Afrika is tradisioneel veewagters. Die San van Suider-Afrika is een van die oudste volke van die vasteland. Hulle is ook nog nomadies, maar sommige het nou n gevestigde lewenswyse. Afrika strek 8 050 kilometer ver van sy noordelikste punt in Tunisië tot by sy suidelikste punt in Suid-Afrika. Die breedste deel van die vasteland is sowat 7 560 kilometer van oos na wes. Die hoogste punt op die vasteland is die altyd besneeude berg Kilimandjaro (5 895 meter) in Tanzanië en die laagste punt is die Assal-meer (153 meter onder seevlak) in Djiboeti. Die Sahara in Noord-Afrika is die wêreld se grootste woestyn. Hierdie warm en droë gebied beslaan byna 9,1 miljoen vierkante kilometer, waarvan minder as n kwart deels vrugbare oases is. Behalwe in die oases, waar daar veral dadelpalms en akasiabome is, en sekere doringstruike in die Wes-Sahara, is daar omtrent geen plantegroei in die gebied nie. Die diere wat wel in die Sahara voorkom, is aangepas om in warm, droë toestande te kan oorleef. In teenstelling met die Sahara is daar n digte reënwoud in Sentraal-Afrika in die omgewing van die Kongorivier en die gebied van die groot mere. Daar is sandelhout, mahonie, ebbehout, palms, piesangbome en wortelbome, en die grond is met varings en orgideë begroei. Baie soorte wilde diere kom in hierdie groen woud voor, onder meer luiperds, krokodille, ietermagogs en giftige slange. In ander dele van Afrika is daar weer grasvlaktes, golwende bosvelde of verlate dorslande. Al lewe miljoene mense in Afrika in armoede, is die vasteland ryk aan minerale, waarvan baie in groot hoeveelhede gevind word. Hier is baie fossielbrandstowwe, wat steenkool, olie en aardgas insluit. Die vasteland het van die wêreld se grootste hoeveelhede goud, diamante, koper, platinum, radium en titaan. Verder is hier ook klei, mika, swael en ander minerale wat ontgin kan word. Met al hierdie rykdom kan Afrika se bevolking hulleself werklik as ryk beskou. [Uit: Ons wonderlike wêreld, Huisgenoot ]

7 Jy gaan n kort praatjie oor Afrika in die klas lewer. Maak drie kort aantekeninge onder elke opskrif waarop jy jou praatjie kan baseer. Die eerste aantekening is vir jou gemaak. Afrika For Examiner s Use (a) Nomadiese groepe in Afrika Die Toearegs in die Sahara (b) Plante en diere van die Sahara (c) Natuurlike kenmerke van die reënwoud in Sentraal-Afrika [Totaal: 8] [Turn over

8 Oefening 4 Gebruik die teks oor Afrika op bladsy 6 en skryf n opsomming oor Afrika, die vasteland van kontraste. Jy kan van jou aantekeninge uit Oefening 3 in hierdie opsomming gebruik. For Examiner s Use Jou opsomming moet een paragraaf lank wees en nie meer as 80 woorde nie. Gebruik sover moontlik jou eie woorde. [Totaal: 5]

9 BLANK PAGE TURN TO PAGE 10 [Turn over

10 Oefening 5 Terwyl jy met vakansie is, word jy in n ongeluk beseer. Skryf n brief aan jou maat. Noem die volgende: watter beserings jy opgedoen het waar, wanneer en hoe die ongeluk gebeur het hoe die ongeluk die res van jou vakansie gaan beïnvloed. Jou brief moet omtrent 150 tot 200 woorde lank wees. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou brief en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

11 For Examiner s Use [Totaal : 15] [Turn over

12 Oefening 6 Die volgende artikel handel oor olifant-safari s. Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae op die volgende bladsy in jou eie woorde. Op die rug van n olifant My olifant se naam is Jimmy. Jy moet nie dink jy kan op hierdie groot, grys dier se rug sit en hom Jimmy-hier en Jimmy-daar nie. Dié kêrel is so elf jaar oud en is dus deur en deur n tiener. En op die oomblik konsentreer dié tiener net daarop om die olifantkoei wat statig hier voor ons deur die grasveld waggel, te volg. Voor my op Jimmy se rug is Themba, die drywer van hierdie vier-ton-gedierte van spier, vel en been. Wanneer Jimmy elke nou en dan n huppel gee, soos n energieke hondjie wat jou aan die kuit wil byt, moet Themba sag en dringend in sy oor fluister, of hom met n lang kierie teen die oor tik. Soos n tipiese tiener word Jimmy se aandag maklik afgelei en besluit hy gou dit is beter om liewer n tak af te breek en aan n paar groen blare te smul. My sitplek bo-op Jimmy se rug bied my n uitstekende uitsig oor die hele mopanieveld in die omgewing van die Victoria-waterval. Daar is altesaam agt olifante in ons groep, maar hulle stap verbasend stil. Hulle beweeg n bietjie soos enorme skepe wat wiegend op die oseaan vaar. Koedoes, buffels en waterbokke snuif die lug terwyl ons nader trap, en verdwyn dan lui-lui die digte bos in. Vir n fotograaf werk dit uitstekend, want omdat jy so hoog sit, kan jy uitstekende foto s van die landskap reg rondom jou neem. Terwyl ek foto s neem, bestuur Themba die jong bul, meestal met sy stem, maar nou en dan met n tik van die houtkierie teen een van die ore. Hoewel olifante hier in Afrika slegs in die laaste paar dekades gebruik word om toeriste te laat ry, wys rotskuns in Indië dat dié diere reeds sedert 6 000 voor Christus deur mense mak gemaak is om te gebruik. Hier in Suider-Afrika was dit Wilderness Safari in die Okavango-delta wat eerste olifant-safari s aangebied het, maar deesdae kan jy olifantritte op verskeie plekke geniet. n Olifant-safari is werklik n avontuur wat elke mens kan geniet jy hoef nie n Tarzan te wees om dit op een van hierdie groot, wonderlike diere te waag nie. Jy bestyg jou olifant vanaf n houtplatform en sit veilig en gemaklik terwyl die gids jou alles oor die fauna en flora vertel. Ná die uitstappie keer jy na die kamp terug en sit aan vir n smullekker ontbyt rondom n tafel in die skadu van n reusagtige ou boom. Dit is beter as in party restaurante, kan ek jou belowe. Suid-Afrika en sy buurlande bied verskeie opsies vir toeriste wat wil ervaar hoe die wêreld van bo-op n olifant se rug lyk. Hier is drie van die bestes: * Abu-kamp, Botswana: Hierdie eksklusiewe Wilderness Safari-kamp in die Okavangodelta gaan jou wel n hoop geld kos, maar die kanse is goed dat jy in die een of ander Hollywood-ster gaan vasloop, en die olifant-interaksie is uitstekend. Indien jy op goeie voet met jou bankbestuurder is, gaan loer by www.wilderness-safaris.com. * Zambezi Elephant Trails, Zimbabwe: Hierdie olifant-ondervinding kan deur verskeie avontuur-agentskappe in Zimbabwe of Zambië bespreek word en bied uitstekende waarde vir geld. Die bekendste aanbieder is www.shearwateradventures.com. * Knysna Olifantpark, Suid-Afrika: Verskeie opsies word aangebied deur hierdie baie bekende instansie aan die Tuinroete. Jy kies of jy die olifante wil voer, of jy saam met hulle wil stap en of jy lus is om op een van hierdie reusediere te klim. Meer inligting is by www. knysnaelephantpark.co.za beskikbaar. [Aangepas uit Buite, Die Burger, 24 November 2009]

13 1 Verduidelik hoe Themba met Jimmy kommunikeer. For Examiner s Use...[2] 2 Waarom kan n mens sê Jimmy is soos n tipiese tiener? 3 Waarom is dit vir n fotograaf baie goed om op n olifant se rug te ry? 4 Hoe weet n mens dat die ander diere nie bang vir die olifante is nie? 5 Watter bewys is daar dat olifante in Indië lank gelede mak gemaak is? 6 Noem een rede waarom n mens nie bang hoef te wees om op n olifant te ry nie. 7 Verduidelik watter land se olifant-safari s jy sou kies as jy graag beroemde mense wou sien....[2] 8 Wat kan mense by die Knysna Olifantpark doen as hulle nie op olifante wil ry nie? [Totaal: 10] [Turn over

14 Oefening 7 Lees die volgende woorde van n paar tieners oor rolmodelle: Ek dink elke tiener het n rolmodel nodig. My rolmodel help my om in myself te glo. Ek het glad nie n rolmodel in my lewe nodig nie. Ek kan by my rolmodel leer hoe om altyd my bes te probeer. Rolmodelle het ook maar hulle foute. Skryf n artikel vir die skoolkoerant oor of dit belangrik vir tieners is om n rolmodel te hê. Kies n goeie opskrif vir jou artikel. Jou berig moet ongeveer 200 tot 250 woorde lank wees. Jy kan van die idees hierbo gebruik, maar moet ook jou eie idees byvoeg. Dit is belangrik dat jy jou menings goed verduidelik. Jy sal tot 8 punte vir die inhoud van jou berig en tot 7 punte vir die styl en akkuraatheid van jou taalgebruik kry.

15 For Examiner s Use [Totaal : 15]

16 BLANK PAGE Copyright Acknowledgements: Exercise 1 Los die tjor ; slaan voet ; Naweek; Die Burger; 6 March 2010. Exercises 3 & 4 Kinders van Afrika; Ons wonderlike wêreld; Huisgenoot; 2004. Exercise 6 Jacques Marais; Doen-dit-self Adrenalien ; Buite; Die Burger; 24 November 2009. Permission to reproduce items where third-party owned material protected by copyright is included has been sought and cleared where possible. Every reasonable effort has been made by the publisher (UCLES) to trace copyright holders, but if any items requiring clearance have unwittingly been included, the publisher will be pleased to make amends at the earliest possible opportunity. University of Cambridge International Examinations is part of the Cambridge Assessment Group. Cambridge Assessment is the brand name of University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES), which is itself a department of the University of Cambridge.