WAPPORT UITGAWE 35 10 November 2017 Kersfeeskaartjie-projek Kersfeesprojek vir kinders en bejaardes
Algemene nuus! Belangrike datums Dag, datum en tyd Item Wie Waar 15 November Gr 4-7 Eksamen begin Gr 4-7-leerlinge 24 November TS Kersdagvieringe WAP-personeelafsluiting 27 November Gr 1-3 Konsert Gr 1-3-leerlinge 28 November Lle sluit Gr 12 IEB laaste vak Skool kom 11:00 uit. 1 Desember Personeel sluit Personeel Skool sluit op 28 November 2017. TS 10:30 LS en HS 11:00
Treintjieskoolnuus Denim vir Diabetes Vrydag het die kleuters hul Treintjieskooldrag met denims gedra ter ondersteuning van die diabetes fondsinsamelingsprojek. Dit verbly n mens se hart om te sien hoeveel mense die projek ondersteun en n plakkertjie gekoop het. Treintjieskoolkonsert Donderdagaand 2 November het ons konsert plaasgevind. Die saal was stampvol en die gehoor was gaande oor die kleuters se opvoerings. Voorwaar n heerlike aand. Natuurlik maak vele hande ligte werk toe almal van ons personeel die teater weer netjies gaan opruim het die volgende dag. Trots op julle!
Laerskoolnuus Bedanking en nuwe aanstelling: Juf. Ewet by die graad 2-klassie het bedank en haar pos word gevul deur juf. Riënda de Jager wat in 2018 by ons span gaan aansluit. Skoolsluiting: Die skool sluit nie meer op 29 November soos aanvanklik berig nie, maar wel op Dinsdag 28 November 2017. Die Junior Primêre konsert, wat geskeduleer was vir 28 November, word nou op 27 November gehou.
Hoërskoolnuus Kersfeesprojek vir kinders en bejaardes: Die Leerlingraad se eerste liefdadigheidsprojek is om siek kinders in die Staatshospitaal te verras met n Kersgeskenkie sowel as bejaardes in die ouetehuis. Ons samel klein geskenkies vir dogtertjies, seuntjies, oumas en oupas in. Dit kan enige iets wees van lekkers, koekies, n sagte speelding, beertjie, kombersie, ens. Draai asseblief die geskenkie toe en dui aan of dit vir n seun, dogter, ouma of oupa geskik is indien nodig. Alle geskenke moet asseblief ingehandig word voor 17 November in die Kersversierde boks onder die boom by juffrou Tersa se klas of by juffou Ariska by die Hoërskool. Ons sal almal se samewerking baie waardeer. Kom ons maak n verskil in elkeen van hierdie kinders en bejaardes se lewens!
Kultuurnuus Tafelkalender - 2018 Die nuwe, kleurvolle tafelkalender (desk pad) vir 2018 is alreeds klaar en beskikbaar! Hierdie is die ideale kersgeskenk, propvol van WAP-leerlinge se pragtige kunsstukke. Dit is alreeds van vandag af by Ontvangs te koop teen N$150 per kalender. Dit sal ook by Treintjieskool te koop wees.
Sportnuus Krieket Vrydag 03 November Whk Affies o/11b wen tn Edugate Pronto Whk Affies o/19a verloor tn Gobabis eindig vierde in die liga Maandag 06 November: Whk Affies o/11b verloor tn Gobabis Whk Affies o/13a wen tn Gobabis Donderdag 09 November Whk Affies o/13b verloor tn St Pauls Tennis Elzé Stears en George Louw het Namibië van 2 tot 9 November in Mauritius in die ITF / CAT Suidelike Afrika Junior Tenniskampioenskappe verteenwoordig. Albei het fantastiese ondervinding opgedoen.
Atletiek Atletiekafrigting: 1-3 Desember 2017 Phillip Galant, n erkende en gesoute atletiekafrigter, van York Hoërskool in George, Suid-Afrika, is van 1-3 Desember in Windhoek om atlete met die fynere kunsies in hekkies, naellope en verspring te help. Hy rond atlete van 12 jaar en ouer af en is veral uitstekend met die identifisering van klein foute in atlete se mondering om daardie ekstra splitsekonde van hul tye weg te vat. Hy rig o.a. sy eie seun af wat tans die SA rekordhouer in die 100m o/13 en 100m o/15 is. Indien die organiseerder genoeg belangstelling kry, behoort die kostes ongeveer N$500 per atleet vir 5 sessies te kos. Kontak Marlette Brand by 081 233 1866 indien u belangstel. Quinten-Steele Botes Atletiekkamp: 3-6 Januarie 2018 Die jaarlikse atletiekkamp, wat baie gewild is onder atlete sowel as afrigters, vind weer 3-6 Januarie 2018 by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek plaas. Sien School Communicator vir die inligting en inskrywingsvorm. Swem Die tweede Bank Windhoek Langbad Swemgala is 3 & 4 November in Windhoek aangebied. Windhoek Affies se swemmers het uitstekend presteer: Jodave Cioccolanti Mans 15-16 jaar 200m Borsslag 1ste 50m Vlinderslag 3de 50m Borsslag 2de 50m Vryslag 3de 100m Borsslag 3de Lian Ellis Mans 8 jaar 100m Rugslag 1ste Quinn Ellis Mans 11 jaar 400m Vryslag 3de 100m Rugslag 2de 200m Borsslag 3de 100m Vryslag 3de
Corné le Roux Mans 15 jaar 400m Vryslag 1ste 100m Vryslag 1ste 200m Vlinderslag 1ste 50m Vlinderslag 2de 50m Vryslag 2de 400m Wisselslag 2de Etienne Lombaard Mans 10 jaar 100m Rugslag 3de 100m Vryslag 3de Heleni Stergiadis Vroue 15 jaar 400m Vryslag 1ste 100m Rugslag 1ste 100m Vryslag 1ste 200m Vlinderslag 1ste 800m Vryslag 1ste 100m Borsslag 1ste 400m Wisselslag 1ste Zanel Theron Vroue 10 jaar 50m Vryslag 2de Corley Viljoen Vroue 12 jaar 400m Vryslag 1ste 100m Rugslag 2de 200m Borsslag 3de 100m Vryslag 1ste 800m Vryslag 1ste 50m Vlinderslag 1ste 50m Borsslag 2de 50m Vryslag 1ste Shanay Viljoen Vroue 12 jaar 400m Vryslag 3de 200m Borsslag 1ste 100m Vryslag 3de 800m Vryslag 2de 50m Borsslag 3de 100m Borsslag 2de Dag, datum en tyd Sportkode Affies Span Opponent Plek Vrydag 10 Nov 14:00 Krieket o/11b St Pauls o/11b AffiesPark