STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

Similar documents
Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Ontwerp rn maak 'n houer *

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

July rd Issue

2. Waarheen? Outsiders toe!

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

Luister, lees en punktuasie *

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

Moenie bang wees vir boelies nie!

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

FOR ANIMAL USE ONLY. BERENIL R.T.U. Reg. No. G2702 (Act 36/1947) Namibia Reg. No. V00/17.4.2/638 NS0

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85

[Basiese inligting rondom paniek en angs soos opgeneem in DSM-5 (The Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition (DSM-5)]

Market comment Markkommentaar. October / Oktober 2015

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

VERTE-X-PLODE Reg. No. B 3602 Act/Wet No. 36 of/van 1947

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

Die tegnologiese proses *

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DANSSTUDIES

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

In voeling. John Ackerman

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

! Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende ʼn aanhegsel.

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

Welkom by COS 151. Introduction to Computer Science Inleiding tot Rekenaarwetenskap

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

t BABBELTJE Vakansie in Holland Only where children gather is there any real chance of fun Mingon McLaughlin

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

A NARRATIVE EXPOSITION OF SERIAL MURDER IN SOUTH AFRICA BRIN ALLAN HODGSKISS SUBMITTED IN PARTIAL FULFILMENT OF THE REQUIREMENTS FOR THE DEGREE

Die Doel van die Lewe

Hoe om te vas en te bid

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Woordbou en spelling *

Die maak van n kies-jou-eie-avontuur-boek

Die maak van 'n kledingstuk *

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

A PLAY TECHNIQUE PROGRAMME FOR AUTISTIC CHILDREN IN MIDDLE CHILDHOOD

Appendix A: Letter to Head of the Pretoria Cochlear Implant Program

Stap 1. Laai die Trusted-QSL-Programme Af

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

Module 4. Databasisse

OPSIES WANNEER JY DIE AFTREEFONDS VERLAAT UMBRELLA FUNDS

Om materiaal te weef *

Although this remedy has been extensively tested under a large variety of conditions the registration holder does not

NKR Standaard: 3. ES No:8970. Naam:... Maatskappy:... Kommoditeit:... Datum:...

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

Reis saam! motorfi ets bus ambulans

THE USE OF PLAY THERAPY MEDIUMS IN A STRESS MANAGEMENT PROGRAMME WITH CORPORATE EMPLOYEES

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

University of Pretoria EXERCISE PRACTICES, DIETARY HABITS WITH TYPE... I DIABETES YVONNE PAUL

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

F U N G I N E X. Active Ingredient / Aktiewe Bestanddeel. Triforine g/l...triforien

Hoe om te begin 5. Begin TomTom App... 5 Opdatering van jou TomTom App... 5 GPS-ontvangs Om 'n roete te beplan 6

Wat sê. se oor depressie? PROFESSIONELE HULP VIR DEPRESSIE & ANGS webtuistes kontaknommers e-posadresse

Transcription:

STUDIEMETODES n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing 2. Doelwitstelling 3. Sleutelwoorde 4. Begripstoetse 5. Beantwoordeing van vraestelle 6. Navorsing Projekwerk 7. Memorisering van spelwoorde 8. Opsommings 9. OVLOKH-studiemetode 10. Memoriseringstegnieke- Geneueleer (Mnemonics) 11. Ken jou tafels

1. KORREKTE STUDIE-OMGEWING Jy moet seker maak dat jy altyd op dieselfde plek by jul huis studeer. Die plek wat jy by jul huis kies om te studeer, moet in n stil gedeelte van die huis wees. Die stoel waarop jy sit, moet net hoog genoeg wees dat jou voete nog steeds aan die grond kan raak. Die stoel moet n rugleuning hê om jou liggaam mooi regop te hou. Jou lessenaar of tafel moet groot genoeg wees sodat jou boeke maklik daarop kan pas. Moenie allerhande ander dinge op jou tafel/lessenaar bêre nie. Dit sal net jou aandag aftrek en dan kan jy nie op jou werk konsentreer nie. Jou lessenaar moet verkieslik voor n muur staan en nie voor die venster nie, want dan sal jy dalk heeltyd na buite wil kyk en ook nie op jou werk konsentreer nie. Maak seker dat jy penne, potlode en al die ander skryfbehoeftes het wat jy nodig het om jou huiswerk te doen. Daar moet genoeg lig in jou kamer wees. Moenie prente wat niks met jou skoolwerk te doen het op die muur voor jou lessenaar plak nie. Die plek waar jy studeer moet genoeg vars lug kry en dit moenie te warm of koud in die vertrek wees nie. Hoe lyk die vertrek waar jy studeer? Wys vir jou ouers hierdie lysie en vra vir hulle om jou te help om jou studie-omgewing in te rig soos wat hierbo verduidelik is. 1 WAT IS DOELWITTE? 2. DOELWITSTELLING Wanneer jy vir jouself doelwitte in die lewe wil stel, moet jy aan die volgende vrae dink: Waarnatoe is ek oppad? Hoe gaan ek daar kom? Hoe sal ek weet of ek daar gekom het? Kom ons gebruik n praktiese voorbeeld. Jy wil dalk graag in die O/10A-rugbyspan speel. Jy kan gekies word vir die span as jy na al die rugbyoefeninge gaan, sorg dat jy fiks is, by elke oefening doen dit wat die afrigter jou geleer het en bereid is om saam met jou maats te speel. Jy sal weet dat jy in jou doel geslaag het as jy jou naam op die O/10A-rugbylys sien en jy gevra word om vir hierdie span te speel. Jy moet nou dieselfde met jou skoolwerk doen. Jy moet vooraf besluit of jy vanjaar goed wil presteer in jou skoolwerk. Jy sal dan vanaf die eerste dag hard moet werk in die klas, daagliks jou tuiswerk moet doen en hard moet studeer. Wanneer jy klaar toets geskryf het en jou punte terug ontvang, sal jy weet of jy suksesvol was en jou doelwitte bereik het.

2 VERSKILLENDE SOORTE DOELWITTE Korttermyn doelwitte Ek moet vanmiddag om 15:00 begin met die tuiswerk wat ek ontvang het. Mediumtermyn doelwitte Ek moet elke dag al my tuiswerk voltooi en hard studeer sodat ek aan die einde van my graad sal slaag. Langtermyn doelwitte Ek wil graag eendag n dokter word en daarom sal ek moet seker maak dat ek baie goeie punte vir Wetenskap behaal sodat ek toelating tot n universiteit kan kry. Indien jy vir jouself doelwitte stel, sal jy minder stres ervaar en beter punte behaal. Jy weet waarheen jy oppad is en sal dus jou lewe beter kan organiseer. 3. SLEUTELWOORDE Dit is baie belangrik dat jy van jongs af geleer word om die sleutelwoorde uit n teks/leesstuk te haal. 1 Wat is sleutelwoorde? Dink aan n sleutel. Waarvoor gebruik ons n sleutel? Op dieselde manier gebruik ons sleutelwoorde om n sin of leesstuk te ontsluit (oop te sluit). Sleutelwoorde is die belangrikste woorde in n sin. Dit is daardie woorde waarsonder n sin nie betekenis sal hê nie. Ons onderstreep of omkring ook gewoonlik hierdie sleutelwoorde sodat ons die inligting beter kan verstaan. 2 Hoekom gebruik ons sleutelwoorde? Om inligting te verkort Om net op die belangrikste feite te fokus Ons sal baie tyd spaar indien ons net die sleutelwoorde leer

3 Wanneer gebruik ons sleutelwoorde? Wanneer ons begripstoetse moet beantwoord. Wanneer ons woordsomme lees en moet oplos. Wanneer ons opsommings maak. Wanneer ons navorsing doen. Wanneer ons breinkaarte opstel. 4 Belangrike vrae om te vra om sleutelwoorde te vind Wat? Wie? Waar? Wanneer? Waarom? Hoe? Jou gereedskap vir analise: die groot ses (rugbypale en voëls) Wat? Waar? Wie? Hoe? H Hoekom? Wanneer Bestudeer die volgende feite uit n Natuurwetenskapboek: PLANTE MAAK HUL EIE KOS

Jy het kos nodig om vir jou energie te gee en jou te help groei. Plante kry egter hul energie van die son dit is waarom hulle sonlig nodig het. Plante het ook water en grond nodig. Hul wortels neem die water uit die grond op. Plante gebruik sonlig en water om hul eie kos te maak deur n spesiale proses wat fotosintese genoem word. Die Griekse woorde foto beteken lig en sintese beteken om bymekaar te sit. PLANTE MAAK SUIKER EN STYSEL Lank gelede het mense gedink plante eet grond! Maar plante eet nie grond nie. Hulle maak hul eie kos en berg dit in die vorm van suiker of stysel. Plante is soos kosfabrieke. Hulle het n baie spesiale manier om hul eie kos te maak. Hulle gebruik sonlig, water en koolsuurgas om suiker en stysel te maak. Die groen kleur van die blare help hulle om dit te doen. Koolsuurgas is die gas wat ons uitasem. Dit is ook die gas wat n mens in gaskoeldranke vind. Die volgende tabel kan gebruik word om jou te help om sleutelwoorde uit die leesstukke uit te haal: PLANTE MAAK KOS HOOFGEDAGTE SLEUTELWOORDE VRAE Plante maak hul eie kos Jy het kos nodig om vir jou energie te gee en jou te help groei. Plante kry egter hul energie van die son dit is waarom hul sonlig nodig het. Plante het ook water en grond nodig. Hul wortels neem die water uit die grond op. Plante gebruik sonlig en water om hul eie kos te maak deur n spesiale proses wat fotosintese genoem word. Die Griekse word foto beteken lig en sintese beteken bymekaar te sit. 1 Plante maak kos 2 Plante maak suiker en stysel 3 Hoe word suiker en stysel gemaak? Energie van son Benodig ook water en grond Wortels water uit grond Fotosintese Foto - lig Sintese - bymekaarsit Suiker en stysel Waar kry plante hul energie vandaan? Wat het plante nog nodig? Hoe kry die plant water uit die grond? Wat word die proses genoem waarvolgens plante kos maak? Wat beteken die woord fotosintese?

Plante maak suiker en stysel Lank gelede het mense gedink plante eet grond! Maar plante eet nie grond nie. Hulle maak hul eie kos en berg dit in die vorm van suiker en stysel. Hoe maak plante suiker en stysel? Plante is soos kosfabrieke. Hulle het n baie spesiale manier om hul eie kos te maak. Hulle gebruik sonlig, water en koolsuurgas om suiker en stysel te maak. Die groen kleur van die blare help hulle om dit te doen. Koolsuurgas is die gas wat ons uitasem. Dit is ook die gas wat n mens in gaskoeldranke vind. Sonlig Water Koolsuurgas Groen van blare Koolsuurgas In watter vorm stoor plante hul kos? Wat gebruik plante om suiker en stysel van te maak? Wat help die plant om suiker en stysel te maak? Watter gas word deur plante ingeasem maar deur mense uitgeasem? 4. BEGRIPSTOETSE HOE OM BEGRIPSTOETSE TE BEANTWOORD Lees eers die vrae deeglik deur sodat jy weet na watter inligting jy moet soek. Lees die leesstuk aandagtig deur om die storielyn vas te stel. Nou is jy eers gereed om weer die vrae te lees en die nodige inligting te soek. Laat die bewoording van die vrae jou lei om die antwoorde te vind en te formuleer. Onthou om jou gedagtes so volledig as moontlik neer te skryf. Moenie aanneem (verwag) dat die onderwyser sal weet wat jy eintlik vou sê nie. Beantwoord vrae altyd in volsinne, behalwe waar net vir n woord as antwoord gevra word.

Onthou dat sinne (antwoorde) met hoofletters begin. Antwoorde begin NOOIT op want, maar en omdat nie. Wanneer woorde wat in die leesstuk voorkom in jou antwoord verkeerd gespel word, gaan jy beslis punte verloor. Wees versigtig om nie die woorde verkeerd oor te skryf nie. In jou eie woorde beteken dat jy nie die sinne direk (woord vir woord) uit die leesstuk mag oorskryf nie. Jy mag die woorde uit die leesstuk gebruik, maar jy moet die woordorde/sinskonstruksie verander. Kyk altyd na die puntetoekenning by n vraag. Dit sal bepaal hoeveel inligting jy moet gee. Let op na vrae wat uit twee dele bestaan, bv. Is hy skuldig? Hoe weet jy dit? Jy moet altwee vrae beantwoord, anders verloor jy punte. Nie alle vrae se antwoorde is altyd in die leesstuk nie, soms moet jy die antwoorde uitdink. Maak seker dat jy netjies en leesbaar skryf. Hier volg n lys van vraagwoorde en watter soort antwoord by elkeen pas: VRAAGWOORD ANTWOORD 1 Wie n persoon 2 Wat n gebeurtenis/of n voorwerp (iets) 3 Hoe n manier/aksie of metode 4 Hoeveel n getal of n nommer 5 Hoekom n rede of n gebeurtenis 6 Waar n plek of posisie 7 Waarom n rede 8 Waarvoor n voorwerp (iets) 9 Waarin n houer of n plek 10 Waarheen n plek 11 Waarop n plek 12 Watter n gebeurtenis of iets 13 Wanneer Tyd 14 Is, het, sal, moet Ja/Nee 15 Enige ander werkwoord Ja/Nee 16 Wat bedoel sy as sy sê Gee n mening 17 Wat word bedoel met die volgende stelling Mening of eie siening/opinie 18 Beskryf Gee n omskrywing 19 Bewys Gee n rede/motivering 20 Hoe weet jy dat Haal n bewys uit die stuk aan 21 Wat dink jy Gee jou mening of opinie 22 Wat beteken Gee n verduideliking 23 Volgens wie het n Persoon 24 Haal die sin uit die leesstuk aan Soek n sin in die leesstuk en skryf die antwoord tussen 25 Noem Noem op (gee net die antwoord)

26 Lys Maak n lys (gee net die antwoord) 27 Soek al die woorde Lys net die woorde 28 Gee n ander woord vir Sinonieme (gee net die antwoord) 29 Sê of die volgende waar of onwaar is Gee net die antwoord 30 Sê of die volgende stelling waar of onwaar is en Waar/onwaar en gee n rede motiveer jou antwoord 31 Sê of die volgende waar of onwaar is en korrigeer die onwaar antwoord Vrae 1 tot 24 moet in VOLSINNE beantwoord word asook vrae 30 en 31. By vrae 25 tot 29 moet net die antwoorde gegee word. Waar/onwaar en maak die verkeerde antwoord reg 5. BEANTWOORDING VAN VRAESTELLE Wanneer jy n vraestel moet beantwoord, ervaar jy gewoonlik stres. Dit is egter baie belangrik dat jy jou stres moet kan beheer sodat jy die vraestel suksesvol kan beantwoord. Hier volg n paar nuttige wenke by die beantwoording van vraestelle: Maak seker dat jy op die vraestel fokus. Vergeet van alle ander dinge wat moontlik jou aandag kan aftrek. Haal diep asem en raak rustig. Indien jy nie kalm is nie, gaan jy die feite vergeet. Sodra jy jou vraestel ontvang, skryf jy eerstens die belangrike inligting neer, bv. jou naam en van, klas, datum ens. Blaai eers deur die vraestel om seker te maak dat al die bladsye afgerol is en maak ook seker uit hoeveel bladsye die vraestel bestaan. Lees nou die instruksies aan die begin van die vraestel deeglik deur. Moet jy al die vrae beantwoord of het jy n keuse? Maak seker dat jy die vraag REG lees. Onderstreep die sleutelwoorde sodat jy die vraag beter kan verstaan. Kyk na die puntetoekenning. Dit sal vir jou n aanduiding gee van hoeveel feite jy in jou antwoord moet noem. Moenie meer skryf as wat voor gevra word nie, Dit mors tyd en jy sal geen ekstra punte vir jou ekstra werk ontvang nie. Doen nou die vrae wat jy die beste ken eerste. Slaan die moeilike vrae oor, kom later terug daarna, anders mors jy tyd en kan dan moontlik nie jou vraestel betyds afhandel nie. DIT IS EGTER BAIE BELANGRIK DAT JOU ANTWOORDE KORREK GENOMMER MOET WORD. Hou die tyd dop en werk ongeveer n minuut per feit. Wanneer jy waar en onwaar vrae doen, is dit belangrik dat jy jou geheue moet vertrou. Indien jy die vraag REG gelees het, is jou eerste antwoord gewoonlik die korrekte antwoord. Dit is baie belangrik dat jy netjies en leesbaar moet skryf. Indien n onderwyser nie kan sien wat jy geskryf het nie, sal jou antwoord verkeerd gemerk word. Trek ook netjiese reguit lyne met n liniaal. Wanneer slegs een woord as antwoord geskryf moet word en jy skryf dalk twee of drie woorde aangesien jy onseker is oor die antwoord, SAL DIE ONDERWYSER DIE EERSTE ANTWOORD MERK. Dit is belangrik dat jy heeltyd moet KONSENTREER. Moenie rondkyk of dagdroom nie!

Nadat jy die vraestel voltooi het, is dit belangrik dat jy weer al jou antwoorde moet deurkyk. Korrigeer antwoorde indien dit nodig is. Indien dit n vraestel is waarin jy berekeninge moet doen, en jy het nog genoeg tyd, doen dan weer die berekeninge. Maak seker dat jy geen vrae uitgelaat het nie of per ongeluk dalk n hele bladsy oorgeslaan het nie. Al sien jy ook dat jy een van die laaste leerders is wat nog skryf, ontspan en voltooi die vraestel rustig. Niemand mag jou aanjaag om die vraestel vinniger te voltooi nie. ONTHOU DAT DAAR GEEN PRYS IS VIR DIE LEERDER WAT DIE VRAESTEL EERSTE VOLTOOI HET NIE. GEBRUIK DUS DIE TYD WAT AAN JOU GEGEE IS TOT DIE MAKSIMUM. WEES POSITIEF EN VERTROU JOU EIE VERMOëNS. Sê VIR JOUSELF: EK KAN HIERDIE VRAESTEL BEMEESTER! 6. NAVORSING PROJEKWERK Daar sal van jou verwag word om navorsing te doen in verskeie leerareas. Navorsing is wanneer jy iets deeglik en krities moet ondersoek. Jy moet dus ekstra bronne gebruik om inligting te bekom oor n sekere onderwerp. By Beaumont word alle projekte tydens klastyd voltooi. Skoolprojekte kan positief en pret wees, maar dan moet dit op die korrekte manier aangepak word. Jy sal die getikte navorsingsopdrag met kriteria van die opvoeders ontvang, jy moet dan die inligting tuis versamel en op n gegewe datum skool toe bring. HOE PAK EK NAVORSING AAN? Wanneer jy die navorsingsopdrag ontvang, moet jy dit deeglik bestudeer en neem kennis van die volgende: Datum waarop inligting by die skool moet wees Hoe lank jy tyd sal hê om inligting in te samel. Inhandigingsdatum Lengte van die opdrag Of die opdrag handgeskrewe of getik moet word Onthou om bladsye te nommer Puntetoekenning (rubriek) Moet jy prente/grafieke/illustrasies insluit? Wat is die minimum aantal naslaanbronne wat jy moet raadpleeg? Moet daar n voorblad, inhoudsopgawe en bronnelys wees? Wat benodig ek? Bv. Kleeflint, Pritt, skêr, gekleurde en lyntjiespapier? Begin met jou beplanning op dieselfde dag as wanneer jy die opdrag ontvang. Onthou dat beplanning baie belangrik is. Indien jy vroegtydig beplan, sal jy heelwat stres van jouself kan haal. Soos wat jy ouer word, gaan daar van jou verwag word om soms meer as een opdrag gelyktydig aan te werk. Ontleed nou die vraag in die opdrag deur die sleutelwoorde te onderstreep. Indien jy nie die opdrag duidelik verstaan nie, moet jy betyds vir jou onderwyser vra en nie wag tot op die dag waarop die inligting by die skool moet wees nie.

Nou moet jy besluit watter naslaanbronne jy gaan raadpleeg. Indien dit ensiklopidieë of ander biblioteekboeke is, is dit nodig om fotostate te maak indien jy nie die boek self na die klaskamer kan bring nie. Onthou dit is nodig dat jy die naam van die naslaanbronne, die skrywers en die uitgewers moet neerskryf. Wanneer jy jou bronnelys/bibliografie saamstel, sal jy die volgende inligting moet verstrek: Van en voorletters van skrywer, naam van naslaanbron, uitgewer en datum van publikasie. Wanneer jy nou gedurende klastyd aan jou projek begin werk, moet jy die opdrag beplan. Stel vir jou n breinkaart/spinnekopdriagram/ opsomming saam van al die sleutelwoorde wat jy gaan gebruik. Sodra jy al jou inligting bymekaar gemaak het, moet jy jou onderafdelings nommer en dan in paragraafvorm oorskryf. Skryf die sleutelwoorde in sinne by die verskillende opskrifte neer. Jy mag nooit inligting woord vir woord afskryf nie, anders pleeg jy plagiaat. Jy mag ook nie inligting op die Internet bekom en net so gebruik nie. JY MOET JOU EIE WOORDE GEBRUIK! Wanneer jy woorde of gedagtes van n ander persoon gebruik, moet dit in aanhalingstekens wees en jy moet noem wie dit gesê het. Ons noem dit n aanhaling. Onthou dat jou opdrag eintlik uit 3 dele moet bestaan, naamlik die inleiding, die liggaam en die slot. Inleiding: Liggaam: Slot: Die inleiding moet sê waaroor die opdrag gaan. Dit bevat die inligting onder die verskillende opskrifte. Die slot som alles in kort op soos reeds verduidelik. Onthou om ook prente of illustrasies in te sluit. Nou moet die bronnelys/bibliografie volg. Dit is n lys van al die bronne wat jy gebruik he tom die inligting te bekom. Voorbeelde van n bibliografie: Microsoft Encarta, 2000. Steyn, M.S.: Die dieptes van die see. Juta, 1999 Wêreldspektrum. Vol. 7, p. 23. www.oceans.co.za. n Bibliografie is altyd: in alfabetiese volgorde Elke item is op n nuwe lyn geskryf Leestekens is belangrik. Onthou dat enigiets wat jy inhandig, iets van jou as persoon sê. Netheid is dus baie belangrik.

7. MEMORISERING VAN SPELWOORDE Sommige leerders vind dit moeilik om spelwoorde te leer/memoriseer. Die volgende metode kan dalk baie nuttig wees. Wanneer jy nuwe woorde moet leer kan jy die KYK DINK BEDEK SKRYF KONTROLEER metode gebruik. Hoe werk hierdie metode? ONTHOU: Wanneer jy n woord van die bord, vanuit n boek of vanuit n woordeboek afskryf, moet jy altyd probeer om die woord as n geheel neer te skryf. Stap 1: KYK Kyk baie versigtig na die woord. Breek dit in kleiner stukkies (lettergrepe) op. Indien dit sal help, kan jy die lettergrepe met jou hande klap. Bv. interessant in te res sant Maak ook seker dat jy weet wat die woord beteken. Dit is sinneloos om woorde te leer spel indien jy nie weet wat die woord se betekenis is nie. Stap 2: DINK Dink aan watter dele van die woord dalk probleme kan veroorsaak of jou selfs kan uitvang. Bv. Dubbel letters: interessant n Klinker wat nie uitgespreek word soos wat jy sou verwag nie: foto Stap 3: BEDEK Bedek die woord en maak jou oё toe. Probeer nou om die woord in jou verbeelding/gedagtes te sien. Skryf die woord met jou vinger in die lug of op jou bank. Step 4: SKRYF Skryf die woord met n pen/potlood op n stuk papier neer sonder om weer na die woord te kyk. Stap 5: KONTROLEER Maak nou weer die woorde oop en kyk of jy die woorde korrek neergeskryf het. Indien nie, moet jy weer versigtig na die woorde kyk wat jy verkeerd gespel het en weereens probeer om dit korrek te spel.

NUTTIGE WENKE OM BY DIE HUIS TE VOLG Hersien jou spelwoorde daagliks. Moenie wag tot die aand voordat jy moet toets skryf voordat jy begin leer nie. Identifiseer die woorde waarmee jy sukkel. Skryf hierdie woorde op afsonderlike stukkies papier/karton en plak dit dan op jou kamermuur waar jy die woorde maklik kan sien. Jy hoef nie woorde te memoriseer wat jy alreeds outomaties korrek kan spel nie. Indien jy altyd foute maak met klinkers, kan jy die klinkers in woorde met een kleur skryf en die konsonante (medeklinkers) met n ander kleur. Nou moet jy die KYK DINK BEDEK SKRYF KONTROLEER metode gebruik om jou woorde te leer. Dit kan groot pret wees om spelwoorde te leer! Dit kan n geleentheid wees vir jou en jou ouers om tyd saam te spandeer. Mamma of Pappa kan die woorde vra en jy kan dan die woorde skryf nadat jy dit natuurlik eers gememoriseer het. Jou ouers kan ook spasies ooplaat waarop jy letters moet invul om die woord te spel. Julle kan ook hangman speel of jou ouers kan vir jou n blokkiesraaisel opstel. Saam kan julle ook lawwe liedjies opmaak met daardie woorde wat jy baie moeilik vind om te spel. Jy en jou ouers kan ook die betekenisse van die woorde bespreek en die woorde in sinne gebruik. ONTHOU: JOU ONDERWYSER(ES) GAAN DIE WOORDE MET JOU IN DIE KLAS BEHANDEL, MAAR JY MOET SELF HIERDIE WOORDE TUIS MEMORISEER EN INOEFEN. 8. OPSOMMINGS Nadat jy die sleutelwoorde uit die leesstuk gehaal het, moet jy nou die feite opsom sodat jy dit kan leer. Daar is verskillende maniere waarop jy n opsomming kan maak. Jy moet self besluit watter soort opsomming jy die meeste van hou. Onthou dat jy die feite minder moet maak en nie net al die woorde moet oorskryf nie. Voorbeeld 1 Plante maak hul eie kos Energie van son Water en grond nodig Wortels water uit grond Sonlig en water om kos te maak

Proses fotosintese Foto lig Sintese bymekaarsit Berg kos in vorm van suiker en stysel Gebruik sonlig, water en koolsuurgas Groen kleur van blare help Plante asem kooluurgas in Kos van plante Plante verskaf kos bv. Vrugte, groente, graan Eet plante se wortels, blare, vrugte, stele, blomme Kossoorte verwerk (geprossesseer) Gedroog, fyngedruk, gekook, gemeng Sap uit suikerriet Sap verhit Sap gekonsentreer SUIKER Suikerkristalle vorm Donker, bitter stroop - melasse Voorbeeld 2 (Spinnekopdiagram) Stap 1 Gebruik die sleutelwoorde wat jy in die eerste voorbeeld uitgehaal het. Stap 2 Groepeer nou hierdie woorde soos wat hulle bymekaar hoort bv.: Wat benodig plante om te kan groei? Hoe werk die proses van fotosintese? Waar stoor plante die kos wat hulle gemaak het? Stap 3 Plaas die hoofgedagte (of sentrale gedagte) PLANTE in die middel van die spinnekopdiagram. Skryf hierdie woorde in hoofletters. Stap 4 Plaas nou die vetgedrukte woorde in stap 2 (in hoofletters) in die afsonderlike raampies rondom die hoofgedagte (of sentrale gedagte). Stap 5 Skryf nou alle feite wat bymekaar hoort in kleinletters in die verskeie raampies. n Mens leer beter deur kleur en prentjies te gebruik. Skryf die woorde in die onderskeie raampies in verskillende kleure. Jy sal ook die feite beter onthou indien jy prentjies by jou woorde teken. Wees net versigtig dat jy nie te veel tyd spandeer aan die teken van prentjies nie. Jy is nie nou besig met n kunswerk nie.

Dit is ook n goeie idee indien die raampies in n logiese volgorde opmekaar volg. Bestudeer die voorbeeld hieronder: BENODIG Energie van son - sonlig Water wortels uit grond grond FOTOSINTESE Sonlig Water Foto (lig) Sintese (bymekaarsit) PLANTE MAAK KOS STOOR KOS In vorm van suiker en stysel Benodig sonlig water koolsuurgas Groen van blare help

Voorbeeld 3 (Visualisering)

9. OVLOKH-STUDIEMETODE Tot dusver het jy geleer hoe om sleutelwoorde te identifiseer en ook hoe om effektiewe opsommings te maak. Nou moet jy leer hoe om al jou kennis practise toe te pas. Daar is verskeie maniere waarop jy feite kan studeer. Die eerste metode staan bekend as die OVLOKH-studiemetode. n Ander naam daarvoor is die SQ3R-metode. (Engelse naam daarvoor) O - oorsig V - vrae L - lees/leer O - opsê K - kontroleer H - hersiening OORSIG Jy moet die werk wat jy moet bestudeer as n geheel vlugtig deurlees. Die doel hiervan is om n geheelbeeld te kry van waaroor die werk handel. Terwyl jy besig is om jou werk deur te lees, moet jy goed kyk na al die opskrifte, subopskrifte, waarde wat donker gedruk is en ook die verhouding tussen die woorde en opskrifte. Kyk ook vlugtig na diagramme, grafieke en enige prente. Dit is ook belangrik ook vlugtig die inleiding asook die afsluiting van elke hoofstuk te bestudeer. Indien daar enige vragies/toetsies/assesseringstake aan die einde van die hoofstuk/eenheid is, moet jy dit ook vlugtig deurlees. VRAE Verdeel die hoofstuk/eenheid nou in kleiner gedeeltes. Vra nou vir jouself vragies oor die hoofpunte: Wie? Wat? Wanneer? Waar? Hoe? LEES/LEER Lees nou noukeurig deur elke kleiner gedeelte. ingedagte. Hou die vragies wat jy gevra het Jy kan dieselfde gedeelte twee of drie keer aandagtig deurlees. Wanneer jy die leesstuk vir die tweede of derde keer deurlees, moet jy die belangrikste feite onderstreep. Moenie sleutelwoorde onderstreep wanneer jy die teks vir die eerste keer deurlees nie. Maak nou opsommings van die belangrikste feite.

NOU EERS IS JY GEREED OM DIE FEITE WAT JY OPGESOM HET, TE BEGIN MEMORISEER. OPSê Maak nou jou boek toe en sê hardop die feite vir jouself op. Indien jy wil kan jy nou rowwe notas vir jouself neerskryf. Teken ook dagramme of sketse indien dit by die werk ingesluit is wat jy moet bestudeer. Maak nou weer jou boek oop en kyk of jy al die belangrikste feite onthou het. Indien jy heelwat van die feite vergeet het, moet jy die lesstuk weer aandagtig deurlees en die hele proses herhaal. Moenie probeer om die teks word-vir-woord te memoriseer nie. Dit is belangrik dat jy die werk moet VERSTAAN en jy moenie die werk soos n pappegaai leer nie. HERSIEN Wanneer n mens hersiening doen is jy eintlik besig om die feite van jou korttermyn geheue na jou langtermyn geheue oor te plaas. Lees weer die werk aandagtig deur en maak aantekeninge van die feite wat jy dalk vergeet het. Hersien ook die hoof- en subopskrifte asook die onderstreepte woorde. Beantwoord weer die vrae wat jy aan jouself gestel het. Onthou dat dit nie maklik is om te studeer nie. Jy moet jouself gedurig motiveer en daarom is dit noodsaaklik dat jy jouself moet beloon vir elke klein doelwit wat jy bereik het, bv. Om n vriend te besoek, iets lekkers om te eet, om na n tv-program te kyk wat jy geniet. JY SAL SLEGS SUKSES IN JOU STUDIES BEHAAL INDIEN JY BEREID IS OM HARD TE WERK EN AAN TE HOU PROBEER!

10. MEMORISERINGSTEGNIEKE GENEUELEER (MNEMONICS) Daar is verskillende tegnieke waarvolgens inligting gememoriseer kan word. (A) Indien jy inligting moet memoriseer waarby sletelwoorde betrokke is, kan die volgende tegnieke gebruik word: AKRONIEME Hierdie is n kombinasie van letters wat uitgedink word sodat elke letter gebruik kan word om n idee te onthou/memoriseer. Bv. Dink aan ons ON TRACK veldtog Elke letter van die word TRACK het sy eie betekenis. Ongelukkig ken ons hierdie woorde net in Engels, maar die Afrikaanse woorde word tussen hakies aangedui TRACK T - tolerance (verdraagsaamheid) R - respect (respek) A - acceptance (aanvaarding) C - caring (omgee) K - kindness (goedhartigheid) Ook: BODMAS (volgorde van bewerkings in Wiskunde) B - brackets (hakies) O - of (van) D - division (deel) M - multiplication (maal/vermenigvuldig) A - addition (optel) S - subtraction (aftrek) NAAMVERSE (ACROSTIC) Hierdie is n sin wat deur jou uitgedink word sodat die eerste letter van elke woord verbind kan word met die idees wat jy moet onthou/memoriseer. Bv.: MENEER VAN AS MY JAS SAL U NIE PAS Hierdie lawwe sinnetjie kan gebruik word of die volgorde van die planete te onthou. Mercurius, Venus, Aarde, Maan, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus, Pluto Onthou net dat Pluto nie meer as n planet beskou word nie! (B) Die volgende tegniek kan gebruik word om geordende of ongeordende lyste te memoriseer.

GETAL-EN-KLANKSISTEEM Memoriseer the sleutelwoorde wat met getalle geassosieer kan word (one bun) Skep n beeld van die items wat jy met behulp van die sleutelwoorde moet onthou. ( n Bun met kaas daarop sal jou herinner aan suiwelprodukte.) GETAL RYMWOORD(KLANK) 1 one bun 2 two shoe 3 three tree 4 four door 5 five hive 6 six sticks 7 seven heaven 8 eight gate 9 nine wine 10 ten pen Indien jy die voedselgroepe moet memoriseer naamlik suiwelprodukte; vleis, vis en pluimvee; graan; vrugte en groente, kan jy die volgende doen: 1 Suiwelprodukte: one bun kaas op n bun 2 Vleis, vis en pluimvee: two shoe diere met skoene aan 3 Graan: three tree sak met graan wat aan n boom hang 4 Vrugte en groente: four door maak n deur oop en stap in n vertrek in wat gevul is met vrugte en groente GETAL-EN-VORMSISTEEM GETAL VISUALE BEELD/VORM 1 one 2 two 3 three 4 four 5 five

6 six 7 seven 8 eight 9 nine 10 ten KETTINGS (CHAINING) Volgens hierdie tegniek moet jy n storie met die woorde skep wat jy moet memoriseer. Die woorde is soos skakels in n ketting. Bv.: Woorde om te memoriseer: Napoleon, oor, deur, Duitsers Storie: Napoleon het sy oor teen die deur gedruk om na die Duitsers af te luister. (C) Jy kan die volgende metode gebruik om name te memoriseer: BEELD-EN-NAAMTEGNIEK Wanner jy n persoon se naam wil onthou moet jy die verwantskap tussen die naam en die persoon se fisies karaktertrekke gebruik. Bv.: Jan Brand Dink aan n pan (rym met Jan) wat op die stoof staan en brand.

11. KEN JOU TAFELS Almal van ons besef hoe belangrik dit is om jou tafels te ken. Tog is dit een van die konsepte waarmee baie kinders sukkel. Alte dikwels hoor ons onderwysers of ouers sê dat die kind sy/haar tafels goed genoeg geken het, maar alweer vergeet het. Een van die redes hiervoor is dat die tafels nie goed genoeg vasgelê is nie. Daar is geen nut daarin om herhaaldelik dieselfde tafels in te oefen indien die kind nie die konsep verstaan nie. Leer die kind strategieë aan om te VERSTAAN en nie net te MEMORISEER nie! Daar is verskillende strategieë wat gevolg kan word, maar die volgende het beslis al vir heelwat kinders gehelp 2x- tafel Kinders sukkel gewoonlik nie met die 2x-tafel nie, aangesien hulle redelik maklik kan verdubbel. Indien n kind egter sukkel om te verdubbel, kan die volgende nuttige riglyne gevolg word: 17 x 2 Verdubbel eers 10 20 Verdubbel dan 7 14 Tel dan die 2 antwoorde m.a.w 20 en 14 bymekaar: 20 + 14 = 34 7 x 3 Verdubbel 7 m.a.w. 14 Tel nog 7 by m.a.w 14 + 7 = 21 8 x 4 Verdubbel 8 m.a.w 8 x 2 = 16 Verdubbel dan 16 m.a.w 16 x 2 = 32 7 x 5 Vermenigvuldig 7 met 10 m.a.w voeg 0 agteraan 7 70 Halveer dan 70 m.a.w. 70 2 = 35 3x-tafel 4x-tafel 5x-tafel 6x-tafel 6 x 7 Sodra die 5x-tafel vasgelê is, weet die kind dat 5 x 7 = 35 Tel nog 7 by m.a.w. 35 + 7 = 42 7 x 7 7 x 5 = 35 Tel nog twee 7 s by m.a.w 35 + 14 = 49 7x-tafel

4 x 8 Verdubbel 4 m.a.w. 8 Verdubbel 8 m.a.w. 16 Verdubbel 16 m.a.w. 32 Dis is 4 x 8 = 32 8x-tafel 6 x 9 Vermenigvuldig 6 met 10 m.a.w. 6 x 10 = 60 Trek dan een 6 af m.a.w. 60-6 = 54 9x-tafel 10x-tafel 7 x 10 Voeg slegs n 0 agteraan die 7 m.a.w. 7 x 10 = 70 11x-tafel Hierdie tafel is die maklikste vir kinders om te onthou aangesien hul onmiddellik die patroon kan raaksien. 6 x 11 = 66 8 x 11 = 88 Hulle sien dus onmiddellik dat die syfers verdubbel word. 11 x 11 is egter n ander storie 11 x 11 Doen eers 11 x 10 = 110 Tel nog n 11 by m.a.w. 110 + 11 = 121 16 x 11 10 x 11 = 110 6 x 11 = 66 Dus is 16 x 11 = 176 (110 + 66 = 176) of 16 x 10 = 160 Tel nog 16 by m.a.w. 160 + 16 = 176 12x-tafel 7 x 12 Doen eers 7 x 10 = 70 Dan 7 x 2 = 14 Tel dan 70 en 14 bymekaar m.a.w. 70 + 14 = 84 Indien die kind al die x-tafels vasgelê en gememoriseer het, sal die deeltafels maklik wees. By deling is dit n geval van maatjies bymekaar pas. Die kind wie weet dat 7 x 8 = 56, sal besef dat 7 en 8 maatjies is om 56 te vorm. Indien 56 7 gevra word, dink die kind net wat 7 se maatjie is om 56 te vorm en die antwoord is dus 8.

U as ouer/onderwyser moet toesien dat die aanleer van tafels pret is. Speel speletjies met u kind. Maak flitskaarte waarop die tafels geskryf is met die antwoorde agterop. U flits dus die tafels terwyl u die antwoord kan sien wat na u kant toe wys. Hou ook in gedagte dat tafels daagliks ingeofen moet word en dat dit so goed vasgelê behoort te wees, dat die kind die antwoorde tot tafels moet kan gee sonder om daaroor te dink. Dit moet dus deel word van die kind se wese. Dit is ook belangrik om te onthou dat n kind wat nie sy/haar tafels of getalkombinasies (m.a.w. 7 + 8 = 15) ken nie, onnodige berekeningsfoute begaan en ook dan as gevolg hiervan selfvertroue verloor en geen liefde vir Wiskunde het nie.