Reis saam! motorfi ets bus ambulans

Size: px
Start display at page:

Download "Reis saam! motorfi ets bus ambulans"

Transcription

1 7 Reis saam! Luister en lees: Vervoer Luister na die woorde vir die voertuie (vehicles). Om iets te vervoer beteken dit neem iets van punt A na punt B. vliegtuig boot motor taxi fi ets lorrie trein Praattyd motorfi ets bus ambulans Verdeel in klein groepies en gesels oor vervoer. In watter van hierdie voertuie het jy al gery? In watter voertuig sal jy graag wil ry? Hoeveel wiele het n motor? En n fiets? 76

2 Lesreeks 7 Luister en praat: Raaisels Luister na die beskrywings. Kyk hoe vinnig jy kan raai wat beskryf word. Skryf jou antwoorde neer. Die een wat al vyf eerste reg raai, roep Shosholoza! Dis die wenner! 1. My wiele loop op n spoor. Baie mense kan in my ry. Ek lyk soos n lang slang. 2. Ek kan een mens vervoer. Ek het net twee wiele en jy sit op my saal. 3. Ek het vlerke, maar hulle kan nie klap nie. Ek vlieg in die lug. Jy kan na ver plekke in my reis. 4. Jy betaal om in my te ry. Ek is kleiner as n bus. Ek stop langs die pad om mense op te laai. 5. Ek ry op die pad. Ek is groter as n kar of n taxi. Baie passasiers kan in my ry. Jy kan in my sit of staan. helikopter brandweerwa Skryf die voertuie alfabeties in jou persoonlike woordeboek. Gee hulle betekenis of teken n prentjie by. 77

3 Kwartaal 2 Lees- en skryftyd A Soeklees die artikel vir die antwoorde. As jy n teks soeklees, soek jy net na spesifieke inligting. Jy hoef nie elke woord te lees nie! Die ontwikkeling van treine 1. n Trein is n goeie voertuig. Dit kan baie mense of vragte vervoer. 2. Die Grieke in Griekeland het al in die ou dae, 500 jaar voor Christus, vragte met waens op die eerste spore vervoer. 3. In 1430 het die Duitsers in Duitsland houtspore by die myne begin gebruik. 4. Die eerste ysterspore is in 1767 in Engeland gebou. 5. In 1860 was Durban die eerste stad in Suid-Afrika met n stoomtrein. Die spoorlyn was 3,2 kilometer lank en het tussen Die Punt en die stasie in Durban geloop. Vrae 1. Wie het in 500 voor Christus vragte op spore vervoer? 2. Waar is spore van hout in 1430 vir die eerste keer gebruik? 3. Hoe lank was die eerste stuk spoorlyn in Durban? 4. Watter woord in paragraaf 5 het n koppelteken (-)? B Voltooi die tydlyn van die inligting. Kies uit die blokkie. Suid-Afrika 1430 Engeland 500 vc a) Griekeland Duitsland Eerste Durban eerste houtspore ysterspore eerste stoomtrein spore vir myne in b) in c) 78

4 Lesreeks 7 Leestyd: n Tydrooster Lees die tydrooster van die Shosholoza Meyl en beantwoord die vrae. 1. Hoe laat vertrek die trein vanaf die stasie in Johannesburg? 2. Hoeveel keer gaan die trein tussen Johannesburg en Durban stop? 3. As jy van Standerton na Pietermaritzburg ry, kom jy dieselfde dag daar aan? Hoekom sê jy so? 4. Hoe laat kom die trein by Durban aan? 5. Hoeveel sal dit kos as TWEE persone vanaf Johannesburg na Durban reis? Dinkvrae 1. Wat dink jy? Sal dit vinniger wees om met n trein of n kar van Johannesburg na Durban toe te ry? 2. Dink jy die Shosholoza Meyl-trein ry in die dag of in die nag Durban toe? Motiveer jou antwoord. 79

5 Kwartaal 2 Praat en lees: n Prent Kyk na die prent van die stasie. Sê die woorde vir die mense en dinge op die prent. Wys waar hulle is. perron passasiers lokomotief bagasie trollie masjinis stasie kaartjiekantoor inligtingbord Skryftyd: Voltooi n paragraaf Voltooi die paragraaf. Kies die woorde uit die blokkie. 80 trein met padkos bagasie vertrek perron kaartjiekantoor lokomotief Ons staan op die stasie. Ons gaan 1. vakansie! Ons gaan met n 2. ry. Pa het ons kaartjies by die 3. gekoop. Hy het al die 4. op die trollie gelaai. Ons staan nou op die 5. totdat ons kan inklim. Sodra die masjinis in die 6. is, blaas hy n sirene, dan weet ons die trein is gereed om te 7.. Ma het vir ons 8. ingepak wat ons op die trein kan eet. Rolspel: n Dialoog Verdeel in pare. Leerder 1 wil graag n kaartjie koop om trein te ry vanaf Johannesburg na Durban. Leerder 2 is die kaartjieverkoper. Oefen wat julle gaan sê en voer dit dan voor die klas op.

6 Lesreeks 7 Pret met taal A Spelling: Koppeltekens Onthou: drie-uur = 3 o clock. Waar n letter of n syfer met n naamwoord verbind word, kry dié woord n koppelteken, bv. gr. 5-leerder, TV-stel. Waar n rigting deel van die pleknaam is, word dié woord met n koppelteken gespel, bv. Paarl-Noord, Wes-Afrika. B C D Verbeter die spelling van die volgende woorde. Voorbeeld: DVD speler Antwoord: DVD-speler 1. Suid Afrika 3. Beaufort Wes 5. Noord Kaap 2. Gr. 5 boek 4. B span 6. Nege uur Vul die korrekte voornaamwoorde in. Voorbeeld: Die seun dra eie tas. Hier is die woorde Antwoord: sy waaruit jy moet kies: hy sy my jou 1. My ma sê hou daarvan om trein te ry. joune ons sy 2. My pa sê hou daarvan om te vlieg. 3. Ek pak eie tas. 4. Jy moet eie tas dra. Die tas is mos. 5. Hy wil kaartjie vroeg bespreek. 6. Ons moet kaartjies ook vroeg bespreek. Kies die korrekte woord tussen hakies. Voorbeeld: Ek hou daarvan om na ver lande te (reis/rys). Antwoord: reis 1. Die mense in China eet graag (reis/rys). 2. Ons pak (kleure/klere) in as ons met vakansie gaan. Party woorde klink amper dieselfde of n mens spel hulle amper dieselfde, maar hulle betekenis verskil baie! 3. Die man dra n hemp met helder (kleure/klere). 4. Dit is heerlik om ver met n trein na vreemde plekke te (reis/rys). 81

7 Kwartaal 2 E Kies die intensiewe vorm uit die blokkie wat die beste pas. peperduur propvol doodmoeg silwerskoon spotgoedkoop loodswaar dolleeg blitsvinnig kliphard 1. Die vliegtuigkaartjies kos baie geld, dit is (duur). 2. Al die mense het uit die bus geklim. Die bus is (leeg). 3. Baie mense is op pad werk toe. Die trein is (vol). 4. Almal kan bekostig om op die Shosholoza-trein te ry. Die kaartjies is (goedkoop). 5. Ná die lang reis is die passasiers (moeg). 6. Die vliegtuig vlieg baie vinnig. Dit vlieg (vinnig). 7. Die tasse is só vol gepak. Dit is (swaar). 8. Die nuwe trein is nog baie skoon. Dit is (skoon). 9. Die skip se sirene blaas (hard) sodat almal kan hoor. Leestyd: n Rympie Lees die rympie. Lees dit hardop. Let op jou uitspraak en vlotheid. Voer dit op. Intensiewe vorme is beskrywende woorde wat sê dat iets bv. baie duur (peperduur) is. Hulle word altyd as een woord gespel. Gautrein Daar s n trein. n Blitssneltrein in China, sê meneer De Bruin. Groter snelheid sal jy moeilik kry, met hom vlieg jy eerder as ry. Meneer De Bruin, sê Jannie Klein, wat van ons eie blink Gautrein? Ja, hy s ook vinnig en trots Suid-Afrikaans! kraai bekkige klaskaptein Maans. (Uit: My HAT Storiewoordeboek, Pearson, 2010) Daar s beteken daar is. Skryf die rymwoorde neer. Wat is die vinnigste vervoermiddel waarin jy al gery het? 82

8 Lesreeks 7 Pret met woorde A Kyk na die prente. Sorteer die voertuie in groepe. Teken die tabel in jou boek en vul dit dan in. Voorbeeld: LUG PAD SPOOR helikopter bus trein B Waarom pas die groepe voertuie bymekaar? 1. Die helikopter en die vliegtuig pas bymekaar omdat Die bus en die vragmotor pas bymekaar omdat Die trein en die moltrein pas bymekaar omdat... Pretlees: n Rympie Lees die rympie hardop. Leer dit en voer dit in die klas op. Treinry Sakke, pakke, sout en peper; gee my stoom dan loop ek beter! Pieter W. Grobbelaar (Uit: DJ Opperman se nuwe kleuterverseboek, Tafelberg, 1982) Onthou! Na omdat kom die werkwoord aan die einde van die sin. Selflees: Praat oor n storie Lees self enige storie of inligtingsteks. Vertel wat jy gelees het. (Totaal: 10) 83

9 Kwartaal 2 n Reisspelet jie Hoe goed ken jy die wêreld? Pas die plekke vir toeriste en die stede bymekaar. Volg die vliegtuie. Plek om te besoek Stad Groot muur van China Athene Eiffeltoring Londen Big Ben Parys Vryheidsbeeld Beijing Piramides New York Taj Mahal Kaïro Akropolis Agra 84

10 Lesreeks 7 Pret met taal Gee die korrekte vorm van die beskrywende woorde tussen hakies (byvoeglike naamwoorde). Voorbeeld: In Amerika eet hulle (Amerika) hamburgers. Antwoord: Amerikaanse 1. In Frankryk eet jy (Frankryk) brood. Indiese Chinese 2. In Egipte eet jy (Egipte) dadels. Engelse 3. In Griekeland eet jy (Griekeland) slaai. Franse 4. In Indië eet jy (Indië) kerrie. Egiptiese 5. In China eet jy (China) rys. Griekse Amerikaanse P 6. In Engeland drink jy (Engeland) tee. Woordspelet jie: Wat is in die tas? Kyk vir 1 minuut na die prent. Maak nou jou boek toe. Probeer onthou wat in die tas gepak is. Skryf n lysie. Die leerder met die langste lysie, is die WENNER. 85

11 Kwartaal 2 Lees- en skryftyd A Lees die poskaart en beantwoord die vrae. Liewe Nazli Ek kuier heerlik. Die mense op ons toer is baie vriendelik. Ons het gister met die vliegtuig in Kaïro aangekom. Die piramides is baie groot. Môre gaan ons op kamele in die woestyn ry! Ek kan nie meer wag nie! Ek sien julle oor twee weke. Groete Ouma 1. Waar kuier Ouma? 2. Toer sy alleen? Hoekom sê jy so? 3. Wat het sy op haar toer gesien wat baie groot is? 4. Wat gaan sy in die woestyn (desert) doen? 5. Wanneer kom sy huis toe? B Teken n poskaart en skryf n boodskap van 30 tot 40 woorde daarop. Dink aan n plek waar jy al gekuier het of graag heen wil gaan. n Wenk: Skryf eers jou boodskap op rof. Laat jou onderwyser dit nasien. Maak die foute reg en skryf dit dan netjies oor. Die agterkant van n poskaart Die boodskap Naam en adres aan wie jy poskaart stuur. 86 Poskode

12 Lesreeks 7 Hersiening: Wat ken jy nou? A B C D E Soek die woorde wat n koppelteken nodig het en vul dit in. (Daar is ses woorde.) Die dogters is in die A span. Hulle is almal gr. 5 leerders. Hulle gaan in die Oos Kaap toer. Hulle gaan na dorpe soos Oos Londen en Barkley Oos. Die netbalspelers hoop om die JN toernooi te wen. Voltooi die sinne met die teenoorgesteldes (intensiewe vorme). 1. Die vliegtuigkaartjies is nie spotgoedkoop nie, maar. 2. Die bus is nie meer propvol nie, maar nadat die mense afgeklim het. 3. Die tas is nie veerlig nie, maar. Vul die korrekte voornaamwoord in. 1. Jy moet kaartjie wys as jy by die vliegtuig instap. 2. Kan ek rugsak hier neersit, asseblief? 3. Kan ons sitplekke hier bespreek? 4. Die tas is nie myne nie. Is dit (jou)? Verbind die volgende sinne met die woord tussen hakies (voegwoorde). 1. Hy stap. Die fiets se wiel is pap. (omdat) 2. Sy staan by die toonbank. Sy koop n kaartjie. (omdat) 3. Die mense klim op die trein. Die trein gaan nou vertrek. (omdat) Kies die regte woord (verwarrende woorde). 1. My ouma hou daarvan om die wêreld te sien; sy (rys/reis) graag. 2. Ek het te min (klere/kleure) in my tas gepak vir die vakansie. 3. As ek koud kry, sit ek graag by n warm (vier/vuur). 87

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education *8496711001* AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/05 Paper 5 Oral Assessment A October/November 2017

More information

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education www.xtremepapers.com UNIVERSITY OF MRIDGE INTERNTIONL EXMINTIONS International General ertificate of Secondary Education *0031840544* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2007

More information

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God

JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God 1 JEUG GEBEDSAAND: n Verhouding met God 1. PRAISE EN WORSHIP 2. PRAKTIESE REëLINGS: - Jy en jou groep gaan vanaand saam as n groep beweeg deur die verskillende gebedsstasies - hierdie is vanaand n ernstige

More information

Moenie bang wees vir boelies nie!

Moenie bang wees vir boelies nie! 5 Moenie bang wees vir boeies nie! Luister en praat: Wat is n boeie? A Luister na wat die kinders sê en praat daaroor. As jy iemand atyd uit die groepie stoot, is jy n boeie. As jy iemand eike name noem,

More information

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29

Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29 Hervormingssondag: Galasiërs 3:23-29 Opening Verwelkom almal terug by groeptyd. Laat almal een hoogtepunt en een laagtepunt van julle week deel. Aanknopingsaktiwiteit Deel vir elke groepslid +- 10 geld

More information

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum:

Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum: Hoe om n DS160 in te vul, en so aansoeke te doen vir jou visum: 1. Gaan na https://ceac.state.gov/genniv/ 2. Kies die konsulaat waarheen jy wil gaan en klik die Start an Application skakel. 3. Die webtuiste

More information

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders

Ons mooi taal * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25879 1 Ons mooi taal * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4 DIE GEDRUKTE

More information

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE -

IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS. - EXTRACT OF EVIDENCE - A.H.V. 7. IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA. (TRANSVAAL PROVINCIAL DIVISION). BEFORE: The Honourable Mr. Justice de Wet. (Judge President). In the matter of: THE STATE versus NELSON MANDELA AND OTHERS.

More information

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie.

Simmetrie. Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie. Simmetrie Wanneer ons n spieël voor iets sit, dan sien ons n beeld van die regte voorwerp in die spieël, soos in die prentjie. Een van die katte is werklik, en die ander is net n beeld, maar hulle lyk

More information

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70

8679 AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 (Reading and Writing), maximum raw mark 70 UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS GCE Advanced Subsidiary Level www.xtremepapers.com MARK SCHEME for the October/November 2009 question paper for the guidance of teachers 8679 AFRIKAANS

More information

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval

DEPRESSIE101. panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks. hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval 9 A P R I L 2 0 1 8 U I T G A W E 2 5 DEPRESSIE101 panic attacks - inside the brain TALKING about anxiety attacks hanteer angstigheid beter snellers vir 'n paniekaanval PANIC ATTACKS: INSIDE THE BRAIN

More information

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef *

Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef * OpenStax-CNX module: m20618 1 Om te ontdek hoe diere aangepas is om in hulle habitat te oorleef * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution

More information

2. Waarheen? Outsiders toe!

2. Waarheen? Outsiders toe! Wys my die weg Aanbiedersgids 2. Waarheen? Outsiders toe! Oorhoofse tema Het jy al van die outsiders gehoor? Die outsiders is dié mense wat nie aan die binnekant (in die binnekring) is nie, maar wat buite

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2009 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 INSTRUKSIES

More information

July rd Issue

July rd Issue July 2012 2012 3rd Issue E-News sheds light on Midrand Estates in full colour and is distributed only in electronic format every alternate month. From pupils participating in the college spectacle So you

More information

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help?

Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help? Hoe kan ek my maatjie wat kanker het help? Wat is kanker? Kanker kan beskryf word as normale en gesonde selle in jou liggaam wat verander het in ongesonde kankerselle. Daar is baie redes vir hierdie veranderinge

More information

Luister, lees en punktuasie *

Luister, lees en punktuasie * OpenStax-CNX module: m25762 1 Luister, lees en punktuasie * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad

More information

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk

Ek is gedoop. Dr Hennie van Wyk Ek is gedoop Dr Hennie van Wyk ʼn Slingervel Publikasie Tweede Druk: 2018 Inhoud Ek is gedoop!... 1 In sonde ontvang en gebore... 2 Indompeling en besprinkeling... 4 Saligheid buite onsself... 6 Jy is gemerk!...

More information

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede

Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad 3) Opvoedersgids # Huistaal, Eerste

More information

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10

rivier Rivier ek is jammer~---deurgegaan. Goed, binne in Lesotho waar is jy toe heen?---ons het 'n 10 - 1861- L MZANE Goed, julie kom toe aan by die grens van L es~tho, Die bestuurder van die voertuig het vir ons ges~ Ja, goed Mnr. die Tolk stop maar, kom ons sny net hierdie getuienis julle wou deur die

More information

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING

DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING DIE 5 VOORWAARDES VIR GEBEDSVERHORING Miskien het jy al gebid sonder dat jou gebede ooit beantwoord is. As ons eerlik is daaroor voel elkeen van ons dalk dat daar duisende gebede opgaan hemel toe, maar

More information

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk

MUSIEK - VOKAAL. 17 Augustus 20 Augustus Voorsitter: Lorraine Kirk MUSIEK - VOKAAL 17 Augustus 20 Augustus 2015 Voorsitter: Lorraine Kirk - 082 689 2707 lorrainekirk58@gmail.com Die algemene reëls moet saam met die spesifieke reëls gelees word INSKRYWINGSFOOIE Solo R

More information

To receive this information in ENGLISH, send an to Data Entry Werkers Benodig!!

To receive this information in ENGLISH, send an  to Data Entry Werkers Benodig!! DataEntryMadeEasy n Produk deur IOS Web Systems Pty Ltd Registrasie Nommer: 2012/097941/07 Pos Adres: Posbus 2252, Noordheuwel, Krugersdorp, 1756 Fisiese Adres: Dippenaarstraat 22, Noorheuwel, Krugersdorp,

More information

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall.

Rift Valley fever is a fever-causing viral disease that affects livestock and humans in Africa. It is most common during years of heavy rainfall. Slenkdalkoors Slenkdalkoors is n erge insekgedraagde virussiekte wat hoefdiere soos skape, bokke en beeste aantas. Dit hou ook n ernstige gesondheidsgevaar vir die mens in. Diere word aanvanklik besmet

More information

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED

DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED DIE 4 OOGMERKE VAN GEBED As jy ooit die geleentheid sou kry om vir 15 minute met die Here Jesus te kon praat en Hom enigiets te kon vra, wat sou dit wees? Sou jy Hom vra vir n nuwe werk of meer geld? Die

More information

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK

DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK DIE MARSHMALLOW TOETS EN JOU GELUK My vorige preek so maand gelede was getiteld Don t Worry Be Happy en hoewel ek die Don t Worry -deel mooi onder beheer gehad het, het ek kort daarna agtergekom dat ek

More information

Ontwerp rn maak 'n houer *

Ontwerp rn maak 'n houer * OpenStax-CNX module: m26134 1 Ontwerp rn maak 'n houer * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 5

More information

Drie soorte sinne in Afrikaans *

Drie soorte sinne in Afrikaans * OpenStax-CNX module: m29621 1 Drie soorte sinne in Afrikaans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS EERSTE

More information

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4.

STUDIEMETODES. n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing. 2. Doelwitstelling. 3. Sleutelwoorde. 4. STUDIEMETODES n Paar waardevolle wenke t.o.v.: 1. Korrekte studie-omgewing 2. Doelwitstelling 3. Sleutelwoorde 4. Begripstoetse 5. Beantwoordeing van vraestelle 6. Navorsing Projekwerk 7. Memorisering

More information

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM

BELLVILLE NETBAL OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON 2 3 SESSIE SESSIE 4 GYM SESSIE 4 SESSIE 4 PREHAB PREHAB 2 PREHAB 3 PREHAB SESSIE 2 SESSIE 5 SESSIE 2 SESSIE 5 2 3 4 SESSIE 3 SESSSIE 3 5 KM DR 3 KM DR.6

More information

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30

0548 SECOND LANGUAGE AFRIKAANS 0548/02 Paper 2 (Listening), maximum raw mark 30 UNIERSITY OF CABRIDGE INTERNATIONAL EXAINATIONS International General Certificate of Secondary Education ARK SCHEE for the October/November 2009 question paper for the guidance of teachers 0548 SECOND

More information

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level *4537491363* AFRIKAANS LANGUAGE 8679/02 Paper 2 Reading and Writing October/November 2012 Additional

More information

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE

FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE FACULTY OF SCIENCE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE DEPARTMENT OF BOTANY AND PLANT BIOTECHNOLOGY DEPARTEMENT PLANTKUNDE EN PLANTBIOTEGNOLOGIE MODULE CAMPUS KAMPUS MCB2A01 BACTERIOLOGY & VIROLOGY BAKTERIOLOGIE

More information

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA

STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE. deur MJ VAN BREDA STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE deur MJ VAN BREDA STRESBELEWING BY LEERDERS MET LEERINPERKINGE IN DIE INTERMEDIÊREFASE deur MAYNARD JOHN VAN BREDA voorgelê ter gedeeltelike

More information

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees.

Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees. lin - 1881- L MZANE Was dlt omdat julle vir hulle die klerasie vervoer het? ---Bulle klaasie was by ons gewees. En hoeveel pakke is dit?---toe ons by Mthuthuzeli se huis gekom het, het ons a1 die klerasie

More information

( TRANSVAAL PROVI8QIAI DIVISION).

( TRANSVAAL PROVI8QIAI DIVISION). A.H.V. 7 iii i m supriui couui of south africa. ( TRANSVAAL PROVI8QIAI DIVISION). BEFORE* The Honourable Mr. Justice ds A»t. (Judge President). In tne aiattert Tffig STATE versus HaLSOH MAKDKA AND OTHERS.

More information

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad:

Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad: . Saamgestel deur: Ebeth Marais Webblad: www.guitar4kids.com Oulike websites waar jy liedjies gratis kan aflaai: http://singalongwith.us/ http://www.chordie.com/ http://www.ultimate-guitar.com/ lle regte

More information

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige

As mens nie droom nie lewe jy nie. Omdat ons in n almagtige Maandag GEEN DROOM IS TE GROOT NIE Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle n hoopvolle toekoms te gee. Jeremia 29:11

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 DRAMATIESE KUNSTE MODELVRAESTEL - 2006 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Dramatiese Kunste 2 DoE/Model INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie

More information

Woordbou en spelling *

Woordbou en spelling * OpenStax-CNX module: m26418 1 Woordbou en spelling * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE

More information

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11

WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SPOED FIKSHEID 1 GYM SESSIE 3 GYM SESSIE 7 SPOED FIKSHEID 2 SPOED FIKSHEID 3 GYM SESSIE 11 WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON 1 SESSIE 1 SESSIE 2 FIKSHEID 1 SESSIE 3 SESSIE 4 3 KM DR 2 SESSIE 5 SESSIE 6 FIKSHEID 2 SESSIE 7 SESSIE 8 5 KM DR 3 SESSIE 9 SESSIE 10 FIKSHEID 3 SESSIE

More information

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services

Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services Wellington Terapeutiese- en Beradingsdienste Therapeutic and Counselling Services Cummingsstraat 17 WELLINGTON 7655 Tel: 021 873 3178 E-pos:welltherapy@telkomsa.net Council for Counsellors Registration

More information

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE

STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE 1 STEUN NIE OP JOU EIE INSIG NIE ` Laat ons bly staan, net n oomblik nou, vir gebed. Hoeveel hierbinne het n versoek op hulle hart, wat jy wil hê dat God iets spesiaals vir

More information

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel.

nie. Ek het eintlik baie sleg hieroor gevoel. - 1121 - BESKULDIGDE NR. 1 bevind waar hy my nou sien. Bet jy hom gevra om huis toe te kom, want sy kinders ly honger? -- Ja, ek het dit genoem. Wat s~ hy? -- Hy se toe in antwoord dat hy nie kan terugkeer

More information

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1

02 ]uister jy na ander mense se idees? Bylaag 1.1 Bylaag 1.1 DIE LEERBENADERlNGSVRAELYS (LBV) Kopiereg voorbehou Algemeeo: Vul asseblief u persoonlike besonderhede op spasies wat op die antwoordblad voorsien is, in. Instruksies: Daar ontstaan daagliks

More information

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Junie 2012 Moderators: Mev. A. Nell Mev. X. Desai PUNTE: 80 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 9 bladsye. Bladsy

More information

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne.

LES 2. Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne. LES 2 Fokus: Die klank van musiek en musiekinstrumente in taalvorm. Nota: Blootstelling aan musikale klanke in digkuns en ander inligtingsbronne. 2.1 Luister na n voorlesing van die gedig deur Elsabé Steenberg.

More information

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO

SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO SILLABUS / SYLLABUS AA KLAVIER / PIANO TROFEË / TROPHIES Let wel: Om vir sekere trofeë in aanmerking te kom moet aan meer as een afdeling deelgeneem word. Please note: In order to qualify for certain trophies,

More information

STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1

STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1 STUDIEVELD B LAAT ONS GAAN LES 1 Fokus: Lees om aandag te gee aan spesifieke besonderhede. Nota: 1.1 Lees n teks met begrip deur verskillende tegnieke toe te pas. Het jy al n prentjie van n plek gesien

More information

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van

Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd op jou, waartydens jy sal leer van Groete van Precept Ministries Ons is so bly dat jy gekies het om God se Woord te bestudeer. Daar wag n ryk tyd jou, waartydens jy sal leer van God, sy karakter, sy weë en die verhouding wat ons met Hom

More information

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv

GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not receiv Regulation Gazette 9663 Regulasiekoerant Iii,iii... Vol. 559 Pretoria, 19 January 2012 Januarle 34957 2 34957 GOVERNMENT GAZETTE, 19 JANUARY 2012 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not

More information

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak:

SAVF het op die 19de Oktober jaar oud geword. Op hierdie dag tydens die driejaarlikse Kongres het SAVF geskiedenis gemaak: CHANGING LIVES... VERANDER LEWENS... SAVF CONGRESS 2017 On 19 October 2017, the SAVF celebrated 113 years of existence. On the same day, history was made when for the first time a man was elected to lead

More information

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon.

Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon. 102 BRONNELYS Adams, J.F., (1980). Understanding adolescence: current developments in adolescent psychology. Boston: Allyn & Bacon. Allport, G.W., (1961). Pattern and growth in personality. New York: Holt,

More information

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord *

Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord * OpenStax-CNX module: m31481 1 Versamel inligting om algemene vrae te beantwoord * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

More information

Die Doel van die Lewe

Die Doel van die Lewe Die Doel van die Lewe en om die werklike doel van ons lewens te verstaan. Ongelukkig, as jy die meeste mense die vraag vra Wat is die doel van ons lewe? wat so n fundamentele en belangrike vraag is, sal

More information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Perspective Training College Plek: Potchefstroom Datum: 25 28 Oktober 2017 Tyd: Elke dag van 08:00 16:00 Plek: Paarl Datum: 22 25 November 2017

More information

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27. testikulêrekanker 1: peniskanker 1:1 114 *Gebaseer op die Nasionale Kanker Register 2010 Leeftyd risiko vir prostaatkanker 1:27 Leeftyd risiko vir testikulêrekanker Leeftyd risiko vir peniskanker 1:2 040 1:1 114 Prostaatkanker 1 uit 27 Suid-Afrikaanse

More information

deur Anton Krueger en Ruan Kemp

deur Anton Krueger en Ruan Kemp KETJAP deur Anton Krueger en Ruan Kemp What the Sanlam judges said: "...ʼn nuwe laagtepunt in spektakelteater." "Die gevaar bestaan dat die gehoor vervreemding sal ervaar oor die aanslag op die sintuie

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate ///////////////////////////

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (B) God se soldate /////////////////////////// Faith soldiers Grenslyn 2016 (B) God se soldate /////////////////////////// Ephesians 5:1 MSG Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents. Ephesians

More information

JY MOET WEER GEBORE WOR D

JY MOET WEER GEBORE WOR D JY MOET WEER GEBORE WOR D, Jaarsaand oggend, in die diens van die Here. En ek en Broer Neville het probeer bymekaarkom, en ons het, oor prediking, wat ons sou doen. Ek het probeer om hom sover te kry om

More information

In voeling. John Ackerman

In voeling. John Ackerman In voeling John Ackerman In voeling 'n Beeldhouer beskryf sy ondervinding soos volg: Inleiding Daar kom 'n sekere oomblik wanneer dinge verander. Wanneer hierdie oomblik van verandering aanbreek, is dit

More information

Hoe om te vas en te bid

Hoe om te vas en te bid Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. ~ Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin

FAMILIENUUS. Here gee my HOOP wat groei FEBRUARIE Want elkeen hoort in n geestelike gesin 1 FAMILIENUUS Want elkeen hoort in n geestelike gesin FEBRUARIE 2015 Here gee my HOOP wat groei NUUSBLAD van die Kleingroepe: NG Gemeente Magalieskruin 2 KLEINGROEPE: NUUS Program vir Februarie 2015: Beplan

More information

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS

OUTDOOR Name of interviewer Naam van ondervraer... ONDERVRAERS INSTRUKSIES INTERVIEWERS INSTRUCTIONS OUTDOOR 2006 INTERVIEWERS INSTRUCTIONS ONDERVRAERS INSTRUKSIES Name of interviewer Naam van ondervraer... INTERVIEWER S CHECK LIST: 1. Interviewer s Identity card 2. CAPI laptop ONDERVRAER SE NASLAANLYS:

More information

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town

Huntington Disease. Algemene Inligting. Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital. Division of Human Genetics, University of Cape Town Huntington Disease Algemene Inligting Neurogenetic Clinic, Groote Schuur Hospital University of Cape Town Universiteit van Kaapstad idyunivesithi yasekapa Division of Human Genetics, University of Cape

More information

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE

AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE Centre Number Candidate Number Name UNIVERSITY OF CAMBRIDGE LOCAL EXAMINATIONS SYNDICATE in collaboration with MINISTRY OF BASIC EDUCATION, SPORT AND CULTURE, NAMIBIA International General Certificate

More information

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie

Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Department of Biochemistry / Departement Biochemie Kopiereg voorbehou/copyright reserved Faculty of Natural and Agricultural Sciences / Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Department of Biochemistry / Departement Biochemie Lipid and Nitrogen metabolism

More information

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree

ESTER VILJOEN: Christine Basson RUFUS: Johann van Heerden GREGORY: Marthinus Basson SANDRA: Lynne Maree Selle ou storie 1 Selle ou storie is op 15 Oktober 1974 in die oorspronklike vorm in die Buiten-Ruimte van die Ruimte-teater geopen, met regie deur Pieter-Dirk Uys en met die volgende geselskap: ESTER

More information

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2012 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende ʼn aanhegsel. 2 AFRIKAANS

More information

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND

AFRIKAANSE TEKS vir. ʼn produksie gemik as teenvoeter vir. Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND AFRIKAANSE TEKS vir ʼn produksie gemik as teenvoeter vir Geweld teen Vroue DIE ELMBOOG LIG DIE HAND 1 Die akteurs Daar is net twee akteurs ʼn man en ʼn dame, en hulle maak gebruik van kostuumveranderinge

More information

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee

Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee. deur. Nico Luwes. Debuteer op Aardklop Idee Die Draaijakkalse! n Kort klug vir twee deur Nico Luwes Debuteer op Aardklop 2010 Idee 4-22 Jan 2009 Jan Brandstraat 17 Langenhovenpark Bloemfontein 1 Die stuk gaan o.a. oor rugby, maar kan aangepas word

More information

OpenStax-CNX module: m Rockmusiek. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Rockmusiek. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25037 1 Rockmusiek Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 8 3 UITDRUKKING

More information

53491 Desert Chameleons S E

53491 Desert Chameleons S E 53491 Desert Chameleons S18.89715 E12.81961 From: Andre Brümmer Sent: 2008 October 10 15:26 To: Marius Burger Cc: swbeachbum@gmail.com; Wouter Brand Subj ect: RE: Chameleon behaviour Hi Marius Thanks for

More information

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous

Sterkykers: n Handleiding. Saamgestel deur Marius Crous Sterkykers: n Handleiding Saamgestel deur Marius Crous Publikasie: LAPA Uitgewers (Edms.) Bpk. Bosmanstraat 380, Pretoria Tel. (012) 401 0700 E-pos: lapa@lapa.co.za Geset in 11 op 16.5 pt Georgia Omslagontwerp

More information

BELLVILLE O/16 OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON

BELLVILLE O/16 OEFENPROGRAM WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON WEEK PROGRAM WEEK MAN DINS WOENS DON VRY SAT SON SESSIE SESSIE 5 4 SESSIE SESSIE SESSIE 5 XMAS 6 NEW YEAR SESSIE SESSIE 6 SESSIE SESSIE 5 4 5 SESSIE SESSIE SESSIE SESSIE 5 KM DR KM DR.6 KM DR(TYD) 5KM

More information

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR

Jaar. CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR CHOOSE to HEAR KIES OM TE HOOR 20 Jaar nuusbrief no. 3 Newsletter nr.3 TWINTIG JAAR!!! SOWAAR!!! Wie sou dit kon dink! Wat n wonderlike voorreg om twintig jaar in diens van ons gemeenskap staan. Dit bewys

More information

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande

LUSERN BOME. Lusern bome en veldbrande LUSERN BOME Lusern bome en veldbrande As ons begin met lusern bome is dit eerste by die beplanning teen veldbrande. Omdat groen bome nie brand nie, is dit idiaal om dit te gebruik teen vuur. Die lusernbome

More information

www.onlineexamhelp.com www.onlineexamhelp.com *2717645738* UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level FIRST LANGUAGE AFRIKAANS 8779/02

More information

! Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende ʼn aanhegsel.

! Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende ʼn aanhegsel. SENIOR PHASE GRAAD 9 NOVEMBER AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL PUNTE: 100 TYD: 2 uur! Naam en Van:!!! Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende ʼn aanhegsel. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

More information

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85

DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85 20090527 DEPARTMENT OF BIOCHEMISTRY / TIME / TYD: 90 MIN DEPARTEMENT BIOCHEMIE BCM 255 MARKS / PUNTE: 85 EXAM / EKSAMEN EXTERNAL EXAMINER: / EKSTERNE EKSAMINATOR: INTERNAL EXAMINER: / INTERNE EKSAMINATOR:

More information

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018

Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018 Allegretto Provincial Eisteddfod Syllabus 2018 Carpe Diem The Name and Mission of this Organization: The Eisteddfod is known as Allegretto Eisteddfod for All and is therefore privately managed as an Arts

More information

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education

UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education UNIVERSITY OF CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS International General Certificate of Secondary Education *8966818723* AFRIKAANS AS A SECOND LANGUAGE 0548/01 Paper 1 Reading and Writing October/November

More information

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL: Brodifacoum (Anticoagulant) /Brodifakoum (Bloedstolweermiddel)..0,75 g / 500 m ; 1 Litre MAIN PANEL RODEX LIQUID BAIT Reg. No./Nr.: L9289 Act /Wet 36 /1947 A highly active anticoagulant liquid bait concentrate for the control of the Norway Rat (Rattus norwegicus), Roof Rat (Rattus rattus),

More information

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts

The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts The evaluation of a new haematological cell counter, the CELL-DYN 3500, on canine leukocyte differential counts by T Prinsloo Submitted to the Faculty of Veterinary Science, University ofpretoria, in partial

More information

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031)

Sitrus Snoei. 3 Snoei Praktyke. Leergids. Kopiereg. Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031) 3 Kopiereg Posbus 461, Hillcrest, 3650 (031) 765-3410 Sitrus Akademie NPC 1 ste uitgawe 2017 Die inhoud van hierdie module is gebaseer op oudiovisuele opleidings materiaal wat deur die Sitrus Akademie

More information

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika

in 2017 gebeur? Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika Wat het met aartappels op die varsproduktemarkte in 2017 gebeur? Pieter van Zyl en Laryssa van der Merwe, Aartappels Suid-Afrika In Figuur 1 word 2017 se daaglikse beskikbare voorraadvlakke (alle markte

More information

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1

Oppie Eiland. Rita Swanepoel. Posbus 532. Goodwood (c) Rita Swanepoel 1 Oppie Eiland Rita Swanepoel Posbus 532 Goodwood 7459. (c) 082 874 7207 ritaswa@mweb.co.za Rita Swanepoel 1 OPPIE EILAND NEELS JORDAAN Drie-en-dertig jarige man kom vanaf enige dorpie in Suid-Afrika. Hy

More information

THE DEVELOPMENT AND EVALUATION A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE

THE DEVELOPMENT AND EVALUATION A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE THE DEVELOPMENT AND EVALUATION OF A HEALTH-RELATED FOTONOVELA ABOUT TIK USE IN THE W-CAPE AND N-CAPE Burt Davis Africa Centre for HIV/AIDS Management Stellenbosch University 24 April 2018 1 What is a fotonovela?

More information

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume

KYNOBUFF IN CASE OF POISONING PLEASE PHONE / IN GEVAL VAN VERGIFTIGING SKAKEL l Netto Volume KYNOBUFF Reg. No.L4246, Act No./Wet Nr. 36 of/van 1947 A ph buffer for increasing the efficiency of ph sensitive agricultural remedies and improving the wetting and spreading properties of spray mixtures.

More information

Avonturier vertel van Noordpoolontberings

Avonturier vertel van Noordpoolontberings Melbourne is wêreld se beste stad om in te woon Melbourne in Australië is vir die tweede agtereenvolgende keer as die beste stad in die wêreld om in te woon aangewys. Reis die gewildste tema op Facebook

More information

Hoofstuk 30 - Bedieningsprosedures

Hoofstuk 30 - Bedieningsprosedures Hoofstuk 30 - Bedieningsprosedures Hierdie hoofstuk beskryf die basiese bedieningprosedures wat in die amateurbande gebruik word. Nadat jy hierdie hoofstuk goed bestudeer het, sal jy verstaan watter prosedures

More information

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening

PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening PW Graad 5 Vierde kwartaal: Eksamen afbakening Baie belangrik: Leer die volgende vrae met hul antwoorde baie hard! Deel 1 1) Wat is n godsdienstige fees? n Godsdienstige fees vier n belangrike gebeurtenis

More information

Ek sal in enige rigting gaan, mits dit vorentoe is. - David Livingstone

Ek sal in enige rigting gaan, mits dit vorentoe is. - David Livingstone Ek sal in enige rigting gaan, mits dit vorentoe is. - David Livingstone E-posadresse - Beheerliggaam: beheerliggaam@hscenturion.co.za / Skool: info@hscenturion.co.za Belangrike datums 29 September Matriekafskeid

More information

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS Nommer Nr. Nr. 407 404 19 395 Nommer 376 2 Junie 2014 Nommer 7 Oktober September 20 April 2015 2015 Nr. 378 2015 'n 409 Publikasie 16 November van van Onsdorp.com

More information

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG.

IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG. CASE NO.: 41/1787/80. DATE 30TH MAY, 1980. IN THE MAGISTRATE ' S COURT FOR THE REGIONAL DIVISION OF TRANSVAAL HELD AT JOHANNESBURG. THE STATE versus SIMON LUCKY MOEKETSI. BEFORE MR P. A. J. KOTZE. FOR

More information

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4)

DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS. (Afrikaans op bls 3 & 4) DR CARMEN SPIES & DR MARIETJIE WEAKLEY PRACTICE PHILOSOPHY REGARDING CHILDREN PATIENTS DID YOU KNOW? (Afrikaans op bls 3 & 4) The younger a child is when visiting the dentist for the first time, the better.

More information

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer

n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST Dr. Ilse de Beer n DOEL SONDER N PLAN IS NET N DROOM/A GOAL WITHOUT A PLAN IS JUST A WISH Dr. Ilse de Beer They say you are never too old to dream a new dream. Dreams are easy and they are free too. However, dreams by

More information

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3

DG s Ramblings. Newsletter of District Governor Lance Maytham September Edition 3 DG s Ramblings Newsletter of District Governor Lance Maytham September 2016 www.lionsdist410a.org.za Edition 3 Notes from our DG September kicked off with a long trip to Moorreesburg. LK Moorreesburg se

More information